Graad nege Deel van God se werkspan
Die eerste kwartaal – Algemene Teologie
Week een: God bestaan uit drie afsonderlike Persone
Doel: Daar is mense en wat dit nie glo nie. Is dit nodig dat ons dit moet weet? Ja, dit is nodig, anders sal ons nooit werklik God verstaan nie.
Voorstelling : Dit is belangrik om te weet dat Die Vader, die Seun en die Heilige Gees drie afsonderlike persone is. Hoe is hulle dan een? Maklik lees in Matt 19 dan sal u vind dat in die huwelik die man en die vrou een is, hoewel hulle twee persone is. Net so is God drie persone maar in die Godheid is hulle een. Joh.17 wil Jesus hê dat ons ook een moet word deur ons geloof in Hom. Lees die onderstaande Skrifte dan sal u sien dat onse God drie afsonderlike persone is.
Dit is slegs liefde wat mense een maak. Dit ook liefde wat God die Vader en God die Seun(Jesus) en die Heilige Gees een maak. Net so kan ons een word met God deur ons liefde vir Hom. In die Ou Testament sien ons duidelik dat daar geskryf word van meer as een Persoon wanneer dit gaan oor God: Gen.1:26, Gen.3:22, Gen.11: 7 Gen.19:24, ens......
In die Nuwe Testament: Heb.1. 1Kor.11:3, Tit.1:4, 1Thess.3:11, Openb. 5:7, Joh.8:16-18 1Joh.5:7 ens……
Wys die kinders daarop dat dit belangrik is om te weet, omrede daar gelowe is wat dit nie glo nie, en hulle eie leerstelling daarstel om mense op die verkeerde weg te lei. Sien die volgende Skrifte. 2Joh.1:9, 1Joh.2:23, Joh.14:13, Joh.5:23
Week twee: Jesus was Die Here van die Leërskare in die Ou-Testament en Die Christus in die Nuwe-Testament
Doel: Daar is Kerke en mense wat leer dat Jesus nie God is nie, bv die nuwe-era en die Jehova getuie.
Voorstelling : Jesus is God. Lees mooi die onderstaande Skrifte en wys die kinders die belangrikheid daarvan dat Jesus God. Joh. 1:1-24 veral vers 1 en 14 wys duidelik dat die Woord wat Jesus is, God is en dat Hy die Skepper van alles wat bestaan is.
Dit is ‘n plan van die duiwel, om Jesus nie te erken as God nie. Want sonder Jesus kan gee mens gered word nie. As jy dan nie Jesus as God erken nie, is jy verlore, en kan jy nie hemel toe gaan nie! Ons kan slegs deur Jesus gered word omdat Jesus die Skepper van die mens is (Joh.1:1-14) en die verlosser van die mens is omdat Hy op Golgota vir ons sondes betaal het Ef.1:1-14 Die volgende Skrifte sal u ook help.
Skrif: Jes.44:6-8, Joh.1:1-3, 1Joh.5:10-12, 2Joh.1:7-9, Fil.2:5, 1Joh.4:1-6, Joh.14:6
Week drie: Die Heilige Gees verander ons sodat die Beeld van God in ons kan vorm.
Doel: Ons moet deur gehoorsaamheid aan die Heilige Gees groei na die beeld en gelykenis van God, terwyl ons in die wêreld is,
Voorstelling : Die mens het deur die sondeval sy skeppings doel verloor. Deur Jesus se dood aan die kruis is weer ‘n weg om deel van God te word. Ons is geskep na God se gelykenis en Sy beeld. Maar om van ‘n sondige mens verander te word na die beeld en gelykenis van God, moet ons deur die Heilige Gees verander word. Dit kan alleen gebeur as ons gehoorsaam is aan die Heilige Gees, sodat Hy sy werk in ons kan doen.
Net soos ‘n mens ‘n ou vervalle gebou herstel sodat dit weer sy vorige beeld kan terug kry, so moet ons weer herstel word na die Beeld en Gelykenis van God. Sonde is soos kanker wat die mens se lewe verwoes. Dit begin van binne en as dit sterk groei kan dit uiterlik waar geneem word. Jesus het gekom tot die redding van die mens en Hy het belowe om die Heilige Gees te stuur om ons te leer. Joh.14:1-31
Skrif 1Pet.1:1-2, Joh.16:7-14, Hand.1:1-8, 1Joh.3:1-24, Kol.3:1-10
Week vier: God se name in die oorspronklike taal van die Bybel Leer ons meer wie Hy werklik is !
Doel: As ons weet wie God werklik is, sal ons Hom met meer eer en ontsag dien en ons sal weet dat Hy in staat is om ons met al ons dinge te help.
Voorstelling : Dit is baie interessant om te weet dan dit die gewoonte was in die Ou-Testament om name te gee wat die persoon beskryf. Dit is hierdie name waardeur ons baie leer, wie God is. Die mens is maar geneig om in sy raamwerk dinge en mense te vergelyk om dit beter te verstaan. In werklikheid sal ons God nie kan beskryf met ons raamwerk van kennis nie. Maar as ons na die name van God kyk, en hul betekenis kry, kan ons ‘n idee kry wie God is. Die gedeeltes in die [ ] help om met die uitspraak van die woord. Maar in werklikheid is Hy selfs groter as die name waat ons aan Hom kan gee!
Kyk en bespreek die name met die kinders sodat hulle kan verstaan wie God is:
Elohim [el-lo-heem] bestaan uit twee woorde nl. El wat Magtig beteken
En Elohim wat Skeppers, regerings, en kragte beteken, en is in die meervoud vorm
Gen.1:1; Gen.1:27; Gen.2:4; Ps.91:2 Die woord Elohim kom 250 keer voor in die Bybel
Jehovah [je-no-va] beteken : Onveranderlik, altyd teenwoordig, in die teenswoordige tyd, self onderhoudend, bestaan uit Homself.
Deut.10:17; Jehova kom 6,823 keer in die Bybel voor.
El-Shaddai; Beteken: Almagtig Skrif: Gen.17:1-2
Jehovah-Jireh [yeer’-eh] Beteken: God sal voorsien : Gen:22:8
Jehovah-Rophe [ro-phay] Beteken: God genees Exodus 15:26
Jehovah-M’Kaddesh [m’-kad’-desh] God wat ons heilig Lev 20:8
Ens…………………
Week vyf: Bestaan engele werklik?
Doel: Engele is ‘n werklikheid, en hulle is kragtige wesens deur God gestuur om ons by te staan.
Voorstelling : Engele is dienende geeste wat uitgestuur word terwille vir die wat die saligheid sal beërwe. Hulle is nie klein dogtertjies met vlerkies nie. Maar hulle is magtige wesens wat daar is om ons te beskerm, en boodskappe vir ons te bring van God. Elke mens het ‘n bewaar engel! Ons moet net altyd onthou dat hulle niks kan doen as ons nie vir God om hulp vra nie. Elke mens het sy eie wil van God gekry. Daarom sal hulle nie uit hul self ons lewe regeer of beskerm nie, Ons moet dit vir God vra, wat die engele opdrag sal gee om ons te bewaak, of uit die nood te help. Daar is baie getuienisse van engele wat mense gehelp het. Lees die boek “Engele met ‘n sending”
Onderwysers hulp: Wanneer die woord “Engel” met ‘n hoofletter in die Bybel geskryf is, beteken dat dit nie ‘n gewone engel is nie maar God wat in die vorm van ‘n engel verskyn. Veral in die laaste tyd lees ons en hoor ons van baie getuienisse van engele, op die TV en van mense wat hulle ervaar het. Kyk maar na kanaal 125 op die skottel na “Miracles” Gebruik hierdie onderwerp en laat die kinders vertel wat hulle al gehoor en ervaar het van engele.
Skrif: Die naam engel in Hebr. “malak” Beteken Boodskapper:
Hulle is onsterflik en geslagloos; Luk.20:33 – 36
Die engele is onder Christus ingedeel; 1Pet.3:22
Hulle doen diens vir kinders van God; Heb.1:14
Daar is ‘n Aartsengel; Judas 9
Daar is Gerubs; Gen.3:24
Daar is Serafs; Jes 6
Week ses: Wie is die Duiwel?
Doel: Die Duiwel is geen vriend van die mens nie, sy hoof taak is om dit wat God gemaak het te verwoes en te verneder.
Voorstelling : Die Duiwel was ‘n god -`n hoof engel-in (deur God geskape) bevel van die hemelse musiek wat groot in homself geword het, en toe op die aarde neergewerp is. Hy wil hom voordoen as geweldig sterk, maar kinders van God het mag oor al die krag van die duiwel. Luk 10:19. Ons moet nie die duiwel vrees nie, want as ons hom vrees sal hy mag oor ons kry. Ons moet God vrees en die duiwel weerstaan. Dit is ook nie nodig om ‘n studie van die duiwel en demone te maak nie. Ons moet hom weerstaan en sy werke bind, want ons is in Jesus sterker as hy. Hoekom vrees, en hoekom moet ons meer van hom weet? Dit is nie nodig nie. Ons moet liewer meer van God weet en meer van Sy krag leer, sodat ons kan heers oor die werke van die duiwel.
Die duiwel is ‘n mense moordenaar – hy is verantwoordelik vir al die wreedheid in die wêreld- Ja alles wat mense seer maar of siek maak kom van die duiwel. Hy kan nie die waarheid praat nie, en verdraai die waarheid om mense in sy lokval te vang! Wys die kinders daarop dat baie mense verlei word na dwelms, seks en ongeregtigheid. As jy eers daaraan gehoor gegee het en jy kom in die moeilikheid, beskildig hy jou om jou te verneder. Die duiwel gebruik vriende, omstandighede. Die duiwel het geen respek vir niemand nie, hy kom voor as ‘n vriend om jou in sy mag te kry sodat hy jou lewe kan vernietig.
Skrif: Jes.14:1-23, Esg.28:12-19; Openb.20:10; Joh.10:10; Joh.8:44; Openb.12:7 – 9; Judas 1:9; 2Kor.11:14
Week sewe: Wat is die mens ?
Doel: Waarom is ons daar? En waaruit bestaan ons werklik ?
Voorstelling : Die mens bestaan uit drie dele, gees, siel en liggaam. As ons na ‘n eier kyk kan ons dit probeer met die mens vergelyk. ‘n Eier bestaan uit drie dele die eie geel, die wit en die dop. Net so bestaan die mens uit drie dele solank hy lewe. Die mens bestaan dus uit ‘n gees en ‘n siel wat in ‘n liggaam woon.
Onderwysers hulp: Om die mens te ontwikkel moet jy die volledige mense ontwikkel. Van kleintyd leer ons om te loop sodat ons, ons spiere kan ontwikkel. Dan word ons siel of innerlike mens ontwikkel deur te leer en deur aangemoedig te word sodat ons kan ontwikkel. Dit alles kan gedoen word met die hulp van ons ouers en onderwysers. Maar ons kan nie ons gees ontwikkel nie, dit moet opgewek word deur die Heilige Gees. Rom.8. As die hele mens gevorm word sodat hy nie net in hierdie leeftyd suksesvol wees nie maar ook in die ewigheid. Die gees van die mens is waar die Heilige Gees en die gewete van die mens woon; die siel is waar die emosies, intellek, gedagtes en wil van die mens woon; die liggaam is die uiterlike deel van die mens en word beinvloed deur die gees en die siel van die mens. Wanneer `n mens sterf gaan die liggaam van die mens dood en keer terug na stof, die siel van die mens is onsterflik en gaan by God inwoon as hy wedergebore is en as die siel nie wedergebore is nie gaan hy in die helse vuur verewig. Die gees van die mens gaan terug na God wat dit gegee het.
Pro 20:27 Die gees van die mens is ‘n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste.
Pro 20:27 The LORD gave us mind and conscience; we cannot hide from ourselves.
Pre. 12:7 en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.
Ecc 12:7 Our bodies will return to the dust of the earth, and the breath of life will go back to God, who gave it to us.
Esg 18:20 Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.
Eze 18:21 Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
Waarom is ons daar? Gen.1:26 Om soos God te heers. Gen.1:28-31
Ons moet God eerste stel in ons lewe: Matt. 22:34-40,
Die mens bestaan uit: 1Thess.5:23,
Die tweede kwartaal – Jesus se opdrag aan die Kerk
Week een: Wat verlang Jesus van My ?
Doel: Jesus het jou lief en Sy wil is dat jy hom moet lief hê
Voorstelling : Om lief te hê beteken om te gee. God die Vader het ons so lief gehad dat Hy die Skepper van die wêreld en die heelal gestuur het om te sterf sodat ons kan lewe. Maar liefde kan slegs volmaak word as dit van twee kante kom. Het julle al opgemerk dat “Pratley Putty” uit twee dele bestaan, en dit kan eers sy doel bereik as die twee gemeng word, As dit dan gemeng word word dit een en kan dit die doel bereik waarvoor die vervaardig nie. Net so is dit balangrik dat die mense se lewe deel moet word van God en gemeng moet word met liefde vir mekaar sodat ons die van ons lewens te bereik.
Jesus het jou baie lief, en gee werklik vir jou. Jesus was en is God Hy het alles geskappe wat bestaan, (Joh. 1:1-14) en Hy het soos ‘n mense geword (Fil. 2:1-12) en is deur mense gevangene geneem; Jesus wat geen sonde gedoen het nie het vir jou en my sondes betaal met Sy dood (1Pet.2:21-25). Dit is ook die Here se wil dat ons ‘n sukses van ons lewens sal maak. Daar is so baie dinge wat ons lewe beinvloed, as jy die Here toelaat in jou lewe sal Hy jou op die regte weg lei, ‘n weg van voorspoed, van geluk en sukses in hierie lewe sowel as in die ewigelewe.
Week Twee: Tempel van God
Doel: Waar is die tempel van God; waar woon God?
Voorstelling : Wat is ‘n tempel? Vra die kinders om ‘n tempel te beskryf soos hulle dit sien. Is dit vuil? Kyk dan wat staan in die Bybel van ‘n tempel en vergelyk die kinders se beskywing met die van die Bybel.
Omdat die Here nie meer op die aarde in ‘n tempel woon nie, woon Hy nou by ons. Ons is die tempel waarin Hy woon. Kan Hy in jou woon? Is jou lewe ;n tempel waarin God kan woon? Hoe lyk jou lewe? Dink jy God sal daarin woon?
Skrif: 2Kron.16-17, Matt.21:12-13, 1Kor.3:9-23
Week Drie: Heiligmaking
Doel: God is Heilig, daarom moet ons heilig leef
Voorstelling : Wat beteken die woord Heilig? Bespreek dit met die kinders, laat hulle ‘n definisie van “heilig” opstel.
Jesus is Heilig en Hy wil hê dat ons moet heilig lewe. Om heilig te lewe beteken dat ons Jesus moet toelaat om deur die Heilige Gees ons te verander soos Hy is. Vol liefde vir mekaar, nie met haat en weerwraak nie, nee, ons moet vergewe soos Hy vergewe, en mense help soos Hy hulle help. Ja, ons moet Jesus word vir ‘n verloregaande wêreld. Baie mense het helde, of mense wat hulle as ‘n rol model sien. Net so moet Jesus jou rol model wees, en jy moet word soos Hy is. Dit klink so moeilik en selfs onmoontlik om heilig te leef. Dit is nie so moeilik as wat mense dit maak nie, laat toe dat die Heilige Gees jou vorm en jy sal verbaas wees hoe jy verander.
Skrif: Gal.4:18-19, Heb.12:12-15, Joh 17
Week vier: Jesus se opdrag vir ons
Doel: Jesus se opdrag is om mense vir Sy koninkryk te wen.
Voorstelling : As jy iets ondek wat kosbaar is, iets wat jy hele lewe voor gesoek het en dit gevind het, iets wat ander mense ook gesoek het en nie kon vind nie. As jy in ‘n donker vertrek is wat aan die brand is, en daar is ander mense wat ook in gevaar is, en jy vind die uitgang; sal jy dit vir jouself hou en net seker maak dat jy veiligheid bereik, en die ander mense los dat hulle sterf?
Wanneer ons Jesus aangeneem het, het ons die ewige lewe gevind. Dat kom Jesus se opdrag na ons, dat ons ander mense wat ook verlore is die weg sal wys. Daar is twee maniere om dit te doen en dit is deur jou lewe so te leef dat hulle Jesus in jou lewe kan sien, en deur jou woorde, deur vir hulle te vertel van Jesus. Alle mense soek na vrede, liefde, geluk en sekuriteit en in die wêreld waarin ons leef is dit nie altyd maklik om te kry nie. Maar omdat God mense liefhet, sal Hy vir ons dit gee wat ons nodig het om te oorleef. As jy dit van God gevind het lei ander mense na Jesus. Onthou as jy ander na die Here lei groei jy geestelik en red jy jouself en ander.
Skrif: Matt.28:19, 1Tim.4:12-16, Jak. 5:19-20
Week vyf: Hoe om siele vir Jesus te wen
Doel: ‘n Mens wat vir die eerste keer visse gaan vang moet geleer word Net so moet ons toegerus word met kennis om vir God te werk.
Voorstelling : Hoe wen jy iemand vir Jesus ? Eerstens moet jy ‘n begeertes hê om siele vir Jesus te wen. Tweedens moet jy bekommerd wees oor mense wat verlore gaan. Om te begin moet jy eers tot die Here bid om jou ‘n siele wenner te maak. Gebed is baie belangrik voordat jy begin. Die krag en die sukses van persoonlike werk hang af van jou gebeds lewe. Jy kan ook nie vir ander preek as jou lewe nie reg is nie. Ondersoek jouself, en wy jou toe aan die Here. Daarna moet jy opleiding ondergaan om vir die Here te werk. Dit is heeltemal normaal om skaam te wees in die begin. Maar as jy ingebid is, en die salwing van die Heilige Gees in jou sal jy ‘n wonderlike seën vir jouself en anders wees. Dink aan Petrus.
Ons weet uit ‘n voorrige les dat dit God se opdrag is dat ons siele of mense vir God moet wen. Maar die vraag is hoe begin ‘n mens? Ons lees in die Bybel dat alle mense gesondig het, Rom.5:12-17 Net so het die redding gekom deur een mens. Jy kan jou maats vra waar hulle gaan as hulle sterf. Vertel hulle dat Jesus werklik in hulle belangstel en dat Hy hulle kan help met al hulle bekommernisse. Wys hulle hoe lief jy die Here het, en vertel hulle van die heerlike dienste, jeug en sondagskool waarvan jy baie hou. Nooi hulle uit om saam met jou te gaan.
Skrif: Joh. 1:35-52.
Die derde kwartaal– Ontdek jou bediening
Week een : Wat is doel en werk van die kerk.
Doel: Wie en wat is die Kerk
Voorstelling : Wie is die Kerk ? Die Kerk is nie die gebou nie, maar die mense in die Kerk. Dit is ook nie die ouderlings raad of pastoor nie maar is die gewillige mense wat die werk in die Kerk doen. In 1 Kor 12:12-31 leer ons dat die Kerk in werklikheid die Liggaam van Christus is. Die Kerk het jong mense nodig. Die ou mense het baie wysheid met die jare opgedoen wat baie belangrik is vir die Kerk. Die jong mense is nodig om nuwe idees en jong bloed in die liggaam te bring. Kom ons kyk na die taak van die Kerk:
Bespreek die verskillende bedieninge met die kinders. Begin deur vir hulle te wys dat hulle enkle deel van hulle liggaam nodig het, en dat indien hulle ‘n liggaams deel verloor hulle moeilik oor die weg kom, net so is al die verskillende bedieninge nodig vir die uitbreiding van die gemeente. Daar is gewoonlik baie take in die gemeente te min lede om die take uit tevoer.
Week twee : Watter bedieninge is daar ?
Doel: Daar is vir almal werk in die gemeente
Voorstelling : In die gemeente is daar verskillende bedienige. Dit is poste wat gevul moet word. As hierdie poste nie gevul word soos die Here dit daar gestel het nie, is die liggaam gebreklik. Kom ons gaan kyk wat die bedieninge is volgens die Bybel :
Bespreek die verskillende bedieninge met die kinders en wys hulle daarop dat God nie net die leraar of die pastoor geroep het om alles in die gemeete te doen nie.
Week drie : Watter departemente is daar in ons kerk ?
Doel: Ons kan nou al deel word van die Liggaam.
Voorstelling : Die gemeente is opgedeel in verskillende departemente. Die rede hiervoor is; sodat al die werk wat gedoen moet word opgedeel word. Moses het ook eers al die werk gedoen toe gee sy skoonvader hom die raad om die werk op te deel. Dan kan meer gedoen word, en daar kan gespesialiseer word. Kom ons kyk hoe ons gemeente opgedeel is:
Week vier : Wat is my bediening ?
Doel: Elke persoon het ‘n bediening waarvoor hy geroep is.
Voorstelling : Laat die leerlinge na elke vraag lees en daarteenoor die stelling nommer wat hulle vir hulself toereken teenoor die vraag naarskryf. U kan dit dan inneem en by die huis die bedieninge vas stel volgens die lys wat hierby ingesluit is.
Die Houts vraelys om Geestelike Bedieninge vas te stel
Dikwels = 3 Soms = 2 Min = 1 Nooit = 0
Hierdie vrae lys moet u by die huis uitwerk om vas te stel watter bediening die kinders het. Maak dat afsonderlike lys op vir elke kind wat die vyf bedieninge met die meeste punte aandui. Kyk na die vooebeeld hieronder.
OPSOMMING VAN VERWERPTE HOUTS-VRAELYS In die spasie hieronder, skryf die numeriese waardes van elkeen van die antwoorde onder die ooreenstemmende stelling soos op die vrae lys:
Dikwels = 3 Soms = 2 Min = 1 Nooit = 0
Tel die totaal van die syfers wat die kind teenoor die vrae hierbo geskryf het op,
en skryf dit in teenoor die vraag nommer in onder totaal.
Voorbeeld: indien die kind is Vraag 1 (2) geskryf het en in vraag 19 (0) geskryf het, en in vraag 37 (3) geskryf het, en in vraag 55 (1) geskryf het, en in vraag 55 (3) geskryf het. Tel i\u dit op die antwoord is dan 2+0+3+1+3+3=12
Skryf dit dan is in A onder totaal. Die hoogste getal van die syfers onder bediening sal dan die bediening van die kind weergee.
Waarde van antwoord Totaal Bediening
WERKSGROEP OEFENING
Week vyf : Die antwoorde van die bediening
Doel: Om die bedieninge uit te deel
Voorstelling : Deel die klas op in groepe van die verskillende bedienige. Maak dan seker by elke een saamstem oor die bediening wat deur die Houts vraelys bepaal is en wat hulle maats uit gewys het. Indien ‘n persoon nie saamstem of gemaklik voel by die groep waarby hy ingedeel is nie, deel hom in die groep waar hy voel hy hoort. Dit is net belangrik dat indien die persoon slegs na ‘n ander groep wil gaan omdat sy maatjie daar is. Dat u vir hom of haar sal uitwys dat maats ook verskillende bedieninge het. Hulle kan nog maats wees al is hulle nie in dieselfde groep nie, maar dit is belangrik vir hulle eie vordering in hulle geestelike lewe dat hulle by die groep aansluit wat dieselfde bediening het.
Laat die kinders met mekaar praat en getuig hoe hulle voel oor die bediening en waar die bediening al deur hulle gewerk het, al het hulle nie besef dat dit die roeping was wat hulle van God ontvang het nie.
Week ses: Waar pas ek in die gemeente
Doel: Kry ‘n aanstelling vir elkeen
Voorstelling : Deel die klas weer in die verskillende groepe. Bespreek dan met elke groep ‘n plan van aksie. Ek wil drie voorstelle aan die hand doen. Indien dit moontlik is
Die voltooing van die Houts vrae lys en die vasstelling van die bediening van elke kind sal nutteloos wees as u nie hulle oplei in hul bediening nie. Die opleiding sal ook geen nut hê as hulle dit nie kan toepas nie. Daarom wil ek voorstel dat u ‘n plan van aksie saamstel en met die hulp van u pastoor om mense in die gemeente te identifiseer met die selfde bediennig om die kinders te help om hulle roeping te ontwikkel. Indien daar nie so ‘n persoon vas gestel kan word nie moet u ‘n lesing saamstel om elke bediening afsonderlik op te lei. Indien u nie kan nie vra die jeugleier of pastoor om u te help.

- Verkondiging van die evangelie; 2 Tim 4:1-5
- Dissipels te maak; Matt 28:19
- Terug gevalle Christene terug te bring; Jak 5:19,20
- Mense te leer; Kol 3:16
- Siekes gesond te maak; Matt 10:8
- Mekaar se laste te dra; Gal 6:2
- Mense heiligmaking te leer; Ram 6:17-23
- Swakes te dra; Rom 15:1
- God se sake te bestuur; Hand 6:17-23
- Die Heilige Gees plek te gee; Joh 14:24-26
Bespreek die verskillende bedieninge met die kinders. Begin deur vir hulle te wys dat hulle enkle deel van hulle liggaam nodig het, en dat indien hulle ‘n liggaams deel verloor hulle moeilik oor die weg kom, net so is al die verskillende bedieninge nodig vir die uitbreiding van die gemeente. Daar is gewoonlik baie take in die gemeente te min lede om die take uit tevoer.
Week twee : Watter bedieninge is daar ?
Doel: Daar is vir almal werk in die gemeente
Voorstelling : In die gemeente is daar verskillende bedienige. Dit is poste wat gevul moet word. As hierdie poste nie gevul word soos die Here dit daar gestel het nie, is die liggaam gebreklik. Kom ons gaan kyk wat die bedieninge is volgens die Bybel :
- Rom. 12 a) Profeet b) Helpers en admin c) Lering d) Vermaning e) Uitdeel f) Barmhartigheid
- 1 Kor 12 Heilige Gees gawes a) Wysheid b) Kennis c) Geloof d) Gesondmaking e) Werkende Kragte ....... f) Profesie g) Onderskeiding h) Tale I) Uitleg van tale.
- Efe 4 a) Apostels b) Profete c) Evangeliste d) Herders e) Leraars
Bespreek die verskillende bedieninge met die kinders en wys hulle daarop dat God nie net die leraar of die pastoor geroep het om alles in die gemeete te doen nie.
Week drie : Watter departemente is daar in ons kerk ?
Doel: Ons kan nou al deel word van die Liggaam.
Voorstelling : Die gemeente is opgedeel in verskillende departemente. Die rede hiervoor is; sodat al die werk wat gedoen moet word opgedeel word. Moses het ook eers al die werk gedoen toe gee sy skoonvader hom die raad om die werk op te deel. Dan kan meer gedoen word, en daar kan gespesialiseer word. Kom ons kyk hoe ons gemeente opgedeel is:
- Die Herder a) Huisbesoek b) Hospitaal werk c) Welsyn werk
- Helpers a) Deurwagters b) Koster c) Onderhout
- Musiek a) Koortjies lei b) Items c) Voorsang d) Musiek speel e) Klank stel beheer
- Admin werk a) Maandblad b) Veldtogte adverteer c) Finansies
- Evangeliesasie a) Huis tot huis aksie c) Besoek nuwe mense ens
- Opleiding Sondagskool a) Klas onderrig d) Uitstappies reël ens
- Gebed span a) Voorbidding b) Bid vir versoeke ens
- Jeugwerk a) Reël dienste b) Reël kampe ens
Week vier : Wat is my bediening ?
Doel: Elke persoon het ‘n bediening waarvoor hy geroep is.
Voorstelling : Laat die leerlinge na elke vraag lees en daarteenoor die stelling nommer wat hulle vir hulself toereken teenoor die vraag naarskryf. U kan dit dan inneem en by die huis die bedieninge vas stel volgens die lys wat hierby ingesluit is.
Die Houts vraelys om Geestelike Bedieninge vas te stel
Dikwels = 3 Soms = 2 Min = 1 Nooit = 0
- Ek het die genot daaruit geput om die verantwoordelikheid van ‘n Christene te kon dra.
- Ek kon deur my woorde die wankelmoedige, mismoedige of bekommerde persoon help.
- Ek kon geestelike leiers bygestaan het sodat hulle vry kon wees om te doen waarvoor hulle werklik geroep is.
- Ek kon onderskei wanneer ek belangrike verantwoordelikhede kon delegeer en aan wie en dit kon delegeer.
- Ek het die begeerte om met fisiese of geestelike gestremdes te werk om hul lyding te versag
- Ek voel ek kan lering gee om Bybelse waarhede te verduidelik
- Ek begeer pm my geldsake so te bestuur dat ek oorvloedig aan die werk van die Here te gee
- Ek het Bybel waarhede op so ‘n manier verkondig dat die tradisionele godsdienstige aangespreek was
- Ek kan op ‘n gasvrye wyse voedsel en verblyf aan behoeftiges voorsien
- Ek het in die geloof mense gelei om Christus as Saligmaker aan te neem
- Ek ervaar ‘n mate van gesag in my verhouding jeens ander christene.
- In die Naam van Jesus Christus is ek deur Hom gebruik om bonatuurlike veranderings in sekere omstandighede toe Sy eer te bewerkstellig
- Ek kan gebeds behoeftes identifiseer nog voordat ander mense daarvan bewus is
- Ek kan maklik in ‘n vreemde kultuur aanpas
- Ek hou daarvan om mense te oorreed om Bybelse doelwitte te bereik.
- Die Here het my gebruik om in Sy naam siekes te genees
- Ek geniet dit om klein takies in en om die kerk te verrig
- Ek kan op God vertrou om Sy beloftes na te kom ongeag alle omstandighede
- Ek geniet dit om vir lang tydperke in die wel en weë van dieselfde groep mense te deel
- Ek voel ek kan ‘n instrument wees om geestelike passiewe te aktiveer en om hardkoppiges te lei tot geestelike waarhede
- Ek het bewus geword van die behoefte om ander by te staan sodat hulle meer doeltreffend in hulle bediening kan funksioneer
- Ek kan voorstelle, mense, hulpbronne en tyd organiseer tot ‘n effektiewe bediening.
- Ek het buitengewone empatie vir mense met fisiese en geestelike behoeftes
- Ek voel ek kan duidelike lering oor die Nuwe-Testamentiese siening van die bedienige van die liggaam van Christus gee
- Ek gee geld en ander besittings blymoedig aan die werk van God
- Die Here openbaar toekomstige gebeure aan my
- Ek ontvang en bedien gaste gulhartig tuis sonder dat dit inbreuk op my gesinslewe maak
- Ek het al met soveel blydskap getuig hoe ek by Jesus uitgekom het dat ongelowiges daardeur bereik is
- Ek voel ek kan in vreemde gebiede die evangelie gaan verkondig sodat nuwe groepe van gelowiges gestig kan word
- Ek het al in die Naam van Jesus duiwels uitgedryf
- Gebeds versoeke is vir my ‘n groter saak van erns as vir ander
- Ek voel ek sal maklik ‘n vreemde taal kan aanleer om ‘n ander kultuur te bedien
- Ek weet wat ek graag wil bereik en het al ervaar dat ander Christene my volg.
- Ek het al emosioneel siek mense in die Naam van Jesus genees
- Ek neem graag verantwoordelikheid vir los werkies in en om die kerk
- Ek het van God buitengewone bevestiging ontvang dat Hy die onmoontlike sal doen om ‘n spesiale taak te vervul.
- Ek is geneig om mense wat ek bedien intiem te leer ken en hulle vir my
- Ek het ander bemoedig om ‘n Bybelse oplossing vir hul lyding of probleme te probeer soek
- Ek het dit geniet om roetine werkies te verrig wat ander in staat gestel het om hulle bedieninge beter te kon doen.
- Ek het al doeltreffende planne om die doelwitte van ‘n groep te bereik beraam
- Ek hou daarvan om hospitale te besoek en ook om bejaardes tot hulp te wees
- Ek bestee baie tyd aan die bestudering van nuwe Bybel waarhede om aan ander oor te dra
- Ek word diep geraak wanneer ‘n beroep gedoen word om geldelike bydrae vir die werk van die Here
- Ek het al dringende en tydige boodskappe, wat ek glo van God gekom het, aan ander oorgedra.
- Ek weet hoe om vreemdelinge tuis te laat voel
- Toe ek by geleentheid verduidelik het Jesus is die Verlosser het ek positiewe resultate by die hoorders bemerk
- Ander Christene is gewillig om my opdragte te volg sonder om baie vrae te vra
- Deur God se ingryping het Hy al onmoontlike dinge in my lewe bewerkstellig.
- Gebed is een van my aangenaamste geestelike dissiplines
- Ek kan goed met Christene van ‘n ander ras, kultuur of taal verkeer.
- Ek sal daarvan hou om ander aan te moedig om in God se werk betrokke te raak
- Ek het in die Naam van Jesus al diegene wat geestelik siek is gehelp.
- Ek is tevrede om roetine take vir die kerk tot eer van die Here te doen.
- Ek kan op God se teenwoordigheid en krag vir die onmoontlike vertrou
- Ek het Christene wat in nood verkeer bygestaan deur ‘n gepaste Skrif aan hulle te gee en saam met hulle gebid.
- Ek het ‘n behoefte om verdruktes, verslaafdes of skuld belaaides te bedien.
- Ek is gelukkig wanneer ander die eer kry vir iets wat ek gedoen het.
- Ek kan aan mense rigting gee en besluite laat neem, sonder om hulle te oorreed om te dink wat ek dink
- Ek sal daarvan hou om mense wat nêrens kan kom nie, vir ‘n rit te neem, of selfs andersins prakties te help.
- Ek voel ek kan Bybelse waarhede aan ander Christene oordra sodat dit ‘n verandering in hulle kennis, houding, waardes en gedrag tot gevolg sal hê.
- Ek is oortuig daarvan God sal in al my behoeftes voorsien sodat ek voortdurend opofferend vir Sy wek sal bydra.
- Ek begeer om boodskappe van bemoediging, opbouing of vermaning direk van die Here aan ander oor te dra.
- Ek het ‘n opregte gevoel van gasvryheid jeens gaste wat by my aan huis kom.
- Ek het die begeerte om boodskappe wat primêr met die evangelie van verlossing te doen het. Aan ander te bring.
- Ek begeer om deur ‘n kerk gestuur te word om nuwe gemeenste te stig
- Ek was ‘n instrument in die hand van God vir bonatuurlike veranderinge in die lewens en omstandighede van mense
- God beantwoord my gebede op tasbare en merkwaardige wyses
- Ek sal daarvan hou om in ‘n vreemde land te gaan woon
- Ek het mense beinvloed om ‘n taak te verrig of om ‘n Bybelse doel te bereik.
- Ek het vir ander gebid en hulle is genees
- Ek kan identifiseer wat in en om die kerk gedoen moet word en help graag om dit af te handel
- Ondanks ander se twyfel oor die groei van God se werk was ek daarvan oortuig dat ek Sy wil ken
- Ek voel ek sal afgedwaaldes kan terugbring na die gemeenskap van die gelowiges
- Ek het Christene in hulle probleme en lyding op so ‘n wyse bygestaan dat hulle daardeur gehelp of genees is.
- Ek sal daarvan hou om ‘n Bybelklas onderwyser se assistent te wees.
- Ek het daarvan gehou om verantwoordelikhede vir die sukses van ‘n groep of organisasie op my te neem.
- Ek sal daarvan hou om met eensame, verstote mense of gevangenes te gesels om hulle op te beur.
- Ek was in staat om ander Christene te leer om meer gehoorsame dissipels van Jesus te wees.
- Ek is gewillig om ‘n laer lewenstandaard te handhaaf sodat God se werk finansieel bevorder kan word.
- Ek het boodskappe van waarskuwing, oordeel of leiding soos van die Here ontvang, aan ander oorgedra.
- Ek het al begeer om my huis beskikbaar te stel aan diegene wat vir die Here werk.
- Dit is vir my ‘n las om ongelowiges na Jesus te lei.
- Ek het ‘n opdrag van Christus ontvang om Godgegewe gesag oor gelowiges en ongelowiges uit te oefen.
- Ek was in staat om in die Naam van Jesus blindes te laat sien.
- Ek het ‘n behoefte om vir geestelike werkers te bid omdat ek besef hulle doeltreffendheid hang daarvan af.
- Ek het meer as ander ‘n begeerte om mense in ander lande na Jesus te lei.
- Ander volg my omdat die kennis waaroor ek beskik ‘n bydrae to die opbouing van die kerk lewer.
- Mense het deur my gebede al bonatuurlike genesing ontvang
- Ek reageer blymoedig wanneer ek genader word om die minder belangrike takies te verrig.
- Wanneer alles hopeloos lyk, kan ek op God vertrou.
Hierdie vrae lys moet u by die huis uitwerk om vas te stel watter bediening die kinders het. Maak dat afsonderlike lys op vir elke kind wat die vyf bedieninge met die meeste punte aandui. Kyk na die vooebeeld hieronder.
OPSOMMING VAN VERWERPTE HOUTS-VRAELYS In die spasie hieronder, skryf die numeriese waardes van elkeen van die antwoorde onder die ooreenstemmende stelling soos op die vrae lys:
Dikwels = 3 Soms = 2 Min = 1 Nooit = 0
Tel die totaal van die syfers wat die kind teenoor die vrae hierbo geskryf het op,
en skryf dit in teenoor die vraag nommer in onder totaal.
Voorbeeld: indien die kind is Vraag 1 (2) geskryf het en in vraag 19 (0) geskryf het, en in vraag 37 (3) geskryf het, en in vraag 55 (1) geskryf het, en in vraag 55 (3) geskryf het. Tel i\u dit op die antwoord is dan 2+0+3+1+3+3=12
Skryf dit dan is in A onder totaal. Die hoogste getal van die syfers onder bediening sal dan die bediening van die kind weergee.
Waarde van antwoord Totaal Bediening
- Vraag 1 ( ) Vraag 19 ( ) Vraag 37 ( ) Vraag 55 ( ) Vraag 73 ( ) T ( )Pastoraal / Herder
- Vraag 2 ( ) Vraag 20 ( ) Vraag 38 ( ) Vraag 56 ( ) Vraag 74 ( ) T ( )Vermaning / Aanmoedig
- Vraag 3 ( ) Vraag 21 ( ) Vraag 39 ( ) Vraag 57 ( ) Vraag 75 ( ) T ( )Helper
- Vraag 4 ( ) Vraag 22 ( ) Vraag 40 ( ) Vraag 58 ( ) Vraag 76 ( ) T ( )Administrasie / Regeringe
- Vraag 5 ( ) Vraag 23 ( ) Vraag 41 ( ) Vraag 59 ( ) Vraag 77 ( ) T ( )Barmhartigheid
- Vraag 6 ( ) Vraag 24 ( ) Vraag 42 ( ) Vraag 60 ( ) Vraag 78 ( ) T ( )Lering
- Vraag 7 ( ) Vraag 25 ( ) Vraag 43 ( ) Vraag 61 ( ) Vraag 79 ( ) T ( )Uitdeel
- Vraag 8 ( ) Vraag 26 ( ) Vraag 44 ( ) Vraag 62 ( ) Vraag 80 ( ) T ( )Profeet
- Vraag 9 ( ) Vraag 27( ) Vraag 45 ( ) Vraag 63 ( ) Vraag 81 ( ) T ( )Gasvryheid
- Vraag 10( ) Vraag 28 ( ) Vraag 46 ( )Vraag 64 ( )Vraag 82 ( ) T ( )Evangelisasie
- Vraag 11( ) Vraag 29 ( ) Vraag 47 ( )Vraag 65 ( ) Vraag 83 ( ) T ( )Apostel
- Vraag 12( ) Vraag 30 ( ) Vraag 48 ( )Vraag 66 ( )Vraag 84 ( ) T ( )Wonderwerke
- Vraag 13( ) Vraag 31 ( ) Vraag 49 ( )Vraag 67 ( )Vraag 85 ( ) T ( )Voorbidding
- Vraag 14( ) Vraag 32 ( ) Vraag 50 ( )Vraag 68 ( )Vraag 86 ( ) T ( )Sendeling
- Vraag 15( ) Vraag 33 ( ) Vraag 51 ( ) Vraag 69 ( )Vraag 87 ( ) T ( )Leierskap
- Vraag 16( ) Vraag 34 ( ) Vraag 52 ( ) Vraag 70 ( )Vraag 88 ( ) T ( )Genesing
- Vraag 17( ) Vraag 35 ( ) Vraag 53 ( ) Vraag 71 ( )Vraag 89 ( ) T ( )Diensbarheid
- Vraag 18( ) Vraag 36 ( ) Vraag 54 ( ) Vraag 72 ( )Vraag 90 ( ) T ( )Geloof
WERKSGROEP OEFENING
- Verdeel die klas in groepe van vier of vyf. Probeer om mense saam te groepeer wat mekaar ken.
- Neem die lys wat u saamgestel het met die kinders se bedieninge op.
- Laat die kinders die bedieninge met mekaar bespreek, en laat hulle vir mekaar uitwys wat volgens hulle kennis van mekaar die bediening is wat hulle sal toeken aan hulle maats.
- Skryf dan die drie bedieninge wat die meeste in getal is neer, en handig in.
Week vyf : Die antwoorde van die bediening
Doel: Om die bedieninge uit te deel
Voorstelling : Deel die klas op in groepe van die verskillende bedienige. Maak dan seker by elke een saamstem oor die bediening wat deur die Houts vraelys bepaal is en wat hulle maats uit gewys het. Indien ‘n persoon nie saamstem of gemaklik voel by die groep waarby hy ingedeel is nie, deel hom in die groep waar hy voel hy hoort. Dit is net belangrik dat indien die persoon slegs na ‘n ander groep wil gaan omdat sy maatjie daar is. Dat u vir hom of haar sal uitwys dat maats ook verskillende bedieninge het. Hulle kan nog maats wees al is hulle nie in dieselfde groep nie, maar dit is belangrik vir hulle eie vordering in hulle geestelike lewe dat hulle by die groep aansluit wat dieselfde bediening het.
Laat die kinders met mekaar praat en getuig hoe hulle voel oor die bediening en waar die bediening al deur hulle gewerk het, al het hulle nie besef dat dit die roeping was wat hulle van God ontvang het nie.
Week ses: Waar pas ek in die gemeente
Doel: Kry ‘n aanstelling vir elkeen
Voorstelling : Deel die klas weer in die verskillende groepe. Bespreek dan met elke groep ‘n plan van aksie. Ek wil drie voorstelle aan die hand doen. Indien dit moontlik is
- Deel hulle by die gemeente se Dep. In.
- Deel hulle in soortgelyke groepe by die Jeug in
- Stig die dep. in die Sondagskool en deel hulle daarin.