Graad sewe My verhouding met God
Die eerste kwartaal – Hoe om ‘n ware kind van God te word
Week een. Ons is die kroon van God se skepping
Doel: Waarom het God ons geskape
Voorstelling : Alles op aarde is geskappe sodat die mense daarop kan lewe. Selfs die son maan en sterre is vir die mense geskappe. Ons is ‘n afdruk van God omrede Hy ons na Sy beeld en gelykenis geskape het. In elke mens is daar ‘n gees wat van God kom, die gees van die mens woon in sy siel en die siel woon in die liggaam. Terwyl Adam in die paradys geleef het voor die sonde val, kon hy met God gesels van aangesig tot aangesig. Daar was nie skeiding tussen Adam en God nie. Wys die kinders hoe volmaak hulle geskappe is. Ons kla so baie maar daar is geen ding op die aarde wat so wonderlik geskappe is as ‘n mens nie. Die mens kan sien, hoor, voel, loop, dink, ontwikkel, leer en sy eie besluite neem. Die beste nog God het die mense onsterflik gemaak! Hoewel die liggaam kan sterf is die ware mens wat in die liggaam woon onsterflik.
God het die mense geskappe om oor alles wat in die wêreld is te heers. God het alles wat in die wêreld is onder die gesag van die mens geplaas. God het die mense die vermoë gegee om alles te bestuur. Die mens kon soos ‘n god heers en sy eie besluite neem. Adam kon heers oor die wêreld, hoewel die wêreld nie aan hom behoord het nie. God het hom aangestel om te hees oor God se eiendom. Vandag kan ons ook heers en ons eie besluite neem, maar ons moet altyd besef dat ons deur God geskappe is, en ons behoort nie aan onsself nie maar aan God! Net so behoort alles wat ons het en wat ons sien aan God, Hy is die Skepper van alles wat bestaan, en alles behoort aan Hom.
Skrif: Gen 1:26-31
Week twee. Sonde bring skeiding tussen Skepper en skepsel
Doel: Deur gehoorsaamheid aan satan verloor die mens sy skeppings doel.
Voorstelling: Gehoorsaamheid bepaal die leier. As jy gehoorsaam is aan die Here sal jy doen wat Hy van jou verwag, dat is jy Sy kind. As jy gehoorsaam is aan die duiwel sal jy doen wat hy van jou verwag, dan is jy sy kind. Adam het die leuen van die duiwel geglo en gedoen wat die duiwel gesê het, en so doende het die duiwel oor Adam mag gekry, en hy het die mag wat hy van die Here ontvang het verloor. Dit is baie belangrik om te besef dat jou keuse bepaal wie jou lewe bestuur. Net so veroorsaak ongehoorsaamheid die skeiding.
Die duiwel is ‘n mense moordenaar, hy sal alles probeer om jou in sy mag te kry. Die satan maak nog vandag gebruik van die selfde taktiek, en verlei so baie mense, omdat hulle nie die bose se metodes verstaan nie. Hy neem die waarheid en verdraai dit en wys jou nie op die nadele wat wag indien jy hom gehoorsaam nie. Lees Gen 3 en sien hoe verdraai hy die waarheid. Net so vandag verlei hy kinders deur dwelms, hy wys hulle hoe lekker die voel as hulle dit gebruik, maar wys nie op die verslawing nie, asook nie die nadele van hulle liggaam nie. Baie mense het al selfmoord gepleeg omdat hulle met verslawing kan breek nie. So ook pronografie, drank, bo-natuurlike demoniese kragte. Hy het slegs een doel en dit is om mense se liggaam en siel dood te maak. Hy wil so veel moontlik mense werf vir die Hel se vuur. Deur Adam se gehoorsaamheid aan die duiwel, het hy sy heerskapy oor die wêreld verloor en dit oorgegee aan die duiwel. Dis gevolg daarvan was dat siekte, moeite en die dood gekom het. Die mens het sy verhouding met God verbreek omdat hy eerder die leuen van satan geglo het, en God se Woord nie geglo nie. Adam het die menslike ras verteenwoordig, daarom het al die mense gely deur sy ongehoorsaamheid. So verval ‘n volk as die koning of leier aan God ongehoorsaam is, ‘n kerk as die leraar ongehoorsaam is, ‘n huisgesin as die ouers ongehoorsaam is, ‘n vriendekring as die leier ongehoorsaam is, en so kan ons aangaan. Wie is jou leier?
Skrif: Gen 3 Jes 59:1-8 Rom 3:9-20 Rom 5:12 Rom 8:18-22
Week Drie. Jesus neem die vloek op Hom
Doel: Jesus het gekom sodat ons weer dit wat ons verloor het kan ontvang.
Voorstelling: Dink net jy was skuldig en moet betaal vir dit wat jy gedoen het, maar dan kom Jesus van die hemel om jou skuld te betaal. Jesus wat die Here van die leerskare is, Jesus wat so groot en sterk is dat die berg Sinai gebewe het en die weerligte en donderweer die berg gevul het, Jesus wat die Skepper van alles, verlaat die hemel en word soos ‘n gewone mens om vir jou sonde te betaal.
Jesus het vir ons die losprys betaal sodat as ons Hom aanneem ons weer kinders van God kan word en ons erfenis weer kan ontvang, sodoende kan ons weer die mag kry om te heers op die aarde. Maar as ons nie die Sy offer aanneem nie bly die vloek van die sonde op ons. En die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe deur Christus.
Skrif: Exo 19:18, Fil. 2:6-7, Rom 6:13-23 Gal 3:13-14 Rom 8: 14-17
Week vier. Die bekering
Doel: Wat is bekering en hoe kan ek my bekeer ?
Voorstelling: As ek Jesus aanneem meen dit dat ek Hom moet vra om my te vergewe vir alles wat ek gedoen het. As jy die volgende gebed bid sal Hy jou vergewe: “Vader ek kom na U toe in die naam van Jesus, ek het teen U gesondig, vergewe my sondes en neem my aan as U kind. Ek wil U dien en aan U gehoorsaam wees. Help my om van vandag af vir U te lewe. Skryf my naam in U boek van die lewe. Help my om te breek met die sondes in my lewe en vorm my na U beeld en gelykenis. Amen”
Jesus red ons en vergewe al ons sondes van die verlede. bekering beteken nou dat Jesus my vir my ou lewe vergewe het moet ek die ou dinge laat staan en soos ‘n nuwe mens op die weg van Christus wandel. Bekering beteken ek is dood vir sonde en gehoorsaam aan God se woord, en lewe slegs vir Jesus. Bekering beteken nie nou mag ek nie meer sonde doen nie, maar nou wil ek nie meer sonde doen nie.
Skrif: Ps. 103:12, 1Joh 1:9 2 Kor 5:17 Job 22:21-30 Esg 33:11 ens
Week Vyf: Die water doop
Doel: Die Doop met water is die bad van die wedergeboorte.
Voorstelling: Voordat mense gedoop kan word moet hulle Jesus aangeneem het as sy Saligmaker. Sy lewe moet ook wys dat hy verander het en en dat hy nie meer sonde doen nie. Die Bybel sê dat hy die vrugte van die bekeering dra. M.a.w. Jy moet sien dat hy regtig vir Jesus lief het en dat hy gereeld kerk toe gaan en graag meer van Jesus wil leer. Die betekenis van die doop is dat jy nie meer in die sonde lewe nie, en die ou sondige mens begrawe sodat jy in ‘n nuwe lewe saam met Christus gaan lewe. Die doop beteken dat jy jou ou sondige natuur veruil vir ‘n lewe waar Jesus nou jou lewe beheer en nie meer jy og die sonde waarin jy gelewe het nie.
Die doop met water is nie net ‘n stap van gehoorsaamheid nie maar daarsonder kan ‘n mens nie die ewige lewe beërwe nie. Die doop het ook nie in die plek van die besnydenis gekom nie, as dit so was moes slegs seuns gedoop word en volgens Paulus het die besnydenis in die vlees geen waarde nie maar wel nie besnydenis in die gees Rom 2:17-29. Die doop is deel van die wedergeboorte waarsonder niemand die koninkryk van God sal ingaan nie Joh 3:3-5 Tit 3:5. Dit is ‘n bevel van Jesus Matt 28:19. Die doop laat ons saam met Jesus in Sy dood groei sodat ons soos Hy uit die dode opgestaan het, ons ook saam met Hom sal opstaan. Rom 6:3-5 Die doop sal teen ons getuig of vir ons getuig op die dag wanneer ons voor Jesus verskyn 1Joh 5:8. Jesus het self vir ons ‘n voorbeeld gestel, as Hy dit nodig geag het, wie is ons om te sê dit is nie nodig nie ! Matt. 3:13-17
Week Ses: Hoe word ‘n mens gedoop?
Doel: Die doop kan slegs op ‘n Bybelse manier toegepas word
Voorstelling: Mense verander baie die Bybel om vir hulle in hulle omstandighede te werk. As ek ‘n resepte boek neem met die doel om brood te bak en gebruik miliemeel omdat ek nie van broodmeel hou nie. Sal die brood wat ek beplan om te bak nooit ‘n brood word nie. Net so kan ek ook nie diesel in ‘n motor wat met petrol aangedrewe word gooi nie, dit sal die engin beskadig. Net so kan ek ook nie God se Woord verdraai en my eie wette daarin plaas en dan aanneem dat God moet inval met my plan nie! Openb.22:18
Die doop is ‘n sakrament wat deur God ingestel is, en geen mens het die reg om sy eie metode te gebruik nie ! Efe 4:1-7. Volgens die Katkisasieboek se dertiende druk in 1962 op Bl 264 Art C het die doop in die Apostoliese tyd deur indompeling geskied maar vanaf die 13 eeu het die besprinkeling in gebruik gekom. Dit is dus ‘n menslike instelling Mark 7: 7 Die woord doop in Afrikaans en die woord Batizo in die oorspronklike taal van die Bybel beteken onderdompeling. Net so word ons volgens Rom 6:3-6 begrawe in die dood of water om weer daaruit op te staan. Die doop is die het altyd geskied waar daar baie water was Joh 3:23. Die doop word eers na die bekering toegepas Luk 3:3. Die doop word in die name van die Vader, Seun en Heilige Gees uitgevoer Matt 28:19. Matt 3:7-9. Mense wat Jesus aangeneem het en hulle sondes afgesterf het, word gedood, en deur die doop word hulle deel van die opstanding uit die doop. Rom 6. Die doop is ook deel van die wedergeboorte waarsonder ons nie die ewige lewe kan ontvang nie soos in Joh 3:3-5. sien ook Kol.2:11-12; Tit.3:5. Jesus is gedoop Matt. 3, Paulus is gedoop. Hand. 22:12-16, Die doop is ook belangrik lees Hand.10, Hand 19 ens...
Week sewe: Die stelling: “Eenmaal gered altyd gered.”
Doel: Dit is nie waar nie dat as jy eenmaal gered is en sondig, jy nie verlore sal gaan nie.
Voorstelling: Daar is so baie leuens versprei word deur valse profete of mense wat nie God se Woord ken nie. Mense wat sê dat hulle die woord ken maar wat geen verhouding met Jesus het nie. Jesus het wel vir ons sondes gesterf em het eenmaal vir ons sondes betaal. Maar as ons wees sonde doen tel dit teen ons al het Jesus vir ons sonde betaal. As ek klaar gebad het is ek skoon, maar as ek eenmaal in my lewe gebad en sal ek nie altyd skoon wees nie. Sodra ek weer vuil word moet ek weer bad. Net so as Jesus my vergewe het ek ek sondig weer moet ek weer na Hom gaan en vra dat Hy my moet vergewe. As ek weer sondig en net aan neem dat Jesus my klaar vergewe het, sal my sonde teen my tel. Net so sal mense wat eenmaal die heerlikheid van die Here ervaar het en moedwillig sondig nie meer vergewe word nie. Heb.6:4-6
Die mens wat sondig sal sterwe sonder God. Dit is wel waar dat jy nooit jou kindskap verloor as jy eers die Here aangeneem het nie, maar as jy weer terug keer na jou sondige natuur toe verloor jy jou erfreg as ook die ewige lewe. 2 Pet 2:15-17, 21,22
Skrif: Matt 7:21-23 Esg 33:13-20, Rom 6:1-2, 1Joh.2:4
Die tweede kwartaal – Hoe om met God te praat
Week een: God verlang na ons geselskap
Doel: Gebed bou verhouding met God
Voorstelling: Alle mense praat met mense, selfs die dowe mense praat deur vinger taal. Mense wat diere liefhet kan ook in die oë van diere sien wat hulle behoeftes is. As ons nie met mekaar praat nie sal ons baie swaar kry, want mense sal nie weet wat ons benodig nie. ‘n Mama weet wanneer haar kind huil dat hy honger is. Probleme ontstaan wanneer mense nie met mekaar praat nie, want as hulle nie met mekaar praat nie verstaan hulle mekaar nie, en dan maak hulle verkeerde afleidings, wat gevegte en selfs oorloë veroorsaak. Hoe kan ons God verstaan as ons nie met Hom praat en Hy met ons praat nie.
Kommunikasie is baie belangrik vir alle verhoudings. Daarsonder kan ‘n mens geen verhouding bou met ander mense asook nie met God nie. Jou geestelike groei en verhouding met God word gemeet in jou gebeds lewe. Selfs jou liefde vir God kan hierin gesien word. ‘n Bidder is die mens wat geestelike werk doen. Die mens wat sê hy dien die Here en nie bid nie, bluf homself en sal nooit geestelik groei nie. Kyk maar na die mense wat so aan en af die Here dien, hulle is nie ware bidders nie.
Skrif: Gen 3:8,9 2 Kron 16:9 1 Joh 14:12-15 1 Kor 1:9 ens
Week twee: Hoor God my gebed?
Doel: Die duiwel wil graag verkondig dat God nie hoor nie.
Voorstelling: Dit voel soms asof ons gebede nie gehoor word nie. God hoor elke gebed en Hy weet van alles wat met ons gebeur. Hy het elkeen van ons lief, en hoewel Hy nie altyd antwoord soos ons wil hê Hy moet antwoord nie. En omdat Hy nie antwoord wanneer ons wil hê Hy moet antwoord nie, beteken nie dat Hy nie hoor nie. Maar Hy weet wat goed is vir ons en indien dit in Sy wil is sal ons op die regte tyd antwoord. Net soos ons aardse ouers ons versoeke hoor maar nie altyd ons sin vir ons gee nie, omdat hulle weet wat goed is vir ons, so sal die Here ons gee wat en wanneer ons dit benodig. Ons ouers kan ook net gee wat hulle het, maar ons Hemelse Vader kan vir ons meer gee as wat ons vra, want alles op aarde en in die hemel behoort aan Hom!
God weet alles en is ooral daar is geen plek op aarde en in die hemel waar Hy nie is nie. Hy hoor ons gedagtes sonder dat ons bid. Daarom weet Hy as ons roep, en as ons Sy Naam aanroep hoor Hy. Net soos jy hoor as iemand naby jou is en jou naam noem.
Skrif: Ps. 139, Jes 40:12-31 Jes 43:1-7, Num. 23:19, Joh 6:37 Joh 15:1-8, Luk 18:1-8
Week drie: Wat verhinder gebede?
Doel: Slegs jy self kan jou eie gebede verhinder.
Voorstelling: Ons weet nou dat God al ons gebede hoor, hoewel Hy ons gebed hoor kan dit gebeur dat daar dinge in my lewe is wat verhoed dat Hy jou gebed beantwoord. God is altyd met ons as ons Hom gehoorsaam, maar as ons van God afdwaal deur dinge te doen wat Hom nie behaag nie, kan dit verhoed dat Hy ons gebed antwoord. Net soos ons ouers ons versoeke nie wil gehoorsaam as ons stout is en nie hulle gehoorsaam nie.
Die dinge wat God verhoed om ons gebede te beantwoord is eerstes sonde en sonde is ongehoorsaamheid. Maar die Here in ons is en as ons doen wat Sy woord ons leer dat kan ons Hom net vra wat ons wil hê. Joh.15:7-10
Skrif: Jes 59:1-2 Joh 9:31 1 Pet 3:12 Heb 4:13 1Pet.3:1-7
Week vier: Hoe moet ek bid?
Doel: Jesus het Sy dissipels ook geleer bid.
Voorstelling: Maak gebruik van die Onse Vader al moet jy die in meer as een les aanbied
Die onse Vader gebed in Matt 6: 7-13 is ‘n goeie manier om iemand te leer bid, dit is ook die gebed wat Jesus gebruik het om Sy dissipels mee te leer. Kom ons werk deur die gebed:
“Onse Vader wat in die hemel is” Ons gebed begin deur die Vader aan te roep, ons moet erken dat ons Sy kind is en Hy ons Vader, dan sal ons weet dan onse Vader vir ons meer omgee as wat ons aardse vader vir ons kan omgee.
“laat U Naam geheilig word” Verheerlik die Naam van God deur Hom te loof vir dit wat Hy aan jou gedoen het, en gaan doen. As jy hier besef hoe groot God is sal jy weet dat Hy die vermoë het om jou gebed te beantwoord.
“laat U Koninkryk kom” Die eerste en belangrikste ding is dat God se koninkryk moet kom in jou lewe en in dit waaroor jy bid. God se koninkryk beteken dat jy en jou gebed onder Sy heerskapy moet kom.
“laat U wil geskied, soos in die hemele net so ook op die aarde.” Jou gebed gaan altyd oor God se wil in jou lewe. God wil vir jou net die beste gee, as jy dan in Sy wil beweeg en doen wat Hom behaag sal Hy jou antwoord. Plaas jou lewe en jou begeertes is SY hande en laat Sy wil oor jou geskied.
“gee ons vandag ons daaglikse brood.” Hier kan jou nou jou behoefes voor Hom noem. Daaglikse brood beteken dat jy vir God kan vra om in jou behoefte te voorsien.
“en vergeef ons ons skulde soos ons ook ons skuldenaars vergewe.” Vergifnis is so belangrik; Hier moet jy Hom vra om jou te vergewe as daar sonde en ongehoorsaamheid in jou lewe is sodat jou gebed nie verhinder sal word nie. Jy moet ook ander mense vergewe wat teen jou gesondig het. Hierdie gedeelte van die gebed is baie belangrik sodat God jou gebed kan beantwoord. Onvergewensgesintheid sal jou gebede verhinder.
“en lei ons nie in versoeking nie maar bewaar ons van die bose” Versoeking en verleiding neem ons weg van die aangesig van God. Bid dat die Here jou sal bewaar teen die aanslag van die duiwel en die bose magte. Want as hulle jou op verkeerde weë lei sal dit ook jou gebed verhinder.
“want aan u behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.” Alle behoord aan God Hy is Heer en Meester oor alles wat bestaan. Hy het die vermoë; die krag en mag om jou gebed te antwoor. Voordat jy jou gebed afsluit dank jy Hom asof jy reeds ontvang het. Want God het gehoor, jy is in Sy wil, en daarom kan jy in die geloof ontvang dit waarvoor jy gevra het.
Week vyf: Wat is geloof?
Doel: Geloof is die krag in die gebed en geestelike lewe.
Voorstelling: Ons glo in so baie dinge, maar as dit kom om te glo in God en in God se beloftes is dit so moeilik. Omdat baie mense ons dinge beloof het wat ons nie ontvang het nie, verloor ons vertroue ook in God. Geloof vra nie hoe gaan God antwoord nie, Geloof sien nie ontmoontlikhede raak nie, Geloof kyk slegs na dit wat gevra word, hoe en van waar dit antwoord kom is nie belangrik nie. Geloof sien die antwoord voordat dit ontvang is. Geloof is om te weet dat daar ‘n God is wat in jou belang stel. Jy glo elke dag dat die son opkom in die môre en ondergaan in die aand. Jy glo in jouself dat jy jou liggaam kan gebruik om te loop en so baie ander dinge kan doen. Noem se ‘n paar dinge op wat ons glo.
Sonder geloof kan ons God nie behaag nie. Elke mens het geloof en om jou geloof sterk te maak en te laat ontwikkel is daar sekere dinge wat jy moet doen. Kom ons kyk eers wat is geloof. ‘n ander woord vir geloof is: “vertroue” geloof sê eintlik ek vertrou God dat Hy my sal antwoord, ek vertrou dat die Here se beloftes waar is en dat Hy dit doen wat Hy beloof het. Kan God lieg ? Num 23:19 Die definisie van geloof is ook opgeteken in Heb 11:1 Om nou my geloof te versterk moet ek doen wat die Bybel sê in Rom 10:17 Die bou stene van jou geloof sal jy vind in bywoning van die kerkdienste want dit is daar waar die woord van God uitgaan en jou in jou geloof versterk. Kyk na Jesus se geloofs gebed Joh 11:41-44
Skrif: Rom.4 Heb 11 Rom 1:17 Rom 5:1
Week SES: Wanneer en waar moet ek Bid?
Doel: Twee rigting gesprek & verskillende gebede
Voorstelling: Gebed is ‘n twee rigting gesprek. Terwyl jy met God praat, praat die Here met jou. Gebed is nie ‘n manier om opdragte vir die Here te gee nie. Baie gebede gee die Here opdragte, en die persoon wat bid wil nie self iets doen nie. Onthou altyd hoe jy met ‘n persoon praat wat ‘n baie hoë posisie beklee. Of onthou hoe jy met jou pa praat. Jy gee hom nie bevele nie maar kom met groot respek en vra hulp en leiding. Terwyl ons bid verskyf ons aandag van die dinge om ons na God, daarom kan die Here met ons praat terwyl ons bid. So kan jy regdeur die dag met God praat waar jy ookal beweeg. Dit is ook nodig dat jy elke dag ‘n tyd inruim wanneer jy met Jesus praat, vroeg in die môre of laat in die aand, ‘n tyd waar niemand jou aandag kan aftrek nie. Kies ‘n tyd en gebruik dieselfde tyd elke dag. In hierdie tyd maak jy tyd vir gebed en vir Bybel studie. Hierdie tyd wat jy met God spandeer in geweldig belangrik vir jou geestelike groei.
Daar is verskillende gebede wat ons ook van moet weet. Daar kom tye wat jy sommer so terwyl jy loop, werk of sit met die Here praat, God hoor daardie gebed en wil hê dat ons so met Hom praat ek dink dit is waarvan die Skrif praat in 1 Thess 5:17 Dan is daar ook gesaamendlike gebede; dit is wanneer ‘n groep mense saam bid. Hand 4:23,24,29-31 Neh 8:7,7 Dan is daar voorbidding 1 Kor 14:14 Efe 6:18 daar is ook ‘n gebed van toewyding Luk 22:42 Daar is ook ‘n gebed vir genesing Jak 4:15 en ‘n gebed van oorgawe Matt 6:25-27 11:28-30 1Pet 5:7 Fil 4:6
Die derde kwartaal – Wandel met God
Week een ‘n Persoonlike verhouding met God
Doel: God is nie iemand wat vêr is nie maar Hy wil my persoonlike vriend wees
Voorstelling: Ons geestelike lewe moet nooit om ons geloof rigting, ‘n kerk , ‘n prediker of een of ander persoon wees nie. Onthou daar is nie meer ‘n aardse priester nie maar Jesus self is ons middelaar en priester wat vir ons by God die Vader intree. Daarom moet ons ‘n persoonlike verhouding met Hom aanknoop. Hy moet my beste Vriend word, want dit is Hy wat my verstaan en aanvaar soos ek is. Dit is Hy wat by my sal staan al verlaat alle ander mense my, en dit is ook Hy wat werklik vir my omgee waar ander nie my nooit raaksien nie. Om ‘n persoonlike vriend te wees van die Skepper van alles wat bestaan is voorwaar iets om op trots te wees.
Daar is baie gelowe en geloof oortuigings. Een van die grootste ewels van ons tyd is godsdiens! Want mense aanbid godsdiens en nie vir God nie! “My kerk is reg en julle kerk is verkeerd” So jammer dat dit oor ‘n kerk en ‘n geloof gaan en nie oor Jesus nie. Die rede vir verskillende kerke en geloofsoortuigings is omdat mense vir hulself ‘n geloof geskep het deur hul siening en hul interpertasie van die Bybel. Ander weer het vir hulself ‘n eie Bybel saamgestel om hulle geloof uit te leef. Jesus verlang ‘n persoonlike verhouding met die mense wat Hy geskep het. As jy Jesus eerste in jou lewe stel voor jou eie interpetasies van die Bybel en sonder jou kerk en jou geloof, sal jy die ware weg na God vind. Jesus is die deur na God die Vader, nie jou kerk of geloof nie.
Skrif: Joh 14:6; 1 Kor 3; 1Kor 4:1-4; Heb.5; 1 Tim. 2:1-7
Week twee Volg Jesus se voorbeeld
Doel. As ek Jesus liefhet sal ek begeer om soos Hy te wees
Voorstelling: As ‘n mens iemand werklik lief het, en baie van hom dink, verander jy met tyd en word jy soos hy. Jesus moet jou held wees, Hy moet jou beste Vriend wees, Hy moet jou droom wees. Ons is geskep na die Beeld en Gelykenis van God. Dit beteken dat ek soos Jesus moet lyk en optree. Ander moet sien at ek ‘n afdruksel is van Sy wese.
Hoeveel weet jy van Jesus? As my kennis van Jesus swak is sal ek nooit soos Hy kan wees nie. Maar ‘n opsommimg van Jesus se karaktertreke en vergelyk dit met jou lewe. Stel dan vas waar jy verskil, en vra die Here om te help om daagliks te verander, sodat mense Jesus in jou lewe kan onderskei.
Skrif : 1 Pet. 2; Heb.12:14; Joh 17
Week drie Hoe kan ek God se seën in my geldsake kry?
Doel: Hier is die wet van krag: Saai en jy sal Maai
Voorstelling: Om my geld te gee vir die kerk is nie maklik nie. Daar is nog so baie wat ek kan koop en as ek dit dan vir die kerk gee doen ek myself te kort. Wat maak die kerk met die geld, gebruik hulle dit reg? Dit is ‘n paar vrae wat ons gewoonlik vra. Om geld vir die kerk te gee, gee ons dit nie net omdat ons moet nie. Dit is eintlik ‘n beleging in God se koninkryk. ‘n Beleging is geld wat ek belê om deel te word van die Kerk van die Here, en sodat ek die voordele daarvan kan geniet.
Indien ek geld in die kerk inbetaal, het ek deel van die belooning vir elke siel wat gered word. Ek is deel van elke mens wat bemoedig en genees word. Ek sal deel wees van die beloning daarvan van die vooruitgang van die gemeente. Bo dit alles sal God in my behoefte voorsien omdat ek deel bydra vir die uitbreiding van die Koninkryk van God op aarde.
Skrif: 2 Kor. hoofstuk 8 & 9,
Week vier Wat is liefde?
Doel: Wat is liefde werklik ?
Voorstelling: Baie mense het verskillende opvatings vir liefde. Laat die kinders eers hulle sienning daarvan bespreek, neem dat hulle siening en vergelyk dit met die Woord van God. Moenie dit meet aan jou siening daarvan nie.
Liefde is nie wat die seepies stories oor die T.V. verkondig nie. Liefde is nie seks nie, Liefde is nie iets wat kom en gaan nie. Saam met liefde kom verandwoordelikheid. Die gevoel van liefde kom en gaan, daarom is liefde nie ‘n gevoel nie, maar ‘n offer wat jy gee. God het ons so liefgehad dat Hy Sy seun aan die kruis geoffer het. Jesus het gesterf vir goeie en slegte mense, omdat God alle mense liefhet. Liefde is om by iemand te staan al gebeur wat ook al. Baie mense verbreek verhoudings omdat hulle ‘n valse gevoel najaag wat nie ware liefde is nie. Maar dit gaan oor persoonlike voorkeure en persoonlike begeertes.
Skrif: Joh 3:16-17; Joh 14, 15; 1Joh 4; 1Kor 13.
Week vyf Deel van die liggaam van Christus
Doel: Ons liggaam is die tempel van die Heilige Gees en ons is deel van Christus se Liggaam.
Voorstelling: God wil hê dat ons een moet word van die Goddelike liggaam. Ons moet huisgenote word van God en hier op die aarde. Ons moet Sy liggaam wees, sodat die mense wat God nie ken nie God in ons kan sien en verheerlik. Ons leefwyse moet van so ‘n aard wees dat die mense wat nie Bybel lees nie ons lees, en ‘n begeerte kry om self ook God te dien soos ons Hom dien.
Ons bestaan uit ‘n liggaam, en in ons liggaam woon ‘n onsterflike siel, en in die siel woon ‘n gees. Ons liggaam word gebore en ons gees word opgewek. Ons liggaam kan nie verewig lewe nie en gaan sterf, maar ons siel leef verewig. Ons gees kom van God, en dit is ons gees en die Heilige Gees wat in ons is, wat ons onsterflike siel verander sodat ons gered kan word vir die ewige lewe. Indien ons nie toelaat dat God se Gees ons gees opwek nie, sal ons siel verlore gaan. Die werklike mens is eintlik nie jou liggaam nie maar jou ontsterflike siel. As die Heilige Gees dan in ons woon word ons liggaam en ons siel die tempel van die Heilige Gees. Die Heilige Gees woon nie in alle mense nie, slegs in die mense wat die gees van God gehoorsaam. Die Heilige Gees praat wel met alle mense en wil graag in alle mense woon maar sal nie teen die wil van die mens woning in die mens maak nie.
Skrif: 1 Kor 12:12-31; 1 Thess. 5:23; 1Kor.6:19; Jak 2:14-26; Efe 2:19 1Kor 3:9-23
Week ses Gehoorsaamheid is die basis van my verhouding met God
Doel: Aan my gehoorsaamheid word my liefde vir God gemeet
Voorstelling: My gehoorsaamheid bepaal wie my lewe beheer. Hierdie stelling kan jy maar toets en jy sal vind dat dit die waarheid is. As jy gehoorsaam is aan die duiwel, dan volg jy hom sonder dat jy dit werklik besef. Dit is omdat Adam aan die duiwel gehoorsaam was dat die duiwel die wêreld beheer. Dit is waarom dood, siektes, onkruid, sonde en alles wat ons seermaak in die wêreld is.
Gehoorsaamheid aan God is nie ‘n straf nie. Gehoorsaamheid aan God is ‘n verhouding met God wat vir my as mens baie voordele het. Gehoorsaamheid aan God bou ‘n sterk verhouding op tussen my en God, sodat God my gebede verhoor, en sodat God elke oomblik van die dag by my is. In die donkerste nag in die grootste gevaar is Hy by my en dra Hy my. Gehoorsaamheid wat afgedwing word is ‘n las wat op mense rus, en jy wil graag daarvan verlos word. Maar gehoorsaamheid wat gebore word uit respek en bewondering is wonderlik en dit is nie ‘n las nie maar ‘n voorreg. Dit is die gehoorsaamheid wat ons verhouding met God bou, en ons lewe vry maak van die laste van die lewe.
Skrif: Rom.6; Hand.5:29; Hand 5:32; Hand. 6:7;
Week sewe Al gaan dit swaar is God nog altyd in beheer
Doel: God sal nooit sy kinders verlaat nie, hoewel hy ons geloof soms toets
Voorstelling: God het jou lief en omdat Hy jou liefhet en jy belangrik is vir Hom sal Hy jou nooit verlaat nie. Sy oë is dag en nag op jou gerig, en as jy roep is Hy daar om jou by te staan. Net soos jy dit wat vir jou baie beteken oppas en baie meer nog sal Hy jou beskerm.
Daar is tye wanneer dit lyk of God ons vergeet het. Dit is onwaar die Here het ons baie lief. Daar kom wel tye in alle mense se lewens wanneer Hy ons geloof toets. Hy wil net seker maak dat ons Hom sal aanroep en Hom sal vertrou as dinge verkeerd loop. Soos ‘n arend se klein kuikens uit die nes gooi om hulle te leer vlieg, en as hulle nie kan vlieg nie, vang hy hulle weer en plaas hulle terug in die nes, tot ‘n volgende keer. So hou hy aan totdat hulle kan vlieg. So maak die Here ook met ons.
Skrif: Jes 40:27-31; Jes 49: 14-16; Ps.23; Rom 8:28; 1 Kor.10:13