Graad Tien Die Heilige Gees
Die eerste kwartaal – Wie is die Heilige Gees
Maak ‘n bespreking van al die onderwerpe en laat die kinders daaraan deelneem
Week een. Wie is die Heilige Gees ?
Doel: Die Heilige Gees is ‘n persoon
Voorstelling : Dit is belangrik om te weet wie die Heilige Gees is. Dit is ook belangrik om ‘n persoonlike ondervinding met Hom te kry. Daar is geweldige misverstand selfs in ons kerk oor wie en wat die Heilige Gees is. Ons moet God in Sy volheid leer ken en waardeer. Behandel die onderstaande skrifte met u leerlinge:
Die Heilige Gees is ‘n Persoon
Week twee. Die Heilige Gees is God
Doel: Om die Heilige Gees te vrees en om Hom te eer.
Voorstelling: Daar is so baie mense wat hul eie stelling maak, wat glad nie skriftuurlik is nie. Hoekom verstaan mense nie die Heilige Gees nie? Omdat hulle nie die Skrif lees nie! Gaan die onderstaande skrifte met die leerlinge deur en wys hulle dat die Heilige Gees God is.
Week Drie. Wat is die werk van die Heilige Gees
Doel: Die Heilige Gees is die Hoof van die kerk.
Voorstelling: Jesus het voor Sy hemelvaart vir ons ‘n ander Trooster belowe. Die Trooster is die Heilige Gees. Die woord trooster in die oorspronklike taal waarin die Nuwe-Testament geskryf is, wat Grieks is, is “Parakletos” Dit beteken “Geroepene langsaan” Hy is geroep om langsaan ons te wees. Die Gees van God, en die Gees van Christus en die Heilige Gees is een en die selfde Gees. Die Heilige Gees is die ander Trooster wat Jesus se plek inneem in die wêreld. As na die volgende skrifte kyk sal ons sien wat Sy werk is. Aan Sy werke ken ons Hom. Net so kan ons elke gees, asook die gees wat in mense is, deur hul werke leer ken.
Week vier. Die simbole van die Heilige Gees
Doel: Die simbole leer ons nog meer van die Heilige Gees.
Voorstelling: Die werk van die Heilige Gees kan nog meer verstaan word in die simbole. Kyk na die volgende skrifte, en behandel die betekenis van die simbole met die leerlinge.
Vuur Matt 3:11 & Hand 2:3
Vuur reinig en suiwer (dink aan goud) Dit verhit (neem koue weg) Dit verlig (openbaar sonde) Dit versprei vinnig en die mens kan dit nie beheer nie. Die Heilige Gees neem die koue van sonde weg en reinig ons, Hy verlig ons lewens en wys ons die sondes in ons lewens. Hy versprei maklik van die een na die ander.
Wind Joh 3:8 & Hand 2:2
Wind stel voor; suiwering & onafhanklik. Wind saai saad. Die Heilige Gees kom en gaan soos Hy wil, die rigting bepaal Hy self. Hy versprei die evangelie, en reinig die lug van onsuiwer sondes.
Water Joh 4:14 7:38
Water les dors, dit reinig, dit is belangrik vir lewe, dit laat groei, dit besit geweldige krag, wat nie deur mense beheer kan word nie. Die Heilige Gees les jou innerlike dors. Hy laat jou geestelik groei. Hy besit geweldige krag wat geen mense en demoon kan keer nie. Die Heilige Gees laat jou lewe en sonder Hom is jy geestelik dood.
Seël Efe 1:3
‘n Seël bevestig eienaars reg, ‘n seël mag slegs deur die gemagtige eienaar gebreek word. Dit is ‘n waarborg. Die Heilige Gees bevestig dat ek ‘n kind van God is 2 Tim 2:19 Rom 8:16. Hy is ons waarborg 1 Joh. 4:13 As jy die seël verbreek verloor jy jou erfreg Efe 4:29-32 Rom 8:9. Dit is ‘n bewys dat God met ons is.
Duif Joël 2:3 Matt 3:16
Die duif is ‘n teken van lewe en hoop asook vrede. Die duif is ook getrou en betroubaar, dit is vriendelik en teer. Die Heilige Gees is ‘n teken dat ons geestelik lewe, dat ons hoop om die wederkoms seker is. Hy is betroubaar en altyd getrou. Die Heilige Gees gee innerlike vrede. Hy is altyd vriendelik en teer vir die kinders van God.
Olie Joel 2:3
In die Bybelse tyd het die lig gegee en dit was noodsaaklik vir voedsel voorbereiding. Dit maak los en smeer geroeste dele. Dit genees. Die Heilige Gees gee vir ons lig in ‘n donker sondige wêreld en waarsku ons vir die gevaar van sonde. Hy maak ons los om God te loof met koordanse. Die Heilige Gees is die geestelike voedsel bron waarsonder geen Kind van God geestelik kan bestaan nie.
Onderpand 2 Kor 1:22 5:5
‘n Onderpand is soos ons ‘n pantjies winkel ken, jy gee ‘n pand in vir geld en sodra jy weer geld het gaan haal jy jou pand en betaal die geld in. Die Heilige Gees is die onderpand wat ingegee is, as bewys dat Christus weer kom om Sy bruid te haal. Die prys is klaar betaal op Golgota. Die bruid en die Gees wag net op die dag wanneer Jesus ons kom haal Openb.22:17 Die Heilige Gees en die bruid kan nie vanmekaar geskei word nie.
Week Vyf: Die gawes van die Heilige Gees
Doel: Wat is die Gawes van die Heilige Gees
Voorstelling: Die gawes is geskenke wat ons van die Heilige Gees ontvang. Dit werk deur ons soos die Heilige Gees dit wil werk. Ons kan bid en vra vir meer gawes 1 Kor12:31. Die gawes kan ons nie verdien nie, en as ons dit nie gebruik soos ons dit ontvang nie kan ons dit verloor. Die gawes wat ons ontvang behou ons al verkoud ons geloof in God. Die doel van die gawes is om die gemeente toe te rus om die gemeente te bou. Kom ons kyk na die gawes: 1 Kor 12:1-11
‘n Woord van wysheid
Wanneer die Heilige Gees die menslike verstand so verlig dat hy met helder insig en wysheid dinge kan uiter en aan geestelike gesprekke kan deelneem wat hy normaal weg nie kan doen nie. Hierdie gawe werk in die verlede, hede en toekomstige tyd.
1 Kor 3:16-27 Matt 2:20 Luk 22:10-12
‘n Woord van kennis
Dit kom voor wanneer die Heilige Gees feite aan die gelowige openbaar wat hom instaat stel om dinge te weet wat hy normaal weg nie weet nie. Hierdie gawe werk in die verlede, hede en toekomstige tyd.
Hand 5:3-9 2 Kon 6:8-12 Hand 9:11-12
Onderskeiding van geeste
Die gawe tree in werking wanneer die Heilige Gees deur bonatuurlike openbaring die mens instaat stel om te weet hoedanige gees in ‘n ander aanwesig is. Deur die gawe kan u ook profesie se egtheid onderskei.
Hand 16:16-18 Hand 13:9-10 1 Joh 4:1-6
Geloof
Die gawe is nie dieselfde as die gewone geloof nie. Die Heilige Gees gee die gelowige bonatuurlike geloof om onmoontlike dinge te doen en te glo al lyk dit vir die gewone gelowige na ‘n geweldige waagstuk.
Hand 28:3-6
Genadegawes van gesondmaking
Dit is ‘n bonatuurlike gawe wat die Heilige Gees vir ‘n gelowige gee om mense te genees al kan ‘n medise dokter nie meer help nie. Die gawe kan self die dode opwek.
Hand 3:1-8 Matt 8:16
Werking van kragte
Deur hierdie gawe stel die Heilige Gees die gelowige in staat om bonatuurlike krag uit te oefen wat hy nie normaalweg kan doen nie.
Heb 2:3-4 Mark 11:12-26 2 Kon 4:1-44
Profesie
Deur hierdie gawe stel die Heilige Gees ‘n gelowige instaat om ‘n boodskap van God oor te dra in ‘n verslaande taal. Dit kom nie van die persoon nie, vir hom is dit ook ‘n openbaring.
Hand 2:16-21 11:28 Matt 24:25 1kor 14:3
Allerhande tale
Deur hierdie gawe gee die Heilige Gees aan die gelowige die vermoë om in ‘n ander wêreld taal of in ‘n hemelse taal te praat waarvan hyself geen kennis dra nie.
1 Kor 14 Mark 16:16-18 Hand 2:1-12
Uitleg van tale
Deur hierdie gawe gee die Heilige Gees die uitleg van die tale wat deur ‘n ander persoon gespreek word. Let op dit is nie ‘n vertaling nie maar ‘n uitleg. Die Heilige Gees gee vir een gelowige die taal en die ander die uitleg.
1 Kor 14:26-40
Week Ses: Die werking van die Heilige Gees in die Ou & Nuwe-Testament
Doel: Die werking van die Heilige Gees verskil van die Ou & Nuwe Testament
Voorstelling: Ons is baie bevoorreg. In die Ou-Testament het die Heilige Gees op mense vaardig geword waar die Nuwe-Testament asook in ons tyd die Heilige Gees in ons woning maak.
Onderwysers hulp: Wys die kinders ook daarop dat dit die Heilige Gees in ons is wat ons oortuig van sonde, en in ons die honger en begeerte sit om die Here te dien.
Skrif Joh 16:7 Rig 14:6 15:14 14:19 1 Sam 10:6,10 Hand 1:8 Joh 7:28-39
Week Sewe: Die doop met die Heilige Gees
Doel: Dit kom ons toe
Voorstelling: Die doping met die Heilige Gees is baie belangrik en dit kom elke kind van God toe. Dit is jou geskenk van God, en ek is seker dat nie een van ons ‘n geskenk sal wegwys nie. Die hedendaagse kerk wil nie meer op die doop met die Heilige Gees verkondig nie. Dit is die werk van die duiwel wat die kerk kragteloos wil maak. Volgens Hand 1:8 is die doop ‘n aandoening van krag. Hulle maak of dit so moeilik is. Dit is nie, want jy hoef niks te doen behalwe om jou hart vir God te gee. Want elkeen wat die Here aangeneem het as hul Saligmaker kan die Heilige Gees ontvang. Dit kom jou toe, dit is ‘n belofte van ‘n God wat nie kan lieg nie. Al wat jy moet doen om dit te ontvang is, om te neem wat aan jou behoort. Kom ons kyk na ‘n paar Bybelse stellings:
Al wat jy nodig het om te kry wat God beloof het is: Jy moet Jesus aanneem as jou Saligmaker, jy moet ‘n begeerte hê, en jou moet geloof hê. As hulle vir jou bid, glo dat jy dit ontvang het. Loof die Here vir die doop met die Heilige Gees. Jy neem dit soos in Heb 11:1.
Ek wil voorstel dan nadat u die les gebring het, U ‘n spesiale diens vir die klas sal reël. Kry mense wat gevul is met die Heilige Gees en wat mense kan bedien om u by te staan. Skep ‘n geleentheid om vir die kinders te gee dit wat God hulle beloof het.
Die tweede kwartaal – My verhouding met die Heilige Gees
Week een: Beoefen wat jy ontvang het
Doel: Geniet en gebruik die gawes wat jy ontvang het.
Voorstelling: Jy het ‘n geskenk van God gekry. Dit is nie ‘n ornament wat op ‘n rak geplaas en vertoon word nie. Dit is nie soos ‘n ring wat jy net aan ander mense vertoon soos ‘n troupand nie. Dit is ‘n krag van God wat jy moet gebruik om diensbaar te wees. As jy dit verwaarloos sal jy weer moet bid vir ‘n vars salwing. Praat gereeld in die taal, bid daarin, tree in vir ander in tale, gebruik die tale in geestelike oorlogvoering, stig jouself en verheerlik God met die tale, jy kan dit selfs in jou gedagtes doen.
Of jy die belofte van God ontvang het of nie, weet dat die Here jou liefhet, en dat Hy nie beloftes breek soos ons mense nie. Hy is God, leef vir Hom, Hy sal jou nooit teleurstel nie. Dit gaan nie oor Sy liefde vir jou nie, omdat Hy jou baie lief het, dit gaan oor jou liefde vir Hom! Hou aan glo, hou aan bid, en jy sal ontvang
Skrif: Lukas 11:5-13, Hand. 2:37-47, Rom 8, Num.23:19
Week twee: Lofprysing
Doel: Hoe en hoekom loof ns die Here ?
Voorstelling: Ons moet die Here loof want dit kom Hom toe. Openb 4:11 Lofprysing bring die gemeente in ‘n eenheid, en in die teenwoordigheid van God. As ons die Here nie loof nie sal die klippe dit uitroep. Luk 19:37-40. Kyk hoe het hulle die Here in die Bybel geloof het:
Sewe motiveerings om die Here te Loof
Onderwysers hulp: Lof prysing is nie ‘n pinkster tradisie nie. Dit kom van die Ou Testament en die Here word gedurig in die hemel geloof. Lofprysing is ook nie slegs om God te vereer nie, maar dit bring my in Sy teenwoordigheid. Lofprysing is om my emosies vry te laat sodat ek uit my huidige omstandighede kan kom en die heerlikheid van die Here ervaar. Mense wat die Here nie ken en nie dien nie doen dit ook hulle soek die plesier van die wêreld, al verskil is dat hulle geluk en plesier uiterlik is en dat dit net tydelik is. By die Here kom die blydskap van binne en jy kan dit neem waar jy ook al gaan Fil. 4:4
Week drie: Aanbidding
Doel: Aanbidding is nie Lofprysing nie.
Voorstelling: Lofprysing gaan altyd aanbidding vooraf. Lofprysing is nodig maar ons moet nie daar in bly nie. Lofprysing bring ons in ‘n eenheid, en in die teenwoordigheid van die Here. Met lofprysing is daar baie beweging en emosies. Sodra ons gewaar dat ons in God se teenwoordigheid is, beweeg ons oor na aanbidding.
Onderwysers hulp: In aanbidding is beweging nie meer nodig nie, dan aanbid ons die Here. Ons word dan ook stil en geniet die teenwoordigheid van die Here. Dit is ook die tyd waar ons die Heilige Gees, ‘n kans te gee om met ons te praat, of te lei in die heerlikheid van God. Die doel van ons byeenkoms is nie lofprysing nie maar om in die teenwoordigheid van God te kom. Dit is daarom belangrik dat ons nie moet vashaak in lofprysing nie maar oorgeweeg in aanbidding. Ps 100 is ‘n mooi voorbeeld hoe ons die Here moet loof. Moet nooit bang wees vir stilte in aanbidding nie. Die aanbidding tyd is nie net om te ontvang nie maar om te gee, want dit is wanneer ons gee, dat ons ontvang. Lofprysing kom deur die vlees en aanbidding uit die gees. Wees versigtig om in aanbidding op die Here te wag en nie uit die vlees die werk van God se Gees te versteur nie.
Skrif: Exo. 40:34,35, 2Kron.5:1-14,
Week vier: Geloof
Doel: Wat is geloof?
Voorstelling: Geloof is die pilare waar op ons geestelike lewe bestaan! Sonder geloof kan ons nie God behaag nie. Heb. 11:6. Om geloof te hê is iets wat ons kan sien in moontlik; “Ek weet dat die stoel waarop ek sit sal my gewig dra; Ek weet dat daar water uit die kraan sal kom as ek dit oopmaak” Maar om te glow at ek nie sien nie is nie altyd maklik nie. Ek kan nie God of die Heilige Gees sien nie. Ek kan wel God se hande werk aan skou, en sien waar die Heilige Gees werk, as ek gereeld kerk toe gaan kan ek die getuie van mense hoor, dat God ‘n werklikheid is. Maar vir die person wat nie gereeld kerk toe gaan nie, is dit moeilik om te glo; omdat hulle nie God se werke ervaar nie.
Onderwysers hulp: Bespreek die hele hoofstuk van Heb. 11 met die klas, met die klem op vers een. Hoe kan ek my geloof in God sterker maak? Rom.10:17. Ek kan nie elektriseteit sien nie, maar ek kan die werk wat dit doen sien, ek kan ook die krag daarvan voel as ek dit aanraak, net so kan ek die die Heilige Gees sien nie, maar ek kan sien hoe mense in tale praat, en hoe mense genees word, ek kan ook die krak van die Heilige Gees voel as ek in Sy teenwoordigheid is. Geloof is nie ‘n selfstandige naam woord nie maar ‘n werkwoord. Jak.2:14-26
Skrif: Hand. 3:1-16, Matt.8:1-10, Gal.2:20, Joh.3
Week vyf: Vrugte van die gees
Doel: Hoe kry ek die vrugte van die Gees ?
Voorstelling: Aan die vrugte van die boom sal jy die boom leer ken. Matt 7:17-19. Jy kan nie vye aan ‘n onkruid bos hang en sê dit is ‘n vye boom nie. Wat sê mense van jou? Wat sien hulle in jou lewe? Is die vrugte teenwoordig of afwesig? Jou lewe se storie vertel meer as jou woorde.
Onderwysers hulp: Aangeplakte vrugte is onnatuurlik en hoewel jy vir ‘n oomblik mooi lyk sal die eerste probleme jou ware klere uitwys. Daar is baie mense wat nie wil hê dat die Heilige Gees hulle verander nie, want hulle hou van hulle self soos hulle is. Daar is mense wat voorgee dat hulle die vrugte het. In jou eie krag is dit nie moontlik om die vrugte in jou lewe te kweek nie. As jy jou lewe oorgee aan die Heilige Gees en Hom gehoorsaam, sal Hy jou lewe verander, Hy sal die vrot vrugte aan jou openbaar, wat jy moet verwyder en met Sy hulp vir jou vars vrugte kweek. Hy sal jou help maar jy moet self daaraan werk om dit te ontwikkel. Wil jy bly soos jy is? Of wil jy toelaat dat die Heilige Gees die vrugte in jou lewe kweek? Bespreek al die vrugte met die klas, verduidelik hulle wat elke vrug is.
Skrif: Gal 5:16-26
Week ses: Voed jou gees
Doel: Ons moet ons gees meer voed as ons vlees
Voorstelling:. Vir hierdie les wil ek hê u moet self deeglik deur Rom 8 werk en bid dat die Heilige Gees u wysheid gee. Behandel dit vers vir vers met die kinders dat hulle die volle inpak daarvan kry.
Skrif Rom 8:1-39
Die derde kwartaal – Gehoorsaam aan die Heilige Gees
Week een Jou gedrag
Doel: Hoe moet ek optree tussen ongelowiges ?
Voorstelling:. Ons is die Bybel van die mense in die wêreld! Hulle lees nie Bybel nie, maar ons leefwyse. In ons lewens sien hulle of ons godsdiens enige waarde het. Die magtigste wapen in satan se hande is ‘n Christen wat nie leef soos ‘n Christen nie. Daar is meer mense in die wêreld deur die toedoen van mense as deur die werk van demone! Jou lewe bepaal of jou kennise, en vriende, die Here gaan dien. Dit is nie nodig om vir mense te preek nie, deur jou leefwyse kan hulle Jesus vind, of weggestoot word, van Jesus. Baie preeke het geen krag omdat die prediker nie sy preek uitleef nie.
Onderwysers hulp: Jou lewe vertel ‘n storie! As jy ‘n studie maak van verskillende diere of voëls sal jy merk dat jy hulle kan uitken in hulle gewoontes. Net so word mense uitgeken deur hul dade! Jou vreinde en selfs vreemde mense sal na jou kom met hul probleme as jou lewe wys dat hulle jou kan vertrou en dat jy hulle kan help. Bespreek dit met die kinders en vra hulle of daar kinders is wat hulle ken. Kinders wat ander help en kinders waarna hulle kan gaan en weet dat hulle nie met hulle sal spot en hul geheime verklap of daarmee spot dryf nie. Dit is nie altyd wat jy sê wat belangrik is nie dit is hoe jy die sê!
Skrif: Efe 4:20-23, 2Tim 3:1-17, Heb 13:7, Jak 3:13-18, 1 Pet.3:12-16, Rom.15:1
Week twee Onderlinge byeenkomste
Doel. Jou geestelike groei hang af van jou gemeenskap met God
Voorstelling: Die gemeente is die liggaam van God. As die liggaam vergader dan stig en lei die Heilige Gees die gemeente. ‘n Mens wat nie gereeld eet nie sal swak word en sterf, net so word baie mense geestelik siek en sterf hulle geestelik omdat hulle nie geestelike voedsel kry nie. Dit is ‘n sonde om nie die dienste by te woon nie! Christus kom vir die bruid, mense wat nie deel is van die Liggaam van Christus (gemeente) wil wees nie is nie deel van die Bruid van Christus nie!. Jy is of deel of nie.
Onderwysers hulp: U moet die leerlinge inlig van die dienste en hierdie lesing gebruik om ‘n bespreking uit te lok hoekom mense kerk toe gaan en hoekom nie. Wees positief en verander die negatiewe gedagtes na die positiewe toe. Kry hulle om die voordeel in diens bywoning te verstaan. Diens bywoning gaan nie oor wie die sange lei nie, dit gaan nie oor die prediker nie, dit gaan nie oor wie daar is en wie nie, dit gaan nie oor die kerk nie. Diens bywoning gaan alleenlik oor in ontmoeting met Jesus. TV dienste is goed maar hoewel jy daarna luister is jy nie deel daarvan nie. Net soos mense eerder na ‘n sport veld gaan vir die admosveer, so gaan ons kerk toe om die heerlikheid van God te ervaar.
Skrif : Heb 10:23-26 1 Kor 14:26-40
Week drie Aktief in die werk van die Here
Doel: Is jy ‘n deelnemer of ‘n toeskouer ?
Voorstelling: Die kerk word bestuur deur die deelnemers en nie die toeskouers nie. Toeskouers is nie werklik deel van die kerk of Liggaam van Christus nie, maar sleg toeskouers. Dit is die deelnemer wat beloning ontvang, die toeskouer is slegs daar om die kerk vol te maak. Dit is so jammer dat selfs in groot gemeentes daar meer toeskouers as deelnemers is. Dit glo ek, is die rede omdat die Kerk nie is wat God beplan het nie. Ons land en ons volk gaan ten gronde, omdat die kerk wat deur God daar gestel is nie sy volle potensiaal beryk nie.. As elke lidmaat deelnemers word sal ons, ons dorp en ons land vir God wen.
Onderwysers hulp: Die toeskouer is gewoonlik die mense wat baie voorstelle het, en wat baie foute raaksien, hulle vertel graag vir ander hoe swak die gemeente en die leraar is. Want hulle dink hulle weet alles, maar omdat hulle nie self deel van die kerk is nie verstaan hulle nie waaroor die kerk werklik gaan nie. In hierdie lesing wil ek u vra om ‘n bespreking uit te lok oor toeskouers en deelnemers in die kerk op die sportveld ens..
Skrif: 1Kor 3:8,9 Efe 5:1-21 Openb 2 & 3, Luk.10:2
Week vier Gesindheid
Doel: Jou gesindheid bepaal jou geestelike groei
Voorstelling: Gesindheid is een van die mense se belangrike stuurstange. Jou gesindheid openbaar die gees wat in jou is. Wat is gesindheid? Dit is die oë waardeur jy die wêreld sien. Gesindheid word gevorm deur jou ondervindinge in die lewe en deur jou opvoeding. As jy daarvan bewus is dat daar in jou ‘n verkeerde gesindheid is, is daar genesing vir jou. Die probleem is met mense wat nie wil erken dat hulle ‘n verkeerde gesindheid het nie. Daar is weer ander mense wat weet dat hulle gesindheid verkeerd is maar is skaam om dit te erken. Onthou altey jy kan verander, as jy wil verander!
Onderwysers hulp: Ek herhaal: jou gesindheid sê hoedanige gees in jou is. Om jou gesindheid reg te kry moet daar die gees uitgedryf word en vervang word met die Heilige Gees, wat die vrugte van die Gees openbaar. Dit is nie altyd maklik om net die gees uit te dryf nie, maar die seer wat dit veroorsaak het, moet geheel word. As jy erken dat daar iets in jou is wat jou lewens uitkyk na mense en dinge, net die slegte laat sien. Dan het jy hulp nodig. Dit is waar dat jy die enigste persoon is wat dit kan en moet verander. Verkeerde gesindheid verdryf vriende, die regte gesindheid is bou ‘n vriendekring. Verkeerde gesindhede sit baie diep in jou innerlike mens, en dit kan genees word indien jy nie regkom nie, bespreek dit met ‘n berader of in presoon wat jy kan vertrou. As onderwyser moet jy jou kinders ken, en waar hulp kort kom moet jy hulle help, of help kry om die kind by te staan. Alle mense word goed gebore maar ervaarings in die lewe skep mense se gedrag, goed of sleg.
Skrif: Jes 61
Week vyf Mense verhoudinge
Doel: Hoe moet my houding teenoor ander mense wees?
Voorstelling: Ons is kinders van God daarom moet ons houding teenoor ander wees soos God oor hulle is. Ons kan nie net die mense lief hê wat ons lief het nie. Ons moet alle mense dit sluit alle rasse in, as God se skepsels aanskou en weet dat die Here ook vir hulle gesterf het. Die mens het so baie bitterheid teenoor ander mense en onvergewensgesindheid dat ons nooit by God vergifnis kan verwag nie. Baie siektes en geestelike kwale kom op ons net omdat ons nie kan vergewe nie. Kyk na hierdie voorbeeld, en groot waarheid: As daar iemand is wat jy nie kan vergewe nie is die gif van wraak in jou terwyl die persoon wat jou kwaad aangedoen het vry is daarvan. Wie ly ? Net jy, die ou wat nie kan vergewe nie, en nie kan aanvaar nie. Haat is soos kanker wat jou van binne verrot. Nog ‘n groot waarheid is: Dit wat jy nie kan hanteer in die lewe van ander mense nie, is ook in jou lewe ! Wat moet ons houding teenoor ander wees?
Onderwysers hulp: Verwyder alle skanse tussen jou en mense, sien hulle as mense wat deur God geskappe is! Alle mense behoord aan God en is God se eiendom. Hoe hanteer jy ander se bestittings? Onthou ander mense sien nie altyd wat jy met hulle bestitings doen nie maar God sien hoe jy die hanteer wat aan Hom behoord.
Skrif: Matt 5:21-26,43-48 Matt 22:37-40 Fil 2:1-18

- Hy besit Sy eie wil; 1 Kor 14:11
- Hy het Sy eie krag; Hand 1:8
- Hy het verstand; Nehemia 9:20
- Hy het kennis;1 Kor 2:10
- Hy neem besluite;Hand 15:28
- Hy besit liefde;Rom 15:30
- Hy kan bedroef word; Efe 4:30
- Hy kan weerstaan word; Hand 7:51
- Hy kan versoek word; Hand 5:9
- Hy kan toornig word; Hand 3:10
- Hy spreek met ‘n stem; Heb 3:7 Hand 13:2
Week twee. Die Heilige Gees is God
Doel: Om die Heilige Gees te vrees en om Hom te eer.
Voorstelling: Daar is so baie mense wat hul eie stelling maak, wat glad nie skriftuurlik is nie. Hoekom verstaan mense nie die Heilige Gees nie? Omdat hulle nie die Skrif lees nie! Gaan die onderstaande skrifte met die leerlinge deur en wys hulle dat die Heilige Gees God is.
- Hy is die gewer van geestelike gawes; 1Kor 12:1-11
- Petrus sê Hy is God; Hand 5:3-4
- Hy het Jesus uit die dood opgewek; Rom. 8:11
- Hy bestaan verewig; Heb 9:14
- Hy is alomteenwoordig'; Ps 139:7-10
- Hy is Almagtig; Luk 1:35
- Hy is alwetend; 1 Kor 2:10-11
- Hy is ‘n Skepper; Job 33:4 Ps 33:6 104:30
Week Drie. Wat is die werk van die Heilige Gees
Doel: Die Heilige Gees is die Hoof van die kerk.
Voorstelling: Jesus het voor Sy hemelvaart vir ons ‘n ander Trooster belowe. Die Trooster is die Heilige Gees. Die woord trooster in die oorspronklike taal waarin die Nuwe-Testament geskryf is, wat Grieks is, is “Parakletos” Dit beteken “Geroepene langsaan” Hy is geroep om langsaan ons te wees. Die Gees van God, en die Gees van Christus en die Heilige Gees is een en die selfde Gees. Die Heilige Gees is die ander Trooster wat Jesus se plek inneem in die wêreld. As na die volgende skrifte kyk sal ons sien wat Sy werk is. Aan Sy werke ken ons Hom. Net so kan ons elke gees, asook die gees wat in mense is, deur hul werke leer ken.
- Hy lei ons; Rom 8:14
- Hy leer ons;1 Joh 2:27
- Hy bemoedig ons; Joh 14:16
- Hy wek ons op; Rom 8:11
- Vul ons met krag; Hand 1:8
- Tree vir ons in; Rom 8:26.27
- Hy help ons om heilig te lewe;1 Pet 1:2
- Hy leer en herhinder ons;Joh 14:26
Week vier. Die simbole van die Heilige Gees
Doel: Die simbole leer ons nog meer van die Heilige Gees.
Voorstelling: Die werk van die Heilige Gees kan nog meer verstaan word in die simbole. Kyk na die volgende skrifte, en behandel die betekenis van die simbole met die leerlinge.
Vuur Matt 3:11 & Hand 2:3
Vuur reinig en suiwer (dink aan goud) Dit verhit (neem koue weg) Dit verlig (openbaar sonde) Dit versprei vinnig en die mens kan dit nie beheer nie. Die Heilige Gees neem die koue van sonde weg en reinig ons, Hy verlig ons lewens en wys ons die sondes in ons lewens. Hy versprei maklik van die een na die ander.
Wind Joh 3:8 & Hand 2:2
Wind stel voor; suiwering & onafhanklik. Wind saai saad. Die Heilige Gees kom en gaan soos Hy wil, die rigting bepaal Hy self. Hy versprei die evangelie, en reinig die lug van onsuiwer sondes.
Water Joh 4:14 7:38
Water les dors, dit reinig, dit is belangrik vir lewe, dit laat groei, dit besit geweldige krag, wat nie deur mense beheer kan word nie. Die Heilige Gees les jou innerlike dors. Hy laat jou geestelik groei. Hy besit geweldige krag wat geen mense en demoon kan keer nie. Die Heilige Gees laat jou lewe en sonder Hom is jy geestelik dood.
Seël Efe 1:3
‘n Seël bevestig eienaars reg, ‘n seël mag slegs deur die gemagtige eienaar gebreek word. Dit is ‘n waarborg. Die Heilige Gees bevestig dat ek ‘n kind van God is 2 Tim 2:19 Rom 8:16. Hy is ons waarborg 1 Joh. 4:13 As jy die seël verbreek verloor jy jou erfreg Efe 4:29-32 Rom 8:9. Dit is ‘n bewys dat God met ons is.
Duif Joël 2:3 Matt 3:16
Die duif is ‘n teken van lewe en hoop asook vrede. Die duif is ook getrou en betroubaar, dit is vriendelik en teer. Die Heilige Gees is ‘n teken dat ons geestelik lewe, dat ons hoop om die wederkoms seker is. Hy is betroubaar en altyd getrou. Die Heilige Gees gee innerlike vrede. Hy is altyd vriendelik en teer vir die kinders van God.
Olie Joel 2:3
In die Bybelse tyd het die lig gegee en dit was noodsaaklik vir voedsel voorbereiding. Dit maak los en smeer geroeste dele. Dit genees. Die Heilige Gees gee vir ons lig in ‘n donker sondige wêreld en waarsku ons vir die gevaar van sonde. Hy maak ons los om God te loof met koordanse. Die Heilige Gees is die geestelike voedsel bron waarsonder geen Kind van God geestelik kan bestaan nie.
Onderpand 2 Kor 1:22 5:5
‘n Onderpand is soos ons ‘n pantjies winkel ken, jy gee ‘n pand in vir geld en sodra jy weer geld het gaan haal jy jou pand en betaal die geld in. Die Heilige Gees is die onderpand wat ingegee is, as bewys dat Christus weer kom om Sy bruid te haal. Die prys is klaar betaal op Golgota. Die bruid en die Gees wag net op die dag wanneer Jesus ons kom haal Openb.22:17 Die Heilige Gees en die bruid kan nie vanmekaar geskei word nie.
Week Vyf: Die gawes van die Heilige Gees
Doel: Wat is die Gawes van die Heilige Gees
Voorstelling: Die gawes is geskenke wat ons van die Heilige Gees ontvang. Dit werk deur ons soos die Heilige Gees dit wil werk. Ons kan bid en vra vir meer gawes 1 Kor12:31. Die gawes kan ons nie verdien nie, en as ons dit nie gebruik soos ons dit ontvang nie kan ons dit verloor. Die gawes wat ons ontvang behou ons al verkoud ons geloof in God. Die doel van die gawes is om die gemeente toe te rus om die gemeente te bou. Kom ons kyk na die gawes: 1 Kor 12:1-11
‘n Woord van wysheid
Wanneer die Heilige Gees die menslike verstand so verlig dat hy met helder insig en wysheid dinge kan uiter en aan geestelike gesprekke kan deelneem wat hy normaal weg nie kan doen nie. Hierdie gawe werk in die verlede, hede en toekomstige tyd.
1 Kor 3:16-27 Matt 2:20 Luk 22:10-12
‘n Woord van kennis
Dit kom voor wanneer die Heilige Gees feite aan die gelowige openbaar wat hom instaat stel om dinge te weet wat hy normaal weg nie weet nie. Hierdie gawe werk in die verlede, hede en toekomstige tyd.
Hand 5:3-9 2 Kon 6:8-12 Hand 9:11-12
Onderskeiding van geeste
Die gawe tree in werking wanneer die Heilige Gees deur bonatuurlike openbaring die mens instaat stel om te weet hoedanige gees in ‘n ander aanwesig is. Deur die gawe kan u ook profesie se egtheid onderskei.
Hand 16:16-18 Hand 13:9-10 1 Joh 4:1-6
Geloof
Die gawe is nie dieselfde as die gewone geloof nie. Die Heilige Gees gee die gelowige bonatuurlike geloof om onmoontlike dinge te doen en te glo al lyk dit vir die gewone gelowige na ‘n geweldige waagstuk.
Hand 28:3-6
Genadegawes van gesondmaking
Dit is ‘n bonatuurlike gawe wat die Heilige Gees vir ‘n gelowige gee om mense te genees al kan ‘n medise dokter nie meer help nie. Die gawe kan self die dode opwek.
Hand 3:1-8 Matt 8:16
Werking van kragte
Deur hierdie gawe stel die Heilige Gees die gelowige in staat om bonatuurlike krag uit te oefen wat hy nie normaalweg kan doen nie.
Heb 2:3-4 Mark 11:12-26 2 Kon 4:1-44
Profesie
Deur hierdie gawe stel die Heilige Gees ‘n gelowige instaat om ‘n boodskap van God oor te dra in ‘n verslaande taal. Dit kom nie van die persoon nie, vir hom is dit ook ‘n openbaring.
Hand 2:16-21 11:28 Matt 24:25 1kor 14:3
Allerhande tale
Deur hierdie gawe gee die Heilige Gees aan die gelowige die vermoë om in ‘n ander wêreld taal of in ‘n hemelse taal te praat waarvan hyself geen kennis dra nie.
1 Kor 14 Mark 16:16-18 Hand 2:1-12
Uitleg van tale
Deur hierdie gawe gee die Heilige Gees die uitleg van die tale wat deur ‘n ander persoon gespreek word. Let op dit is nie ‘n vertaling nie maar ‘n uitleg. Die Heilige Gees gee vir een gelowige die taal en die ander die uitleg.
1 Kor 14:26-40
Week Ses: Die werking van die Heilige Gees in die Ou & Nuwe-Testament
Doel: Die werking van die Heilige Gees verskil van die Ou & Nuwe Testament
Voorstelling: Ons is baie bevoorreg. In die Ou-Testament het die Heilige Gees op mense vaardig geword waar die Nuwe-Testament asook in ons tyd die Heilige Gees in ons woning maak.
Onderwysers hulp: Wys die kinders ook daarop dat dit die Heilige Gees in ons is wat ons oortuig van sonde, en in ons die honger en begeerte sit om die Here te dien.
Skrif Joh 16:7 Rig 14:6 15:14 14:19 1 Sam 10:6,10 Hand 1:8 Joh 7:28-39
Week Sewe: Die doop met die Heilige Gees
Doel: Dit kom ons toe
Voorstelling: Die doping met die Heilige Gees is baie belangrik en dit kom elke kind van God toe. Dit is jou geskenk van God, en ek is seker dat nie een van ons ‘n geskenk sal wegwys nie. Die hedendaagse kerk wil nie meer op die doop met die Heilige Gees verkondig nie. Dit is die werk van die duiwel wat die kerk kragteloos wil maak. Volgens Hand 1:8 is die doop ‘n aandoening van krag. Hulle maak of dit so moeilik is. Dit is nie, want jy hoef niks te doen behalwe om jou hart vir God te gee. Want elkeen wat die Here aangeneem het as hul Saligmaker kan die Heilige Gees ontvang. Dit kom jou toe, dit is ‘n belofte van ‘n God wat nie kan lieg nie. Al wat jy moet doen om dit te ontvang is, om te neem wat aan jou behoort. Kom ons kyk na ‘n paar Bybelse stellings:
- Die wêreld kan nie die doop ontvang nie; Joh 14:17
- Dit is vir vandag; Hand 2:39
- Die doop kom met uiterlike tekens; Hand 2:33 ; 10:44-46 1Kor 14:22 Mark 16:16-18
- Die Heilige Gees doop is belangrik; Hand 18:24-28 ;19:1-6
- Jesus doop met die Heilige Gees; Mark 1:8 Joh 16:7
- Alles oor die tale; 1 Kor.14
Al wat jy nodig het om te kry wat God beloof het is: Jy moet Jesus aanneem as jou Saligmaker, jy moet ‘n begeerte hê, en jou moet geloof hê. As hulle vir jou bid, glo dat jy dit ontvang het. Loof die Here vir die doop met die Heilige Gees. Jy neem dit soos in Heb 11:1.
Ek wil voorstel dan nadat u die les gebring het, U ‘n spesiale diens vir die klas sal reël. Kry mense wat gevul is met die Heilige Gees en wat mense kan bedien om u by te staan. Skep ‘n geleentheid om vir die kinders te gee dit wat God hulle beloof het.
Die tweede kwartaal – My verhouding met die Heilige Gees
Week een: Beoefen wat jy ontvang het
Doel: Geniet en gebruik die gawes wat jy ontvang het.
Voorstelling: Jy het ‘n geskenk van God gekry. Dit is nie ‘n ornament wat op ‘n rak geplaas en vertoon word nie. Dit is nie soos ‘n ring wat jy net aan ander mense vertoon soos ‘n troupand nie. Dit is ‘n krag van God wat jy moet gebruik om diensbaar te wees. As jy dit verwaarloos sal jy weer moet bid vir ‘n vars salwing. Praat gereeld in die taal, bid daarin, tree in vir ander in tale, gebruik die tale in geestelike oorlogvoering, stig jouself en verheerlik God met die tale, jy kan dit selfs in jou gedagtes doen.
Of jy die belofte van God ontvang het of nie, weet dat die Here jou liefhet, en dat Hy nie beloftes breek soos ons mense nie. Hy is God, leef vir Hom, Hy sal jou nooit teleurstel nie. Dit gaan nie oor Sy liefde vir jou nie, omdat Hy jou baie lief het, dit gaan oor jou liefde vir Hom! Hou aan glo, hou aan bid, en jy sal ontvang
Skrif: Lukas 11:5-13, Hand. 2:37-47, Rom 8, Num.23:19
Week twee: Lofprysing
Doel: Hoe en hoekom loof ns die Here ?
Voorstelling: Ons moet die Here loof want dit kom Hom toe. Openb 4:11 Lofprysing bring die gemeente in ‘n eenheid, en in die teenwoordigheid van God. As ons die Here nie loof nie sal die klippe dit uitroep. Luk 19:37-40. Kyk hoe het hulle die Here in die Bybel geloof het:
- Met koordanse; Exo 15:1-21
- Met opheffing van hande; Nehemia 12:43
- Met vreugde; Nehemia 12:43
- Met musiek instrumente; Ps 150
- Met hande klap; Ps 47:2
- Uitsinnig in die Here; 2 Kor 5:13
- Met ‘n groot stem; Openb 7:10
Sewe motiveerings om die Here te Loof
- Vir wie Hy is; Openb 4:8-11 Jes 42:8-17 Fil 2:5-1
- Vir wat Hy gedoen het; Gen 1:26 Joh 17 1 Joh 3:2
- “Without emotion no motion”; Laat jou emosie vry in lofprysing
- Die Here woon onder lofsange; Ps 22:4
- Vir ons redding; 1 Kor 6:20
- Dit bring ons in Sy teenwoordigheid; Hand 16:25-29
- Dit is ‘n wapen teen Satan Die duiwel kan nie lofprysing hanteer nie.