Graad Vyf - Nuwe lewe in Jesus
Die eerste kwartaal – Jesus en Sy helpers
Week een. God roep mense om Hom te help
Doel: Mense moet die werk wat Jesus begin het voltooi.
Voorstelling : Elke mens is gebore met ‘n roeping. Elke mens het ‘n doel op die aarde, ons is nie net daar om dat ons daar moet wees nie. Net soos mense van mekaar verskil so verskil ons roepings. Om die kinders te help laat hulle met mekaar deel wat vir hulle interesant is en waar hulle belangstelling is. Dit verskil soms van tyd tot tyd, maar soos hulle groei sal dit meer vas raak en dat sal hulle hul roeping kan vas stel.
Jesus gebruik gewone mense om die werk wat Hy begin het te voltooi. Eers het Hy die nag deur gebid, die volgende more het Hy hulle geroep. Jesus het vir ons ‘n voorbeeld gestel. Ons moet ook nie uit onsself besluite neem nie maar eers God nader in gebed. Wys die kinders daarop dat die mense wat Jesus gekies het miskien nie ons keuse sou wees nie, want Hy kyk nie wat die mens nou is nie, maar wat die mens kan bereik nadat Jesus hul- self opgelei het.
Skrif: 1 Sam. 13:13-14 Matt. 10:1 Joh. 14:12 Matt. 24:45-51
Week twee. - Alles wat die Here doen is ordelik en deeglik beplan.
Doel: Die indeling van Jesus se Dissipels
Voorstelling: Nie almal is leiers nie, maar leiers is net so belangrik soos mense wat nie leiereinskappe het nie. Ons moet net ons self wees. Mense wat nie gebore leiers is nie kan nie werklik leiding gee nie. Om ‘n sukses van ons lewe te maak moet ons nie in probeer om te wees waarvoor ons nie geskappe is nie. Elke mens het ‘n belangrike taak om te vervul die leier sowel as die mense wat in ‘n span ingedeel word. Indien almal wil lei en daar geen spanlede is nie, kan daar nie sukses behaal word nie.
As u mooi oplet dan sal u sien dat die dissipels in ‘n seker volgorde ingedeel is. Daar was twaalf, wat in drie groepe ingedeel is. Elke groep het sy leier gehad. Petrus was die hoofleier asook die leier van sy groep, wat bestaan uit Andreas, Jakobus, Johannes. Die tweede groep se leier was Filippus en die lede was Bartholmeus, Thomas en Mattheus. Die leier van die derde groep was Jakobus seun van Alfeus die lede was Thaddeus Simon Kananites en Judas Iskariot. Let op dat elke keer in die volgende skrifte die volgorde dieselfde is. As u mooi deur die skrifte lees sal u sien dat Jesus die meeste gekonsentreer het op Petrus se groep, en hulle moes die ander oplei.
Skrif: Matt. 10:1-4 Mark. 3:13-19 Lukas 6:12-16 Hand. 1:13, Matt. 24: 45-51
Week Drie. - Jesus lei sy dissipels op
Doel: Die opleiding wat ons ontvang help ons om sukses te behaal
Voorstelling: Opleiding vir die spesiale taak waarvoor die dissipels geroep is, is baie nodig. Die woord dissipel beteken leerling. Voordat hulle Apostels (wat gestuurdes beteken) kon word moes hulle dissipels word, net so moet ons opleiding ontvang om vir God te werk. Reg deur die lewe van die mens word hy opgelei. Opleiding is nie altyd maklik nie. Daar is mense wat leer en toepas wat hulle geleer het, en dan is daar mense wat nie belangstel op opgelei te word nie. Wys die kinders hoe hulle gegroei het in hul opleiding. Hulle kan skryf,lees, somme maak en hulle verstaan baie dinge nou beter as wat hulle voorheen verstaan het.
Die Here het hulle geleer op die volgende maniere:
Net so moet ons toelaat dat die Here ons leer om vir die Here te werk. As ons Bybel lees kan ons Jesus se voorbeeld neem en navolg, ons kan deur die Skrifte leer wat Hy van ons verwag en al maak ons foute moet dit ons nie afskrik nie, maar daardeur moet ons leer. Ook ons moet dissipels word sodat ons opgelei kan word as Apostels.
Skrif: Matt.5 Joh.10; 13; 14…ens
Week vier. Wie was Petrus ?
Doel: Petrus was ‘n rowe mens wat die Here moes skaaf om te te gebruik.
Voorstelling: Lees die skrifte eers almal deur en maak dan u eie opsomming van watter soort mens Petrus was . Dan kan u dit aan die kinders oordra. Wys hulle daarop dat hy leier eienskappe gehad het wat die Here ontwikkel het. Wat is ‘n leier? ‘n Leier is ‘n persoon wat altyd leiding neem en vra: Is ons met die regte dinge besig?
Petrus was ‘n man van aksie, impulsief en gewillig. Hy tree op sonder om te dink. Hy het eerste geriageer en oorgeneem nog voordat hy ‘n leier van die dissipels geword het. Hy het altyd vrae gevra: Mark. 11:21; Joh. 21:20-22 Petrus het ook altyd die Here eerste geanrwoord: Luk. 8:45; Matt 16:15-16. Petrus se sterk leier ienskappe kon duidelik gesien word in sy optrede.
Skrif: Matt.15:15 Luk. 12:41 Matt. 16: 22-23 Matt 18:21 Matt 19 27 Matt. 14:29 Hand. 1:15-26
Week Vyf: - Die nuwe Petrus wat God verander het
Doel: Pertus gevul met die Heilige Gees.
Voorstelling: Gaan die skrifte na en wys hulle hoe Petrus die man wat die Here verloën het nou optree as ‘n soldaat vir God en die kerk begin soos Jesus gesê het hy sal. Die Bybel verhaal nie hoe hy gesterf het nie, maar hulle het sy vrou voor hom gekruisig en wou hom ook soos Jesus kruisig maar hy het gesê hy is dit nie waardig nie toe het hulle hom onderstebo gekruisig.
Die ou Petrus was nie meer nie, vol van die Heilige Gees het hy die rods geword waarop vandag se kerk staan. Net soos Petrus van ouds wil God ons vul met Sy Heilige Gees sodat ons kragtig kan getuig van die Here.
Skrif: Hand. 2:14-47 Hand. 3 ; 4; 5; 8; 9; 10; 12
Week Ses: - Wie was Johannes?
Doel: God kan ‘n mens verander, soos Johannes wat ‘n driftige ou was na ‘n man van liefde.
Voorstelling: Gaan die volgende skrifte na en maak ‘n opsomming oor die lewe van Johannes wys dan vir die kinders hoe God Hom verander het. Hy en sy broer Jakobus was seun van Sabedeus en hulle was vurig van gees en het sonder om te dink opgetree sodat Jesus hulle ‘n bynaam gegee het wat beteken het (seuns van die donder) (Mark 3:17)
Mense dink dat Johannes is sagte en stil en liefdevole mens was wat net op Jesus se skouer gelê het. As u hierdie beeld van Johannes het is u heeltemak verkeerd. Hy was net soos sy broer Jakobus; ongeduldig, jaloers en plofbaar(het hom maklik vererg). Dit is interesant om op te let dat wanneer Johannes saam met die ander dissipels was dat hy kwaat was vir iemand: sien Mark.9:38. Hoewel Johannes ‘n mens was wat nie maklik verander nie, nougeset(narrow-minded) en ongeduldig was, het Jesus hierdie karaktertrekke van hom gebruik om hom te verander. Mense wat liefdevol is, maar wat geen vastigheid en geen riglyne het nie sal nie ver kom nie. Maar omdat Johannes die regte einskappe gehad het kon die Here hom gebruik. God gebruik ook mense soos Johannes en verander hulle sodat hulle met hul karakter eienskappe aktief vir Hom kan werk.
Skrif: Joh. 13:23 Joh. 19:26 Matt. 4:21 Mark. 3:17 5:37 9:38 10:35-41,Mark 13:3
Week sewe: Andreas se lewe
Doel: Die wat God soek sal Hom vind.
Voorstelling: Omdat hy die Christus gesoek het, het hy nadat hy Hom gesien het erken en kon hy sy eie broer na Jesus lei. Andreas was een van Petrus se groep wat altyd meer wou leer.
Andreas die broer van Petrus se naam beteken “Manlik” Hy het saam met Pertus visgevang toe Jesus hulle geroep het as dissipels (Matt.4: 18-20) Hy was ‘n man wat die Here gevrees en gedien het. Hy was eers ‘n volgeling van Johannes die doper totdat Johannes die doper vir hulle gewys het wie Jesus werklik was(Joh.1:36-39) Hy was deel van die eerste groep wat uit vier bestaan het, hoewel sy naam slegs in Mark. 13:3 saam met Petrus. Johannes en Jacobus genoem word. Daar was nie baie van hom gepraat nie en hy het in die agtergrond vir Jesus gewerk. Net so is daar mense wat in die agtergrond groot werk vir die Here doen, al sien almal dit nie raak nie, Die Here het hulle daar geplaas en Hy sal hulle beloon vir hul werk.
Skrif: Matt. 4:18 ; 10:2 Mark. 1:16,29 3:10 13:3 Luk. 6:14 Joh. 1:41,45, Joh. 6:8 12:22 Hand. 1:13
Week agt: - Wie was Matteus
Doel: Die Here verander ‘n skelm na ‘n ware kind van God
Voorstelling: Lees die skrifte oor Matteus en wys die kinders dat God ook mense soos hy kan verander en gebruik. Matteus was ‘n tollenaar; hy het meer belasting van die mense gevat as wat hy moet en homself daardeur verryk. Die mense het niks van hom gehou nie omdat hy hulle gedwing het om hom van hulle hart verdiende geld te gee.
Matteus was ‘n veraaier, ‘n dief wat mense uitgesuig het, die mense het nie van hom gehou nie, omdat hy skelm was. Daar was twee soorte belasting invorderaars die een groep was genoem “Gabbi” hulle het die algemene belasting ingevorder. Die ander groep was “Mokhes” wat weer uit twee groepe bestaan het. Die klein “Gabbi” en die groot “Gabbi” die groot “Gabbi” invorderaars het mense gehuur om belasting in te vorder en die klein “Gabbi” groep waarvan Matteus een was het hulle eie invordering gedoen. Hierdie twee groepe het belasting op alles denkbaar geplaas, en hulself veryk. Jesus het hierdie man wat ‘n groot sondaar was en deur baie mense verwerp was, vergewe en verander sodat hy alles wat hy skelm van mense ingevorder het terug gegee het. Nadat hy ‘n ontmoeting met Jesus gehad het, het sy lewe totaal verander, geld het onbelangrik geword, en Jesus het eerste in sy lewe gekom
Skrif: Matt. 9:9-13 Mark. 2:14-17 Luk. 5:27-32
Week Nege: - Die lewe van Judas Iskariot
Doel: Judas was een van die twaalf slegs in getal maar nie in gees.
Voorstelling: Judas se werk was om die geld van die groep te hanteer, maar was skelm en het vir homself gesorg. ‘n Saam loper wat Jesus op meer as een keer gewaarsku het, maar hy het hom nie bekeer en Jesus onvoorwaardelik gevolg nie. Ons moet nie godsdiens gebruik om ons doel te bereik nie maar ons totaal aan God oorgee. Judas kon deel word van die Here se werksmag maar omdat hy vol van homself was en slegs na sy belange omgesien het, het hy ‘n duur prys daarvoor betaal. Daar is nog vandag Judasse. God waarsku hulle ook dat hulle moet bekeer.
Judas was ‘n man wat in alle opsigte ‘n totale sondaar, en het glad nie ingepas by die res van die dissipels nie. Hy het sy eie agenda gehad en howel hy saam met Jesus gewandel het, het hy nooit eers probeer om die Jesus te gehoorsaam nie. Die naam Judas beteken “ Jehovah lei” en iskariot beteken man van Kerioth. Hy het nie gedoen wat sy naam sê nie, maar het eerder die leiding van die Satan gevolg.
Ps. 41:9 “Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.” Dit is so jammer dat daar mense soos Judas is in vandag se lewe, wat hulle nie besef nie is dat hulle gaan maai wat hulle gesaai het. Mense wat die weg van die Here ken, en dit gebruik om hul self te bevoordeel. Ken jy sulke mense?
Skrif: Matt. 26:1-35 Luk. 22:1-23
Die tweede kwartaal – Jesus sterf vir ons
Week een: Jesus se lyding deur Jesaja geprofeteer
Doel: God maak altyd dit wat Hy gaan doen deur Sy profete bekend, en net soos hulle profeteer so gebeur dit.
Voorstelling: As God spreek gebeur dit wat Hy spreek. Die koms van Jesus sowel Sy lyding is deur Jesaja 723 jaar voordat dit gebeur het geprofeteer.
Hy is: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors— Jesus wat God was, en alles gemaak het wat bestaan. Hy het Homself ontledig en ’n alle opsigte soos ’n mens gebore.
Skrif: Jes. 9: 1-6 Jes. 53 Fil. 2:7 Joh 1:1-14 Heb 2:14-15
Week twee: Waarom het Jesus vir ons gesterf?
Doel: Jesus het gesterf sodat ons dit wat ons weg gegee het weer kon terug kry.
Voorstelling: Jesus het die vloek van die dood, siekte wat deur sonde kom op Hom geneem en vir ons gesterf sodat ons kan lewe.
Jesus het gekom om ons van ons sondes te verlos, en Hy het die prys betaal sodat ons nie hoef te betaal vir ons sondes nie. In die ou Testament moes die mense wat gesondig het ’n dier se bloed geoffer het, maar in die nuwe Testament het Jesus se boed vir ons sondes betaal.
Skrif: Jes. 61 Rom. 5:12-18 Rom 6 Gal. 3:10-13 Heb. 1 Heb. 2:14-18 Heb 9:14-28 Joh. 17
Week drie: Jesus was nie welkom in die wêreld nie
Doel: Jesus is nie van die wêreld nie daarom aanvaar die wêreld Hom nie; net so met die ware kind van God
Voorstelling: Die mense in ons wêreld wil maar net nie Jesus aanvaar nie. Tot vandag word Sy naam as ‘n vloekwoord gebruik, en mense is skaam om te erken dat hulle die Here dien. Om in te wees moet jy eerder Jesus verlaat en sonde aanhang. Om in te wees sal jy nie jou maats aanspreek as hulle Jesus se naam as ‘n vloekwoord gebruik nie, om in te wees besoek jy nie die kerkdiense nie maar jy doen eerder dit dinge van die wêreld! As jy in is met jou maats wat nie die Here dien nie, is jy uit by Jesus wat vir jou die ewige lewe kan skenk. Waar is jy?
Toe Jesus vir ons gesterf het, en deur mense bespot was moes Hy alleen ly selfs hulle wat Hy verlos en genees het was nie daar vir Hom nie. Nogtans roep Hy uit teenoor hulle wat Hom seermaak : “Vader vergeef hulle” Hy tree in vir die wat Hom beledig. Ja, self God die Vader kon nie aanskou toe Hy, die Rein Seun bevlek was met ons sondes nie.
Skrif: Matt. 26:14-16 Matt. 26: 69-75 Joh. 1:1-14 Joh. 21 Joh. 15, Mark 8:38
Week vier: Wat beteken die dood van Jesus vir my?
Doel: Jesus se dood, beteken lewe vir ons.
Voorstelling: Jesus het gesterf aan die wrede kruis, Hy wat geen sonde gedoen het nie, het vir ons sondes gesterf. Om verlossing van ons sondes te ontvang moet ons Jesus se offer aanneem, en Hom vra om ons te vergewe. Indien ons nie Sy offer aanneem nie; behou ons ons sondes en sal ons daarvoor betaal. Elke mens het die keuse om die lewe of die dood te kies.
As ons Jesus aanneem as ons verlosser, ontvang ons die mag om kind van God te word. Die eerste stap is om Jesus te vra om ons te vergewe, ons moet opregte berou hê, en ons moet breek met die sonde wat ons gedoen het. As ons vergifnis vra en ons hou nie op sondig nie, by ons skuldig. Net soos Jesus aan die kruis gesterf het so moet sterf vir sonde, en leef vir Jesus.
Skrif: Joh. 1:12 1 Joh 1:6-9 Jes 53 Eseg. 18:31-32 Eseg 33:11…ens.
Week vyf: Die opstanding van Jesus uit die dood
Doel: Omdat Hy leef kan ons leef!
Voorstelling: Die dood is wreed en dit skei mense van mekaar. Elke mens wat leef moet een of andertyd sterf. Jesus het gekom om vir die mense wat wedergebore is ‘n lewe te skenk na die dood, ‘n lewe wat nooit weer sal eindig nie. Dit is daar vir alle mense.
Selfs die dood Jesus nie kon hou nie. Hy het die dood oorwin. Hy het die weg oopgemaak sodat ons soos Hy ook sal opstaan uit die dood om vir ewig met Hom te lewe. Jesus het nou die sleutels van die dood en die doderyk die duiwel het dit nie en het geen mag daaroor nie. Net soos die Heilige Gees Jesus uit die dood opgewek het sal Hy ons uit die dood opwek.
Skrif: Luk. 24:1-12 Joh. 20: 1-18 Joh 3:3-5 Rom. 8:11 Rom. 6 Openb. 1:9-18
Week ses Jesus se opdrag voor Sy hemelvaart
Doel: Jesus het ‘n opdrag aan die dissipels gegee wat ook vir ons is.
Voorstelling: Jesus is na die Vader en ons het ‘n taak om uit te voer. Jesus het nie vir ons gesterf net om hemel toe te gaan nie, maar dit wat Hy begin het moet ons voltooi. Daar is baie mense met wie ons daagliks praat, as hulle nie nader aan God kom nie sal hulle sterf. Sal jy daarvan hou as jou maats sterf?, as hulle brand sal jy hulle uit die vuur trek?, of sal jy hulle los dat hulle dood brand? Dit is so belangrik dat ons hulle vir Jesus wen. As ons hulle vir Jesus wen trek ons hulle uit die helse vuur sodat hulle saam met ons na Jesus kan gaan.
Jesus het aarde toe gekom en nadat Hy 30jaar vir die dissipels geleer het, het Hy hulle die opdrag gegee om de evangelie te versprei, sodat almal gered kan word. Jesus is nie meer ’n mens op die aarde nie, en die dissipels leef ook nie meer nie daarom moet ons wat in die lewe is Jesus se opdrag uitvoer om mense vir Jesus te wen.
Skrif: Matt. 28:16-20 Mark. 16:16-20 Luk. 24:36-52
Die derde kwartaal – Jesus leer ons
Week een Jesus die enigste weg na die Vader.
Doel: Daar is geen ander weg na die Vader behalwe deur Jesus
Voorstelling: Daar is baie verskillende gelowe, en mense bou hulle eie sienninge maar almal is nie reg nie. Daar is een Bybel en een geloof. Daar is selfs mense wat die Bybel gebruik en daaruit valse weë skep. Die Bybel leer ons in soveel skrifte dat Jesus die enigster weg is na God die Vader. Dit is slegs Jesus wat vir ons gesterf het en daarom kan slegs Jesus ons sondes vergewe, Jesus wat God was het Sy lewe vir ons gegee sodat ons deur Jesus na God die Vader gaan. Jou ouers, jou predikant, jou sienning of wat ook al is nie ‘n deur na God die Vader nie. Die predikant, jou ouers en ander mense kan jou help om by Jesus uit te kom sodat jy deur Jesus na die Vader gaan.
Daar is net een Priester waardeur ons gered kan word : Jesus. Nie Maria of geen ander mens nie. Jesus was God en Hy het mens geword en die mag van satan oorwin, nou is hy weer God. Daarom is Hy die enigste weg na die Vader. Die duiwel sal alles probeer om ons weg te hou van Jesus, want hy weet dat as ons nie by Jesus uitkom nie, ons verewig verlore sal wees.
Skrif: 1 Tim. 2:4 Joh. 14:6 Joh. 3:16-17,36 Joh. 8:36 Joh. 10:1-21 Efe.4:1-6,Heb 4:14-16
Week twee Satan die mense moordenaar sal alles doen om mense van God weg te hou
Doel: Satan is die vader van leuens en sy doel is om mense te verwoes.
Voorstelling: Daar is baie mense en gelowe wat vals is. Die vraag is watter geloof is reg. Die duiwel is baie slim en het baie gelowe geskep wat naby die waarheid is maar wat nie die waar is nie. Soos mense plastiese blomme maak wat lyk soos ‘n regte blom maar nie is nie. Daar is slegs twee hoof maniere om die regte weg te vind, jy moet die Bybel leer en kyk of die geloof ooreen kom met dit wat in die Bybel is. Dan moet jy ook bid dat die Here jou na die regte geloof of kerk lei. Omdat mense nie die Bybel ken nie dwaal hulle, en omdat mense op self probeer, beweeg hulle op die verkeerde weg.
Die duiwel sal mense verlei na die wêreld se plesier, hy sal mense in die kerk gebruik om ander seer te maak. Mense wat voorgee dat hulle die Here dien maar hulle lewe vertel ‘n ander verhaal. Hy sal alles moontlik gebruik. Die Duiwel sal die foute van die prediker uitwys. Daarom is dit belangrik om jou oë op Jesus te hou, en nie op mense nie. Jesus sal jou nie teleur stel nie, maar mense sal.
Skrif : Spre. 14:12 1 Pet. 5:8 2 Kor. 11:14 2 Joh. 3:16,36 1 Joh. 4
Week drie Die Koninkryk van die duisternis
Doel: Die Satan se koninkryk is klaar geoordeel, en die vonnis is vasgestel.
Voorstelling: Ons kan nie in duisternis sien nie. Daar gebeur baie dinge in die duister waarvan ons nie bewus is nie. Die duiwel werk in die duister en wys ons nie werklik wat sy plan met ons is nie. Ek wil ‘n paar van die duistere werke van die bose uitwys: Dit lyk so volwasse om te rook en dit laat jou in voel by jou maats; maar die rook wat in jou longe en aare ingeneem word is stadig besig om jou longe te beskadig en jou aare te stop. Dit lyk so wonderlik om gebruik te maak van sterk drank en dwelms maar dit maak jou ‘n verslaafde wat jou lewe beheer en jou stadig maar seker dood maak. Pornografie openbaar vir jou interesante dinge maar laat jou anders na mense kyk; wat jou lewe verander van die soeke van ‘n ware lewens maat na ‘n lewe wat jou vrot maak voor jou tyd. Daar is nog baie ander dinge wat die duiwel mooi interesant maak wat jou lewe op die ou end sal verwoes.
God kan nie toelaat dat mense wat boos is die hemel ingaan nie, die hemel is ’n heilige plek. Mense wat verander na die beeld van die duiwel; want dit is wat van mense word as hulle in die duiwel se koninkryk wandel en die bose dinge doen. (moor, steel lieg, verslaafdes, rebels.. ens) Al die mense van die duister; dit is satan en al sy demone asook die mense wat gehoorsaam is aan die duiwel en ongehoorsaam is aan God, sal almal in die ewige hel beland.
Skrif: Jes. 14: 1-22 Joh. 1:19 Luk. 11:35 Openb. 20: 7-15
Week vier Die Koninkryk van die Lig
Doel: Die koninkryk verlig die mens en strek tot in ewigheid
Voorstelling: Ons het gekyk na die koninkryk van duisternis. Die koninkryk van lig verlig alle mense en daar is niks wat bedek is nie, omdat lig alles verlig. Reg deur die Bybel het God van die vroegste tye deur Sy profete die toekoms openbaar. Hy wil ons lewens verlig sodat ons soos Hy in die lig kan wandel. As ‘n mens ‘n ander ontmoet in die donker kan jy nie werklik sien of sy klere vuil is nie, maar as die lig aangeskakel word kan jy dadelik sy vuil klere sien. Toe ons nog deel was van die koninkryk van die duister het dit ons nie gepla as ons vuil is van sonde nie maar as ons in die lig van die Here kom sien ons dat ons vuil is van sonde, en dat wil ons onsself skoon maak. Dit is dan waneer die Bloed van Jesus ons reining en dit is dan wat ons versigting leef sodat ons nie weer vuil sal word nie.
Jesus het die mens so lief dat Hy elke mens wil reinig, Maar Hy kan dit nie doen as ons nie self na Hom vir reiniging gaan nie. God weet alles van almal Hy weet wie ons is en wat ons doen. Al doen ons dinge in die donker is dit nie vir hom verberg nie. Hy wil Sy lig in elke mens skyn sodat hulle gereed en skoon sal wees as Hy weer kom om Sy kinders na Hom te neem.
Skrif: Ps. 139 Joh 1:1-14 Matt. 13:19-41 1 Joh 2:10 1 Joh 2:9-10 Mark. 4:30, Openb, 21
Week vyf Die mens se vyande
Doel: Herken jou vyande sodat jy jouself kan beskerm
Voorstelling: Ons is ‘n geveg gewikkel, en daar is vyande wat ons wil oorwin sodat ons nie die ewige lewe kan beerwe nie. Daar is ‘n manier om hulle te oorwin en daar is ‘n manier wat ons kan toelaat dat hulle ons oorwin. Het jy al gevoel hoe is dit om te verloof? Dit is nie lekker nie. Dink net daaraan jy voel as die mense wat jy ken ‘n vakansie by see wen en jy moet by die huis bly? Veel erger sal dit wees as jy die ewige lewe by Jesus verloor en in die verskriklike hel beland.
So maklik kry die duiwel dit skuld van baie dinge wat in ons lewens gebeur, hoewel satan die mens se vyand is, is daar ook ander vyande wat die mens benadeel. Die eerste is die mens self; verkeerde keuses, meng met verkeerde vriende, ongesonde lewe en so kan ek aangaan. Die tweede vyand is die aantrekking na die sondige dinge in die wêreld, dit lyk so aantreklik maar vernieting die mens; dwelms, sterk drank, seks, pornografie so is daar nog baie om op te noem. Dat die laaste vyand die duiwel en bose magte wat baie mense in hulle mag kry deur bonatuurlike TV stories, Deur musiek met demonise insperasies, deur te luister na waarsêers, met die oproep van geeste, deur voortekens (sterre voorspel), en so is daar nog baie wat opgenoem kan word.
Skrif: Deut 18:10, Gal.5:17 Jak. 4:4 Joh. 8:44 Gal. 5: 16-26 Joh. 10: 10
Week ses Die verskil tussen kinders van God en kinders van die duiwel
Doel: Sodat jy jouself kan beskerm. Die duiwel gebruik mense en ons moet satan weerstaan en nie mense veg nie.
Voorstelling: Baie keer gebruik die duiwel mense wat naby my is om my seer te maak; ouers, vriende, kerk mense …ens. Ek moet dan weet dat dit deur satan aangevuur word. Hy maak gebruik van : Misverstande of soek moeilike omstandighede uit.
Die geveg teen ons kan van alle kante af kom. Om onself te beskerm moet ons weet wie ons in Christus is. Ons is duur gekoop deur die Bloed van Jesus, al beledig mense ons en al maak hulle ons seer, Jesus is baie lief vir ons en Hy sal altyd daar weer vir ons. Kyk na mense en kyk met wiehuul meng, so kan jy bepaal wie hulle is. Ware vriende sal altyd probeer om vir jou goed te wees, valse vriende en jou vyande sal altyd probeer om jou seer te maak. Valse vriende en jou vyande stel nie in jou belang nie, maar wil jou gebruik vir hulle voordeel en gee nie werklik om wat met jou gebeur nie.
Skrif: Matt. 7:15-20

- Hy het hulle geleur deur vir hulle ‘n voorbeeld te wees.
- Hy het hulle deur lesings geleer; hulle het van tyd tot tyd gesit en geleer soos in ‘n klas,
- Dan het Hy ook hulle laat prakties optree.
- Jesus het ook toegelaat dat hulle foute maak sodat hulle deur hul foute kon leer.