Graad nul - Wie is God ? Die eerste kwartaal – leer God ken
Week een. God die Skepper van die natuur Doel: God die Skepper van Blomme, Bome, Son, Maan & Sterre.
Voorstelling: Pluk ‘n blom en wys hulle hoe mooi God dit geskep het, laat hulle ruik sodat hulle kan ervaar dat God selfs geur geskep het sodat ons die kan geniet. Leer hulle dat God mooi dinge maak. Laat die kinders ‘n natuur toneel inkleur en leer hulle om die regte kleure te kies sodat hulle die natuur kan sien soos dit werklik is. Indien moontlik neem die kinders uit in die tuin en laat hulle self na God se skepping kyk. Skrif: Gen. 1:1-19 Voordat jy hierdie les bring moet jy self in die nutuur kyk wat daar is wat vir jou mooi is. Kyk na ‘n blom, ‘n natuur toneel en sien God se skepping. God het die natuur vir ons geskape om te geniet, As God se skepping dan so wonderlike is moet ons besef dat God ons ook mooi geskape het om vir Hom ‘n plesier te wees. God is baie lief vir kinders, en elke kind is deur Hom gemaak en is belangrik vir God.
Week twee. - God skep voëls & visse Doel: God die Skepper van voëls wat kan vlieg en visse wat kan swem.
Voorstelling: Maak gebruik van klei, of prente; Hulle kan met klei voëls maak of hulle kan prente van voëls en visse inkleur. Leer hulle dat God lewe skep in die water en in die lug, en hulle beklee met die mooiste kleure en prag. Jy kan selfs `n plak boek maar waarin die kinders prente uitsny en dit in die boek plak. Daar is baie verskillende voëls, en as ons na die voëls van naby kyk kan ons leer van hulle gewoontes. ‘n Duif het geen bitterheid in hom nie, en is baie gehoorsaam. Noag het ‘n kraai uitgestuur wat nie teruggekom het nie, maar die duif het met ‘n takkie in sy bek teruggekom. ‘n Arend vlieg hoog in die lug bo die storms. Net so moet ons op God vertrou deur bokant die storms en moeilike tye in ons lewe te sweef in die liefdes winde van liewe Jesus wat elkeen van ons lief het. Skrif: Gen. 1:19-23
Week Drie. - God skep diere Doel: God skep groot en sterk diere, en klein diere, en Hy rus elkeen toe om vir homself te sorg en te beskerm.
Voorstelling: Maak gebruik van prente en klei; Hulle kan met klei diere vorm, of kan ‘n prent inkleur van ‘n dier. God het diere geskep sodat ons hulle as troetel diere en kan aanhou. Ons moet leer om hulle lief te hê en vir hulle te sorg. Diere is ons vriende. Vra vir hulle of hulle diere by die huis het en leer hulle om die diere te versorg. Diere voorsien ook ons van voedsel. Skrif: Gen. 1:24-25
Week vier. - God skep mense na Sy beeld en gelykenis Doel: Ons is almal deur God geskep om soos Hy te lyk, met die vermoë om te word soos Hy is.
Voorstelling: Wys hulle dat God elkeen van hulle spesiaal gemaak het en dat Hy wil hê dat ons moet word soos Hy is, en ons kan dit word deur aan Hom gehoorsaam te wees. Maak gebruik inkleur prente, of laat hulle kyk hoe wonderlik God hulle geskappe het met voete wat kan loop, met hande wat kan vat, met oë wat kan sien en met ore wat kan hoor. Wys hulle dat Jesus hulle baie lief het en dat hulle vir hulself moet oppas en nie dinge doen wat hulle lelik sal maak nie. Wys hulle ook dat hulle nie na vreemde grootmense wat hulle lekkers gee om hulle weg te lok moet luister nie. U kan hulle ook wys dat niemand aan hulle liggaam moet vat nie, en dat hulle dit moet oppas want hulle behoord aan God wat hulle gemaak het. Skrif: Gen. 1:26; Job. 33:4; Pred. 12:7.
Week Vyf: - God het ons lief en wil altyd by ons wees. Doel: God verlang na ons geselskap.
Voorstelling: Leer hulle dat Jesus hulle lief het en dat Hy luister as hulle met Hom praat. Leer hulle om te bid, en dat God selfs ons gedagtes kan hoor. As daar nood is en ons roep Hom sal Hy ons hoor hy ons! Laat hulle hul hande teken, wat hulle na God uitsteek om hulle te help. God het ons gemaak net soos Hy is. Hy het elke mens uniek gemaak. Daar is baie verskillende mense, wat nie soos ons lyk nie, hulle is almal gemaak deur Jesus. Alhoewel ons uiterlik van mekaar verskil, is ons almal dieselfde van binne, en het ons almal liefde nodig. God het ons gemaak sodat ons Hom kan liefhê en sodat Hy ons kan liefhê. Ons het mekaar nodig, en ons kan nie sonder ons Skepper lewe nie, want ons het elke dag Sy hulp, beskerming, leiding en liefde nodig. Skrif: Gen. 3:8-8; Matt. 7:7-11
Week Ses: - God praat met ons Doel: God wil ook graag met ons praat.
Voorstelling: Wys hulle hoe God met ons praat deur die Bybel; deur ons gedagtes, drome; deur predikers; deur dit wat met ons gebeur; deur stories en deur die Bybel. Maak gebruik van inkleur prente, van die Bybel of leer hulle om met mekaar te praat en die goeie dinge in ander te sien. Want al is daar lelike dinge in ons lewe kyk die Here eerste na die mooi dinge en dan help hy ons om die lelike dinge mooi te maak. Leer hulle dat Jesus nie van hulle slegte en lelike dinge sal praat nie. Dat die duiwel wat hulle nie lief het nie vir hulle lelike dinge sal sê. Hulle moet liewer na die Here luister en nie na die slegte stories op die TV luister nie. Ook nie vir mense wat lelik met hulle praat nie. Leer hulle dat Jesus graag met hulle praat en dat Hy altyd daar is vir hulle. Skrif: Heb. 4:7; 2Tim. 3:16; Joh.3:16-17
Week sewe: - God sorg en voed Sy kinders Doel: God gee om vir die mens en Hy weet wat ons nodig het. Voorstelling: Maak gebruik van prente. Hulle kan ‘n wortel of artapel neem om ‘n mannetjie te maak. Gee `n prys aan die mees oorspronklike mannetjie. Daar in verskillende kos soorte wat goed is vir ‘n mens, met verskillende voedselwaardes, Wortel vir jou oë, Kool vir yster wat jou weerstand gee teen siektes. Vra hulle waarvan hulle hou en wat hulle nie eet nie, en waarom hulle nie daarvan hou nie. Skrif: Rom 14:2; 1Tim 4:2, Gen 1:29; Matt. 6:25.
Week agt: - God genees siek mense Doel: Leer hulle Jesus gekom het om mense gesond te maak. Voorstelling: Maak gebruik van inkleur prente en wys hulle dat Jesus gekom het om mense te genees van siekte. Net so het die Here vir mense kennis gegee om ons te genees (deur Dokters en deur die gebed). Gebruik fotos van dokters en wys hulle dat hulle nie bang moet wees vir dokters wat hulle gesond wil maak nie. God het die mens volmaak geskape sonder siekte. Sonde het siekte in die wêreld gebring, daarom het Jesus, van die Hemel gekom om ons te genees. Siekte in ons maak ons seer en ons voel nie lekker nie. Jesus het klaar vir ons siektes betaal aan die kruis, al wat ons moet doen is om Hom te vra om ons te genees, en as ons Hom gevra het moet ons vir Hom dankie sê, nog voordat Hy ons genees. Skrif: Jes. 53:3-4; Jak. 5:14-15; Matt 4:23-24.
Die tweede kwartaal – Leer om God te behaag
Week een: - Die oog is ‘n deur wat lei na my gedagtes Doel: As ons oog verkeerd is lei ons hele liggaam. Voorstelling: Wys hulle daarop dat God ons twee oë gegee het wat ons moet gebruik om die mooi dinge te sien wat Hy geskep het, ons moet nie toelaat dat die duiwel lelike dinge vir ons wys wat ons lelik maak nie. Maak gebruik van ‘n storie, van die mooi dinge en die lelike dinge en leer hulle die verskil. (Mooi dinge God se skepping; Lelike dinge; sonde bv. Skinder ens…) U kan ‘n papier gee waarvan hulle twee oë kan teken en dit dat uitsny, en ‘n ander palpier maak met twee oë wat toe is. Die oë van die mens is ‘n deur wat jy kan beheer, jy kan dit oopmaak vir mooi dinge wat jou geluk en vrede gee. Jy kan ook oopmaak vir lelike dinge deur te kyk na swak TV programme (pornagrifie, Moord, ontrouheid..ens) asook mense om ons wat ons bang maak, en vrees in ons opwek. Jou oë is `n deur waardeur mooi en lelike dinge in jou lewe kom! Skrif: Luk.11:34, Matt. 6:23; Ps.19:9.
Week twee: - Waarna luister JY ? Doel: Die ore is twee deure wat ons oop en toe kan maak.
Voorstelling: Leer hulle dat 'n mens jou ore moet toemaak vir slegte dinge en jou ore moet oopmaak vir goeie dinge. Vergelyk dit met 'n yskas en 'n asblik: Is jou ore 'n yskas waarin heerlike kos gebêre word of 'n vullisdrom waar almal hul vrot goed kom weggooi? Laat hulle 'n yskas en 'n asblik met 'n deksel hê en wys hulle moet dit toemaak vir die verkeerde en oopmaak vir die goeie.
Jou ore is nog ‘n deur wat dinge toelaat in jou hart. Die Bybel en preeke sowel as positiewe mense kan my selfbeeld opbou. Maar negatiewe mense, en mense wat nie van ons hou nie, maak ons hartseer deur woorde, wat deur ons oore in ons gaan, beweeg in ons gedagtes en ons gedagtes beheer ons lewe! Al manier wat ons kan doen om die nagatiewe en lelike woorde to stop, is om nie daaraan te dink nie, en te weet dat ons deur Jesus gemaak is, en dat Jesus vir ons lief is net soos ons is. Al sê wie ookal wat, ons is nie wat hulle van ons sê nie! Skrif: Ps 11:6; Luk 8:8; Openb 2:7; Rom 10:14.
Week drie: - Ongehoorsaamheid? Doel: Daar is ‘n beloning vir alles; ook vir ongehoorsaamheid !
Voorstelling: Gebruik inkleur prente. Laat die kinders ‘n groot vis maak met klei en plaas Jona in die vis se mond of Adam & Eva met klere van blare ens. Die gevolg van ongehoorsaamheid kom terug na die persoon wat ongehoorsaam was. Dit laat mense vertroue verloor, en dit maak dat mense nie meer met die ongehoorsame wil praat nie. Ongehoorsaamheid is die sonde wat ons skei van die Here. Ongehoorsaamheid begin eers klein en as ons dit nie beveg nie word dit deel van ons karakter. Skrif: Gen 3:1-13; 1 Sam. 15:11-22; Numeri 16:3-30; Jona 1:1-6; Hand 27:21-24. Week vier: - Wat ontvang ons vir gehoorsaamheid Doel: Daar is ‘n wonderlike beloning vir gehoorsaamheid.
Voorstelling: Maak gebruik inkleur prente. Vertel ‘n store van hoe diere geleer kan word om gehoorsaam te wees, en dat ‘n mens baie lief raak as die diere gehoorsaam is. Gehoorsaamheid bou vriendskap en dit bind mense saam. Gehoorsaamheid aan God bewerk ‘n beloning vir ons wat wonderlik is. Gehoorsaamheid is maak ‘n mens betroubaar en vriendelik. Skrif: Deut 21:18-21; Heb 5:8; Ps 103:20; Rom 5:19.
Week vyf: - God is nie vêr nie, Hy wil graag in ons woon as ons Hom innooi ! Doel: As ons God in ons lewe innooi sal Hy ons beskerm en sterk maak teen al die bose magte.
Voorstelling: Maak gebruik van ‘n papier houer wat as dit geen inhoud het nie kan jy dit plat kan druk, maar as jy daarin ‘n hout of iets hard sit jy dit nie plat kan druk nie. Net so is ‘n mens pap sonder die Here en hard en vol krag met die Here. Wanneer ‘n mens alleen is in die donker, word jy bang. Net so wanneer probleme na jou kom verlaat baie van jou vriende jou en jy staan alleen. Dit is in moeilike tye wat ons raad en leiding nodig het. As God dan in jou woon is jy nooit alleen nie Hy verstaan jou waar jou vriende jou nie altyd verstaan nie. Al wat jy moet doen is om stil te raak en na die stem van die Here in jou te luister. Skrif: Rom. 8:31-35; Ps 50:15; Joh.10:28; Ps 37:2-5.
Die derde kwartaal – Leer om God te loof
Week een - Hoe loof ‘n mens die Here? Doel: Om die kinders prakties te leer om God te loof.
Aanbieding: Wys die kinders om hande te klap en hul hande in die lug te steek terwyl hulle God loof. Maak gebruik van sang en musiek. As ons sleg voel en luister na musiek opgewekte musiek, verander ons gevoel, meer so as ons dans en hande klap, word ons opgehef. Lofprysing en aanbidding en saamsang trek almal wat teenwoordig is in 'n wonderlike bui en selfs die gees van die persoon wat belas word, word opgehef. Dit is soos medisyne wat ons van ons probleme laat vergeet. Dit bring ons in die teenwoordigheid van die Here en dit dryf bose geeste en belaaide gevoelens uit. Skrif: Ps. 47:2; Ps 22:4; Ef 5:19; Kol 3:19; Ps 100.
Week twee - Waarom moet ons die Here loof ? Vir die kerk. Doel. Die kerk is die plek waar ons meer van die Here leer en dit is ‘n plek waar ons aan die Here lof en eer bring.
Voorstelling: Maak gebruik van inkleurprente; of laat hulle mense teken met hul hande omhoog of mense wat in koor is. Verander die klas in 'n kerk en leer hulle prakties om die Here te loof. Mense kom uit verskillende huise, daar is sommige mense wat probleme het, of wat ongelukkig voel. As ons as gemeente opstaan en saam sing, word ons een deur die sang. Die Heilige Gees begin in elke mens se lewe werk, en daar kom 'n vreugde in jou wat jou laat uitroep en jou hande laat klap. Jou voete kan nie stilstaan nie en jy word meer gevoed in die teenwoordigheid van die Here. Dit berei die mense in die gemeente voor om hulle gedagtes te beheer sodat die prediking van die Woord in hulle harte gesaai kan word. Skrif: Ps. 26:8; Ps. 27:4; Ps. 122:1; Ps. 134:1-3.
Week drie - Ons loof die Here vir die grootse geskenk ooit: Jesus Doel: Jesus het vir ons ‘n nuwe lewe geskenk, daarom loof ons God !
Voorstelling: Gee vir elke kind 'n klein geskenkie, en bou jou boodskap op God se geskenk aan ons. God neem hierdie ou mens wat vuil is van sonde en Hy was hom sodat hy 'n nuwe mens word. Net soos jy 'n ou vuil pop of speelding vat en dit skoonmaak of verf. Die voorkoms verander heeltemal en hy lyk heeltemal anders, dit lyk net soos 'n nuwe speelding. Om met 'n vuil en lelike ding te speel is nie lekker nie. Ons gooi dit eenvoudig weg as dit stukkend en lelik is. Maar as dit weer nuut gemaak word, hou ons daarvan en wil ons weer daarmee speel. Skrif: Jes.9:1-6; Joh. 3:16-17.
Week vier - Die Bybel is ‘n boek wat van God kom; Loof God daarvoor ! Doel: Die Bybel is die beste boek wat ooit geskryf is, want hy leer ons van ‘n wonderlike Vriend : Jesus
Voorstelling: Die Bybel is nie net 'n gewone boek nie! Leer hulle dat die Bybel 'n brief van God is, hulle moet dit waardeer en vra gereeld vir mamma en pappa om dit vir hulle te lees. Dit is moeilik om 'n koek te bak as jy nie die resep daarvoor het nie. As jy dit doen, is jou koek 'n flop en oneetbaar. Net so kan jy nie sonder 'n kaart na 'n onbekende plek reis nie. Die Bybel leer ons hoe ons moet lewe en wat ons moet doen om hemel toe te gaan. Daarom moet ons gereeld daaruit lees. Ons wat Jesus nog nie self ontmoet het nie, ken Hom nie, maar die Bybel leer ons wie Jesus is en hoe lief Hy ons het. Sonder die Bybel is ons rigtingloos. Skrif: 1 Tim:1-4; 2 Tim 4:1-5;2 Tim 4:16; Joh 1:1-14; Ps. 119.
Week vyf - Ouers is mense wat ons liefhet en is daar deur God gestuur Doel: Waardeer ouers en mense wat lief is vir ons.
Voorstelling: Gebruik 'n model of prente en wys hulle hoe 'n hen haar kuikens beskerm; sodat diegene wat ons liefhet, ons beskerm. Dink terug aan jou kinderjare. Ouers is daar om ons te leer en te waarsku. Hulle beskerm ons en leer ons maniere. Daar is tye wanneer ons kwaad word wanneer ons ouers ons slaan of straf. Hulle doen dit nie omdat hulle nie van ons hou nie. Hulle doen dit deur ons op die regte pad te plaas. Kyk na die diere en sien selfs die diere wat ouers hul kinders leer. Skrif: Kol. 3:20; 2 Tim. 3:2; Efe. 6:1; Sp. 31: 10-31.
Week ses - Loof God vir gesondheid, kos, klere ens. Doel: Alle goeie gawes kom van die Here, en as ons kort kom kan ons dit van God bid
Voorstelling: Maak gebruik van prente, laat hulle die prente knip en plak. Wys hulle hoe God die diere klere en kos gee en dat ons baie meer werd is as die diere en die blomme. As ons die regte en gesonde kos eet wat die Here gemaak het, sal ons gesond en sterk bly. As ons nie eet of nie die regte kos soos groente en vrugte eet nie, sal ons siek word. God wil hê ons moet gesond wees. Hy het ons gemaak en weet wat ons nodig het om sterk en gesond te wees. Net soos pappa dit weet as hy nie die regte brandstof in sy kar gooi nie. As hy water gooi waar daar brandstof moet wees of petrol waar water moet inkom, sal sy kar breek en dan kan hy nie ry nie. Skrif: Dan.1; Matt. 6:25; Ps. 55:23.