Graad ses God se nuwe volk
Die eerste kwartaal – Die eerste Kerk
Week een. Die Kerk begin met die uitstorting van die Heilige Gees
Doel: Die nuwe Kerk se Hoofleier moet altyd die Heilige Gees wees.
Voorstelling : Daar is baie kerke reg oor ons land en ook reg oor die wêreld. Daar is net een God, en om die kerke in die regte geloof in te stel, moet daar ‘n Persoon wees wat die eenheid tussen kerke kan bewerkstellig. Daardie Persoon is die Heilige Gees. Van die kerke of gelowe wat nie deur die Heilige Gees bestuur word nie, is nie deel van God se kerk nie. Net soos ‘n groot firma deur ‘n hoofkantoor werk met ‘n hoof bestuurder so moet die kerk ook bestuur word deur God die Heilige Gees wat Hoof is van al die kerke wat die Here opreg dien. Maak gebruik van ‘n groot firma of organigram om vir die kinders te wys dat elkeen in ‘n groot firma nie kan doen wat hulle wil nie maar dat hulle moet rekenskap gee aan die hoofde van die firma waar hulle werksaam is.
Voordat Jesus opgeneem is in die Hemel het Hy beloof dat Hy ons ‘n ander trooster sal stuur. Trooster die (Griekse woord Parakletos) in die oorspronklike vertaling beteken “‘n Geroepene langs ons.” Die nuwe Kerk is afhanklik van die Heilige Gees vir leiding, vir krag, vir lering en vir groei. ‘n Kerk sonder die Heilige Gees is ‘n menslike beweging sonder God en sonder lewe.
Skrif: Joh. 14:16-26 ; Hand. 2 ; 1 Joh. 2:27 ; Rom. 8
Week twee. Die Heilige Gees se beweging moet ‘n kenmerk wees van die kerk
Doel: Die doel van die Kerk is om die werk wat Jesus begin het voort te sit.
Voorstelling: God se werk moet aangaan, en God se werk is om mense los te maak van die mag van Satan en dit is:
Jesus se werke het begin nadat hy gedoop is met Gees. Die Heilge Gees is God wat ons leer en help; Dit gawes van die Heilige Gees asook die vrugte van die gees is die gereedskap wat ons kan gebruik.
Skrif: Joh. 10:7,8 ; Hand. 3 ; Joh. 3:13 ; Hand. 12
Week Drie. Die wêreld aanvaar nie die Nuwe Kerk nie.
Doel: Daar sal altyd teenkanting wees, Wat ‘n teken is dat ons teen die werke van die Duiwel werk en dat ons op de regte weg is.
Voorstelling: Hierdie wêreld waarin ons leef, is nog onder die mag van die Duiwel en sy bose magte. As ons Jesus aanneem word ons soldate van Jesus wat teen die bose veg. Daarom sal daar altyd ‘n geveg wees. Jesus het die Duiwel verslaan op Golgota, en met die Heilige Gees aan ons kant is ons sterker as die bose en kan ons hulle verslaan. Wys die kinders dat as ons ‘n oorlog is en in die land van ons vyand is sal die vyand ons van alle kante aanval, maar ons wapens en die Krag wat ons van die Heilige Gees kry is baie sterker as die van ons vyande.
As ‘n mens die Apostels se lewe in Handelinge nagaan sal jy vind dat hulle ook baie teenstand gekry het. Dit wil altyd voorkom asof die mense wat God opreg dien verloor en dat die mense van die wêreld vooruitgaan. Onthou altyd ons geveg is geestelik en ons vyand is bose geeste. So is ons wapens dat ook geestelik, daarom lyk dit op die oogaf dat ons verloor, maar ons is oorwinnaars in die geestes wêreld. Die Apostels het voluit gehou, en so moet ons aanhou totdat Jesus kom, dan sal ons beloon word.
Skrif: Hand. 4 ; Hand. 12 ; 1 Joh. 3:13, Efe.6:12
Week vier. Leuens bring die dood voor
Doel: God weet alles en ons kan nie vir Hom lieg nie.
Voorstelling. Hoekom vertel ‘n mens leuens? Om hom uit die moeilikheid te kry, om ‘n indruk te maak by jou maats, Om jou ware gevoelens weg te steek. Daar is miskien nog baie ander redes waarom ‘n mens leuens vertel, maar al die leuens is nie tot jou voordeel nie, al wil dit so voorkom. As jy uitgevind word sal mense hulle vertroue in jou verloor, of jy sal soos ‘n lafaard voorkom. Dit maak ook ‘n deur oop vir die duiwel om jou lewe nog meer moeilik te maak.
God weet alles, Hy hoor wat ons sê en doen, selfs ons gedagtes hoor Hy. In God is daar nie leuens nie, leuns kom van Satan wat die vader van leuns is. As ons dat leuens vertel praat ons die taal van die duiwel. Die duiwel is ‘n mensemoordenaar en as ek gebruik maak van sy leuntaal sal hy ‘n aanklag teen my hê, en ‘n vatplek in my lewe sodat hy my lewe kan verwoes. Leuens hou nie stand nie, die waarheid sal altyd uitkom en dan is die gevolge van die leuens baie erger. Dit is nie altyd maklik om te erken nie, maar jou eerlikheid bou verhoudings met jou ouers, vriende en met die Here.
Skrif: Hand. 4: 32 ; Hand. 5 ; 1 Kor. 2:10 ; Jes. 11:2 Joh 8:44
Week Vyf: Stefanus die eerste martelaar
Doel: Die wandel saam met Jesus kos ‘n prys.
Voorstelling: Jesus het met Sy lewe vir ons betaal omdat die mense van die wêreld nie in Hom geglo het nie. Ons sal ook eenkant toe gestoot word as ons Jesus opreg dien. Hulle sal ons ook spot, en nie met ons vriende wees nie. Die mense wat die Here nie dien nie word deur die duiwel gebruik en die duiwel sal alles probeer om ons deel van sy volglinge te maak. Maar julle moet besef dat die duiwel en almal wat hom gehoorsaam in die hel se vuur gaan brand. As ons vir Jesus lewe, verander die Heilige Gees ons om te word soos Jesus, en dit kan die mense wat nie die Here dien nie aanvaar nie. Moenie terwille van vriende God verlaat nie, want die beste vriend ooit is Jesus!
In die wêreld sal ons altyd verdruk word, omdat ons wat Jesus aangeneem het nie deel is van die wêreld nie. Die tydperk van die bestaan van alles wat op aarde is besig om uit te loop. Maar vir die mense wat God opreg dien wag daar ‘n nuwe lewe waar die dood en en moeite nie meer sal heers nie. Stefanus het die woord van die Here uitgedra sonder vrees, want sy liefde vir God was grooter as sy vrees. Daarom het hy die hemel geopen gesien en die heerlikheid van God aanskou voordat hy gesterf het. Net soos Stefanus moet ons God meer lief hê as dit wat die wêreld ons aanbied. Hier moet ons almal eendag sterf, daar waar Stefanus nou is sal hy verewig lewe en erken word as ‘n held van God!
Skrif: Hand. 6:8-15 ; Hand. 7 ; Heb. 11
Week Ses: Simon die towenaar
Doel: God se gawes is bonatuurlik en wonderlik
Voorstelling: Dit is waarom so baie mense God se krag bewonder. Siekes word genees, kreupel mense loop, Mense wat eers baie sleg was word verander in wonderlike mense. Sielkundiges en Dokter kan nie doen wat God se krag kan regkry nie. Daarom wil mense graag ook die krag hê sodat ander mense kan sien hoe wonderlik hulle is. As dit jou rede is om ander te beindruk met God se krag, sal jy dit nooit ontvang nie. Daarom het Simon geld aangebied maar Petrus het hom tee gegaan. God gee nie Sy geestelike krag vir ‘n mens om die mens te verhoog nie, God se krag is alleenlik daar om God self te verhoog.
Die Heilige Gees is God en is nie net ‘n krag nie. Indien jy God opreg dien en doen wat Hy jou vra in Sy woord, en deur die Heilige Gees wat in jou binneste is, sal God jou nader aan Hom trek en sal Hy jou gebruik om vir Hom te werk. Ons kan nie God gebruik om vir ons te werk nie! Die Heilige Gees is Heilig wat beteken dat Hy volmaak is, Hy is ‘n verterende vuur! Ons in sondaars gered uit genade, ons verdien die helse vuur, maar God het deur Jesus vir ons ‘n nuwe lewe gegee. Ons moet altyd onthou dat God grooter as ons is, en dat ons nie mag speel met die genade van die Here nie. Hy is God en ons is Sy diensknegte.
Skrif: Hand. 8:1-22 ; Esg. 8:1-3
Week sewe: Saulus op die Damaskus pad
Doel: God verander die vyand van die evangelie na ‘n Apostel van die evangelie.
Voorstelling: God kyk nie soos ‘n mens na ‘n mens kyk nie. God se denke is hoër as ons, en sy planne beter as ons planne. Ons sou Saulus wou dood maak omdat hy so baie christene vervolg en self die dood van christene goed gekeur het. Maar God het die potensioaal in Saulus raak gesien, en die Here het dieselde ywer gebruik wat Saulus gemotifeer het om die christene aan te val, om die kerk van God te bou veral tussen die nie-Joodse nasies. Net so oordeel ons maklik ons maats en groot mense, en besef nie dat God hulle ook kan verander nie. Miskien word jy verhinder om God te dien deur jou eie huis mense, of miskien is daar maats wat met jou spot en jy verag hulle. Onthou dit is beter om hulle vir die Here te wen as om hulle aan te val. Bid vir hulle en wys hulle dat jy vir hulle omgee al beledig hulle jou. God sal jou help om hulle vir Jesus te wen.
Saulus word Paulus die Here verander die naam omdat Paulus nou nie meer Saulus is nie. Die naam Saulus beteken: “aangevra” Paulus beteken: “Klein” Saulus was ‘n slim man en het sy opleiding as Fariseër, wat ‘n geleerde in die kerklike wette was. Met sy agtergrond en kennis was hy die regte man om die slim geleerdes van daardie tyd tereg te wys. Soms word ons groot in sekere omstandighede met ‘n doel, sodat God ons eendag kan gebruik om mense wat ook ervaar het wat ons ervaar het, te kan verstaan sodat ons hulle kan help om by Jesus uit te kom.
Skrif: Hand. 9 ; Hand. 22
Week agt: Die hoofman Corneluis
Doel: Die evangelie is vir alle mense.
Voorstelling: Baie mense dink soos die Jode gedink het, en dit is dat die evangelie slegs vir sekere groep mense is. Dit is nie waar nie God het vir alle nasies, volke en tale gesterf sodat almal in Hom een kan word. So maklik oordeel ons mense na hulle vel kleur, of hulle herkoms, maar alle mense het dieselfde behoeftes. Almal lyk nie dieselfde nie, maar alle mense se innerlike is dieselfde, met die dieselfde gevoelens en dieselfde emosies soos ons. As ons hulle eers van naby leer ken sal ons agter kom dat hulle maar soos ons is, al verskil hulle kultuur en hulle voorkoms.
Corneluis was ‘n Italiaaner en het gewerk vir die Romeinse regering. Sy doel was om die vrede te bewaar en die staat te verteenwoordig. Hy was ‘n baie goeie man en het vir die arm Joode gesorg. Daarom het die Joode groot respek vir hom gehad. Hoewel hy nie ‘n Jood was nie het hy die Here opreg gedien. As u die verhaal lees sal u opmerk dat Petrus baie ongemaklik gevoel het om in die huis van Corneluis in te gaan, omdat die Joode nie met die heidense nasie gemeng het nie. Maar toe Cornelius gedoop is met die Heilige Gees het die Petrus en die mense wat saam met hom gegaan het hulle as broers aanvaar.
Skrif: Hand. 10 ; Openb. 5:9
Week nege Die evangelie verkondig in Antiochie
Doel: Niks kan die verspreiding van die evangelie verhinder nie.
Voorstelling: Die evangelie is soos ‘n veldbrand, wat vinnig versprei as dit aangedryf word deur ‘n sterk wind. Die evangelie word versprei met die sterk wind van die Heilige Gees, en geen krag op aarde kan dit keer nie. Het julle al gesien wat gebeur as die wind van die brandende gras en houtjies wegwaai, en waar hulle land steek hulle die omgewing aan die brand, net so gebeur die met die evangelie.
Die oorwerhede en selfs die kerke het probeer om mense af te skrik met die dood van Stefanus om nie meer die Here te dien nie. Maar net die teenoorgestelde het gebreur. Die mense het weg gevlug na ander dele van die land en waar hulle ook al gekom het, het hulle die evangelie verkondig. Net so is daar vandag vervolging van christene in baie lande, maar dit verhinder nie die verkondiging van die Woord van die Here nie. Geen land en geen heerser kan die evangelie verhinder nie. Mense gee hulle lewe vir die Here, want hulle weet dat as hulle sterf hulle gaan hulle na Jesus. Hulle het Jesus so lief dat hulle bereid is om te sterf vir Hom. Het jy ook die Here so lief?
Skrif: Hand 8:1-4 Hand. 11:19-20, Heb 11
Die tweede kwartaal – Ons Kerk vandag
Week een: Die PPK se geloof belydenis
Doel: Ons moet weet wat ons glo, en wat die kerk waarvan ons deel is glo.
Ons is protestante gered uit genade deur die versoeningsbloed van Christus Jesus. Ons glo in die hele Bybel as die geinspireerde woord van God. Ons glo in die drie-enige God, die Vader, Seun en die Heilige Gees. Ons glo in waaragtige bekering, in die wedergeboorte deur water en Gees. Ons glo in die Heilige Sakramente soos deur Jesus ingestel is, naamlik die doop en die Heilige Nagmaal. Ons glo dat die doop geskied na die bekering en deur onderdompeling. Ons glo aan heiligmaking. Ons glo aan die doping met die Heilige Gees met spreek in vreemde tale. Ons glo in die wederkoms van Christus Jesus. Ons glo aan ‘n ewige hemel en ‘n ewige hel. Ons glo aan al die gawes en werking van die Heilige Gees. Ons glo aan die egte Pinkster in sy volheid en in sy krag. Ons glo aan ware goddelike genesing.
Gee vir elke kind ‘n afdruk van die PPK se beleid en laat hulle dit leer.
As iemand jou vra wat glo jy moet jy hulle kan antwoord. Die is ook baie belangrik om nie net die geloofbeleidenis te leer ken soos pappegaai nie, maar jy moet kyk om jy daarmee saamstem. As daar onsekeheid is of as jy nie saamstek nie, moet jy uitvind of dit waar is, deur dit op te soek in die Bybel, en as dit nie in die Bybel bewys kan word nie, is dit nie die waarheid nie. Bespreek die beleidenis met die kinders en wys hulle in die Bybel dat dit reg is.
Skrif: Joh.1:1-3, 1Joh 5:6-8 Joh.3:16-17, Matt. 3, Rom.6 Hand 2:38-49, 1 Kor. 12, Heb.12: 12:14 Openb. 21 &22
Week twee: Die Sakrament van die nagmaal
Doel: Om die nagmaal te gebruik herdenk ons Jesus se dood aan die kruis.
Voorstelling: Die nagmaal is belangrik dat dit deur alle mense gebruik word, wat Jesus aangeneem het as hul Verlosser. Die mense wat Jesus nie aangeneem het as hulle Verlosser nie, kan nie gebruik maak van die nagmaal nie, omdat die bloed wat Jesus gestort het, nie vir hulle is nie. Mense kan nie herdenk wat hulle nie het nie. Dit is gevaarlik om die nagmaal te gebruik as jy nie deel is van Jesus se kinders nie. Ek lees nie in die Bybel dat daar ‘n ouderdom beperking is nie maar wel dat dit mense wat gebruik maak van die nagmaal Jesus se dood aan die kruis moet onderskei. Jesus sê dat die brood Sy Liggaam is en die Bloed Sy bloed is wat vir ons gestort is. Dit is net reg as Jy die Liggaam van Jesus eet en Sy bloed drink en dit in jou liggaam inneem dat jy erken dat Jesus vir jou gesterf het en dat jy Hom aangeneem het. Indien ons op ‘n onwaardige wyse gebruik maak van die nagmaal drink en eet ons ‘n oordeel oor onsself. Indien ons wat Jesus aangeneem het nie die nagmaal as belangrik beskou nie, het ons nie die ewige lewe nie.
Net soos die Joode die paasfees gevier het om hulle uittog uit Egipte te herdenk; waar hulle slawe was. So moet die nagmaal vir ons ‘n fees wees om Jesus se dood aan die kruis te vier. Hy het ons verlos van sonde, en van die ewige Hel. As ons aan die tafel sit om die nagmaak te gebruik, moet ons God dank vir Sy liefde en genade wat ons in Jesus gevind het.
Skrif: 1 Kor. 11:17-34 ; Joh. 6:34-59, Heb 10:29, Ex 34
Week drie: Lof Prysing
Doel: Lofprysing bring ons in die teenwoordigheid van God
Voorstelling: Om die Here te loof gaan gepaard met sang, handeklap, dans, lag, en net om met dankbaarheid die Here met ‘n harde stem te verheerlik. Kyk maar hoe loof die mense hulle sporthelde. Om God te loof is baie belangrik vir jou eie geestelike opweking.
God gee daagliks so baie vir ons, dit is net reg dat ons, ons dankbaarheid aan Hom teruggee. Lofprysing kan God nie verhoog nie, maar dit bring ons in Sy teenwoordigheid. Dit is net baie belangrik dat wanneer ons die Here loof moet jou lofprysing na God gaan, ons moenie die Here prys sodat die mense om ons sien hoe ons dit doen nie. As jy mense wil beindruk, sal jy nooit die heerlikheid van ware aanbidding ervaar nie! As jy die Here opreg loof sal jy Sy teenwoordigheis ervaar, en hoe meer jy Hom loof hoe meer intens Sy teenwoordigheid. Koordanse is nie iets wat aangeleer word nie, dit is wanneer die heerlikheid van die Here jou vul en jy kan nie stil staan nie, jy word so bly dat jy begin spring en dans van blydskap.
Skrif: Ps.100 ; Ps.149 ; Ps.47 ; Ps.22:4 ; Ps.122:1 ; Ps.134:1; 2Kor5:13
Week vier: Diens Bywoning
Doel: Om kerk toe te gaan is om nader aan die Here te kom.
Voorstelling: As ‘n mens nie kos eet nie sal jy sterf, net so sterf jou gees in jou as jy nie geestelike voedsel inneem nie. Om Bybel te lees en te bid is nie genoeg nie, jy moet deel word van God se huisgesin en saam met hulle die heerlikheid geniet wat God se Gees vir hulle opdis aan tafel. Dit is by die samekomste by die kerk.
Om kerk toe te gaan is nie net belangrik nie, maar God verwag van elke mane wat Hom dien om deel te word van ‘n kerk. Die kerk is Sy Liggaam en as jy nie wil deel wees van ‘n kerk nie, is jy ook nie deel van Sy liggaam nie. Mense het baie verskonings hoekom hulle nie gereeld in die kerk is niem maar besel nie dat dit ‘n sonde is as jy nie kerk toe gaan nie. Daar is geen kerk wat volmaak is nie omdat mense dit beheer. Onthou altyd dat jy nie kerk toe gaan om gesien te word nie, jy gaan kerk om meer te leer en om gemeenskap te hê met die mende gelowiges. As jy nie met die mense in die kerk wil meng nie, gaan jy ook baie onwelkom voel in die hemel! Onthou altyd as mense jou seermaak, jy dien nie mense nie ook nie predikers nie maar die Here! As daar dinge verkeerd is dra dit op aan die Heer en laat Hy daarmee deel, maar bly getrou en dien die Here in die gemeente.
Skrif: Heb.10:19-31 ; Ps.23:6 ; Ps.27:4 ; Ps.122:1 ; Ps.134:1; 1Kor 12
Week vyf: Om ‘n siele wenner te word
Doel: As jy waarlik God se kind is sal jy die natuur van God in jou ontvang en die begeerte hê om ander vir Jesus te wen.
Voorstelling: Hoe wen ‘n mens ander vir Jesus? Deur net ‘n skoon lewe te leef, verkondig jy deur jou leefwyse die Here. Jy kan nie vir ander preek terwyl jou lewe ‘n ander storie vertel nie. As jy verander van wat jy was en vir Jesus leef, sal jou vriende en kennise vrae vra. As hulle dan sien dat jy meer gelukkig is as kind van God sal hulle dit ook begeer, en dat kan jy hulle na die Here lei. Om Jesus te dien is om Hom aan te neem as jou Vriend en as jou Held, net soos jy jou vriende vertel van mense wat jy bewonder het, so kan jy hulle vertel van Jesus en wat Hy vir jou doen.
Ons is geroep om die sout en wees en om die lig te wees vir die mense met wie ons in aanraaking kom. Wat sal jy maak as jy verby ‘n huis stap en jy sien jou beste vriend brand? Sal jy hom maar los, of sal jy ‘n poging aanwend om hom te red? Dit is dieselfde as jy nie die Woord uitleef en ander van Jesus vertel nie sal hulle in die hel se vuur brand. Jesus het jou gered uit die mag van die Duiwel nou is dit jou plig om jou vriende en kennise te red van die helse vuur.
Skrif: Matt 5:13-16; 11:27-30; 28:19, Jak.5:19,20 ; 2 Pet. 3:9 ; Joh. 8:51, 2 Tim 4:1-8
Week ses: Die wêreld se plesier is satan se vangnet.
Doel: Satan sal alles probeer om mense te verlei
Voorstelling: Daar is ‘n geveg aan die gang, en dit gaan oor jou onsterflike siel. Ja, dit is waar hoewel mense sterf en begrawe word, is die werklike mens onsterflik. Jou liggaam gaan sterf. As jy sterf sal jy uit jou liggaam beweeg na die plek wat deur jou leefwyse bepaal word. Daarom sal die duiwel alles probeer om te verhoed dat hemel toe gaan. Die bose magte wil seker maak dat jy in die helse vuur beland waar hulle ook gaan brand. Jy is in beheer van jou lewe en jy kan die geveg wen as jy net doen wat Jesus vir ons leer in die Bybel. As jy die Here dien sal jy van God krag ontvang om die werke van die bose te oorwin, maar as jy na die begeerlikhede van die lewe begeer, sal die bose jou oorwin!
Alles wat God mooi geskape het, verdraai die duiwel en maak misbruik daarvan om seuns en dogters te vang. Sodra hy hulle in sy vangnet het kan hy hulle lewens verwoes. Hy is ‘n mense moordenaar en het geen liefde vir ‘n mens nie. Die lokaas vir sy vangnet Is: Seks, pornografie, dwelm middels, sterk drank, Popmusiek, slegte vriende, Internet, musiek, demoniese TV programme, sterre voorspel, geeste oproep…ens. Wees versigtig dat hy julle nie vang nie.
Skrif: Jes.5:11-14 ; Jes.28:1-29 ; Efe.5:18 ; Sp.20:1; Sp.23:29;2 Kor.6:11-18 ; 2 Kor.7:1, Deu 18:10, Rom. 1
Die derde kwartaal – Ander gelowe
Week een Die Apostels
Die oorsprong van hierdie beweging is direk aan Edward Irving, ‘n Presbyteriaanse Prediker, gebore in 1792 gekoppel. Hy het gaandeweg bewus geword dat die afwesigheid van die gawes van die Heilige Gees in die kerk aan gebrek aan die geloof toegeskryf word.
Hy kom in aanraking met ‘n sekere bankier, Drummond, op wie se landgoed hy, tesame met ‘n klompie belangstellendes, jaarliks vergader om die Skrif te ondersoek. Irving word die leier van die groep. Hy profeteer dat die wêreld in 1864 sal vergaan en dat die kerk ernstig gesondig het deur nie meer die bediening soos in Efe. 4:11 uiteengesit het nie. Irving word egter deur sy volgelinge geskors en Drumond neem die leierskap oor.
Die eerste leier in ons land was Klibbe. Terwyl hy eenmaal op besoek in Europa was, neem Sclaphoff waar. Met sy terug keer wou Sclaphoff nie weer die amp aflê nie. Dit lei tot ‘n hooggeregshof saak. In Desember 1926 is die skeuring ‘n voldoende feit. Die volgelinge van Klibbe heet die ou Apostoliese Kerk terwyl die van Schlaphoff se groep weer die nuwe Apostoliese Kerk heet. Hierdie twee groepe is mekaar vyandig gesind en noem mekaar gevalle engele.
Apostel geloof vs Die Bybel
Apostel geloof besit mag om sonde te Vergewe;Joh. 20:19-23 /
Die Bybel; Die Apostels in die Bybel het nie mense se sondes vergewe nie maar die weg sondes vergewe nie maar die weg van vergifnis verkondig. Joh.1:12-14 ; 1 Joh.1:9 ; 2:1 Heb. 3:16-17
Apostel geloof: glo nie in die bestaan van die hemel nie, maar dat die hemel ‘n gees-toestant is; Luk.17:29-21 Die Bybel leer ons dat die Hemel `n plek is wat bestaan; Matt.6:9; Matt 3:17 Hand.1:11; 7:55,56; Joh.14:1-3 ; Openb.21
Apostel geloof; glo Die Heilige Gees doop kom deur die handoplegging van Apostels; hulle noem dit vergeeseling. Daardeur ontvang Hulle saligheid. Hand.2:1-4 ; 10:44
Die Bybel leer ons dat die doping met die Heilige Gees is nie afhanklik van die handoplegging nie. Die doop is `n belofte van die God die Vader. Hand.2:38-39, Jesus doop mense met die Heilige Gees Mark.16:16-18; Joh.14:16,26 ; Mark. 1:7,8; Hand. 10
Apostel geloof; glo mense wat onverseëld en ongered gesterf het, kan nog deur hulle verseel word; Ps.3:18-20 Die Bybel; Dit is onwaar, lees die verhaal van die ryk man en Lasarus leer ons dat ons nie in die doderyk gered kan word nie Luk.16:19-31.
Apostel geloof; glo dat Christus reeds gekom het volgens Matt.16:28.
Die Bybel; Dit is onwaar Christus het wel in Sy koninkryk gekom, maar die wederkoms het nog nie plaas gevind nie; Matt.24:23-28
Week 2 Die Mormoonse kerk
Die kerk se werklike naam is: The Church of Jesus Christ latter day Saints. Hul hoofkantoor is in Salt Lake City, Amerika. Die ontstaan van die dwaling is daarin dat Joseph Smit jr ‘n gesig gehad het aangaande goue plate waarop ‘n nie verstaanbare skrif geskrywe was. Volgens hom het die engel Moron aan hom verskyn en hom instruksies gegee om in ‘n sekere heuwel genaamd Cumorah naby Palmyra, New York, opgrawings te gaan doen. Tydens die opgrawings het hy afgekom op die goue plaatgeskrifte wat deur hom gelees en verstaan word wat hy ook vertaal het deur middel van ‘n wonder bril, die “unin” en “tummim”. Hierdie goue plate is in 1927 ontdek. Daaruit het hy “ Te Blok of boorman” geskryf wat die Mormoonse Bybel is.
Die Mormoonse geloof ; Adam is God volgens die Journal of discourses
Die Bybel; Dit is natuurlik onwaar Gen.1:26
Die Mormoonse geloof God is soos ‘n mens daar is meer as een God. Hulle verlaag God to die vlak van ‘n verganklike mens
Die Bybel; God is onsterflik en sonder begin en einde Jes.44:6-7 ; Heb.1:1-14 Joh.4:24
Die Mormoonse geloof Die Heilige Gees is die reinste en mees verfyndste van alle bestanddele.
Die Bybel; Die Heilige Gees is ‘n persoon en nie ‘n bestanddeel nie. Hand. 5:1-16
Die Mormoonse geloof; Jesus was getroud met Maria en Martha. Te Kana.sien. Journal vol 4
Die Bybel; Weereens ‘n leuen Joh. 2:1-12
Die Mormoonse geloof; Die Bybel is nie reg vertaal nie hoe hulle die Bybel met the book of Mormon vergelyk is onverstaanbaar.
Die Bybel; Die Bybel het homself meer as een keer bewys. 2 Tim 3:1-6
Week drie: Die Russeliete of Jehova getuie geloof
Charles Taze Russell, die stigter van die “Watch Tower Society” is op 16 Feb. 1852 gebore. Op die ouderdom van 18 jaar organiseer hy ‘n Bybel studiekring in Pittsburg, Pennysylvania. Hoewel hy nooit verorden was as ‘n pastoor nie, het hierdie studie groep hom aangestel as hulle pastoor. In 1879 stig hy die “ Watch Tower Bible and tract Society” Die naam “Jehova getuies” was vir die eerste maal deur hierdie vereniging in 1931 gebruik.
Regter Joseph Franklin Ruthetford volg C.T.Russell op as leier na sy dood in 1916. In sy tydperk skryf hy meer as 100 boeke wat in 80 tale vertaal is en kom aan sy einde in San Diengo, California in 1942 as gevolg van kanker.
Hierdie beweging het geweldig gegroei as gevolg van hulle deur tot deur aksie. Hulle maak gebruik van hul eie vertaling van die Bybel en noem dit: “New World Translation of the Christian Greek Scriptures” Oningeligte mense meen dat dit ‘n uitstaande vertaling van die oorspronklike Bybel is. Maar dit is in werklikheid teenstrydig met God se woord.
Die Jehova geloof; Daar is slegs een God en hulle Beweer dat ons God as ‘n Monster met drie koppe voorhou
Die Bybel; God bestaan uit drie persone: Vader God bestaan uit drie persone: Vader Seun en Heilige Gees. 1 Pet 1:1-2, 1 Joh 5:7 Heb 1 Joh 1:1-14 ens
Die Jehova geloof; Jesus is slegs die seun van God Hy is nie God nie
Die Bybel; Jesus is God ! Jes 44:6 Fil 2:5-11, Gen 1:26 Tit 2:13 Matt 1:23 ens
Die Jehova geloof; Jesus het nie uit die dode opgestaan nie, Sy liggaam het nie ontbind nie maar is opgeneem in gasse. Die Vader het hom opgewek uit die dode en in ‘n onsterflike gees
Die Bybel; Jesus het opgestaan uit die dode 1 Kor 15:17-20 Luk 24:36-45 Matt 28:1-10 Openb 1:9-20
Die Jehova geloof; Die Hel bestaan nie, want ‘n God van liefde sal nie ‘n mens so straf nie.
Die Bybel; Die Hel is ‘n werklikheid Mark 9:42-50 Openb, 20:7-15 ens
Week vier Die Israelvisie
Vir jare was die sogenoemde British-Israel teorie ‘n siening wat nie veel aandag getrek het nie; maar in die agtergrond het die Israelvisie nou gestalte gevind. Veral in die unieke godsdienstige-politieke bestel van ons land vind hierdie “visie” by sommige Suid-Arikaners sterk aanklank. Of soos Judas dit in Judas vers vier stel” “Goddelose mense wat die genade van onse God verander.”
Hulle maak veral gebruik van die Ou-Testament om hul stellings te bewys, en ook van sekere verse om hul dwaalleer te verkondig.
Hulle vergeestelik die Bybel deur middel van die vervangings-teologie, wat die grondbetekenis te verander. Horisontalistiese en humamistiese bevrydings-teologie spruit hieruit voort; dat die Bybel tot ‘n handboek vir menseregte en mense verhoudings verander word. Aan die anderkant is daar dwalinge in die rigting van onskriftuurlike identiteits bewegings soos die Israelvisie (ook Blanke-Israelisme, Wit Teologie en die Brits- Israelvisie beweging genoem) waarin die blankes as afstammelinge van die sogenaamde “Tien verlore stamme van Israel” gesien word.
Daar is dan ook gevolglik ‘n diep studie gemaak om te bewys dat die ander volke wat nie deel uitmaak van Israel nie, nie uitverkore is vir die hemel nie. Selfs die Jode is uitgesluit omdat hulle Jesus aan die kruis opgehang het.
Die skrifte bewys dat almal wat Jesus aanneem geregtig is om hemel toe te gaan: Alle volke nasies en tale!
Joel 2:28-32 Jona Jesaja 43:6-8 Hand 28:27,28 Lukas 2:29-32 Ps 98:2 Jesaja 42:6 Rom 3:21-31 Hand 10 Hand 8:26-40 ens
Week Vyf Die Gemeente van Christus
Die “Unity School of Christianity” bestaan reeds sedert 1889 in Amerika (Kingdom of Cults) Dit het sy bestaan te danke aan ‘n Charles en Myrle Fillmore wat hierdie beweging begin het, maar inspirasie vir die stigting hiervan, het uit geskrifte van ene Pineas Parkhust Quimby gekom.
In 1951 besoek William Branham ‘n welbekende en gevierde perdiker in pinksterkringe, Suid-Afrika, saam met ‘n broeder Baxter. Hierdie twee se paaie loop uitmekaar en William Brabham word ‘n prooi van die een naam kultus. As gevolg van sy bekendheid onder pinkster mense in S.A. vind hy ‘n goeie mark vir sy boeke en preek bande in sake die eenheid leerstelling en versprei hierdie dwaling vinnig in ons land.
Hierdie mense se grootste visioen en ywer is nie om onbekeerde mense te bereik nie maar om bekeerde mense oor te doop in die Naam van Jesus. Hul leerstelling kom daarop neer dat Jesus die enigste God is, Jesus is die Vader en die Heilige Gees.
Die Gemeente van Christus; Verklaar dat Jesus die Vader is Jes 9:5 Joh 14:9,10
Die Bybel; Wie het die kind Jesus gegee? Jes 9:5 Joh 14:9,10, Joh 6:38-46 Joh 17 Joh 1:1-14
Die Gemeente van Christus; Gen 6:4 verklaar dat God een persoon is
Die Bybel; In die oorspronklike taal word die woord “eennig” die Hebreeus daarvan “echad” [ekh-awd] beteken eenheid Openb 2-5 1 Joh 5:7 ens.
Die Gemeente van Christus; Die doop mag slegs in die naam Jesus gedoop word.
Die Bybel; Die skrifte wys slegs op Jesus se metode soos uiteengesit in Matt 28:19
Week ses Die N.G. Kerk se uitverkiesingsleer
Die katkisasieboek van die Ned. Geref. Kerk van S.A. se elfde druk in 1960 en die Dordtse leerreël soos vervat in die “Die formuliere van Ewigheid.” Uitgegee deur die N.G. uitgewers in Kaapstad en Pretoria.
“Die brandende vraag vir my siel saligheid.”
Het ek ‘n keuse vir my saligheid ? Of het God voor my geboorte klaar besluit, en niks kan daar aan gedoen word nie ?
Uit bogenoemde boeke vind ons daar geleer word dat sommige mense vir die hemel en ander vir die hel gebore is – dat geen geloof, geen gehoorsaamheid aan die evangelie en geen bekering tot God, dit kan verander nie.
Katkisasie boek op Bl. 238 onder die opskrif “Wie vergader”
Die uitverkiesing, of ewige besluit van God die Vader, wat tot voorwerp het die ewige verwerping van sommige, of die ewige aanname van andere, word in die eerste hoofstuk, Art. 6 van die Dordtse leer reëls onder andere soos volg beskryf:
Dat God sommige in die tyd met geloof begiftig, andere nie begiftig nie, kom voort uit Sy ewige besluit. Want al Sy werke is Hom van ewigheid af bekend (Hand 15:18) en Hy doen alles volgens die raad van Sy wil. (Efe 1:11) Volgens hierdie besluit vermurf Hy genadiglik die harte van die uitverkorenes, alhoewel dit hard is, en buig dit om te glo; maar wat nie uitverkies is nie, laat Hy volgens Sy regverdige oordeel in hul boosheid en hardheid bly."
Dordtse Leerreël Bl 62 art 17
Die lidmaat van die kerk is uitverkies die kinders van die lidmaat is vanweë hul geboorte uitverkies en hulle as uitverkorenes se kinders is uitverkies en hulle geslagte wat so in die vlees gebore word is uitverkies.
Dordtse Leer reëls Bl 61 Art 11
God kan nie Sy uitverkiesing verander nie, of herroep nie, of ongedaan maak nie. God kan nie uitverkorenes verwerk of die getal verminder nie.
Dordtse Leerreël Bl 63 Art 1
Afleiding: As ‘n persoon nie uitverkies is nie, kan sy geloof in Jesus en bekering hom nie red nie.
Is dit wat die Bybel ons leer?
Joh 3:5 & Joh 1:12-13; Elke mens het ‘n keuse
Rom 2:11; Daar is geen aanneming van die persoon by God nie
Rom 3:22,23; Daar is geen onderskeid nie
Joh 6:40; Almal wat die Seun glo……..
2 Pet 3:9; Almal tot bekering……

- Om mense vir Christus te wen.
- Om mense gesond te maak.
- Om duiwels uit te dryf.
- Om mense te leer van die weg van God.