Graad Twaalf Die toekoms en ek
Die eerste kwartaal – Hoe sal die einde wees ?
Maak ‘n bespreking van al die onderwerpe en laat die kinders daaraan deelneem
Week een. Die tekens van die Tye
Doel: Die einde is nader as wat ons besef.
Voorstelling :. Daar is baie tekens wat daarop wys, dat ons nou leef in die laaste tye. Daar is Bybelse tekens, en baie mense wat nie ag gee op die Bybel nie weet dat die einde hier is. Jy moenie wag vir die einde nie maar so lewe of Jesus vandag kom. Die einde van jou lewe is; of met die einde van die wêreld, of die oomblik as jy sterf. Daar is baie mense wat baie redenasies het oor die einde Net soos die gaan met professies, ons weet nie werklik verseker hoe dit gaan gebeur nie. Maar ons weet dat dit verseker gaan gebeur! Ek gaan slegs die Bybel as maatstaf gebruik om hierdie kwartaal vir julle meer lug op hierdie onderwerk te werp. Kom ons kyk na ‘n paar van die belangrikste tekens in Matt.24 en 2Tim. 4:3
Aantal jare
Week twee. Wat moet eerste gebeur ?
Doel: Is daar ‘n wegraping ?
Voorstelling: Daar is baie vrae oor die wegraping. Net so is daar baie verklarings van die wegraping. Met hierdie lesing wil ek ook nie mense of kerke aanval nie. Ons gaan kyk wat sê die Bybel daaroor, en ek wil dit behandel met ‘n vraag en antwoord. Dit is nie my stelling nie maar dis die Woord.
Week Drie. Wat gebeur met die wegraping
Doel: God het sy kinders ‘n fees belowe.
Voorstelling: Wat werklik gebeur met die wegraping, is die huwelik plegtigheid, van die Kerk van Christus of die bruid met die Bruidegom Jesus Christus. Die Bruidegom kom halfpad, waar die bruid Hom ontmoet. Dan beweeg hulle na die plek waar die huwelik gaan plaasvind. Dit is waar die bruid een gaan word met die bruidegom in die band van die huwelik, soos Jesus dit gebid het in Joh. 17.
Wie is geroep vir die bruilof ?
Matt.22:1-14 25:1-13 Openb.19:1-10
Net soos in die geval met ‘n huwelik sal daar geskenke wees vir die bruid wat eers sal verskyn voor die Regterstoel:
Matt. 25:14-46 ;Rom.14:10 2 Kor.5:10
Daarna sal die krone uitgedeel word:
Jak.1:12 ; 2 Tim.4:8 ; 1 Kor.9:25 ; 1 Thess. 2:19 ; 1 Pet.5:4
Week vier. Groot verdruking
Doel: Op die aarde vind die groot verdrukking plaas.
Voorstelling: Terwyl die bruilof aan die gang is in die hemel. Begin die groot verdrukking op die aarde. Die Bruid en die Heilige Gees is weg van die aarde , en die anti-chris kan sy verskyning maak. Die groot verdrukking sal plaasvind in twee tydperke, soos die Woord die uitwys. Die eerste tydperk Openb.11:3 & Dan. 9:27
Die tweede Openb 13:5
Kom ons kyk eers wie die antichris is. Hy is die teenoorgestelde van Christus vergelyk die skrifte met mekaar:
Week Vyf: Die begin van die groot verdrukking.
Doel: Die groot verdrukking het nog nie plaas gevind nie.
Voorstelling: Daar is mense wat beweer dat ons al in die groot verdrukking is. Dit is nie waar nie, want dit sal baie erger wees as dit wat ons nou beleef. Matt.24:15-22 Die Boek Openbaring is in kronologiese volgorde geskryf oor dit wat in die einde sal gebeur. Dit begin met die gesig wat Johannes van Jesus gehad het. Jesus se opdrag was dat hy moet skryf aan die sewe gemeentes. Dit verteenwoordig die sewe tye waar deur die kerk gegaan het:
Efese; Apostiliese tydperk: 30-100 nC Aanklag: Die eerste liefde verlaat
Week ses: God se troon
Doel: Johannes se gesig van God se troon
Voorstelling: Johannes het ‘n gesig gehad van God se troon net voor die groot verdrukking sal plaas vind. Ek glo dat Johannes dit nie alles verstaan het nie, want dit was nie vir hom bedoel nie, maar hy moes dit neerskryf sodat ons in vandag se lewe dit kan verstaan. God doen nooit iets voordat hy sy kinders waarsku nie. Elke steen en kleur wat hy gesien het, is daar vir ons om te verstaan. God die Vader sit op die troon. Kom ons kyk na die betekenis van die stene:
Jaspis helder steen beteken: Goddelike heerlikheid
Dit is wanneer die wraak van God oor die wêreld gaan kom omdat hulle Sy seun Jesus se offer nie aangeneem het nie, maar ook in hierdie tyd sal daar genade wees. (Heb.10:28-31). Onthou die Bruid en die Heilige Gees is nie meer op die aarde nie. Die Heilige Gees is die onderpand, daarom is Hy sowel as die bruid nie meer daar om mense by te staan nie. Die genade van daardie tyd verskil van die genade tyd wat nou is. Die mense sal sonder hulp van God moet ly en sterf vir hul geloof, om gered te word. Dit sal ons in die volgende lesse bewys.
Die vier lewende wesens; hulle is serafs wat God se heerlikheid vertoon en die vier hoeke van die wêreld waarvan die Bybel praat is God se heerskapy.
Dan verskyn Jesus in Openb. 4. Wat alleen die mag het om God se oordele oor die wêreld te stuur.
Die tweede kwartaal – Gebeure in die groot verdruking
Week een: Die eerste helfte van die groot verdruking
Doel: Die eerste ses seëls
Voorstelling: Die groot verdrukking begin met die oopmaak van die eerste seël. Die wit perd het ‘n boog en ‘n kroon – Hierdie perd met die persoon daarop is nie Jesus nie maar die antichris. Hy sal gesien word as die redder van die wêreld. ‘n Boog sonder pyle kan gesien word dat hy in hierdie deel van die groot verdruking baie gewild sal wees.
12,000 uit elke stam. Daarna sal hulle saam met die ander wat gesterf het gedurende die groot verdruking die Here loof. Hulle het nie krone nie maar net palmtakke, ‘n teken van blydskap. Die bruid is nie hier teenwoordig nie, maar nog by die bruilofsmaal.
Skrif: Openb. 6-7
Week twee: Die Tweede helfte van die grootverdrukking
Doel: Die sewende seël en die sewe basuine
Voorstelling: Die sewende seël kondig die einde van die eerste helfte van die groot verdrukking aan. Die tweede deel is baie erger as die eerste deel. Let op dat die eerste vier basuine ‘n derde van die wêreld tref.
Week drie: Die wederkoms en Armagedon
Doel: Die groot geveg tussen Jesus en die antichris se magte.
Voorstelling: Dan kom ‘n ander wit perd met Jesus self daar op. Sien ook Judas 1:14-16 Die woord Armagedon kom net in een plek in die Bybel voor in Op.16:16. Dit is dit plek waar die geveg sal plaasvind. Die woord beteken: “Har-magedon” waar “Har” berg of hewel is. Saam is dit die berg of gebergde van Meiddo. Dit is ‘n natuurlike oorlogs veld waar daar al groot gevergde was. Rig.5:19 Het Barak oorwinning behaal. Josua het daar ‘n nederlaag gely onder Faro Nego 2 Kon.23:29,30. Dit is ook die plek waar Saul gesterf het ens…… In die volgende Skrifte kan daar ook gelees word van die geveg.
Skrif: Jes.11:4 63:1-6 Joël 3:13-15 2 Thess. 2:8 Judas 1:14-16 Openb 14:14-20 Openb.19:11-21
Week vier: Die duisend jaar vrede ryk en die laaste oordeel
Doel: Die sewende week van die skepping
Voorstelling: .Na die slag van Armagedon sal Jesus op die Olyfberg gaan staan Sag.14:4-11 Dan sal daar ‘n duisendjaar vrede aan breek. Die satan sal vasgemaak word. Christus self sal regeer. Openb.20:1-6 Lees ook Jes. 11:6-10 & Jes 65:25. Na die duisend jaar om is sal die satan losgemaak word en vir altyd oorwin word. Openb.20:11-15. Dan sal die wittroon oordeel plaasvind. Eers hier sal die mense wat gesterf het sonder dat hulle, hulle saak met die Here reggemaak het uit die doderyk kom om geoordeel te word en saam met satan in die Hel gewerp word. Die Hel word nie beheer deur die duiwel nie maar deur God self, en satan sal saam met die mense wat hom gevolg het daar verewig ly. Op.14:11, Mark.9:47
Week vyf: Die beste tyd breek aan vir God se kinders
Doel: Ek glo nie ons weet wat God werklik vir ons gaan gee nie.
Voorstelling: Dit wat nog nie n ons hart opgekom het nie, dit wat ons rykste verbeelding nie kan indink nie, wag vir ons in die beloofde land, God se nuwe hemel en aarde.
Skrif: 1 Kor.2:9 Openb.21 22
Die derde kwartaal – Die huwelik en ek
Week een Liefde kom van God
Doel: .Liefde kom van die bron van liefde: God
Voorstelling:. Die mens is gemaak om lief te hê, en om bemin te word. Ons is na God se beeld en gelykenis geskape, daarom is ons deel van liefde. 1 Joh.4:7 maan ons dat ons mekaar moet liefhê as ons uit God gebore is, hy wat nie lief het nie is nie uit God gebore nie. Die Bybel praat nie hier van jou vleeslike geboorte nie maar die geestelike geboorte. Wie is in beheer van jou lewe ? God of satan. As ons werklik liefhet is ons uit God, want Hy is liefde. As die duiwel beheer het oor ons lewe, sal ons nie ware liefde besit nie, want hy is ‘n leuenaar en mense moordenaar ! Haat en valse liefde asook ontrouheid kom van die bose ! Wat is liefde werklik ? Om liefde te verstaan moet ons na God kyk wat vir ons Sy liefde demonstreer. U sien liefde bestaan nie net uit woorde nie, maar uit dade. As liefde slegs uit woorde bestaan en nie uit dade nie, dan is dit bedrog, en kom dit van satan wat vals is soos sy liefde. God het sy liefde daarin bewys dat Hy eerstens Sy lewe vir ons gegee het. Hy het die hemel verlaat Sy Godheid prysgegee en soos ‘n mens geword, om nog verder verneder te word deur ons sondes op Hom te neem. (Fil.2:5) In Ps. 91 en op so baie ander plekke in die Bybel versoek Hy ons om Hom lief te hê. Nog nooit het Sy liefde vir ons koud geword nie, want ware liefde koel nie af nie, maar word selfs warmer soos die tyd aangaan. Liefde groei en krimp noot. Satan begin met liefde en eindig met haat, hy is ‘n verwoester van alles wat mooi is. Die TV spel in die meeste gevalle satan se liefde uit, waar die een die ander verlaat om deur egbreek sy wellus te bevredig. Dit spel voorhuweliks seks uit, en noem dit liefde. Liefde is nie seks nie. Waar daar ware liefde is kan seks wag tot na die huwelik, waar dit dan geniet kan word soos God dit vir die mens beplan het. Liefde is respek vir mekaar, Liefde gee om vir mekaar. Liefde gebruik nie mekaar nie. Liefde bevredig nie slegs homself nie, maar bevredig hom of haarself deur te gee en deur te ontvang. Lees die onderstaande skrifte eers deur voordat u, u lesing daaruit bou.
Skrif: 1 Kor.7 1 Kor 13
Week twee Die huwelik
Doel. Die Huwelik is ‘n lewensbesluit
Voorstelling: Die instelling van ‘n huwelik tussen twee mense, is nie ‘n tydelike verbintenis nie, maar ‘n lewenslange binding. Daarom moet jy seker wees voordat jy besluit om in die huwelik te tree. Die huwelik in ‘n instelling wat van God kom, en alles wat van God kom strek tot voordeel van die mens. Dit is mooi en een van die goeie dinge in die lewe van die mens. Ons het iemand nodig om deur die lewe te gaan. Volgens 1 Kor. 7 is daar mense wat maar net nie gemaak is vir die huwelik nie, en daar is weer ander wat nie sonder die huwelik kan leef nie. Twee mense kan alleen een word in die huwelik as hulle alles wat hulle doen saam doen. Dis huwelik is soos twee riviere wat van verskillende rigtings kom en dan een groot rivier word, as hulle saam vloei. God sien die huwelik as ‘n tipe van Sy verbintenis met die kerk. Wat sê die Bybel van die verhouding tussen Christus en die Kerk:
Die Kerk is: Die liggaam van Christus Vlees van Sy vlees en been van Sy been ‘n Eenheid soos God die Vader en die Seun is.‘n Ewige verbintenis wat met koorde van liefde verbind is. Daarom dan kom twee mense voor God staan en roep God as getuie in dat hulle mekaar lief het, en dat hulle saamgevoeg wil word in ‘n eenheid, en alle andere verlaatende aan mekaar getrou sal bly so lank as hulle lewe. Alle andere verlaatende bedoel dat hulle mekaar se verhouding voor vriende, ouers sal stel. Ja, ‘n Huwelik kan slegs een word, as die ander mense en ander belange afgesny word. Ek sê nie dat hulle hul ouers totaal moet verlaat nie, maar dat hulle nie na die huwelik mag toelaat dat daar tussen hulle ouers of vriende kom wat hulle verhouding skade sal berokken nie. God haat egskeiding en dit wat die oorsaak van egskeiding is! Satan wil nie hê dat mense gelukkig moet wees nie, en sal alles probeer om huwelike te breek. Daarom moet ons sy werke gedurig bind en vir huwelike bid, sodat hy nie sy sin kry nie. Weerstaan die duiwel en elke versoek, sodat dit van jou huwelik kan vlug. Onthou dat die huwelik twee kante het, en as jy jou kant bring kan jy jou huwelik versterk. As die ander party nie sy kant bring nie, wen hom / haar met liefde soos Christus Sy verlore kerk gewen het. Egskeiding begin in die gedagte van die mens, deur jaloesie, wellus, pornografie, onvergewens gesindheid, hardheid. southeid, weerwraak, ens........ Kyk na huwelike wat op die rotse loop, en moenie dieselfde foute maak nie. Moenie vra of jy die regte maat gekies het nie, maar of jy die regte maat is. Gebruik die volgende skrifte om u met die lesing te help.
Skrif : Jak. 4:1-8 Luk 10:19 Joh 8:44 Efe 5 1 Tim 4:1-3 Mal.2:16 Sp.27:4 Matt 19:1-12
Week drie Die man in die huwelik
Doel: Die man se plig
Voorstelling: Ons gaan hierdie week kyk wat die man se rol in die huwelik is. God het sekere voorskrifte vir die man, die rede hiervoor is om jou huwelik te laat werk. As ons, ons ouers se voorbeeld neem mag ons verkeerd loop, al is hulle huwelik op die oog af ‘n sukses. Die riglyn in die Bybel is God se wil, en God wil hê dat jou huwelik ‘n sukses moet wees. Onthou altyd dat die duiwel alles sal probeer om jou ongelukkig te maak. Om dis veilig te wees en die regte weg te kies, kom ons hoor wat die Bybel ons in die verband leer. Ons gaan weer die huwelik stel as ‘n tippe van die verhouding van Christus en Sy Kerk op aarde. Net soos Christus die Hoof van die Kerk is so moet die man hoof van sy vrou en sy huis wees. Efe.5:23 Kom ons kyk hoe Christus die gemeente behandel, en neem daaruit ‘n voorbeeld van hoe ons, ons vrouens moet behandel:
Die man as die sterkere is verplig om die vrou te ondersteun in alles. 1 Pet.3:7 & Rom.15:1 Hy moet die voorbeeld stel sodat sy vrou kan volg. 1 Pet.2:21 Die man moet nooit sy gesag op die vrou afdwing nie, maar hy moet haar met wysheid lei deur die voorbeeld te stel. Christus het die gemeente met liefde gewen, Sy liefde is in die gemeente ingebou deurdat Hy ons eerste lief gehad het. Net so moet die liefde van die man kom. As die liefde van die man op ‘n daaglikse wyse betoon word, sal hy sy vrou se liefde vir hom versterk en hy sal haar vertroue en geloof vir hom bou, soos Christus se voorbeeld. Onthou dat as jy liefde saai sal jy liefde maai !
Skrif: Kol. 3:19 Efe. 6:4 Kol. 3:21
Week vier Die vrou in die huwelik
Doel: Die vrou se rol
Voorstelling: Die Bybel het ook ‘n riglyn vir die vrou. Onthou hierdie riglyn is net vir mense wat ‘n sukses van hul huwelik wil maak. Jy kan leef soos jy wil, jy kan jou ouers of iemand anders as voorbeeld neem, dit is jou lewe. Maar as jy ‘n sukses wil maak van jou huwelik, sal ek jou aanraai om die Skepper van die mens, en die Skepper van die huwelik, asook die bron van liefde, se raad en leiding volg. God ken die mens en weet wat die beste vir ons is. Die vrou speel ‘n baie belangrike rol in die huwelik. Hoewel die man die hoof en leier is, is sy die bestuurder van die huis. Lees Sp. 31:10-31. Die leier stuur die huishouding in die regte rigting, en die bestuurder kyk dat dit reg gedoen word. Die man in God se oë is nie sonder die vrou nie, hulle vorm ‘n span wat saam trek. 1 Kor.11:11 Die vrou moet gehoorsaam wees aan die man soos die gemeente aan Christus is, tot hul eie voordeel. Dit is nie vernederend om ondergeskik aan die man te wees nie. God het die vrou nie gemaak om die hoofrolspeler te wees nie maar wel die man. Die vrou kan wel ‘n leier by haar werk wees, en ‘n sterk persoonlikheid hê, maar dit maak haar nie die hoof van haar gesin nie. Indien ‘n vrou die rol van die man oorneem, beroof sy haar man van sy natuur, en sodoende sy rol as vader. Dit sal veroorsaak dat hy minderwaardig sal voel, en nie die ‘n goeie voorbeeld kan wees waarna sy kinders kan opkyk nie. Die einde hiervan is ‘n huwelik waar daar nie ware vrede en geluk kan wees nie. Wil jy ‘n man hê of ‘n poppekas pop ? Jou keuse. Lees die onderstaande Skrifte deur en maar dit deel van u aanbieding.
Skrif: Efe. 5:22-24 Kol.3:1-19 1 Pet. 3:1-6
Week vyf Hoe om julle verhouding ‘n sukses te maak.
Doel: Die Emosionele bank.
Voorstelling: Ons wil almal graag ‘n plek in die wêreld hê. Hiermee bedoel ek dat ons as mens aanvaar wil word en erken wil word. As jy hierdie erkenning skend, breek jy verhoudings. Daar kan selfs onherstelbare skade in verhoudings kom as ons mekaar nie wil aanvaar en plek gee nie. As jy alles wil oorheers – man of vrou- sal jy jouself op die ou end skade berokken. Ek wil dit voorstel soos tipe bank. As jy jou geld in ‘n bank belê, kry jy rente daarop, en as jy net daaruit wil trek sal jy jouself bankrot spandeer. Met emosies werk die dieselfde. Daarom noem ons dit die emosionele bank, dit wat ek belê kry ek rente op, as ek daaruit trek verlaag ek my rente en beweeg ek nader aan bankrotskap. As jy eers bankrot verklaar is, neem dit baie energie en baie fondse voordat jy weer op die been kom. Kom ons kyk nou hoe onttrek ek uit ‘n emosionele bank:
Daar is seker nog baie wat daarby gevoeg kan word. Kom ons kyk nou na die inbankings:
Hierdie lys kan nog ver aangevul word. Om dit maklik te maak lees die onderstaande Skrif, dit is die goue reël van verhoudinge, en pas dit toe.
Skrif: Matt.7:12
Week ses Kies die regte huweliks maat
Doel: Goeie raad om aan te dink.
Voorstelling: Hierdie lesing die daargestel om jou oë vir sekere dinge oop te maak. Ek weet julle hou nie daarvan as mense jou vriende vir jou kies nie. Dit is ook reg dat jy die keuse moet hê om jou eie vriende en lewens maat moet kies. Maar omdat ek meer ondervinding as jy het wil ek jou net op ‘n paar dinge wys. Al wat ek vra is dink daaraan en maak gebruik daarvan om jou te help, en jou oë te open sodat jy nie in ‘n sloot val waaruit jy nie kan kom nie. Kom ons kyk na ‘n paar algemene dinge:
So kan ons aan gaan en die teenoorgestelde hiervan gebruik vir mense wat nie ware vriende is nie. As jy ‘n lewens maat kies wil ek voorstel dat jy sal kyk na die huis waaruit hy kom en sy maniere. Vra jouself dan die vraag af sal jy daarmee kan leef vir die res van jou lewe ? Dit is nie maklik om ‘n mens te verander nie, en as jy dit gaan probeer moet jy besef dit mag dalk jare neem, en miskien kom hy / sy nooit reg nie. Jou lewe is op die spel, kies jy verkeerd sal jy daarvoor betaal en dit sal jou eie skuld wees. As jy Pinkster groot geword het, en jy dien die Here. Kies dan vir jou 'n persoon wat saam met jou die Here sal dien in dieselfde kerk. Onthou altyd ‘n huwelik maak twee mense een, as jy na jou kerk toe gaan en hy na sy kerk, lei die eenheid van die huwelik skade. Dit kan net probleme voortbring. As hy of sy ‘n sterk belang het in een of ander ding waarin die ander nie belangstel nie, lei die eenheid van die huwelik skade. As die eenheid gebreek word, sal dit in die begin nog aanvaarbaar wees maar die gaping sal groter word met die tyd. Dan is daar probleme wat kan lei tot ‘n egskeiding. Onthou dat liefde baie dinge kan verdra, maar met die tyd as julle aan mekaar gewoond raak kan daardie verdraagsaamheid verflou en dan bring dit net probleme. Moet nooit by iemand bly omdat jy hom / haar jammer kry nie. Kies iemand wat jy lief het. As jy agter kom voordat julle getroud is, dat die verhouding nie sal werk nie, moenie daarby bly net sodat die ander nie seer sal kry nie, hy / sy sal wel daaroor kom. Lees die onderstaande Skrif en bou u lesing daaruit.
Skrif: Skrif: Sp.19:4 Sp.27:9,10 Sp.17:9

- Want baie sal sê: “Ek is die Christus” Ons lees kort, kort van mense wat beweer hulle is die Christus. Daar staan ook baie leiers op wat mense oplig en hulle, hul Christus noem. As u tydskrifte lees sal u van ‘n paar gevalle onthou.
- Oorloë en gerigte van oorloë, ek wonder of daar ‘n land is waar daar geen oorloë of onluste is nie. Nog nooit was daar so baie oorloë op verskillende plekke, en hongersnood asook pes siektes en natuurrampe soos nou nie.
- Baie sal mekaar haat en tot struikeling gebring word. Ons beleef die tyd waar mense net vir hul self leef. Hulle verraai mekaar en die een wil beter wees as die ander. Kinders draai teen hul ouers en ouers verwaarloos hul kinders.
- Die evangelie beweeg oor die wêreld met ‘n geweldige spoed en mense hoor dit oor die radio, oor TV en by sendelinge wat die evangelie verkondig. Ek glo nie daar was ‘n tyd wat die evangelie so sterk uitgegaan het soos nou nie.
- Israel is die vye boom wat in 1948 gebod het, en die Bybel sê dat in daardie geslag hierdie dinge sal gebeur. ‘n Geslag is volgens Ps.90:10 sewentig jaar. Waar staan ons nou ?
- In ses dae het die Here die hemel en aarde gemaak, en die sewende dag het Hy gerus. Die aarde bestaan vanaf die sondeval tot nou sesduisend jaar, die sewende duisend jaar of die duisend jaar vrederyk sal in die jaar 2000 plaas vind. Lees 2 Pet. 3 Die datum weet ons nie, slegs God die Vader weet dit Matt. 24:36. Maar dat dit naby is, is verseker.
Aantal jare
- Adam tot Noag; 1056 - 2948 vC
- Noag tot Abraham; 1948 - 2056 vC
- Abraham tot Dawid; 2941 - 1063 vC
- Dawid tot Christus; 4004 - 0
- Christus tot nou; 6000 - 2000 nC
- Duisend jaar vrede? 7000?
Week twee. Wat moet eerste gebeur ?
Doel: Is daar ‘n wegraping ?
Voorstelling: Daar is baie vrae oor die wegraping. Net so is daar baie verklarings van die wegraping. Met hierdie lesing wil ek ook nie mense of kerke aanval nie. Ons gaan kyk wat sê die Bybel daaroor, en ek wil dit behandel met ‘n vraag en antwoord. Dit is nie my stelling nie maar dis die Woord.
- Kom die woord “wegraping” voor in die Bybel ?
- Ja, in 1Thess.4:17 Die woord “weggevoer” in die oorspronklike Grieks waarin die Nuwe-Testament geskryf is, is “Harpaso” wat beteken as dit vertaal word: “om vinnig op te raap”, “om met krag te vat” “om te steel” Dit is waar die woord wegraping vandaan kom. The Living Bible: “wil be caught up with them.” Lees ook Matt.24:36-44 Luk. 17:34-36 1 Kor. 15:51-54
- Is die wegraping die wederkoms van Christus? Nee, die wegraping verskil van die werderkoms. Met die wegraping gaan ons die Here tegemoet in die lug 1 Thess. 4:17 Met die wederkoms gaan Jesus kom tot op die aarde. Openb.1:7
- Wanneer gaan dit plaas vind; Na die groot verdrukking? Of in die helfte van die groot verdrukking? Die volgende skrifte sê dat ons wat nou gereed is om God te ontmoet nie deur die grootverdrukking sal gaan nie, en ook nie halfpad nie. Dit bewys dat die ware kinders van God voor die groot verdrukking, wegeraap sal word. So het die Here ook met die Sonvloed in Noag se tyd en in Lot se tyd met Sodom en Gommora gedoen. Luk. 21:36 ; 1 Thess. 5:9 ;Openb.3:10 Solank die bruid, wat die kinders van die Here is, en die Heilige Gees nog op die aarde is, kan die anti-chris nie met sy verwoesting begin nie 2 Thess.2:6-9 ; Openb 22:17
Week Drie. Wat gebeur met die wegraping
Doel: God het sy kinders ‘n fees belowe.
Voorstelling: Wat werklik gebeur met die wegraping, is die huwelik plegtigheid, van die Kerk van Christus of die bruid met die Bruidegom Jesus Christus. Die Bruidegom kom halfpad, waar die bruid Hom ontmoet. Dan beweeg hulle na die plek waar die huwelik gaan plaasvind. Dit is waar die bruid een gaan word met die bruidegom in die band van die huwelik, soos Jesus dit gebid het in Joh. 17.
Wie is geroep vir die bruilof ?
Matt.22:1-14 25:1-13 Openb.19:1-10
Net soos in die geval met ‘n huwelik sal daar geskenke wees vir die bruid wat eers sal verskyn voor die Regterstoel:
Matt. 25:14-46 ;Rom.14:10 2 Kor.5:10
Daarna sal die krone uitgedeel word:
Jak.1:12 ; 2 Tim.4:8 ; 1 Kor.9:25 ; 1 Thess. 2:19 ; 1 Pet.5:4
Week vier. Groot verdruking
Doel: Op die aarde vind die groot verdrukking plaas.
Voorstelling: Terwyl die bruilof aan die gang is in die hemel. Begin die groot verdrukking op die aarde. Die Bruid en die Heilige Gees is weg van die aarde , en die anti-chris kan sy verskyning maak. Die groot verdrukking sal plaasvind in twee tydperke, soos die Woord die uitwys. Die eerste tydperk Openb.11:3 & Dan. 9:27
Die tweede Openb 13:5
Kom ons kyk eers wie die antichris is. Hy is die teenoorgestelde van Christus vergelyk die skrifte met mekaar:
- Christus; Joh.6:38 / Anti_Chris; Openb.11:7
- Christus ; Joh 5:43 / Anti-Chris; Joh. 5:43
- Christus; Fil.2:8 / Anti-Chris; 2Thess. 2:4
- Christus; Jes. 53:3 & Luk.23:18 / Anti-Chris; Openb. 13:3,4
- Christus; Joh.6:38 / Anti-Chris; Dan.11:36
- Christus; Joh.14:6 / Anti-Chris; 2Thess. 2:11
- Christus; Fil.2:9 / Anti-Chris Jes.14:14,15 & Openb.19:20
Week Vyf: Die begin van die groot verdrukking.
Doel: Die groot verdrukking het nog nie plaas gevind nie.
Voorstelling: Daar is mense wat beweer dat ons al in die groot verdrukking is. Dit is nie waar nie, want dit sal baie erger wees as dit wat ons nou beleef. Matt.24:15-22 Die Boek Openbaring is in kronologiese volgorde geskryf oor dit wat in die einde sal gebeur. Dit begin met die gesig wat Johannes van Jesus gehad het. Jesus se opdrag was dat hy moet skryf aan die sewe gemeentes. Dit verteenwoordig die sewe tye waar deur die kerk gegaan het:
Efese; Apostiliese tydperk: 30-100 nC Aanklag: Die eerste liefde verlaat
- Smirna; Vervolging tydperk: 100-313 nC Aanklag: Arm maar ryk in die Here
- Pergamus; Verleide kerk tydperk: Tydperk: 313-590 nC Aanklag: Hou mense aan wat afgode dien
- Thiatire; Afvallige kerk tydperk: 590-1517nC Aanklag: Laat valse leraars toe
- Sardis: Dooie kerk tydperk:1517-1790nC Aanklag: Het die naam dat jy lewe maar jy is dood.
- Filadelfia: Evangeliserende kerk tydperk: 1730-1900nC Aanklag: Geen Ontvang ‘n geopende deur
- Laodicia: Menseregte kerk tydperk: 1900-2000 nC Anaklag: Die lou kerk, Dink hulle is ryk maar is arm met die deur toe en God buitekant
Week ses: God se troon
Doel: Johannes se gesig van God se troon
Voorstelling: Johannes het ‘n gesig gehad van God se troon net voor die groot verdrukking sal plaas vind. Ek glo dat Johannes dit nie alles verstaan het nie, want dit was nie vir hom bedoel nie, maar hy moes dit neerskryf sodat ons in vandag se lewe dit kan verstaan. God doen nooit iets voordat hy sy kinders waarsku nie. Elke steen en kleur wat hy gesien het, is daar vir ons om te verstaan. God die Vader sit op die troon. Kom ons kyk na die betekenis van die stene:
Jaspis helder steen beteken: Goddelike heerlikheid
- Sardius steen bloed rooi beteken wraak
- Reënboog beteken Genade
- Smarag steen Groen beteken Genade
Dit is wanneer die wraak van God oor die wêreld gaan kom omdat hulle Sy seun Jesus se offer nie aangeneem het nie, maar ook in hierdie tyd sal daar genade wees. (Heb.10:28-31). Onthou die Bruid en die Heilige Gees is nie meer op die aarde nie. Die Heilige Gees is die onderpand, daarom is Hy sowel as die bruid nie meer daar om mense by te staan nie. Die genade van daardie tyd verskil van die genade tyd wat nou is. Die mense sal sonder hulp van God moet ly en sterf vir hul geloof, om gered te word. Dit sal ons in die volgende lesse bewys.
Die vier lewende wesens; hulle is serafs wat God se heerlikheid vertoon en die vier hoeke van die wêreld waarvan die Bybel praat is God se heerskapy.
- Leeu: Majesteit, mag en krag
- Kalf: Krag
- Mens: Intelligent, eie keuse en verantwoordelikheid
- Arend; Majesteit, vinnig en voortreflikheid
Dan verskyn Jesus in Openb. 4. Wat alleen die mag het om God se oordele oor die wêreld te stuur.
Die tweede kwartaal – Gebeure in die groot verdruking
Week een: Die eerste helfte van die groot verdruking
Doel: Die eerste ses seëls
Voorstelling: Die groot verdrukking begin met die oopmaak van die eerste seël. Die wit perd het ‘n boog en ‘n kroon – Hierdie perd met die persoon daarop is nie Jesus nie maar die antichris. Hy sal gesien word as die redder van die wêreld. ‘n Boog sonder pyle kan gesien word dat hy in hierdie deel van die groot verdruking baie gewild sal wees.
- Die tweede seël: Die rooi perd wat oorlog meebring.
- Die derde seël: Die swart perd sal hongersnood meebring
- Die vierde seël:Die vaal perd sal dood meebring
- Die vyfde seël: Die haat teen die mense wat na die wegraping hul tot God bekeer het sal geweldig groei. Hulle wat gemartel en gesterf het sal dan uitroep tot God.
- Die sesde seël: Aardbewings en meteories of sterre wat val. 144,000 uit die Joodse sal gered word,
12,000 uit elke stam. Daarna sal hulle saam met die ander wat gesterf het gedurende die groot verdruking die Here loof. Hulle het nie krone nie maar net palmtakke, ‘n teken van blydskap. Die bruid is nie hier teenwoordig nie, maar nog by die bruilofsmaal.
Skrif: Openb. 6-7
Week twee: Die Tweede helfte van die grootverdrukking
Doel: Die sewende seël en die sewe basuine
Voorstelling: Die sewende seël kondig die einde van die eerste helfte van die groot verdrukking aan. Die tweede deel is baie erger as die eerste deel. Let op dat die eerste vier basuine ‘n derde van die wêreld tref.
- Die eerste basuin: Hael & vuur met bloed gemeng 1/3 van die bome verbrand Open 8:7
- Die tweede basuin: 1/3 van die see in bloed, 1/3 van die seelewe sterf en van die skepe. Op.8:8,9
- Die derde basuin: 1/3 van die water vergiftig. Op.8:10,11
- Die vierde basuin: 1/3 van die son, maan en sterre word donker. Op.8:12
- Die vyfde basuin: Mense word aangeval deur ongediertes of demone. Op.9:1-12
- Die sesde basuin: Die leer wat saam met die antichris, 1/3 van die mense dood maak Op.9:13-21
- Die sewende basuin: Groot fees in die hemel van die mense wat gesterf het gedurende die groot verdrukking. Openb11:15-19
- Die eerste skaal: Hierdie tyd volg nadat die mense die merk van die dier ontvang het. 666. Op.13:11-18. Bose swere op die mense wat die merk ontvang het.
- Die tweede skaal: Die see verander in bloed en al die seediere en visse sterf. Op.16:3
- Die derde skaal: Al die water verander in bloed. Op.16:4-7
- Die vierde skaal: Son skroei die mense, maar hulle wil hulle nie bekeer nie. Op16:10,11
- Die vyfde skaal: Duisternis en geweldige pyn. Op.16:10,11
- Die sesde skaal: Die Eufraat droog op om die pad van die konings van die ooste regte maak vir die groot geveg. Asook bose geeste wat die mense versamel vir die dag van die Here. Op.16:10,11
- Die sewende skaal: Groot donderslae en bliksemstrale en aardbewings soos daar nog nooit gewees het nie. Op.16:17-21
Week drie: Die wederkoms en Armagedon
Doel: Die groot geveg tussen Jesus en die antichris se magte.
Voorstelling: Dan kom ‘n ander wit perd met Jesus self daar op. Sien ook Judas 1:14-16 Die woord Armagedon kom net in een plek in die Bybel voor in Op.16:16. Dit is dit plek waar die geveg sal plaasvind. Die woord beteken: “Har-magedon” waar “Har” berg of hewel is. Saam is dit die berg of gebergde van Meiddo. Dit is ‘n natuurlike oorlogs veld waar daar al groot gevergde was. Rig.5:19 Het Barak oorwinning behaal. Josua het daar ‘n nederlaag gely onder Faro Nego 2 Kon.23:29,30. Dit is ook die plek waar Saul gesterf het ens…… In die volgende Skrifte kan daar ook gelees word van die geveg.
Skrif: Jes.11:4 63:1-6 Joël 3:13-15 2 Thess. 2:8 Judas 1:14-16 Openb 14:14-20 Openb.19:11-21
Week vier: Die duisend jaar vrede ryk en die laaste oordeel
Doel: Die sewende week van die skepping
Voorstelling: .Na die slag van Armagedon sal Jesus op die Olyfberg gaan staan Sag.14:4-11 Dan sal daar ‘n duisendjaar vrede aan breek. Die satan sal vasgemaak word. Christus self sal regeer. Openb.20:1-6 Lees ook Jes. 11:6-10 & Jes 65:25. Na die duisend jaar om is sal die satan losgemaak word en vir altyd oorwin word. Openb.20:11-15. Dan sal die wittroon oordeel plaasvind. Eers hier sal die mense wat gesterf het sonder dat hulle, hulle saak met die Here reggemaak het uit die doderyk kom om geoordeel te word en saam met satan in die Hel gewerp word. Die Hel word nie beheer deur die duiwel nie maar deur God self, en satan sal saam met die mense wat hom gevolg het daar verewig ly. Op.14:11, Mark.9:47
Week vyf: Die beste tyd breek aan vir God se kinders
Doel: Ek glo nie ons weet wat God werklik vir ons gaan gee nie.
Voorstelling: Dit wat nog nie n ons hart opgekom het nie, dit wat ons rykste verbeelding nie kan indink nie, wag vir ons in die beloofde land, God se nuwe hemel en aarde.
Skrif: 1 Kor.2:9 Openb.21 22
Die derde kwartaal – Die huwelik en ek
Week een Liefde kom van God
Doel: .Liefde kom van die bron van liefde: God
Voorstelling:. Die mens is gemaak om lief te hê, en om bemin te word. Ons is na God se beeld en gelykenis geskape, daarom is ons deel van liefde. 1 Joh.4:7 maan ons dat ons mekaar moet liefhê as ons uit God gebore is, hy wat nie lief het nie is nie uit God gebore nie. Die Bybel praat nie hier van jou vleeslike geboorte nie maar die geestelike geboorte. Wie is in beheer van jou lewe ? God of satan. As ons werklik liefhet is ons uit God, want Hy is liefde. As die duiwel beheer het oor ons lewe, sal ons nie ware liefde besit nie, want hy is ‘n leuenaar en mense moordenaar ! Haat en valse liefde asook ontrouheid kom van die bose ! Wat is liefde werklik ? Om liefde te verstaan moet ons na God kyk wat vir ons Sy liefde demonstreer. U sien liefde bestaan nie net uit woorde nie, maar uit dade. As liefde slegs uit woorde bestaan en nie uit dade nie, dan is dit bedrog, en kom dit van satan wat vals is soos sy liefde. God het sy liefde daarin bewys dat Hy eerstens Sy lewe vir ons gegee het. Hy het die hemel verlaat Sy Godheid prysgegee en soos ‘n mens geword, om nog verder verneder te word deur ons sondes op Hom te neem. (Fil.2:5) In Ps. 91 en op so baie ander plekke in die Bybel versoek Hy ons om Hom lief te hê. Nog nooit het Sy liefde vir ons koud geword nie, want ware liefde koel nie af nie, maar word selfs warmer soos die tyd aangaan. Liefde groei en krimp noot. Satan begin met liefde en eindig met haat, hy is ‘n verwoester van alles wat mooi is. Die TV spel in die meeste gevalle satan se liefde uit, waar die een die ander verlaat om deur egbreek sy wellus te bevredig. Dit spel voorhuweliks seks uit, en noem dit liefde. Liefde is nie seks nie. Waar daar ware liefde is kan seks wag tot na die huwelik, waar dit dan geniet kan word soos God dit vir die mens beplan het. Liefde is respek vir mekaar, Liefde gee om vir mekaar. Liefde gebruik nie mekaar nie. Liefde bevredig nie slegs homself nie, maar bevredig hom of haarself deur te gee en deur te ontvang. Lees die onderstaande skrifte eers deur voordat u, u lesing daaruit bou.
Skrif: 1 Kor.7 1 Kor 13
Week twee Die huwelik
Doel. Die Huwelik is ‘n lewensbesluit
Voorstelling: Die instelling van ‘n huwelik tussen twee mense, is nie ‘n tydelike verbintenis nie, maar ‘n lewenslange binding. Daarom moet jy seker wees voordat jy besluit om in die huwelik te tree. Die huwelik in ‘n instelling wat van God kom, en alles wat van God kom strek tot voordeel van die mens. Dit is mooi en een van die goeie dinge in die lewe van die mens. Ons het iemand nodig om deur die lewe te gaan. Volgens 1 Kor. 7 is daar mense wat maar net nie gemaak is vir die huwelik nie, en daar is weer ander wat nie sonder die huwelik kan leef nie. Twee mense kan alleen een word in die huwelik as hulle alles wat hulle doen saam doen. Dis huwelik is soos twee riviere wat van verskillende rigtings kom en dan een groot rivier word, as hulle saam vloei. God sien die huwelik as ‘n tipe van Sy verbintenis met die kerk. Wat sê die Bybel van die verhouding tussen Christus en die Kerk:
Die Kerk is: Die liggaam van Christus Vlees van Sy vlees en been van Sy been ‘n Eenheid soos God die Vader en die Seun is.‘n Ewige verbintenis wat met koorde van liefde verbind is. Daarom dan kom twee mense voor God staan en roep God as getuie in dat hulle mekaar lief het, en dat hulle saamgevoeg wil word in ‘n eenheid, en alle andere verlaatende aan mekaar getrou sal bly so lank as hulle lewe. Alle andere verlaatende bedoel dat hulle mekaar se verhouding voor vriende, ouers sal stel. Ja, ‘n Huwelik kan slegs een word, as die ander mense en ander belange afgesny word. Ek sê nie dat hulle hul ouers totaal moet verlaat nie, maar dat hulle nie na die huwelik mag toelaat dat daar tussen hulle ouers of vriende kom wat hulle verhouding skade sal berokken nie. God haat egskeiding en dit wat die oorsaak van egskeiding is! Satan wil nie hê dat mense gelukkig moet wees nie, en sal alles probeer om huwelike te breek. Daarom moet ons sy werke gedurig bind en vir huwelike bid, sodat hy nie sy sin kry nie. Weerstaan die duiwel en elke versoek, sodat dit van jou huwelik kan vlug. Onthou dat die huwelik twee kante het, en as jy jou kant bring kan jy jou huwelik versterk. As die ander party nie sy kant bring nie, wen hom / haar met liefde soos Christus Sy verlore kerk gewen het. Egskeiding begin in die gedagte van die mens, deur jaloesie, wellus, pornografie, onvergewens gesindheid, hardheid. southeid, weerwraak, ens........ Kyk na huwelike wat op die rotse loop, en moenie dieselfde foute maak nie. Moenie vra of jy die regte maat gekies het nie, maar of jy die regte maat is. Gebruik die volgende skrifte om u met die lesing te help.
Skrif : Jak. 4:1-8 Luk 10:19 Joh 8:44 Efe 5 1 Tim 4:1-3 Mal.2:16 Sp.27:4 Matt 19:1-12
Week drie Die man in die huwelik
Doel: Die man se plig
Voorstelling: Ons gaan hierdie week kyk wat die man se rol in die huwelik is. God het sekere voorskrifte vir die man, die rede hiervoor is om jou huwelik te laat werk. As ons, ons ouers se voorbeeld neem mag ons verkeerd loop, al is hulle huwelik op die oog af ‘n sukses. Die riglyn in die Bybel is God se wil, en God wil hê dat jou huwelik ‘n sukses moet wees. Onthou altyd dat die duiwel alles sal probeer om jou ongelukkig te maak. Om dis veilig te wees en die regte weg te kies, kom ons hoor wat die Bybel ons in die verband leer. Ons gaan weer die huwelik stel as ‘n tippe van die verhouding van Christus en Sy Kerk op aarde. Net soos Christus die Hoof van die Kerk is so moet die man hoof van sy vrou en sy huis wees. Efe.5:23 Kom ons kyk hoe Christus die gemeente behandel, en neem daaruit ‘n voorbeeld van hoe ons, ons vrouens moet behandel:
- Christus koester die gemeente; Efe.5:28,29 Jer.29:11
- Gee Homself oor vir die gemeente; Efe. 5:25-27 Fil.2:5
- Hy is een met die gemeente; Efe. 5:30-33
- Hy is die hoof van die gemeente; 1Kor.11:3
Die man as die sterkere is verplig om die vrou te ondersteun in alles. 1 Pet.3:7 & Rom.15:1 Hy moet die voorbeeld stel sodat sy vrou kan volg. 1 Pet.2:21 Die man moet nooit sy gesag op die vrou afdwing nie, maar hy moet haar met wysheid lei deur die voorbeeld te stel. Christus het die gemeente met liefde gewen, Sy liefde is in die gemeente ingebou deurdat Hy ons eerste lief gehad het. Net so moet die liefde van die man kom. As die liefde van die man op ‘n daaglikse wyse betoon word, sal hy sy vrou se liefde vir hom versterk en hy sal haar vertroue en geloof vir hom bou, soos Christus se voorbeeld. Onthou dat as jy liefde saai sal jy liefde maai !
Skrif: Kol. 3:19 Efe. 6:4 Kol. 3:21
Week vier Die vrou in die huwelik
Doel: Die vrou se rol
Voorstelling: Die Bybel het ook ‘n riglyn vir die vrou. Onthou hierdie riglyn is net vir mense wat ‘n sukses van hul huwelik wil maak. Jy kan leef soos jy wil, jy kan jou ouers of iemand anders as voorbeeld neem, dit is jou lewe. Maar as jy ‘n sukses wil maak van jou huwelik, sal ek jou aanraai om die Skepper van die mens, en die Skepper van die huwelik, asook die bron van liefde, se raad en leiding volg. God ken die mens en weet wat die beste vir ons is. Die vrou speel ‘n baie belangrike rol in die huwelik. Hoewel die man die hoof en leier is, is sy die bestuurder van die huis. Lees Sp. 31:10-31. Die leier stuur die huishouding in die regte rigting, en die bestuurder kyk dat dit reg gedoen word. Die man in God se oë is nie sonder die vrou nie, hulle vorm ‘n span wat saam trek. 1 Kor.11:11 Die vrou moet gehoorsaam wees aan die man soos die gemeente aan Christus is, tot hul eie voordeel. Dit is nie vernederend om ondergeskik aan die man te wees nie. God het die vrou nie gemaak om die hoofrolspeler te wees nie maar wel die man. Die vrou kan wel ‘n leier by haar werk wees, en ‘n sterk persoonlikheid hê, maar dit maak haar nie die hoof van haar gesin nie. Indien ‘n vrou die rol van die man oorneem, beroof sy haar man van sy natuur, en sodoende sy rol as vader. Dit sal veroorsaak dat hy minderwaardig sal voel, en nie die ‘n goeie voorbeeld kan wees waarna sy kinders kan opkyk nie. Die einde hiervan is ‘n huwelik waar daar nie ware vrede en geluk kan wees nie. Wil jy ‘n man hê of ‘n poppekas pop ? Jou keuse. Lees die onderstaande Skrifte deur en maar dit deel van u aanbieding.
Skrif: Efe. 5:22-24 Kol.3:1-19 1 Pet. 3:1-6
Week vyf Hoe om julle verhouding ‘n sukses te maak.
Doel: Die Emosionele bank.
Voorstelling: Ons wil almal graag ‘n plek in die wêreld hê. Hiermee bedoel ek dat ons as mens aanvaar wil word en erken wil word. As jy hierdie erkenning skend, breek jy verhoudings. Daar kan selfs onherstelbare skade in verhoudings kom as ons mekaar nie wil aanvaar en plek gee nie. As jy alles wil oorheers – man of vrou- sal jy jouself op die ou end skade berokken. Ek wil dit voorstel soos tipe bank. As jy jou geld in ‘n bank belê, kry jy rente daarop, en as jy net daaruit wil trek sal jy jouself bankrot spandeer. Met emosies werk die dieselfde. Daarom noem ons dit die emosionele bank, dit wat ek belê kry ek rente op, as ek daaruit trek verlaag ek my rente en beweeg ek nader aan bankrotskap. As jy eers bankrot verklaar is, neem dit baie energie en baie fondse voordat jy weer op die been kom. Kom ons kyk nou hoe onttrek ek uit ‘n emosionele bank:
- Onvrienlikheid & onhoflikheid
- Breek beloftes
- Verbreek verwagtinge
- Te trots, groot praat ens..ens..
- Skinder; praad sleg van mekaar
- Onvergewens gesindheid
- Harde woorde of skeltaal
Daar is seker nog baie wat daarby gevoeg kan word. Kom ons kyk nou na die inbankings:
- Vriendelikheid & Hoflikheid
- Kom beloftes na
- Eer verwagtinge
- Erken foute
- Hou geheime
- Mooi woorde
- Stel belang in ander se belange
- Komplimenteer
- Moedig aan
- Luister
Hierdie lys kan nog ver aangevul word. Om dit maklik te maak lees die onderstaande Skrif, dit is die goue reël van verhoudinge, en pas dit toe.
Skrif: Matt.7:12
Week ses Kies die regte huweliks maat
Doel: Goeie raad om aan te dink.
Voorstelling: Hierdie lesing die daargestel om jou oë vir sekere dinge oop te maak. Ek weet julle hou nie daarvan as mense jou vriende vir jou kies nie. Dit is ook reg dat jy die keuse moet hê om jou eie vriende en lewens maat moet kies. Maar omdat ek meer ondervinding as jy het wil ek jou net op ‘n paar dinge wys. Al wat ek vra is dink daaraan en maak gebruik daarvan om jou te help, en jou oë te open sodat jy nie in ‘n sloot val waaruit jy nie kan kom nie. Kom ons kyk na ‘n paar algemene dinge:
- `n Vriend stel in jou belang nie net in jou liggaam nie.
- ‘n Vriend sal jou laat belangrik voel
- ‘n Vriend sal nie sy eie wil op jou afdwing nie
- ‘n Vriend sal jou aanmoedig in vooruitgang
- ‘n Vriend wil altyd by jou wees