Die eerste kwartaal – Tiener verhale in die Bybel
Maak ‘n bespreking van al die onderwerpe en laat die kinders daaraan deelneem
Week een. Daniel en sy vriende
Doel: Om by jou beginsels te hou
Voorstelling : Vier uitgesoekte jong seuns kry ‘n geleentheid om saam met ‘n koning te eet, en hulle wys dit van die hand omdat hulle eet gewoontes verskil. Hulle word die beste geoffer maar hulle bly by dit wat hulle geleer het. Net so kry jong seuns en dogters vandag nog te doen met offers en uitnodigings wat op die oog af interessant lyk. As hulle dit aanneem bring dit net probleme, maar as hulle by hul beginsels bly, wen hulle die aanslag van die duiwel teen hulle lewens. Wees versigtig om nie dinge te doen wat julle in die moeilikheid bring nie. Jy het net een lewe hanteer dit versigtig.
Beginsels word nie deur tyd beinvloed nie, dit beheer jou optredes. Beginsels word deur jou gewoontes gevorm. Jy kan jou beginsels verander. Jy beheer nie jou lewe nie; jou beginsels beheer jou lewe. Omdat Daniel en sy drie vriende vas gestaan het by hulle beginsels het God hulle geeer, en dit vir hulle dit moontlik gemaak om by hulle gewoontes te staan. Net so sal God jou ondersteun as jy vashou aan jou beginsels, al is al jou vriende teen jou.
Skrif: Dan 1
Week twee. Die vuur toets
Doel: Die vuur toets van geloof bring hulle in die teenwoordigheid van God
Voorstelling: Soms word ons geloof tot die uiterste tot getoets. As ons glo dat God werklik omgee, en ons vasstaan, sal ons die oorwinning smaak, en die vyand verloor. Ons moet besef dat ons in ‘n geestelike oorlog betrokke is, en dat Jesus reeds die oorlog oorwin het. Al wat ons moet doen is om op God te vertrou al gebeur wat ook al. Die verhaal van Daniel en sy vriende is daar vir ons as ‘n les om te wys dat God nooit Sy kinders alleen laat nie. As die gevaar of die toets sy hoogste punt bereik sal Hy daar wees ons deur te dra.
Die krag van geloof en vertroue in God het nie perke nie. Soos ons groot word, kom daar geloof toetse wat ons geloof sterk maak. Ek is seker dat Daniel se vriende eers op ‘n kleinmate getoets was. God sal ons nie sommer in ‘n vuuroond gooi as ons geloof nog nie sterk is nie. Maar onthou altyd dat die Here altyd by jou is. In die vuur en in jou probleme of wat ook al jou pad langs kom, sal jy altyd vind dat Jesus naby is. Daniel se vriende het eers Jesus in die vuur erken, net so sal die Here by jou wees en jou nie verlaat nie.
Skrif: Daniel 3; Jes.41:10, 1Kor.10:13
Week Drie. God sal ons beloon, as ons in moeilike tye vas hou aan ons geloof.
Doel: Geloof in God en aanbidding is die kragstasie van ‘n gelowige
Voorstelling: Daniel het sy lewe gewaag om sy God te aanbid. Net so is daar vandag nog mense wat alles offer vir die evangelie. Daar is mense wat hulle lewe hul plesier, ja, alles offer om vir God te werk. Op die oog af lyk dit dom, maar as God jou geroep het sal Hy vir jou sorg. Die verhaal van Daniel vertel ons van ‘n jong man wat God bo alles gestel het. Omdat hy dit gedoen het, het die Here hom vermoë gegee wat al die ander oortref het. Lees die onderstaande skrifte en maak ‘n opsomming oor die hoogte punte. Bring dit dan aan die kinders, gebruik die riglyn hierbo as leiding vir die les.
In Dan.2 lees ons dat Daniel en sy vriende die dood vonnes ontvang het, maar God het Daniel wysheid gegee om homself en sy vriende te spaar. In Dan. 5 leer ons dat Daniel bonatuurlike wysheid gegee het en dat sy lewe ‘n getuie is dat God in hom is. In Dan 7 lees ons dat God nie net vir Daniel kennes gegee het in sy huidige lewe nie maar dat die Here hom ook gewys het wat in die vere toekoms gaan gebeur. In Christus gee God ons die vermoë en die wysheid om ons daaglikse probleme te hanteer, en openbaar vir ons wat in die toekoms gaan plaasvind. Ons aanbid ‘n bo-natuurlike God, ‘n God wat in beheer is en as Hy met ons is sal ons oorwin in alle omstandighede!
Skrif: Dan 2 Dan 5 Dan 6 Dan 7 1Kor.12:1-12
Week vier. Dawid die jong man met ‘n sterk geloof
Doel: As God vir jou is, het jy klaar gewen !
Voorstelling: Daar kom baie uitdagings in ‘n mens se lewe. Vra die kinders wat hulle al gedoen het. Iets wat vir hulle ontmoontlik gelyk het wat hulle toe oorwin het. Dit kan enigiets wees, ‘n skoolvak, sport perstasies ens.. Elke keer wanneer jy iets oorwin bou jy jou selfbeeld, en wanneer jy weer voor ‘n uitdaging kom, kyk jy terug hoe jy in die verlede oorwin het, en dit spoor jou aan om weer te oorwin. Jy moet nooit toelaat om sleg te voel as jy verloor het nie. Dit moet jou eers die moed gee om weer te probeer totdat jy oorwin.
Dawid is ‘n man wat glo dat God ‘n werklikheid is. Hy pak groot dinge aan, met die wete dat hy dit nie alleen doen nie maar dat God saam met hom in alles is. Hy red ‘n lam uit die bek van ‘n leeu en uit die kloue van ‘n beer. Hy is nie bang nie en ook nie dom nie, maar hy ken die vermoë van sy God. Opgeleide soldate bewe. Dawid maar net ‘n seun, pak die vyand aan en oorwin, omdat hy op God vertrou en nie sy eie vermoë nie.
Skrif: 1 Sam 17
Week Vyf: Timotheus die jong evangelis
Doel: Niemand is te jong om vir God te werk nie
Voorstelling: Ouderdom beperk niemand nie, dit is nie hou oud jy is wat verhinder nie, dit is hoe jy oor jouself voel wat belangrik is. As ‘n mens ouer word kan jy optree met die kennis wat jy deur jou ondervinding geleer het. Maar as jy nie van kleins af begin nie sal jy nooit die regte ondervinding opdoen om ‘n sukses te behaal nie. Almal maak foute, en dit is deur die foute wat ons maak wat ons leer. As jy nie eers bereid is om te probeer nie, sal jy suskes behaal nie. Luister na raad van mense wat jou kan help, dit sal jou help om baie probleme te vermy, en om oorwinning te behaal.
Jesus was maar twaalf toe hy die predikers van Sy tyd geleer het. Timotheus ‘n jong man wat Paulus vir die Here gewen het. Timotheus het geluister na die raad en leiding wat hy van Paulus ontvang het. Staan op en word ‘n boodskap draer van die evangelie. Jy kan vir Jesus werk, al wat moet gebeur is, dat jy moet begin. Daar is daagliks mense wat om ons is, dink net daaraan; as ons hulle nie vir Jesus wen nie sal hulle heel waarskynlik sonder God in die helse vuur beland. ‘n Evangelis doen dieselfde werk as ‘n lewens redder. Hulle sal sonder God sterf as ons nie die redding tou van die evangelie uitgooi nie.
Skrif: 1 Tim 1:1,2 4:6-16
Week Ses: Getuienis
Vir die weke wat oorbly kan u verhale van sendelinge vertel aan die kinders, en hulle motiveer om vir God siele te wen. U kan hulle selfs leer hoe om ‘n siel vir Jesus te wen. Maak gebruik van mense in die kerk se getuienis, u kan selfs mense uitnooi om met die kinders te kom praat en hulle getuienis met die kinders te deel. Bigin ‘m kompitiese en sien wie van die kinders kan die meeste kinders vir Jesus wen.
Die Tweede kwartaal – ‘n Tiener kan hom uitleef in Jesus
Week een: Stel God belang in tiener?
Doel: Die tiener tydperk is die beste tyd om God te ontdek.
Voorstelling: Die tiener is meer belangrik as wat hy of sy werklik besef. Dit is die tydperk waar ‘n mens op die meeste ontdekkings in jou lewe doen en ervaar. Daarom is daar geen beter tyd in jou lewe om die ware God te leer ken nie. Die Here wat die Skepper van die mens is verstaan jou baie beter as jyself. Hy hoor jou gedagtes en ken jou onsekerheid. In die tiener tyd is jou kreatiwiteit op ‘n hoë vlak, en kan jy die hoogtes in God ontdek. As jy jouself in Christus vind gedurende hierdie tyd van jou lewe sal jy vir die res van jou lewe ‘n oorwinnaar in Jesus wees. Ja, God stel in jou belang en wil jou help, want dit is ook in hierdie tyd wat die duiwel intens op jou lewe konsentreer om die te verwoes en jou toekoms te verander in smart. Wees “cool” en kies Jesus. Wees “’n fool” en kies die duiwel!
Die tiender tyd is dit tyd van nuwe ontdekkings. Dit is soos ‘n persoon wat lank geslaap het en nou in ‘n nuwe wêreld in beweeg. Hoewel goddiens soms nie aantreklik lyk nie is dit waar ware lewe en geluk gevind kan word. Musiek speel ‘n groot rol, en om jouself te geniet is belangrik. Daarom verskil die tienner musiek baie van die groot mense se musiek. Dit is opgewonde, dit is harder en het meer lewe. In Christus is daar ‘n nuwe lewe van opwinding en plesier. Dit is nie aangeplak soos die van die plesierplekke in die wêreld nie, maar dit ontspring in jou innerlike mens, en laat jou belangrik en gelukkig voel vsn binne en van buite. Jy kan jou voluit in Christus geniet.
Skrif: Jes 43:1-8 Sp 3:1-13 Pred 11:9-10 12:1-14
Week twee: Is godsdiens vir ou mense?
Doel: Godsdiens is nie vir dooie mense nie maar vir lewendige mense.
Voorstelling: Godsdiens is juis vir jong mense. Weet julle hoekom daar so baie ou mense is wat die Here dien? Dit is omdat hulle alles in die lewe beproef het, en gevind het dat dit die moeite werd is om die Here te dien. Al wat nou moet gebeur is dat die jong mense die Kerk moet oorneem en lewe daarin blaas sodat die Kerk nie meer net vir ou mense is nie maar ook vir tieners. Die tiener tyd moet ook ‘n tyd wees waarin julle grond gebied moet oorneem wat voorheen nog nie deur tieners oorgeneem is nie. Die tieners het lewe en God soek lewe in sy kerk, Waarvoor wag julle, maak planne en bring lewe in die kerk !
Een van die einskappe van ‘n tiender is dat hulle baie kriatief is en vol lewe is. Hulle doen dinge anders, en sien die lewe in ‘n ander lug. Dit is hierdie einskappe wat kragtig gebruik kan word in die kerk. Die plesierplekke in die wêreld lyk aanloklik maar verwoes jong lewens. Daar is baie opwinddende dinge wat in die kerk kan plaas vind wat jougmense vir die kerk te wen. Die tienners is die kerkleiers van vandag. Skep ruimte, maak planne maar behou die tienners en verseker so die oorlewing van die Kerk. In baie lande het kerke toegemaak omdat die ou mense nie belê het in die tienners nie!
Skrif: Fil 4:4-9 Jer 1:6,7 Ps 71:17
Week drie: ‘n Tiener kan hom uitleef in die kerk
Doel: Ware geluk en vreugde kan jy slegs by God vind.
Voorstelling: Ja, ‘n tiener kan hom ten volle uitleef in die kerk. Want kom ons wees eerlik met mekaar, alles wat die wêreld van plesier ‘n mens bied is tydelik van aard, en meeste van die sogenaamde pret van die sondige wêreld het nagevolge wat nie so aangenaam is nie. Kom ons kyk na ‘n paar: As jy dwelms gebruik word jy sy slaaf. As jy drank gebruik, word jy babelas en jy word sy slaaf, so met rook ens. Maar as jy jouself in die Here geniet vul Hy jou met die Heilige Gees en jy ontvang krag om die slawe van die duiwel te bevry, Die nagevolge van jou wandel in Jesus is aangenaam, Waar die van die wêreld, jou ‘n slaaf maak van die bose.
Kinders word in verskillende huise groot. Daar is kinders van in gesonde huise grootword waar daar ‘n vader en moeder is wat die Here dien, en waar die kinders op vaste grond kan staan. Dan is daar kinders wat nie so gelukkig is nie. Alle mense soek aanvaarding en om geken te word. Dit is juis in hierdie tyd wat Godsdiens belangrik is sodat die kinders mekaar kan help met hulle probleme. In die wêreld jaag mense na geluk wat net uiterlik is. In die kerk kan maats bymekaar staan en mekaar help. In die wêreld veroorsaak selfsug en die soeke na geluk dat van die kinders verneder word sodat ander erken word. In die kerk help maats mekaar sodat hulle kan groei in hulle persoonlike lewe sowel as in hulle geestelike lewe.
Skrif: Joël 2:28 Joh 7:38 2 Pet 2:19
Week vier: Wees jouself
Doel: Daar is net een soos jy
Voorstelling: Elke mens is uniek. God het jou geskep soos jy is, en jou die beste ouers gegee, om jou groot te maak, soos Hy dit beplan het. Jy is nie net sommer daar nie !. Lank voor die grondlegging van die aarde, het God jou beplan. Hy het ‘n doel met jou lewe, en dit wat jy tot nou toe, deur gemaak het, wil Hy gebruik om Sy werk te bou. God wil nie hê jy moet iemand anders wees nie, jy moet jy wees. Sodra jy probeer om soos iemand anders te wees is jy ‘n na-aper, en dit is presies van die duiwel is. Wees jou self!
As jy na ‘n gereedskapstuk kyk sal jy opmerk dat dit gemaak is om ‘n sekere taak te verig. So het God elke mens gemaak om ‘n sekere taak te verig. Waar jy groot word en jou omstandighede is deel van jou vorming vir die taak waarvoor jy geroep is. Die maak nie saak wie jou ouers is nie. Wat saak maak is wie jy is en wat die doel in jou lewe is. Daar is niemand soos jy nie, daar is niemand wat kan doen wat jy kan doen nie, omdat jy spesiaal gemaak is vir jou roeping. Selfs waar kindiers in een huis groot word verskil hulle van mekaar omdat elkeen uniek is en geroep is vir ‘n spesiale taak.
Skrif: Ps139 Ps 8
Week vyf: Hoekom verstaan ek myself nie altyd nie?
Doel: Wat is ‘n tiener en waarom ‘n tiener tydperk?
Voorstelling: Die tiener tyd, is die tyd van ‘n mens se lewe, wanneer jy ‘n oorgang fase bereik. Jy beweeg van ‘n kind oor na ‘n groot mens. Daar kom weer so ‘n tydperk in die mens se lewe wanneer jy van ‘n volwasse oorbeweeg na ‘n ou mens. Dit is tye in die mens se lewe waar daar baie vrae deur jou gaan, In die tiener tyd wil jy nie meer ‘n kind wees nie. Jy wil erken word as iemand wat vir hom self dinge kan doen, en nie meer na jou ouers se leiding wil luister nie. Jy is groot en die wêreld is voor jou, en jy wil gaan uitvind van al die dinge wat jy nog nie ervaar het nie. Jy is op soek na ‘n eie identiteit. Jou liggaam is ook nie meer dieselfde nie, dit ontwikkel vinnig en soms is jy lomp. Vriende is baie belangrik en jy wil altyd baie vriende hê, en hulle moet jou raaksien, want jy wil aanvaar word deur hulle. Met al hierdie dinge wat gebeur maak dit jou soms nukkerig en dit voel soms of jy nie bereik wat jy wil bereik nie. Onthou net deur die tyd dat God jou lief het. Daar is altyd hulp en raad, praat met die regte persone, wat jou saak vir hulself kan hou. Dit is goed as ‘n mens in die tyd ‘n Christen maat het wat ook deur die tiener tyd gaan, dat julle mekaar kan help.
Na wie luister ‘n tienner? Hulle is self nie seker nie, eendag is hulle vol lewe die ander dag is hulle nukkerig. So manklik kan hulle op die verkeerde weg wandel. Wees geduldig luister en laat hulle met mekaar praat oor gemeenskaplike ondervindings en probleme. Dit is belangrik dat hulle mekaar opbou. Want hulle maak nie maklik ook vir ouer mense nie, omdat hulle glo ouer mense verstaan hulle nie; hulle is outyds!
Skrif: 1 Tim 4:12 1 Tim 2:22 Jes 54:4,5
Week ses: Wat is ‘n volwasse?
Doel: Die nuwe lewe is ‘n weg na volwassenheid
Voorstelling: Dit is belangrik om te weet wat van ‘n volwasse mens verwag word. Want dit is eintlik waarna ‘n mens op pad is van die kinder stadium af. ‘n Volwasse mens neem sy eie besluite en dra die gevolge daarvan. As daar ‘n probleem ontstaan hanteer hy dit. Hy gryp nie na vinnige of tydelike oplossing nie, soos drank, dwelms of selfmoord nie. Maar gaan deur die gevolge daarvan en leer daardeur om nie weer dieselfde foute te maak nie. Al wat dit werklik is, is dat hy die verantwoordelikheid vir elke besluit wat hy neem aanvaar. Dit is daarom dat ‘n volwasse nie net sommer ‘n besluit neem nie, maar hy ondersoek eers al die voor en nadele daar van. Dawid het ‘n verkeerde besluit geneem. Hy het eerstens dit erken en bely daarna moes hy die gevolge daarvan dra. Sy seun het teen hom gedraai. Maak ‘n studie van die skrifte hieronder en verhaal dit vir die kinders as ‘n voorbeeld.
Daar was ‘n tyd in die lewe van elke mens wanneer jy geleer het op te loop. Net so breek die tiener tyd aan wat jy jou eie weg moet bepaal. Net soos dit gaan met ‘n kind wat begin loop; val hy en stamp hy sy kop. So gebeur dit ook met tienners, hulle neem verkeerde besluite en doen verkeerde dinge, maar dit is alles ‘n leer proses. Leer deur jou foute, maar moenie toelaat dat jou foute jou lewe verwoes nie. Erken jou foute en vermy hulle in die toekoms. Onthou foute en teleerstelling is belangrik, dit vorm jou deursettings vermoë en bou jou karakter.
Skrif 2 Sam 11 & 12 2 Sam 15 2 Sam 18:19-33
Die derde kwartaal – Hoe om die regte vriende te kies
Week een Jou lewe is kosbaar
Doel: Hanteer jou lewe versigtig want jy het net een
Voorstelling: Jy het net een lewe. As jy dit opmors is daar nie weer een om te verander nie. Daar is baie mense wat graag hulle lewe wil oor hê sodat hulle dit op ‘n ander manier kan hanteer. ‘n Mens leer ongelukkig eers nadat jy foute gemaak het. Daar is mense wat dit te ver waag dan kan daar niks aan gedoen word om te keer nie. Jy kan te vêr in satanisme gaan, dan kan jy nie terug keer nie. Jy kan te vêr gaan met dwelms, met voorhuweliks seks dat jy jou lewe in ‘n nagmerrie verander. Jy kan te vêr gaan om onwettige dinge doen en jou lewe vermors in ‘n tronk. Onthou jou lewe is in jou hande, en jy alleen sal die prys moet betaal vir dit wat jy daarmee doen. Vriende wat nie werklik vriende is nie sal jou laat dinge doen en na plekke neem wat net jou lewe sal verwoes. Wees versigtig!
Alle mense is deel van God se skepping, en is gemaak soos God beplan het voor die wêreld bestaan het. God het vir elke mens se eie wil gegee, en deur Adam se sonde het ons die vermoë gekry om die goeie en die slegte dinge te onderskei. Die mense se lewe is soos ‘n boot wat in die water geplaas word, en wat die vermoë het om sy eie rigting te bepaal, die rigting waarin die boot ry bepaal sy eindbestemming. So het God vir die mense sy lewe geskenk en die mens die vermoë gegee om sy eie einde te bepaal. Of die ewige lewe saam met Christus, of die ewige lewe in die helse vuur. Hoewel ons liggaam sterf het die mens ‘n lewende siel wat onsterflik is. Om slegs jou vleeslike vreugde na te jaag wat tydelik is en jou geestelike lewe wat vir ewig is te verwaarloos is baie dom. Dit is soos ‘n mens wat die dood bo die lewe kies.
Skrif: Jak 3:13 Openb 2:2 1 Joh 3:8
Week twee Wie is My vriende?
Doel. Vriende kan jou maak of breek
Voorstelling: “‘n Mens word geken aan jou vriende” Is ‘n ou spreekwoord wat tog groot waarde dra. Weet jy hoe werk dit? Jy besluit wie jy is en dan kyk jy na waar jy sal inpas en dat sluit jy by hulle aan. Kom ons kyk wie werklik vriende is, en wie nie vriende is nie. Hier is ‘n paar voorbeelde van wat nie vriende is nie:
Wat is werklike vriende :
Onthou altyd as jy vriende wil hê, en hou, moet jy ‘n vriend wees!
Omdat vriende baie belangrik vir jou is, en eensaamheid iets is wat jy vrees. Kan jy soms die verkeerde vriende kies omdat daar nie ander is nie. Dan spring jy in ‘n rivier wat jou in sy sterk stroom meevoer in ‘n rigting wat reg lyk omdat jy nie bewis is van die afgrond in die waterval wat om die draai is nie. Hoe langer jy deur die stroom meegevoer word hoe moeiliker is dit om daaruit te kom. Wanneer jy vriende kies wees versigtig. Vriende kom voor soos skappe maar in werklikheid is hulle wolwe in skaap kleure. Wat is die belangrikste jou geluk of ongeluk? Slegte vriende is volop en ware vriende is skaars. Kies reg en lewe reg; kies verkeerd en verwoes jou eie lewe.
Skrif : Joh 15:13-17 Matt 7:12
Week drie Wie is Ek?
Doel: Is ek wat mense sê?
Voorstelling: Met jou soeke na identiteit is ‘n mens geneig om te glo dat jy is wat ander mense sê jy is. Ek en geen mens het die reg om vir jou te sê jy is lelik en dom nie. Maar ‘n mens kyk tog na ander mense om uit te vind wie jy werklik is. Dit is ‘n baie verkeerde ding. In elke mens is daar ‘n rykdom wat ontgin moet word wat mense en self jy nog nie van bewus is nie. Ons sê self dinge van onsself wat tot groot nadeel is. Daar is krag in jou eie woorde. Wat ander van jou sê kan jy aanneem en verwerp. Jy moet net altyd onthou dat jy deur God geskape is en dat Hy nie nog nooit ‘n gemors geskape het nie.
Dit is baie moeilik om ‘n keuse te maak sonder vergelykings. As jy na ‘n roos kyk lyk dit vir jou mooi, maar as jy ‘n ander roos daarmee vergelyk kan jy maklik kies watter een die mooiste is. Ons maak vergelykings met ons oë, en met ons gevoel. Met die oë sien ons die uitterlike en met gevoel die innerlikke. As mense dat na jou kyk en hulle sien jou uiterlike kan hulle dit vergelyk met ander mense, maar hulle kan nie in jou innerlike sien nie, hoe kan hulle dan met halwe feite bepaal wie jy is? Daarom moet ons, ons nie streer wat mense van ons sê nie, want hulle ken ons nie tenvolle nie. Moenie toelaat dan mense se siening jou innerlike gevoel oor jouself benadeel nie. Jy is spesiaal deur God gemaak, daar is niemand soos jy nie.Omdat jy dan so speiaal is, is daar geen manier om jou met ander te vergelyk nie, jy is God se unike werkstuk!
Skrif: Jes 45: 9-16 Jes 44:1 Jes 43: 1-8 Sp 23:7
Week vier Bélsasar se fout
Doel: Kyk na ander se foute en leer daardeur.
Voorstelling: Dit is nie altyd nodig om op die swaar manier te leer nie. Kyk na ander se foute en sorg dat jy ook nie in dieselfde struk trap nie. ‘n Mens moenie soos ‘n dier wees wat nie vir homself kan dink nie. Maar gaan oop oë deur die lewe. Kom ons kyk na Besasar hy het gedink hy sal in wees by sy vriende deur gewaagde dinge te doen. Hy het partytjie gehou en vir hulle gewys dat hy God se heilige dinge kon vertrap en misbruik daarvan maak. Hy het ‘n duur prys daarvoor betaal.
Om vriende te plesier het baie mense se ondergang beteken. Om slegs op die oomblik se plesier te geniet, sonder om na die gevolge te kyk sal lewens verwoes. Bélsasar het sy vriende beindruk deur sy dapperheid om selfs die lewende God te terg. Die gevolg was dat sy vriende bly leef het maar hy het gesterf. Net so laat dogters toe dat seuns hulle misbruik, dan los die seun hulle en hulle moet alleen die baba groot maak. Net so por maats jou aan om te steel en selfs te moor en om dwelms te gebruik op die ou end verlaat hulle jou, en jy sit alleen met die probleem.
Skrif: Dan 5
Week vyf Simson se fout
Doel: Pasop vir die Delila’s in die lewe
Voorstelling: Daar is baie mense wat dieselfde fout maak as Simson. Wat betower word deur Delila’s en dan hul lewe verwoes. Vertel die verhaal van Simson en wys die kinders dat daar ook vir hulle Delila’s wag. Hulle moet nie so dom wees soos Simson nie maar hulle oë oophou.
Valse liefde word soms aangeneem as ware liefde. Moet nooi die mag van die bose lig ag nie. Seks is een van die duiwel se beste wapens. Net so omtmoet jy iemand wat jou vriend wil wees; hy/sy lyk so wonderlik en hulle betower jou met hul bose mag, en as jy jou weer kom kry steek hull jou oë uit soos Delila met Simson gedoen het. Hierdie valse vriende neem jou aan as vriend om hulle oel te bereik en in werklikheid hou hulle glad nie van jou nie. Hulle kom deur hulle eie begeertes na jou of om vir hulle vriende te bewys dat hulle jou onder hulle mag kan kry. Ek verstaan nie nie hoekom Simson dit nie agtergekom het nie, toe Delila vir hom die eerste keer gelieg het nie. Net so is ons soms blind en hoewel ons ervaar dat ons sogenaamde vriend vir ons lieg, wil ons dit nie erken nie, die gevolg is ons verloor ons lewe. Word wakker en dink en sien en weer waaksaam.
Skrif: Rigt 16

- `n Persoon wat jou aanmoedig om verkeerde dinge te doen hulle doen die werk van die duiwel
- Mense wat net van jou wil hê maar wil niks vir jou gee nie.
- Mense wat hul eie belange bo jou belange stel
- Mense wat geen respek vir jou liggaam het nie en jou gebruik vir hul behoeftes.
- Mense wat nie werklik omgee vir jou gesondheid nie.
- Mense wat nie manlik genoeg is om hul eie probleme te hanteer nie en jou deel daarvan wil maak.
- Mense wat altyd sleg van jou praat
Wat is werklike vriende :
- Mense wat in jou ‘n potensiaal sien en jou aanmoedig om verder te gaan met jou talente.
- Mense wat jou belange op hul harte dra.
- Mense wat graag vir jou wil gee
- Mense wat respek vir jou liggaam het
- Mense wat jou graag bystaan met jou probleme.
- Mense wat altyd goed van jou praat