Graad Elf Geestelike groei
Die eerste kwartaal – Oorgegee aan die Heilige Gees
Maak ‘n bespreking van al die onderwerpe en laat die kinders daaraan deelneem
Week een. Jou wil.
Doel: Elke mens het ‘n goddelike wil.
Voorstelling :. God het elke mens sy eie wil gegee. Terwyl jy op die aarde is kan jy jou eie besluite neem, en daarvolgens optree. Omdat jy jou eie wil het sal jy ook die gevolge van jou besluite self dra. Die Here gee raad en leiding om jou die goeie weg te vind, maar jy moet self besluit of jy Hom wil dien al dan nie. Daar is ‘n rede waarom God die mens sy eie wil gegee het. Die ewige lewe en die hemel is net vir mense wat daar wil wees. Die Bybel dui die weg aan, en die Heilige Gees rig die uitnodiging aan jou, maar jy alleen kan besluit. Elke mens het sy eie lewe is sy hande, jy kan baie foute maak en daardeur leer, of jy kan na goeie raad luister en dit volg. Kyk na die volgende besluite wat geneem is;
Voorbeelde in die Bybel:
Adam het ‘n besluit geneem en ons betaal nog daarvoor. Hy het besluit dat die duiwel waar praat en die Here nie eerlik met hom is nie, deur hom van die kennis van goed en kwaad te ontneem. Gen. 3
Lot se vrou het ‘n besluit geneem en het daarvoor betaal. Sy het gewonder of God hulle maar net uit Sodom & Gomorra wil hê. Dat die sonde nie werklik so groot was nie. Haar wil en begeerte was om in Sodom & Gommorra te bly. Gen. 19:1-26 Luk 17:32
Esau het ‘n besluit geneem en daarvoor betaal.
Hy het besluit dat die instelling van die eerste geboortereg, wat deur God ingestel geen waarde het nie. Gen. 25 & 27 Mal 1:3
Paulus het ‘n besluit geneem en is beloon.
Hy het besef dat God ‘n werklikheid is en dat eie besluite en geloof oortuigings nie tel nie. Hand 22 1 Tim. 4:7
So kan ons aangaan. Bespreek in die algemeen van verkeerde besluite wat geneem is, en wat gebeur het, omdat daar nie na goeie raad geluister is nie. Die Prediker se raad Pred. 12:9-14
Die basis van geestelike groei of die fondasie daarvan is: Onderwerping aan God se wil. Ek kan nie God verander deur my wil nie, maar Hy kan my verander as ek my wil onderdanig aan Sy wil maak.
Volg Jesus se leuse: Luk 22:42 “Nie My wil nie, maar U wil”
Week twee. Jou gedagtes
Doel: Jou gedagtes beheer jou lewe.
Voorstelling: Waaaraan dink jy? Van jou gedagtes kom jou woorde, en van jou woorde jou dade. Jou gedagtes bepaal wie jy is. Jou selfbeeld en jou hele menswees word bepaal deur jou gedagtes. Jy kan jouself verander deur jou gedagtes te verander. Vul jou gedagtes met God se Woord en jou lewe sal verander!
Jou liggaam is ‘n tempel waar God woning maak. Die tempel bestaan uit ‘n voorhof, die heilige en die allerheilige. Jou gedagtes is die Allerheilige deel van die tempel. Dit is die hoofraam wat jou lewe stuur. Soos jy dink, doen jy, en handel jy, en sien jy! Jou gedagtes beinvloed jou siening van mense en gebeure. As ‘n ander mens jou gedagtes kan beinvloed, beheer hulle jou. As jou gedagtes dan so ‘n groot rol in jou lewe speel, moet jy dit as jou allerheiligste sien en bewaar. As jou gedagtes onheilig is sal jou hele lewe onheilig wees. As jou gedagtes heilig is sal jou lewe heilig wees. In jou gedagtes, kan ‘n mens dinge plaas wat deur jou onderbewussyn opgeneem word. Dit is die bril waardeur jy die wêreld sien. Dit vorm jou karakter. As mense altyd vir jou sê jy is dom, sal jy hulle begin glo, dan dink jy so, en is jy so! Net so kan hulle sê jy is lelik, of sieklik ens. Moenie aanvaar wat mense sê nie. Verwerp negatiewe gedagtes oor jouself en ander mense. As die mense iets van jou sê, ondersoek of dit die waarheid is en as dit is, werk daaraan en verander dit. As jy geestelik wil groei en God se stem wil hoor, moet jy jou gedagtes aan God wei. Dan kan God met jou, en jy met God, deur jou gedagtes kommunikeer. Jy sien soos jy dink, en jy handel soos jy dink! As jou gedagtes reg is, sal jy groot oorwinnings behaal regdeur jou lewe. As jou gedagtes verkeerd is, sal jy sukkel, sukkel deur die lewe beweeg. Geestelike groei se eerste pilaar is skoon en rein gedagtes aan God toegewy.
Skrif: Ps. 2; Ps. 63, Spe.23:7, Matt. 16:23, Rom. 8:6,7, Fil. 4:8, Mig. 2:1
Week Drie. Ken God se wil
Doel: God se wil moet my wil word
Voorstelling: Wat is God se wil vir my lewe? Om geestelik te groei moet ek in die wil van God beweeg. Reg deur die Bybel so wel in vandag se lewe is daar baie bewyse van mense wat uit God se wil beweeg het en vir hul self en hul gesinne baie probleme veroorsaak het. In Rom. 8:31 staan daar “As God vir ons is.” God kan slegs vir ons wees as ons vir Hom is; dit is wanneer ons in Sy wil beweeg. Is jy in God se wil? Ken jy God se wil?
Kom ons kyk hoe ek God se wil kan ken:
Wat van die mense wat nie in die wil van God wandel nie?
Wat is die beloning vir hulle wat God se wil doen?
1 Joh. 2:17 Joh. 8: 51 Joh 14: 23 Joh. 15:6-8
Week vier. Hoe praat God met jou ?
Doel: Leer God se stem ken.
Voorstelling: Dit is belangrik dat ons met God praat in gebed of selfs in ons gedagtes. Dit is nog wonderliker as God met jou praat. Want sien ons godsdiens moet nooit ‘n een rigting godsdiens wees nie. Deur net met God praat nie, maar dat Hy ook met my sal praat. Het God al met julle gepraat? Die Here praat op verskillende maniere met ons. Ons gaan na ‘n paar kyk, en as julle nog kan byvoeg sal dit wonderlik wees. Dit is altyd wonderlik as God met jou persoonlik praat, net soos julle dit begeer, wil die Here ook graag met julle praat. Maar ons moet Hom ‘n geleentheid gee om met ons te praat.
Kom ons kyk hoe ons ‘n geleentheid kan skep:
Hoe weet ek dit is die Here wat met my praat?
Week Vyf: Geestelike oefening
Doel: Geestelike oefeninge vir geestelike krag
Voorstelling: Oefening is belangrik vir ‘n gesonde lewe. As jy aan een of ander sport deelneem, is oefening belangrik om eerstens span te kry, en tweedens om ‘n wenner te word. Net soos in sport is dit belangrik om geestelik te oefen in godsdiens sodat jy ‘n geestelike wenner sal wees. Baie mense kan getuig dat daar ‘n tyd in hulle lewe was, wat hulle kragtig vir God gewerk het, maar dit nie meer doen nie. Daar was tye in hul lewe waar hulle vol was van die Heilige Gees, en kans gesien het om die duiwel self aan te pak, maar hulle het dit verloor. Dan wonder hulle waarom het hulle dit verloor?
Onderwysers hulp Laat die kinders die moontlike redes noem waarom mense nie meer so aktief God dien nie. Is dit mense wat hulle afgesit het? In werklikheid is dit die vyand wat hulle aangeval het, en omdat hulle nie geestelik fiks is nie het hulle die geveg verloor. Volgens Esg 18 is die groot oorsaak van hul val geestelike onfiksheid. As jy in ‘n sport groep ‘n wedstryd verloor, dan oefen jy harder en maar gebruik van nuwe metodes, maar jy gaan nie terug sit en iemand verantwoordelik maak omdat jy verloor het nie. Net so geestelik is dit die ou wat gereeld oefen en geestelik fiks is wat die geestelike stryd gaan oorwin. Ja, ons is in ‘n geestelike stryd wat ons moet oorwin deur gereelde oefening. Net soos liggaamlike oefening jou ‘n gesonde gees gee, sal geestelike oefening jou ‘n sterker en oorwinnende gees gee, wat elke probleem sal oorwin en wat die duiwel sal laat sidder. Kom ons kyk wat geestelike oefening is:
Week Ses: Hou God se werk in stand
Doel: Ons is aangestel om God se werk te onderhou
Voorstelling: Daar word vertel van ‘n man wat een more gevind het dat sy eend ‘n goue eier lê. Hy het dit eier verkoop vir ‘n groot som geld. Elke more het hy ‘n goue eier van die eend ontvang. Maar daar het toe ‘n dag aangebreek wat hy besluit het, dat die eend se inkomste van die goue eiers te stadig is. Hy neem toe ‘n mes en sny die eend oop, met die idee om al die goud uit te haal. Wat hy toe gevind het was dat daar geen goud in die eend was nie. Met die eend dood het sy inkomste van die goue eiers ook opgehou. Waar was die begin van hierdie man se ondergang? Hy het nie vir die bron vanwaar sy rykdom gekom het gesorg nie, maar het in selfsugtigheid dit verwoes wat vir hom gesorg het! Hierdie verhaal is nie die waarheid nie, dit is slegs ‘n gedagte wat my wil bring by dit wat ons vandag moet leer. Die Kerk is ‘n plek waar om ‘n ons groot seën van God ontvang. Dit is waar mense God leer ken, en waar daar wonderlike ontmoetings met die Allerhoogste God is. Dit is soos die eend wat op sy tyd vir ons geestelike rykdom gee. As ons dan nie vir die kerk sorg nie, en in ons selfsugtigheid net vir onsself sorg, en net wil ontvang van die Kerk, maar nie die kerk versorg nie. Dan sal die Kerk ondergaan, en ons geestelik verarm omdat die bron van geestelike seëninge nie meer daar sal wees om ons te versorg nie. Daar is baie mense wat hul eie idees het. Dit mag goed klik, om verskillende bewegings te stig, om mense te help, en die gemeenskap te dien. Maar ons moet onsself afvra, waar is God se belang? Om tyd en geld in ander dinge te gebruik, kan God se werk swaarkry. Ons eerste plig staan by God se saak en nie ons saak nie. As jy ‘n opdrag van God kry kan jy ‘n ander saak aanpak, maar dat moet dit nie gebore word uit jou eie planne nie. Lees die onderstaande skrifte, en bou u les daaruit.
Onderwysers hulp: Die kerk is nie die gebou nie, dit is ook nie die pastoor nie. Die lede van die gemeente is die kerk. Moenie die Pastoor of die werk van God deur jou dade en woorde afbreek nie! Wees deel daarvan!
Skrif: Haggai 1:1-15 Mal. 3:10 Hand 20:28 Rom 15:1-15
Die tweede kwartaal – Leierskap
Week een: Wat is ‘n leier?
Doel: Geniet en gebruik die gawes wat jy ontvang het.
Voorstelling: Leierskap is baie belangrik vir die daaglikse lewe sowel as in die werk van die Here. Daar is mense wat geroep is om leiers te wees. In hierdie lesing wil ons kyk wat is ‘n leier. Daar is leiers en daar is bestuurders. Die taak van ‘n leier is om te verseker dat die regte taak op die regte tyd gedoen word en om self die leiding te gee. Die taak van ‘n bestuurder is om te sien dat daar gewerk word, dit maak nie saak of die regte dinge gedoen word nie solank daar net gewerk word. Daarom is die werk van ‘n leier meer belangrik as die van ‘n bestuurder. Want wat help dit as ons dit waarmee ons besig is reg doen, terwyl ons met verkeerde goed besig is. Eers moet ons seker maak dat ons met die regte dinge besig is voordat ons kan kyk om dit reg te doen. Daar is drie stellings wat ‘n leier nooit sê nie:
‘n Leier se fokus is om seker te maak dat die regte dinge gedoen word. Jesus was die beste leier ooit, en het vir ons ‘n wonderlike voorbeeld gestel. Paulus was hart besig om die mense te vervolg wat volgens hom teen God of Moses se wette opgetree het. Jesus het hom gekeur en vir hom gesê dat hy besig was om verkeerde dinge te doen. Hy het wat hy gedoen het reg gedoen maar hy was besig om verkeerde dinge reg te doen. Soos het Jesus ook Petrus bestraf toe hy nie God se werk verkeerd verstaan het
Skrif: Hand.9:1-6 Matt. 16:13-23
Week twee: Wees bereid om onder leiding te staan.
Doel: ‘n Ware leier moet onder leiding kan staan.
Voorstelling: ‘n Leier moet onder ‘n leier kan werk om leiding te neem. Daar is ‘n paar gevalle in die Bybel waar ons dit vind. In die Ou-Testament vind ons dat Josua eers onder die leiding van Moses gestaan het Voordat voordat hy self die leier van God se volk geword het. Jesus het onder die leiding van God die Vader gestaan terwyl Hy die Kerk leiding gegee het . Hy het nooit Sy eie wil gedoen nie maar die van die Vader. ‘n Persoon mag leier eienskappe besit, maar hy is eers ‘n leier as hy onder leiding staan. Jesus het nie nodig gehad om onderl eiding te staan nie, maar Hy het ‘n voorbeeld vir ons gestel. Om ‘n suksesvolle leier te wees moet jy ondervinding opdoen, en tussen ander mense onder die leiding van ‘n leier te staan. As jy op jou eie jou ding wil doen, net soos satan nou doen sal jy val soos hy gaan val saam met sy koninkryk
Skrif: Joh 5:19,20;30-32,43 Joh 12:44-50 Heb. 1 Jes. 14:15-14
Week drie Beoefen jou luister vermoë
Voorstelling: Ons wil eers dat mense ons verstaan, maar probeer nooit om ander te verstaan nie. Ons meet mense volgens ons lewens raamwerk. Ons moet die gewoonte aanleer om te luister, en uit ons eie lewens raamwerk uit te beweeg en probeer om vanuit ‘n ander se raamwerk te kyk en te verstaan. Om met empatie eers ‘n ander te verstaan voordat ons tot ons eie gevolgtrekking kom. Daar is vier vlakke of maniere om na mense te luister.. Kyk of jy jou hierin sien:
Hoe Luister Jy
Die werklike sleutel van jou invloed kom van die voorbeeld wat jy stel, en dit vloei uit jou karakter, en vertel aan die ander mense wie jy werklik is. Jy is nie wat jy dink jy is nie, of wat ander mense van jou sê nie, maar wat ander van jou ervaar in jou handelinge. Jou karakter is altyd besig om te kommunikeer en daaruit wen of verloor mense hulle vertroue in jou.
Omdat ons geneig is om volgens ons lewens raamwerk te luister, en dan reageer ons op een van vier maniere:
Werklik probeer ons nie hulle te verstaan nie !
Maar as ons eers ons self in ‘n ander se posisie plaas, en eers hulle verstaan, dan beweeg op die gebied waar die Here wil hê ons as leiers en kinders van God moet wees. Want, Jesus, hoewel Hy God was het Hom self ontledig en aan die mens gelyk geword, om vanuit ons posisie, ons te verstaan en die duiwel vanuit ons lewens gebied te oorwin. As Die Here dit dan gedoen het behoort ons dit ook te doen.
Skrif: Joh. 1:1-14 Fil. 2:5 Joh 10:14-18 Joh.15:13-16
Week vier: Hoe om te beweeg van afhanklikheid na interafhanklikheid
Doel: Die mens is nie geskape om vir homself te lewe nie.
Voorstelling: Daar is verskillende stadiums waardeur die mens moet gaan om volwasse te word. Die eerste is van jou geboorte af; Dit is die tydperk wat jy afhanklik is van jou ouers. In die tiener tyd beweeg jy van afhanklikheid tot onafhanklikheid. Daar is mense wat nooit werklik onafhanklik word nie. Om onafhanklik te wees, moet jy jou eie besluite verantwoordelik kan neem, en die gevolge daarvan kan dra. (Daar baie mense wat dit nie regkry nie, en hulle vergryp aan hulpmiddels soos drank en dwelms of self selfmoord) Maar as ‘n mens deur hierdie stadium van jou lewe gaan, kom jy tot die besef dat jy beter, jou lewens doel kan bereik as jy interafhanklik is. Hierby bedoel ek dat jy in jouself onafhanklik is maar tog ander mense nodig het om jou by te staan in jou daaglikse lewe. As ons die Bybel bestudeer sal ons vind dat selfs God die Vader, en God die Seun, en God die Heilige Gees nooit alleen optree nie, maar altyd in alles; die skepping sowel as die redding van ons siele saamwerk. Daarin kan ons sien dat ons ook moet saamwerk as ‘n span. Dan sal ons meer kan doen en beter kan werk. Ons moet streef om nie alleen op ons eie te leef nie, maar ons moet erken dat ons mekaar nodig het. Mense wat nie interafhanklik is nie, is die mense wat ‘n prooi word vir depressie, en dit is waar satan die mens in sy mag kry. Daar word moordenaars geskep, en selfsugtigheid, wat kan lei tot net meer ellende. As u na die volgende Skrifte kyk sal u vind dat interafhanklikheid en eenheid die Here se wil is.
Skrif: Gen 1:1,2,26 Gen. 19:24Joh. 17 Efe. 2:11-22 4:1-16 ens……..
Week vyf: Hoe om konflik te hanteer
Doel: Konflik is deel van die lewe.
Voorstelling: Ons is nog besig met leierskap, en julle moet altyd onthou dat jy nooit almal tevrede sal stel nie. Veral in die begin sal jy mense kry wat nie van jou hou nie. Ander weer hou van jou in die begin, maar draai later teen jou. Solank as wat jy die Here volheid dien, sal jy altyd mense kry wat jou werk teenstaan. Die duiwel is die aanvoerder van teenstand teen jou. Maar dit moet jou nie ontmoedig nie, want as hulle Jesus vervolg het sal hulle jou ook vervolg. En dit sal nie slegs van die sondaars kom nie, maar ook van kerk mense en mense na aan jou. Die belangrikste hiervan is dat jy nie die mense moet beveg nie, maar wel die satan. Die mense se vertroue moet jy wen. Jy moet die konflik reg hanteer sonder om brandstof op die vuur te gooi. Ek wil herhaal veg die duiwel met geestelike oorlogvoering, weerstaan hom en bestraf hom. Maar wen die mense se vertroue. Die manier wat jy konflik hanteer, bepaal wat die mense van jou dink. Kom ons kyk na ‘n paar waarhede oor konflik:
Hoe om konflik te hanteer.
Skrif: 1 Kon 3:16-28 Hand. 15:35-39 en Matt.7:12
Die derde kwartaal – Hoe om probleme te hanteer
Week een Probleme is uitdagings
Doel: Sien ‘n probleem as ‘n trappie na oorwinning.
Voorstelling:. Probleme sal altyd daar wees. Dit moet ons nooit afskrik nie, maar ‘n uitdaging wees en ‘n geveg wat gewen moet word. Sien dit as ‘n persoonlike uitdaging om vir jouself te bewys jy dit kan hanteer, sowel as ‘n publieke uitdaging dat ander kan sien waartoe jy instaat is. Dit moet die gevoel in jou opwek wat ‘n bokser het, wat begin boks met ‘n wêreld kampioen visie. Elke geveg wat hy veg is ‘n trappie op die leer van sukses. As die probleem soos ‘n berg voor jou is, moet jy stil raak. God se teenwoordigheid opsoek en vir leiding vra. Dan moet jy die saak van alle kante bekyk, en jou gedagte aan God toe vertrou, wat jou die oplossing sal gee. As jy net na die grootte van die probleem kyk en nie ‘n oplossing soek nie het jy klaar verloor. Sê vir jou self: “Daar is ‘n uitweg, ek moet dit net vind.” As jy vir die oplossing soek en bid vir leiding, sal jy oorwin en jouself geestelik bou. Verander eers dit wat jy kan, en vertrou God vir dit wat jy nie kan nie. Kyk na die volgende Skrifte:
Skrif: 1 Kor.10:1-13 2 Pet. 2:9 Ps. 34
Week twee Leer deur jou foute
Doel. Almal maak foute.
Voorstelling: As jy ‘n fout gemaak het, is jy nie dom, of sleg nie, maar net ‘n gewone mens! As jy vir jouself en ander sê dat jy nie foute maak nie is jy ‘n leuenaar. Om foute weg te steek vir ander, en voor te gee dat dit nie jy is nie, sal jou innerlik swak maak. Wees eerlik met jouself en ander mense, erken jou foute en leer daardeur. Daar is geen beter leermeester as wanneer jy deur jou foute leer nie. As jy nie jou foute erken nie, sal niemand jou kan help met jou probleem nie, en jy sal dit regdeur jou lewe dra, dit sal later ‘n kompleks veroorsaak wat jou ‘n slaaf daarvan sal maak. Selfs vir die redding van jou siel is dit belangrik om te erken en te bely. 1 Joh 1:9 Maak ‘n lysie van die foute in jou lewe, kry iemand wat jy kan vertrou en deel dit met daardie persoon. Deur net dit te doen sal jy self die oplossings daarvoor vind. Of ruil dit uit met jou beste maat, en sodoende kan julle mekaar help om oorwinning te kry. Julle sal mekaar stig en leer tot julle eie voordeel. Kom ons kyk na ‘n paar Skrifte.
Skrif : 2 Sam.11:1-15; 12:1-13 Ps 51
Week drie Jou sukses hang af jou hantering van probleme
Doel: Is jy wie jy dink jy is, probleme sal jou openbaar.
Voorstelling: Die manier wat jy probleme hanteer, bepaal jou sukses in die lewe. Daar is baie mense wat nie probleme kan hanteer nie, en dit is die rede dat hulle nie sukses kan behaal nie. In die Kerk is daar mense wat as jy hulle nie groet nie, dan is hulle opgewerk. Of as jy iets doen of sê waarvan hulle nie hou nie, is hulle dadelik kwaad. As hierdie gees in ‘n mens is, steek hy ander mense om hom aan en hulle word almal negatief. As jy ‘n kind van die Here is moet jy die sout in elke saak wees, jy moet die een wees wat die onsmaaklike verander sodat die smaaklik is. Daar is mense wat weet dat hulle gou opgewerk raak, en hulle doen niks daaraan nie. Hulle hou seker maar net daarvan om ongelukkig te wees ?. As daar in jou lewe iets is wat verkeerd is, dit kan ‘n humeur wees, of houding, of verkeerde sienswyse, moenie dit daar laat nie. Ons beweeg deur die lewe net een keer, maak ‘n sukses daarvan. Duiwelse demone beheer baie mense sa lewens sonder dat hulle dit agterkom. Daardie opvlieënde gees, die humeur, die verkeerde gedagtes, dit kom nie van die Here nie. Vra die Here om jou te help om los te kom van die werke van die bose. Ken jy werklik jouself ? Is jy in beheer van jou lewe ? Of beheer sonde en bose magte jou lewe. As jy ‘n probleem nie reg kan hanteer nie, soek die oorsaak daarvan, as jy dit nie doen nie sal jy altyd ongelukkig wees en almal om jou ongelukkig maak ! Probleme is ‘n soort Barometer waarmee jy die werklike jy kan meet, en waarby mense jou meet. Kyk na die lewe van Josef in Gen 37; van Dawid in 1 Sam 26; van Jeremia; van Daniel; van Petrus in Hand 4; van Paulus Hand 24 om maar ‘n paar te noem. Hulle het groot probleme hanteer en het groot oorwinnings behaal, wat nou wêreld wyd verkondig word. Jy kan ook groot oorwinnings behaal as jy werk maak, van die manier waarop jy probleme hanteer
Skrif: Sp 28:25 Ps 18:26-30 Ps 37 ens…….
Week vier Stel God belang in my probleme?
Doel: Deur probleme leer jy die Here ken.
Voorstelling: Job het deur geweldige probleme gegaan. Hy was ‘n man van aansien en het groot invloed gehad Job 1:1-5. Die meeste van julle ken sy ellende en smarte. Nadat hy die alles beleef het skryf hy, in Job 42: 5 “Volgens hoorsê het ek van U gehoor maar nou het my oog U gesien.” Net so het Daniel en sy vriende Jesus in die vuuroond ontmoet. Lees dit in Daniel 3. God is ‘n ware Vriend en sal altyd daar wees as jy Hom maar net in geloof aanroep. Dat sal Hy jou stryd vir jou stry. Die spreekwoord: “’n Vriend in nood is ‘n ware vriend” is die waarheid. Want die Here is voorwaar ‘n Vriend in nood ! Dit is in nood wat ek sy liefde vir my ontdek, waar ek sy vermoë en krag sien. Dit is ook in nood waar ek sien dat Hy van my weet, dat ek Sy kind is !
Skrif: Ps 54:19; Ps 91 Ps 50:15 Jer. 33:3 Matt 11:25-30 12:20,21 Jes. 49:14-16 ens……..
Week vyf Wat is die doel van probleme ?
Doel: Probleme is nodig om jou ‘n beter mens te maak.
Voorstelling: Dit is moeilik om dit altyd in te sien, maar dit is ‘n groot werklikheid dat probleme jou menswees vorm. Want dit is die boustene waarmee jy die tempel van God bou. Dit verander jou van ‘n gewone mens na ‘n tempel van God. Of dit kan jou totaal breek, dit is in jou hande. Die mens sien en dink nie soos God nie, maar God wat die Skepper van die mens is weet waartoe ons in staat is, en elke mens het die geleentyd om hom self te bou. Dit is in moeilike tye wat ons geestelik sterk word. Die liggaam innerlik en uiterlik is so gemaak dat dit ontwikkel volgens dit wat hy doen. Die persoon wat ‘n sterk geboue liggaam wil hê, tel swaar gewigte op, die persoon wat vinnig wil hardloop oefen daar in. Net so maak probleme my innerlik sterk om nog groter probleme te hanteer. Lees die volgende Skrifte en berei u les daaruit.
Skrif: Jer. 24:5,6 Rom.8:28 1 Pet. 1:1-9 Jak. 1:1-4

- God se wil is opgeteken in die Bybel; Hos. 4:6 2 Pet 1:21
- Laat God jou gemoed verander deur jou gedagtes en jou lewe aan God toe te wei. Rom. 12:1-8
- God se wil kom deur prediking na ons. Rom. 10:14-17
- Die Heilige Gees sal God se wil aan jou openbaar. Joh. 14:23-31
Wat van die mense wat nie in die wil van God wandel nie?
- God se Woord sal ons oordeel Joh 12:47-48
- Maar wat van die mense wat nog nooit gehoor het van God se wil nie.Rom. 2:14-16
Wat is die beloning vir hulle wat God se wil doen?
1 Joh. 2:17 Joh. 8: 51 Joh 14: 23 Joh. 15:6-8
Week vier. Hoe praat God met jou ?
Doel: Leer God se stem ken.
Voorstelling: Dit is belangrik dat ons met God praat in gebed of selfs in ons gedagtes. Dit is nog wonderliker as God met jou praat. Want sien ons godsdiens moet nooit ‘n een rigting godsdiens wees nie. Deur net met God praat nie, maar dat Hy ook met my sal praat. Het God al met julle gepraat? Die Here praat op verskillende maniere met ons. Ons gaan na ‘n paar kyk, en as julle nog kan byvoeg sal dit wonderlik wees. Dit is altyd wonderlik as God met jou persoonlik praat, net soos julle dit begeer, wil die Here ook graag met julle praat. Maar ons moet Hom ‘n geleentheid gee om met ons te praat.
Kom ons kyk hoe ons ‘n geleentheid kan skep:
- God praat die meeste keer in ons gedagtes as ons gedagtes op Hom gerig is. As ons bid moet ons, onsself oopmaak dat God ook met ons kan praat.
- In die Kerkdienste praat die Here met ons, deur die prediking, deur profesieë, deur die uitleg van tale en deur ons gedagtes.
- God praat deur drome met ons. Job 33:14-21
- God praat met ons deur Sy Woord.
- God praat met ons deur ‘n drang in ons
- God praat ook met ons deur probleme. Job 42
Hoe weet ek dit is die Here wat met my praat?
- God sal nooit iets sê wat teen die Bybel indruis nie.
- As God met jou praat sal Hy nie Sy woorde verander nie, en ook nie Sy bevele nie. Want God weet waarvan Hy praat, en wat Hy van ons wil hê. Die duiwel en self ons eie begeertes en planne verander kort, kort maar nie God nie.
- God sal eers in jou hart ‘n opdrag gee, en dan Sy woord bevestig deur ander mense of deur profesie. Moenie elke woord wat mense sê, neem as God se woord nie. Maar ondersoek dit.
- As God jou ‘n opdrag gee sal Hy jou ook deure vir jou oop maak.
Week Vyf: Geestelike oefening
Doel: Geestelike oefeninge vir geestelike krag
Voorstelling: Oefening is belangrik vir ‘n gesonde lewe. As jy aan een of ander sport deelneem, is oefening belangrik om eerstens span te kry, en tweedens om ‘n wenner te word. Net soos in sport is dit belangrik om geestelik te oefen in godsdiens sodat jy ‘n geestelike wenner sal wees. Baie mense kan getuig dat daar ‘n tyd in hulle lewe was, wat hulle kragtig vir God gewerk het, maar dit nie meer doen nie. Daar was tye in hul lewe waar hulle vol was van die Heilige Gees, en kans gesien het om die duiwel self aan te pak, maar hulle het dit verloor. Dan wonder hulle waarom het hulle dit verloor?
Onderwysers hulp Laat die kinders die moontlike redes noem waarom mense nie meer so aktief God dien nie. Is dit mense wat hulle afgesit het? In werklikheid is dit die vyand wat hulle aangeval het, en omdat hulle nie geestelik fiks is nie het hulle die geveg verloor. Volgens Esg 18 is die groot oorsaak van hul val geestelike onfiksheid. As jy in ‘n sport groep ‘n wedstryd verloor, dan oefen jy harder en maar gebruik van nuwe metodes, maar jy gaan nie terug sit en iemand verantwoordelik maak omdat jy verloor het nie. Net so geestelik is dit die ou wat gereeld oefen en geestelik fiks is wat die geestelike stryd gaan oorwin. Ja, ons is in ‘n geestelike stryd wat ons moet oorwin deur gereelde oefening. Net soos liggaamlike oefening jou ‘n gesonde gees gee, sal geestelike oefening jou ‘n sterker en oorwinnende gees gee, wat elke probleem sal oorwin en wat die duiwel sal laat sidder. Kom ons kyk wat geestelike oefening is:
- Dit is om gereeld kerk dienste by te woon
- Dit is om gereeld jou geestelike gawes te beoefen
- Dit is om gereeld jou gebeds lewe te beoefen.
- Dit is om gereeld die vyand aan te pak in geestelike oorlogvoering
Week Ses: Hou God se werk in stand
Doel: Ons is aangestel om God se werk te onderhou
Voorstelling: Daar word vertel van ‘n man wat een more gevind het dat sy eend ‘n goue eier lê. Hy het dit eier verkoop vir ‘n groot som geld. Elke more het hy ‘n goue eier van die eend ontvang. Maar daar het toe ‘n dag aangebreek wat hy besluit het, dat die eend se inkomste van die goue eiers te stadig is. Hy neem toe ‘n mes en sny die eend oop, met die idee om al die goud uit te haal. Wat hy toe gevind het was dat daar geen goud in die eend was nie. Met die eend dood het sy inkomste van die goue eiers ook opgehou. Waar was die begin van hierdie man se ondergang? Hy het nie vir die bron vanwaar sy rykdom gekom het gesorg nie, maar het in selfsugtigheid dit verwoes wat vir hom gesorg het! Hierdie verhaal is nie die waarheid nie, dit is slegs ‘n gedagte wat my wil bring by dit wat ons vandag moet leer. Die Kerk is ‘n plek waar om ‘n ons groot seën van God ontvang. Dit is waar mense God leer ken, en waar daar wonderlike ontmoetings met die Allerhoogste God is. Dit is soos die eend wat op sy tyd vir ons geestelike rykdom gee. As ons dan nie vir die kerk sorg nie, en in ons selfsugtigheid net vir onsself sorg, en net wil ontvang van die Kerk, maar nie die kerk versorg nie. Dan sal die Kerk ondergaan, en ons geestelik verarm omdat die bron van geestelike seëninge nie meer daar sal wees om ons te versorg nie. Daar is baie mense wat hul eie idees het. Dit mag goed klik, om verskillende bewegings te stig, om mense te help, en die gemeenskap te dien. Maar ons moet onsself afvra, waar is God se belang? Om tyd en geld in ander dinge te gebruik, kan God se werk swaarkry. Ons eerste plig staan by God se saak en nie ons saak nie. As jy ‘n opdrag van God kry kan jy ‘n ander saak aanpak, maar dat moet dit nie gebore word uit jou eie planne nie. Lees die onderstaande skrifte, en bou u les daaruit.
Onderwysers hulp: Die kerk is nie die gebou nie, dit is ook nie die pastoor nie. Die lede van die gemeente is die kerk. Moenie die Pastoor of die werk van God deur jou dade en woorde afbreek nie! Wees deel daarvan!
Skrif: Haggai 1:1-15 Mal. 3:10 Hand 20:28 Rom 15:1-15
Die tweede kwartaal – Leierskap
Week een: Wat is ‘n leier?
Doel: Geniet en gebruik die gawes wat jy ontvang het.
Voorstelling: Leierskap is baie belangrik vir die daaglikse lewe sowel as in die werk van die Here. Daar is mense wat geroep is om leiers te wees. In hierdie lesing wil ons kyk wat is ‘n leier. Daar is leiers en daar is bestuurders. Die taak van ‘n leier is om te verseker dat die regte taak op die regte tyd gedoen word en om self die leiding te gee. Die taak van ‘n bestuurder is om te sien dat daar gewerk word, dit maak nie saak of die regte dinge gedoen word nie solank daar net gewerk word. Daarom is die werk van ‘n leier meer belangrik as die van ‘n bestuurder. Want wat help dit as ons dit waarmee ons besig is reg doen, terwyl ons met verkeerde goed besig is. Eers moet ons seker maak dat ons met die regte dinge besig is voordat ons kan kyk om dit reg te doen. Daar is drie stellings wat ‘n leier nooit sê nie:
- “Verantwoordelikheid is goed en reg; Tom sal dit regmaak ek dit nie gesien nie” .
- “Ek is hier, en was nie by nie, ek weet van niks. Dit is nie my gemors nie. Niemand kan my daarvoor blameer nie. Die ou wat die gedoen het sal self daarvoor betaal as hulle dit uitvind” .
- “Ek sien die probleem, maar ek sal niks sê nie. Ek sal my mond toehou en my oë oop, ek is moeg om sy probleme, op te los. Hy moet maar vir homself kry dit wat hy soek”.
‘n Leier se fokus is om seker te maak dat die regte dinge gedoen word. Jesus was die beste leier ooit, en het vir ons ‘n wonderlike voorbeeld gestel. Paulus was hart besig om die mense te vervolg wat volgens hom teen God of Moses se wette opgetree het. Jesus het hom gekeur en vir hom gesê dat hy besig was om verkeerde dinge te doen. Hy het wat hy gedoen het reg gedoen maar hy was besig om verkeerde dinge reg te doen. Soos het Jesus ook Petrus bestraf toe hy nie God se werk verkeerd verstaan het
Skrif: Hand.9:1-6 Matt. 16:13-23
Week twee: Wees bereid om onder leiding te staan.
Doel: ‘n Ware leier moet onder leiding kan staan.
Voorstelling: ‘n Leier moet onder ‘n leier kan werk om leiding te neem. Daar is ‘n paar gevalle in die Bybel waar ons dit vind. In die Ou-Testament vind ons dat Josua eers onder die leiding van Moses gestaan het Voordat voordat hy self die leier van God se volk geword het. Jesus het onder die leiding van God die Vader gestaan terwyl Hy die Kerk leiding gegee het . Hy het nooit Sy eie wil gedoen nie maar die van die Vader. ‘n Persoon mag leier eienskappe besit, maar hy is eers ‘n leier as hy onder leiding staan. Jesus het nie nodig gehad om onderl eiding te staan nie, maar Hy het ‘n voorbeeld vir ons gestel. Om ‘n suksesvolle leier te wees moet jy ondervinding opdoen, en tussen ander mense onder die leiding van ‘n leier te staan. As jy op jou eie jou ding wil doen, net soos satan nou doen sal jy val soos hy gaan val saam met sy koninkryk
Skrif: Joh 5:19,20;30-32,43 Joh 12:44-50 Heb. 1 Jes. 14:15-14
Week drie Beoefen jou luister vermoë
Voorstelling: Ons wil eers dat mense ons verstaan, maar probeer nooit om ander te verstaan nie. Ons meet mense volgens ons lewens raamwerk. Ons moet die gewoonte aanleer om te luister, en uit ons eie lewens raamwerk uit te beweeg en probeer om vanuit ‘n ander se raamwerk te kyk en te verstaan. Om met empatie eers ‘n ander te verstaan voordat ons tot ons eie gevolgtrekking kom. Daar is vier vlakke of maniere om na mense te luister.. Kyk of jy jou hierin sien:
- Deur om mense te ignoreer
- Deur voor te gee jy luister
- Deur net te hoor wat jy wil hoor
- Deur met empatie te luister en te verstaan
Hoe Luister Jy
Die werklike sleutel van jou invloed kom van die voorbeeld wat jy stel, en dit vloei uit jou karakter, en vertel aan die ander mense wie jy werklik is. Jy is nie wat jy dink jy is nie, of wat ander mense van jou sê nie, maar wat ander van jou ervaar in jou handelinge. Jou karakter is altyd besig om te kommunikeer en daaruit wen of verloor mense hulle vertroue in jou.
Omdat ons geneig is om volgens ons lewens raamwerk te luister, en dan reageer ons op een van vier maniere:
- Ons evalueer volgens ons ondervinding
- Ons vra vrae volgens ons denk raamwerk
- Ons gee raad volgens ons ondervinding
- Ons bepaal mense se handeling op grond van ons eie handelinge .
Werklik probeer ons nie hulle te verstaan nie !
Maar as ons eers ons self in ‘n ander se posisie plaas, en eers hulle verstaan, dan beweeg op die gebied waar die Here wil hê ons as leiers en kinders van God moet wees. Want, Jesus, hoewel Hy God was het Hom self ontledig en aan die mens gelyk geword, om vanuit ons posisie, ons te verstaan en die duiwel vanuit ons lewens gebied te oorwin. As Die Here dit dan gedoen het behoort ons dit ook te doen.
Skrif: Joh. 1:1-14 Fil. 2:5 Joh 10:14-18 Joh.15:13-16
Week vier: Hoe om te beweeg van afhanklikheid na interafhanklikheid
Doel: Die mens is nie geskape om vir homself te lewe nie.
Voorstelling: Daar is verskillende stadiums waardeur die mens moet gaan om volwasse te word. Die eerste is van jou geboorte af; Dit is die tydperk wat jy afhanklik is van jou ouers. In die tiener tyd beweeg jy van afhanklikheid tot onafhanklikheid. Daar is mense wat nooit werklik onafhanklik word nie. Om onafhanklik te wees, moet jy jou eie besluite verantwoordelik kan neem, en die gevolge daarvan kan dra. (Daar baie mense wat dit nie regkry nie, en hulle vergryp aan hulpmiddels soos drank en dwelms of self selfmoord) Maar as ‘n mens deur hierdie stadium van jou lewe gaan, kom jy tot die besef dat jy beter, jou lewens doel kan bereik as jy interafhanklik is. Hierby bedoel ek dat jy in jouself onafhanklik is maar tog ander mense nodig het om jou by te staan in jou daaglikse lewe. As ons die Bybel bestudeer sal ons vind dat selfs God die Vader, en God die Seun, en God die Heilige Gees nooit alleen optree nie, maar altyd in alles; die skepping sowel as die redding van ons siele saamwerk. Daarin kan ons sien dat ons ook moet saamwerk as ‘n span. Dan sal ons meer kan doen en beter kan werk. Ons moet streef om nie alleen op ons eie te leef nie, maar ons moet erken dat ons mekaar nodig het. Mense wat nie interafhanklik is nie, is die mense wat ‘n prooi word vir depressie, en dit is waar satan die mens in sy mag kry. Daar word moordenaars geskep, en selfsugtigheid, wat kan lei tot net meer ellende. As u na die volgende Skrifte kyk sal u vind dat interafhanklikheid en eenheid die Here se wil is.
Skrif: Gen 1:1,2,26 Gen. 19:24Joh. 17 Efe. 2:11-22 4:1-16 ens……..
Week vyf: Hoe om konflik te hanteer
Doel: Konflik is deel van die lewe.
Voorstelling: Ons is nog besig met leierskap, en julle moet altyd onthou dat jy nooit almal tevrede sal stel nie. Veral in die begin sal jy mense kry wat nie van jou hou nie. Ander weer hou van jou in die begin, maar draai later teen jou. Solank as wat jy die Here volheid dien, sal jy altyd mense kry wat jou werk teenstaan. Die duiwel is die aanvoerder van teenstand teen jou. Maar dit moet jou nie ontmoedig nie, want as hulle Jesus vervolg het sal hulle jou ook vervolg. En dit sal nie slegs van die sondaars kom nie, maar ook van kerk mense en mense na aan jou. Die belangrikste hiervan is dat jy nie die mense moet beveg nie, maar wel die satan. Die mense se vertroue moet jy wen. Jy moet die konflik reg hanteer sonder om brandstof op die vuur te gooi. Ek wil herhaal veg die duiwel met geestelike oorlogvoering, weerstaan hom en bestraf hom. Maar wen die mense se vertroue. Die manier wat jy konflik hanteer, bepaal wat die mense van jou dink. Kom ons kyk na ‘n paar waarhede oor konflik:
- Konflik kan nie altyd vermy word nie.
- Konflik gaan nie weg as jy dit ignoreer nie, dit moet gehanteer word.
- Die regte manier is om albei kante van die saak te verstaan en ‘n oplossing te vind wat albei pas.
- As konflik nie opgelos word nie kan dit groter probleme veroorsaak
Hoe om konflik te hanteer.
- Laat albei kante hul probleem duidelik stel sonder dat die ander party iets sê.
- Laat elke een sê wat hy dink die ander se probleem is.
- Laat elkeen dan bevestig dat die ander weet waaroor dit gaan.
- Gee elkeeen `n kans om sy oplossing gee
- Fokus dan op die feite, en arias waarop albei ooreenstem.
- Hanteer die probleem en nie die persoon nie.
- Bespreek die oplossings en kry `n midde weg wat vir albei aanvaarbaar is.
- Indien daar nie `n aanvaarbare oplossing bereik kan word nie, stel dit uit en reël weer `n tyd op bymekaar te kom. Laat toe dat die betrokke mense eers stil kan raak en nugter daaroor te dink. Dit sal die emosies kalmeer ek hulle help om `n nugtere besluit te neem.