Graad vier -God bou ‘n nasie
Die eerste kwartaal: Die Rigting wyser
Week een. Die Ou-Testament
Doel: Die Bybel bestaan uit twee dele.
Voorstelling : Die Bybel is deur verskillende mense geskryf, nie deur hulleself nie, die Heilige Gees het hulle gelei. As die Bybel net deur mans geskryf is, sou dit nie 'n enkele storie vertel nie. Die verskillende boeke van die Bybel is op verskillende tye geskryf, en tog vorm hulle een boodskap. Dit pas inmekaar soos 'n legkaart. Daarom is dit belangrik dat ons nie die Bybel kan lees en ons eie gevolgtrekking uit die inhoud kan vorm nie, ons moet bid dat die Heilige Gees ons lei en leer, Daar is baie verskillende gelowe behalwe een Bybel. Hoekom? Omdat mense vir hulle godsdienste bou soos hulle die Bybel verstaan, volg hulle nie die leiding van die Heilige Gees nie. Die Bybel is in twee dele verdeel, die Ou en die Nuwe Testament. Die Nuwe Testament bring 'n nuwe tydperk van die Kerk in waar Jesus self vir ons sondes geoffer word. In die Ou Testament is die wet op kliptafels geskryf en in die Nuwe Testament is dit in ons harte geskryf. 2Kor.3:3
Die volledige Bybel is deur God aan ons gegee, dit is geskryf deur verskillende mense oor 'n tydperk van ongeveer 1545 jaar en tog pas dit inmekaar soos 'n legkaart. Die boeke van die Ou Testament is soos volg verdeel. Leer die kinders dat verskillende mense op verskillende tye die samestelling van die Bybel, geïnspireer deur die Heilige Gees met een boodskap geskryf!
Die Tora of Pentateug deur Moses
Genesis 1450 vC Exodus 1450 vC.
Levitikus 1445 vC Numeri 1450 vC.
Deuteronomium 1407 vC.
Die Historiese boeke
Josua, 1406 vC; Rigters 1375vC; Rut 1375vC; 1 Sam & 2 Sam 1105vC.
1 Kon & 2 Kon 1010vC ;1 Kron 1000vC 2 Kron 586vC; Esra 616vC; Nehemia 445vC; Ester 483vC;
Job 2000vC.
Poësie en wysheid literatuur
Psalms 1440vC; Dawid het 73 geskryf; Asaf 12; Seuns van Korag 9; Salomo 2; Moses 1; 51 psalms deur onbekende skrywers.
Spreuke deur Salomo, Hooglied & Prediker 935vC
Groot Profete
Jesaja 700cV; Jeremia 627vC; Klaagliedere 586vC; Esegiël 751vC; Daniël 605vC.
Klein Profete
Hosea, 715vC; Joël 835vC; Amos 760vC; Obadja 853vC; Jona 785vC; Miga 742vC; Nahum 663vC; Habakuk 612vC;
Sefana 640vC; Haggai 520vC; Sagaria 520vC & Maleagi 430 vC.
Die Ou-Testament het ongeveer 1020 jaar geneem om te skryf deur verskillende skrywers en dit vertel dieselfde verhaal. Die Bybel is die oudste boek met die nuutste boodskap.
Skrif: 2 Pet.1:19-21
Week twee. Die Nuwe-Testament
Doel: Die tweede deel van God se Woord.
Voorstelling: In ‘n Testament is gewoonlik die wens van ‘n persoon wat sterf en daar in staan wie wat gaan erf. Gedurende die Ou Testament se tydperk moes diere geoffer word vie die sonde van mense. In die Nuwe Testament is die Seun van God, Jesus vir ons sondes gesterf sodat ons die ewige lewe deur Jesus kan ontvang. Hy vir ons ‘n Nuwe-Testament agtergelaat die Nuwe-Testament is soos volg opgedeel:
Die Vier Evangelies en Handelinge
Matteus 60 nC; Markus 55 nC; Lukas 60 nC; Joh. 90 nC; Handelinge 70 nC
Die briewe van Paulus
Romeine 57nC; 1 Kor & 2 Kor 55nC; Gal. 49nC; Efe.60nC; Fil.61nC; Kol. 60nC; 1 & 2 Thess 51nC;1 & 2 Tim. 64nC; Titus 64nC; Filemon 60nC; Heb. 70nC .
Algemene Briewe
Jak. 49nC; 1 & 2 Pet 62nC; 1 , 2, & 3 Joh. 85nC; Judas 65nC & Openbaring 95nC
Die laaste boek is geskryf op Patmos 95 nC
Die Bybel is dus van 1450vC tot 95nC geskryf.
66 Boeke oor ‘n tydperk van 1545 jaar.
Evangelie beteken goeie nuus. Daar is vier verskillende mense wat die gebeure van Jesus vertel. Ons kan nou vier verskillende sienings sien, soos hulle dit ervaar het. Lukas was 'n geleerde man en 'n mediese dokter. Hy het nie self saam met Jesus geloop nie maar navorsing gedoen en dit in chronologiese volgorde in sy boek weergegee. (in volgorde soos dit gebeur het) Hy het ook Handelinge geskryf wat die oorsprong van die nuwe bedeling van die Kerk weerspieël. Die briewe is gerig aan gemeentes in die tyd van Paulus, maar dit is ook briewe wat aan ons gerig is om ons te help om ons verhouding met God te verbeter, en om ons leiding te gee sodat ons op die regte pad kan loop. Openbaring word ook chronologies geskryf. Openbaring is net soos die boek se naam, dit openbaar aan ons wat aan die einde van die tyd sal gebeur.
Skrif: Die doel van die Bybel is: 2 Tim.3:14-17
Week Drie. Hoekom is die Bybel daar?
Doel: Die Bybel is God se brief aan ons waarin ons leer wie God is asook die weg na God en Sy wil.
Voorstelling: Sonder die Bybel sou ons God nooit werklik kon verstaan nie, en die weg na die ewige lewe sou vir ons onbekend wees. Omdat God ons liefhet, gee Hy vir ons 'n handboek en padkaart wat ons meer van 'n wonderlike lewe leer. Gebruik 'n padkaart en help die kinders om 'n roete te bepaal. Die Ou Testament leer ons wie God is, en die Nuwe Testament leer ons hoe om na God te kom. Wys hulle ook daarop dat die Bybel 'n tipe padkaart is wat vir ons die pad na God wys. As ons die letters neem:
Bybel: B - Bly; Y - Ywerig; B - Beerf; E - Ewige; L - Lewe
Bibel: B - Basic; I - Instructions; B -Before; L - Leaving; E - Earth
Baie regeerdes het al probeer om die Bybel en sy inhoud te vernietig maar nie daarin geslaag nie. Daar is vandag baie verskillende vertalings asook Bybels vir die jeug, vir vroue, vir mans, ens. Ons met net versigting wees om nie deur die verskillende vertalings ‘n verkeerde en verdraaie boodskap te ontvang nie. In ons kerk gebruik ons hoofsaaklik die ou of die 1933 vertaling. Daar is ook tye wat ons na die oorspronklike tale van die Bybel naslaan. Die ou testament is hoofsaaklik in Hebreeus geskyf en die Nuwe vertaling in Grieks.
Skrif: Matt. 5:18-19; Efe. 4:5-6; Openb 22:18 & Ps. 119.
Week vier. - Die Bybel bewys self dat wat daarin geskryf is die waarheid is.
Doel: Mense het al baie keer probeer om die Bybel verkeerd te bewys maar tyd het oor en oor bewys dat God se Woord die waarheid is.
Voorstelling: Kyk na ‘n paar bewyse:
Die ou mense het gedink dat die aarde plat is en dit het ‘n man soos Christopher Colombus gekos om te bewys dat die aarde rond is. Maar die Bybel praat in Jesaja 732 vC in Jes 40:22: Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos ‘n dun doek en sprei dit uit soos ‘n tent om in te woon. Die ou aard vaders het beweer dat die aarde op pilare staan.
In Job 26:7 voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor ‘n niks; (1450 vC)
‘n Rekenaar het agtergekom dat daar 24 uur in tyd weg is Die Bybel praat daarvan in
Jos 10:12-13 Toe het Josua met die HERE gespreek, op die dag dat die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die oë van Israel gesê: Son, staan stil in Gíbeon, en maan, in die dal van Ajalon! Staan dit nie geskrywe in die Boek van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent ‘n volle dag.
2Kon 20:10-11 Toe sê Jehiskía: Dit is maklik vir die skaduwee om tien grade te daal; nee, maar laat die skaduwee teruggaan, tien grade agteruit. En Jesaja, die profeet, het die HERE aangeroep, en Hy het die skaduwee op die grade waarlangs dit op die grade van Agas se sonnewyser gedaal het, laat teruggaan, tien grade agteruit.
Die wetenskap het onlangs eers agtergekom dat die son in ‘n wentelbaan is.
Psa 19:5-6 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin ‘n tent gemaak; en dié is soos ‘n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos ‘n held om die pad te loop.
Die Bybel is die waarheid en dit wat daarin staan het gebeur en asook wat nou plaasvind.
Skrif: Matt. 5:18-19 & 2 Pet. 3:9-15
Week Vyf: Hoe leer ‘n mens die Bybel?
Doel: Bybel studie is ‘n taak wat elke mens moet doen om kennis van God op te doen en jouself gereed te kry om God te ontmoet.
Voorstelling: Sonder kennis van God se woord sal baie mense verlore gaan. Did Bybel is soos ‘n kaart wat jou na ‘n skat lei wat vir jou baie waarde het; die ewigdurende lewe. Daar is twee hoof maniere om die Bybel te leer ken. Die een is Boeke-studie en die ander is onderwerp studie. Kies ‘n boek in die Bybel en ‘n boekie waarin jy jou opsomings kan inskryf. Ondersoek die volgende onderwerpe, en skryf dit neer:
Ek stel voor dat jy vir die kinders `n voorbeeld maak waar en hoe hulle dit na inskryf. Maak vooraf self ‘n studie van ‘n Bybel boek en help die kinders om self voort te gaan. Jy kan ook vir die gemeente Leeraar vra om jou te help.
Week Ses: Onderwerp studie
Doel: Onderwerp studie is belangrik want dit is waar ons op ‘n persoonlike ontdekkings tog, deur die Bybel gaan.
Voorstelling: Besluit op 1n onderwerk, of `n onderwerp waaroor hulle onseker is. Vra die Heilige Gees om te help. Skryf die onderwerp neer in jou studie boekie wat jy vir jouself kan maak. Soek dan skrifte is die Bybel wat oor die onderwerp gaan. Om jou te help maak gebruik van die Bybel op die internet. Weereens moet hulle die boekie. Kies onderwerpe soos: Doop, Siekte, Jesus, Heilige Gees, Gebed… ens
Hulle kan ook die gemeente Leeraar nader vir meer inligting oor die onderwerp. Bepaal ‘n onderwerp wat vir die meerderheid kinders sal werk. Leer hulle om te bid en vir die Here te vra om hulle te help met hulle studie. Onthou dat die Heilige Gees daar is om ons te leer.
Skrif: Joh 14:26 &1Joh. 2:27
Week sewe: Hoe verstaan ek die Bybel?
Doel: Om die kinders te leer om ‘n gedeelte van Skrif te ontleed.
Voorstelling: Om ‘n Skrif gedeelte uit te lê en te verstaan moet u die volgende doen; die eerste vier is belangrik:
Die tweede kwartaal: Die ou-verbond.
Week een: Die verbond met Abraham
Doel: God wil Sy kinders afsonder van die mense van die wêreld en hulle leer om voorspoedig te wees in alles wat hulle doen.
Voorstelling: Hier kan jy 'n kontrak gebruik, of huurkoop om dit duideliker te maak. As ons iets met ons vriende geruil of gekoop het, moet daar 'n ooreenkoms wees. Die kontrak bepaal wat jy moet gee en wat jy sal ontvang!
Wat is 'n verbond? Dit is dieselfde as 'n kontrak tussen twee partye. As een van die partye hierdie ooreenkoms verbreek, verval die kontrak en het geen waarde nie. God sê: As jy hierdie verbond hou, sal Ek jou 'n vader van baie nasies maak en jou seën. As ons na die verbond of kontrak kyk sal ons sien dat die Here nie onmoontlike dinge van ons verwag nie. Die Here sal nie die verbond of kontrak verbreek nie, maar as mense ongehoorsaam is aan die Here sal hulle die oorsaak wees dat daardie verbond verbreek word. As die mense die verbond of kontrak verbreek, moet iemand daarvoor betaal, voordat die kontrak weer voortgaan. In die Ou Testament moes 'n dier sterf vir die verbreking van die kontrak wat mense deur sonde veroorsaak het.
Skrif: Gen 11:11-17, Gen 17:1-17; Deut 30:11-20 & Ex. 20:1-17
Week twee: Die nuwe verbond
Doel: Die ou verbond is uiterlik en die nuwe verbond is jou innerlike gesindheid.
Voorstelling: Die nuwe verbond het van krag gekom nadat Jesus vir ons op Golgota gesterf het. Jesus is vir ons sondes geoffer. Jesus, is nou ons Hoër Priester wat vir ons intree by God die Vader.
Wat is die verskil van die nuwe en die ou verbond? In die ou verbond moes diere geoffer word om vir die sonde van mense te betaal, in die nuwe Verbond is die Seun van God vir die mens se sondes geoffer. Die nuwe verbond is ook `n ooreenkoms tussen God en mense. Hoewel die ooreenkomste verskil. Die ou verbond het bestaan uit uiterlike gehoorsaamheid aan die wette wat God. Die nuwe nuwe verbond is op die uiterlike sowel as die innerlike van mens gebaseer.
Mat_22:37-33 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself,
Die ou verbond is op kliptaffels geskryf, en die nuwe verbond op die hart taffel van die mens. Indien hierdie verbond verbreek word moet ons, dit belei en vir Jesus vra om ons te vergewe, daarvoor het Jesus op die kruis vir ons sondes Sy bloed geoffer. Maar ons kan nie met die genade van die Here mors deur te sondig en elke keer maar net vergifnis vra nie.
Skrif: Jer 31:31-34; Matt. 5:1-48 & Matt 7:12-14.
Week drie: Inlywing van die ou en nuwe verbonde
Doel: ‘n Verbond is nie net ‘n besluit nie maar daaraan kos `n prys.
Voorstelling: As ons ‘n kontrak met iemand sluit moet ons die kontrak teken, met getuies, Maar die verbond wat God ingestel het, kan slegs bekragting word deur offer bloed, omdat sonde nie net maklik vergewe kan word nie; iemand moes betaal met sy lewe vir vergifnis!
Die loon van sonde is die dood, en vergifnis kan slegs plaasvind deur iemand wat vir sonde moet sterf.
Die ou verbond het begin met die offer van Isak deur sy Vader Abraham. God het Isak gespaar en het Abraham se gehoorsaanheid getoets. God die Vader het Sy Seun Jesus gestuur en Jesus is geoffer aan die Kruis van Golgota vir ons sondes. Om weer ons verbond met God te herstel, die offer lam moet sonder gebrek en sonde wees. Jesus sonder sonde in Sy lewe vir ons offer, sodat ons Verbond met God herstel kan word.
Skrif: Gen. 22:1-15; Deut.15:21; Heb.9:11-28; Jes. 53:1-10 & Joh. 3:16-17.
Week vier: Menslike priesters van die ou verbond word vervang deur Christus die Hoëpriester van die Nuwe verbond.
Doel: Die nuwe verbond is ‘n baie beter weg as die oue.
Voorstelling: Die priester van die ou verbond was 'n persoon wat nie altyd ander kon verstaan en saam met hulle voel nie. Met Jesus die priester van die nuwe verbond is dit baie beter, omdat Hy ons beter verstaan en omdat Hy ons liefhet, het Hy ons geskep en met Sy bloed gekoop!
Gewone mense verstaan nie altyd waardeur ander gaan nie. Jesus het al die trauma op aarde beleef, daarom verstaan Hy ons wanneer ons deur moeilike tye gaan. Selfs mense wat lief is vir en vir mekaar omgee, het nie altyd die vermoë om mekaar te help nie. Jesus is God wat 'n mens geword het soos ons sodat Hy ons van nader kon leer ken; Sy liefde vir 'n mens het geen preke nie. Waar mense soms hul gesig van jou sal wegdraai, sal Jesus jou bystaan as jy met eerlikheid en opregtheid na Hom toe gaan, want Hy verstaan jou omstandighede, Hy weet alles van jou en wil jou ondersteun.
Vra vir die kinders of hulle ouers en vriende hulle altyd verstaan, niks is so moeilik om vir ander te vertel hoe jy voel nie want hulle verstaan dit nie altyd nie. Jesus verstaan jou beter as wat jy jouself verstaan, Hy het jou geskep en was daar voor jou geboorte en weet alles van jou; Hy verstaan jou.
Skrif: Heb. 2:14-18; Heb. 4:14-16 & Jes 43:1-4.
Week vyf: Wat word van die ou verbond?
Doel: Die ou verbond word vervang met ‘n nuwe sodat ons deel kan word van God se nuwe plan vir ons lewe.
Voorstelling: Die nuwe verbond is meer as net 'n nuwe verbond, dit is 'n nuwe lewe in Christus wat hier op aarde begin en tot in alle ewigheid strek.
Daar sal nie weer 'n ander verbond gemaak word nie. Die duurste prys is betaal om die laaste verbond met die mens te sluit. Of jy aanvaar dit of jy verwerp dit. Mense wat dit aanvaar sal vir ewig saam met Christus regeer, Mense wat dit nie aanvaar nie sal ewig gepynig word in die Hel vuur. Die verbond of kontrak is reeds gesluit, dit kan nooit weer verander word nie!
Jesus het uit die hemel gekom en Homself verneder om gelyk te word aan die mens wat Hy geskep het, en moes verwerping en vernedering ervaar. Hy het na Sy eie gekom en is gemartel, bespot en vermoor deur die mense wat Hy liefhet!
Skrif: Joh 1:1-14; Fil 2:4-10; Heb.10:1-31 & Rom.5: 1-19
Week ses: Wie was Satan en wat was sy houding?
Doel: Satan is geskape en die Here het hom soos ‘n god aangestel,
Voorstelling: Satan is 'n mensemoordenaar, hy is die vernietiger wat mense met sy bose magte aanval. Maar ons wat Jesus as ons Verlosser aangeneem het, hoef nie vir die Duiwel bang te wees nie, want Jesus het hom op Golgota verslaan.
Dit is nie nodig om 'n in-diepte studie van die duiwel te maak nie, maar dit is nodig om te weet wie hy was en wie hy nou is. Wanneer jy besluit om Jesus deel van jou lewe te maak en Hom te gehoorsaam, moet jy verander en breek met jou sonde sodat die duiwel geen houvas op jou lewe kan hê nie, jy moet besluit wat vir jou belangrik is, Jesus of sonde. Sonde maak jou deel van die bose magte, en sonde gee 'n opening vir die bose wat jou wil vernietig! Satan is nie die mens se vriend nie maar die mens se vyand! Die duiwel het teen God opgestaan, dis hoekom Jesus vir ons gesterf het sodat ons deur Jesus verlos kan word uit die duiwel se greep op ons.
Skrif: Jes.14: 8-19; Esg. 28: 13-19 & Joh,8:44.
Week sewe: Sonde bring dood, siekte en lyding in die wêreld.
Doel: Siekte, dood en lyding kom nie van God nie maar van ongehoorsaamheid aan God en sonde!
Voorstelling: God het die wêreld volmaak geskape dit is eers na die die sondeval dat die dood en siekte tussen mense gekom het asook dorings, onkruid en plae in die natuur. God het die wêreld vervloek weens die gehoorsaamheid aan Satan en ongehoorsaamheid aan God. U kan die kinders leer dat hulle self verantwoordelik is vir hulle lewe.
Baie siektes kan vermy word deur slegs gesond te lewe, hoewel siekte deur sonde kom, is die mens die oorsaak van baie siektes. Verkeerde kos, en drink gewoontes maak mense siek. Die gebruik van dwelms, strek drank en rook gewoonte verwoes die lewens van mense. Vriende sal jou aanmoedig om teen God se wil verkeerde dinge te doen, jy is in beheer van jou lewe moenie na hulle luitster nie. Net so het die duiwel Adam en Eva verlei om nie aan God gehoorsaam te wees nie. Pas jou lewe op en geen plek vir die mense vyand nie.
Skrif: Gen.3:1-19; Rom.5:12; Rom 1:18-32; & 1Joh 1:9-10
Die derde kwartaal : Jesus se lewe.
Week een Wie was en is Jesus?
Doel: Jesus is die Seun van God, en Hy is ook God
Voorstelling: Dit is belangrik dat die kinders sal weet dat Jesus God is wat vir ons gesterf het op Golgota. Daar is baie gelowe wat nie aanvaar dat Jesus God is nie. Maak seker dat die Kinders sal weet wie Jesus is.
Jesus is nie geskape soos ‘n mens nie al is Hy gebore op aarde het Hy bestaan voor Hy gebore was. Hy is nie ‘n gewone mens nie, maar het Homself verlaag om soos ‘n mens te word om die duiwel te oorwin as ‘n mens en nie as ‘n God nie. Jesus en die God de Vader is twee afsonderlike persone.
Jesus is die Heilge wat van die ewigheid kom. Miga 5:1 En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.
Jesus is ook Christus: Die geroepende wat van God kom; gesalfde, dit is die Messias.
Mat 1:16 en Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word.
Doel: Jesus se koms was nie net iets wat gebeur het nie, maar God die Vader het dit vooruit beplan.
Voorstelling: God het ons werklik lief en wil nie hê dat ons verlore gaan nie, daarom het Hy vooruit ‘n verlossings plan vir ons uitgewerk deur Jesus, wat Sy lewe vir ons geoffer het. Die naam Jesus beteken verlosser. In die tyd van Jesus se geboorte was daar baie mense met die naam Jesus, maar Hy was die enigste verlosser. Jesus, gee werklik om vir al die kinders, Hy het hulle baie lief en wil hulle help en ondersteun. Hy ken jou op jou naam, en net soos God die Vader Jesus se koms na die aarde vooruit beplan het so het Hy ook jou geboorte beplan! Hy weet alles van jou en my.
Reg deur die Bybel kan ons lees dat Jesus se koms voorspel was, baie jare voordat Hy gekom het. Net so word Sy weerkoms voorspel. Al sê mense wat, en al glo hulle dat Jesus nie gaan kom nie, Hy sal verseker weer kom.
Skrif: Jesus, ken jou voor jou geboorte.Ps. 139,
God die Vader het ons baie lief en Hy het Jesus gestuur nie om ons te oordeel nie. Joh 3:16-17.
Jes. 9:1-9;
Week drie: Die geboorte van Jesus
Doel: Dit was nie ‘n gewone geboorte nie maar ‘n wonderwerk van God.
Voorstelling: Die geboorte van Jesus was ‘n wonderwerk van God. Josef was nie Jesus se regte vader nie, Jesus het van God gekom en is in ‘n maagd gebore ‘n ‘n stal. In alle opsigte gelyk as ‘n mens.
Onderwysers hulp: Jesus, wat God was het mens geword. Hy het soos ons geword omdat ons nie in staat was om die Duiwel te oorwin nie, het Hy soos ons geword om die Duiwel se houvas op die mens te breek. Hy wat Alles geskape het het na Sy skepsels gekom om hulle te help om verlossing te kry. Vandag nog is Sy krag van oorwinning vir ons as mens beskikbaar.
Jesus se moeder was, Maria, Josef was Jesus se voog. Jesus se Vader is God die Vader.
Mat 1:18 Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.
Skrif: Matt.1:18-25; Heb 2:14; Fil 2:6-8 & Tit. 2:11-15.
Week vier: Jesus as kind
Doel: As kind het Hy alreeds Sy alles aan God gegee.
Voorstelling: Soos Jesus van kleins af God se Woord geken, Het Hy dit wat hy geleer het vir groot mense vertel. Ons moet ook nie die kennis wat ons leer vir onself hou nie, maar vir ander vertel wat ons geleer het.
Die profete het Jesus erken, hoewel Hy ‘n klein baba was, het die Heilige Gees aan hulle gepeobaar wie Jesus weklik was. Jesus het van kleins af God se Woord geleer, en dit wat Hy geleer het het Hy weer ander geleer.
Skrif: Luk.2:41-52 & 2Tim 4:1-8; asook Jer.1:1-8.
Week vyf : Jesus word gedoop
Doel: Jesus stel die voorbeeld vir ons.
Voorstelling: Jesus het Homself ten volle aan die nuwe weg onderwerp. Hy het nie gekom en slegs gesê wat ons moet doen nie maar het die voorbeeld gestel sodat ons dit kan navolg. Die weg om Jesus te volg is nie moeilik nie. Jesus het dit eers self geloop voordat Hy ons beveel het om dit te loop.
Die doop is ‘n belangrike stap wat elke mens moet neem nadat hulle Jesus as Verlosser aangeneem het. Daarom het Jesus gesê: “Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul.” God die Vader het ook Jesus se doop ondersteun: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.”
As Jesus dit gesê het moet ons wat Hom wil volg ook doen wat Hy gedoen het. Maar dit is belangrik dat julle eers Jesus aan neem, en julle bekeer, en julle lewe moet wys dat julle kinders van God is Matt.3:7-10
Die doop is ook die begrafnis vir die mense wat hul sondige lewe verlaat het en Jesus volg. Rom 6:1-9.
Die doop is nie vir klein babas nie. Mense wat Jesus aanneem en volg word gedoop. Hand 2:38-39.
Die doop is ook nie besprinkeling nie maar onderdompeling: Gaan na “Die wedergeboorte” om die volheid van die doop te verstaan.
Skrif: Matt. 3:13-14.
Week ses: Jesus se werke
Doel: Jesus se werke het begin nadat Hy met water en Gees gedoop was.
Voorstelling: Hier moet u ‘n studie van Jesus se wonderwerke maak en dit aan die kinders kortliks verhaal. Net soos Jesus nie direk na Sy doop hemel toe gegaan het nie maar vir God gewerk het so moet die einddoel van ons verhouding met God nie slegs die redding van ons siele wees nie maar ons werke vir Hom.
Wat maak ‘n mens as jy iets ontvang? Hou jy dit vir jouself of deel jy dit met ander? Mense word nie net gered om hemel toe te gaan nie. Ons moet ander wat Jesus nie ken nie van Jesus vertel. Ons moet ook vir siekes en behoeftiges bid sodat Jesus hulle kan gesond maak of vir hulle voorsien in hulle behoeftes. God gebruik alle mense van alle ouderdome, en Hy wil jou ook gebruik. Hy nie nie meer op die aarde nie, daarom wil Hy deur elkeen van ons werk.
Net `n paar Wonderwerke van baie: Joh 21:25
Week sewe: Jesus se liefde vir ons
Doel: Jesus het ons werklik lief.
Voorstelling: Jesus noem ons Sy vriende, Hy wil met elkeen van ons ‘n persoonlike verhouding hê.
Om net te dink dat die God wat die wêreld geskape het ons so lief het dat Hy vir ons sondes gesterf het is meer as net wonderlik. Hy ken elke mens en weet alles van jou en my. Al het ons Hom deur ons sondes seer gemaak, is Sy liefde groot genoeg om ons te vergewe! Hy wat in die Hemel gewoon het, het Homself verneder om deur die mense wat Hy gemaak het geslaan te word en op die kruis opgehang te word. Selfs in die tyd van pyn en vernedering het Hy uitgeroep “Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.”
Skrif: Joh. 3:16-18; Joh. 15: 1-17; Joh. 21: 15-17 & Jes 53:1-7.

- Wie is die skrywer?
- Wanneer en waar is dit geskryf?
- Wat is die hoof tema?
- Vir wie is dit geskryf?
- Wat kan ek daaruit vir myself leer?
Ek stel voor dat jy vir die kinders `n voorbeeld maak waar en hoe hulle dit na inskryf. Maak vooraf self ‘n studie van ‘n Bybel boek en help die kinders om self voort te gaan. Jy kan ook vir die gemeente Leeraar vra om jou te help.
Week Ses: Onderwerp studie
Doel: Onderwerp studie is belangrik want dit is waar ons op ‘n persoonlike ontdekkings tog, deur die Bybel gaan.
Voorstelling: Besluit op 1n onderwerk, of `n onderwerp waaroor hulle onseker is. Vra die Heilige Gees om te help. Skryf die onderwerp neer in jou studie boekie wat jy vir jouself kan maak. Soek dan skrifte is die Bybel wat oor die onderwerp gaan. Om jou te help maak gebruik van die Bybel op die internet. Weereens moet hulle die boekie. Kies onderwerpe soos: Doop, Siekte, Jesus, Heilige Gees, Gebed… ens
Hulle kan ook die gemeente Leeraar nader vir meer inligting oor die onderwerp. Bepaal ‘n onderwerp wat vir die meerderheid kinders sal werk. Leer hulle om te bid en vir die Here te vra om hulle te help met hulle studie. Onthou dat die Heilige Gees daar is om ons te leer.
Skrif: Joh 14:26 &1Joh. 2:27
Week sewe: Hoe verstaan ek die Bybel?
Doel: Om die kinders te leer om ‘n gedeelte van Skrif te ontleed.
Voorstelling: Om ‘n Skrif gedeelte uit te lê en te verstaan moet u die volgende doen; die eerste vier is belangrik:
- Lê dit letterlik uit (‘n mens praat wat hy bedoel moenie jou mening byvoeg of weglaat nie).
- Vra die Heilige Gees vir leiding.
- Hou by die Skrif verband (lees die hele hoofstuk) Vra jouself wat is die hoofgedagte, waar het dit plaasgevind, wat kan ek leer en in my lewe toepas? (probeer die volle of hoofgedagte te verstaan)
- Kwalifiseer jou uitleg. (Dit mag nie verskil met die boodskap in die res van die Bybel nie)
- Probeer meer inligting oor historiese feite; gewoontes, leefwyse, kultuur en praat gewoontes te kry.
- Raadpleeg kenners. (Vra mense of kyk in boeke oor die onderwerp. Kwalifiseer ook hul stellings met die Skrif.
- Hou altyd ‘n oop gemoed, moenie net dit uithaal of byvoeg nie.
- Indien moontlik kyk wat sê die oorspronklike taal waarin die Bybel geskryf is. Ou-Testament is in Hebreeus en die Nuwe- Testament in Grieks geskryf.

- Maak gebruik van verskillende vertalings.
Die tweede kwartaal: Die ou-verbond.
Week een: Die verbond met Abraham
Doel: God wil Sy kinders afsonder van die mense van die wêreld en hulle leer om voorspoedig te wees in alles wat hulle doen.
Voorstelling: Hier kan jy 'n kontrak gebruik, of huurkoop om dit duideliker te maak. As ons iets met ons vriende geruil of gekoop het, moet daar 'n ooreenkoms wees. Die kontrak bepaal wat jy moet gee en wat jy sal ontvang!
Wat is 'n verbond? Dit is dieselfde as 'n kontrak tussen twee partye. As een van die partye hierdie ooreenkoms verbreek, verval die kontrak en het geen waarde nie. God sê: As jy hierdie verbond hou, sal Ek jou 'n vader van baie nasies maak en jou seën. As ons na die verbond of kontrak kyk sal ons sien dat die Here nie onmoontlike dinge van ons verwag nie. Die Here sal nie die verbond of kontrak verbreek nie, maar as mense ongehoorsaam is aan die Here sal hulle die oorsaak wees dat daardie verbond verbreek word. As die mense die verbond of kontrak verbreek, moet iemand daarvoor betaal, voordat die kontrak weer voortgaan. In die Ou Testament moes 'n dier sterf vir die verbreking van die kontrak wat mense deur sonde veroorsaak het.
Skrif: Gen 11:11-17, Gen 17:1-17; Deut 30:11-20 & Ex. 20:1-17
Week twee: Die nuwe verbond
Doel: Die ou verbond is uiterlik en die nuwe verbond is jou innerlike gesindheid.
Voorstelling: Die nuwe verbond het van krag gekom nadat Jesus vir ons op Golgota gesterf het. Jesus is vir ons sondes geoffer. Jesus, is nou ons Hoër Priester wat vir ons intree by God die Vader.
Wat is die verskil van die nuwe en die ou verbond? In die ou verbond moes diere geoffer word om vir die sonde van mense te betaal, in die nuwe Verbond is die Seun van God vir die mens se sondes geoffer. Die nuwe verbond is ook `n ooreenkoms tussen God en mense. Hoewel die ooreenkomste verskil. Die ou verbond het bestaan uit uiterlike gehoorsaamheid aan die wette wat God. Die nuwe nuwe verbond is op die uiterlike sowel as die innerlike van mens gebaseer.
Mat_22:37-33 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself,
Die ou verbond is op kliptaffels geskryf, en die nuwe verbond op die hart taffel van die mens. Indien hierdie verbond verbreek word moet ons, dit belei en vir Jesus vra om ons te vergewe, daarvoor het Jesus op die kruis vir ons sondes Sy bloed geoffer. Maar ons kan nie met die genade van die Here mors deur te sondig en elke keer maar net vergifnis vra nie.
Skrif: Jer 31:31-34; Matt. 5:1-48 & Matt 7:12-14.
Week drie: Inlywing van die ou en nuwe verbonde
Doel: ‘n Verbond is nie net ‘n besluit nie maar daaraan kos `n prys.
Voorstelling: As ons ‘n kontrak met iemand sluit moet ons die kontrak teken, met getuies, Maar die verbond wat God ingestel het, kan slegs bekragting word deur offer bloed, omdat sonde nie net maklik vergewe kan word nie; iemand moes betaal met sy lewe vir vergifnis!
Die loon van sonde is die dood, en vergifnis kan slegs plaasvind deur iemand wat vir sonde moet sterf.
Die ou verbond het begin met die offer van Isak deur sy Vader Abraham. God het Isak gespaar en het Abraham se gehoorsaanheid getoets. God die Vader het Sy Seun Jesus gestuur en Jesus is geoffer aan die Kruis van Golgota vir ons sondes. Om weer ons verbond met God te herstel, die offer lam moet sonder gebrek en sonde wees. Jesus sonder sonde in Sy lewe vir ons offer, sodat ons Verbond met God herstel kan word.
Skrif: Gen. 22:1-15; Deut.15:21; Heb.9:11-28; Jes. 53:1-10 & Joh. 3:16-17.
Week vier: Menslike priesters van die ou verbond word vervang deur Christus die Hoëpriester van die Nuwe verbond.
Doel: Die nuwe verbond is ‘n baie beter weg as die oue.
Voorstelling: Die priester van die ou verbond was 'n persoon wat nie altyd ander kon verstaan en saam met hulle voel nie. Met Jesus die priester van die nuwe verbond is dit baie beter, omdat Hy ons beter verstaan en omdat Hy ons liefhet, het Hy ons geskep en met Sy bloed gekoop!
Gewone mense verstaan nie altyd waardeur ander gaan nie. Jesus het al die trauma op aarde beleef, daarom verstaan Hy ons wanneer ons deur moeilike tye gaan. Selfs mense wat lief is vir en vir mekaar omgee, het nie altyd die vermoë om mekaar te help nie. Jesus is God wat 'n mens geword het soos ons sodat Hy ons van nader kon leer ken; Sy liefde vir 'n mens het geen preke nie. Waar mense soms hul gesig van jou sal wegdraai, sal Jesus jou bystaan as jy met eerlikheid en opregtheid na Hom toe gaan, want Hy verstaan jou omstandighede, Hy weet alles van jou en wil jou ondersteun.
Vra vir die kinders of hulle ouers en vriende hulle altyd verstaan, niks is so moeilik om vir ander te vertel hoe jy voel nie want hulle verstaan dit nie altyd nie. Jesus verstaan jou beter as wat jy jouself verstaan, Hy het jou geskep en was daar voor jou geboorte en weet alles van jou; Hy verstaan jou.
Skrif: Heb. 2:14-18; Heb. 4:14-16 & Jes 43:1-4.
Week vyf: Wat word van die ou verbond?
Doel: Die ou verbond word vervang met ‘n nuwe sodat ons deel kan word van God se nuwe plan vir ons lewe.
Voorstelling: Die nuwe verbond is meer as net 'n nuwe verbond, dit is 'n nuwe lewe in Christus wat hier op aarde begin en tot in alle ewigheid strek.
Daar sal nie weer 'n ander verbond gemaak word nie. Die duurste prys is betaal om die laaste verbond met die mens te sluit. Of jy aanvaar dit of jy verwerp dit. Mense wat dit aanvaar sal vir ewig saam met Christus regeer, Mense wat dit nie aanvaar nie sal ewig gepynig word in die Hel vuur. Die verbond of kontrak is reeds gesluit, dit kan nooit weer verander word nie!
Jesus het uit die hemel gekom en Homself verneder om gelyk te word aan die mens wat Hy geskep het, en moes verwerping en vernedering ervaar. Hy het na Sy eie gekom en is gemartel, bespot en vermoor deur die mense wat Hy liefhet!
Skrif: Joh 1:1-14; Fil 2:4-10; Heb.10:1-31 & Rom.5: 1-19
Week ses: Wie was Satan en wat was sy houding?
Doel: Satan is geskape en die Here het hom soos ‘n god aangestel,
Voorstelling: Satan is 'n mensemoordenaar, hy is die vernietiger wat mense met sy bose magte aanval. Maar ons wat Jesus as ons Verlosser aangeneem het, hoef nie vir die Duiwel bang te wees nie, want Jesus het hom op Golgota verslaan.
Dit is nie nodig om 'n in-diepte studie van die duiwel te maak nie, maar dit is nodig om te weet wie hy was en wie hy nou is. Wanneer jy besluit om Jesus deel van jou lewe te maak en Hom te gehoorsaam, moet jy verander en breek met jou sonde sodat die duiwel geen houvas op jou lewe kan hê nie, jy moet besluit wat vir jou belangrik is, Jesus of sonde. Sonde maak jou deel van die bose magte, en sonde gee 'n opening vir die bose wat jou wil vernietig! Satan is nie die mens se vriend nie maar die mens se vyand! Die duiwel het teen God opgestaan, dis hoekom Jesus vir ons gesterf het sodat ons deur Jesus verlos kan word uit die duiwel se greep op ons.
Skrif: Jes.14: 8-19; Esg. 28: 13-19 & Joh,8:44.
Week sewe: Sonde bring dood, siekte en lyding in die wêreld.
Doel: Siekte, dood en lyding kom nie van God nie maar van ongehoorsaamheid aan God en sonde!
Voorstelling: God het die wêreld volmaak geskape dit is eers na die die sondeval dat die dood en siekte tussen mense gekom het asook dorings, onkruid en plae in die natuur. God het die wêreld vervloek weens die gehoorsaamheid aan Satan en ongehoorsaamheid aan God. U kan die kinders leer dat hulle self verantwoordelik is vir hulle lewe.
Baie siektes kan vermy word deur slegs gesond te lewe, hoewel siekte deur sonde kom, is die mens die oorsaak van baie siektes. Verkeerde kos, en drink gewoontes maak mense siek. Die gebruik van dwelms, strek drank en rook gewoonte verwoes die lewens van mense. Vriende sal jou aanmoedig om teen God se wil verkeerde dinge te doen, jy is in beheer van jou lewe moenie na hulle luitster nie. Net so het die duiwel Adam en Eva verlei om nie aan God gehoorsaam te wees nie. Pas jou lewe op en geen plek vir die mense vyand nie.
Skrif: Gen.3:1-19; Rom.5:12; Rom 1:18-32; & 1Joh 1:9-10
Die derde kwartaal : Jesus se lewe.
Week een Wie was en is Jesus?
Doel: Jesus is die Seun van God, en Hy is ook God
Voorstelling: Dit is belangrik dat die kinders sal weet dat Jesus God is wat vir ons gesterf het op Golgota. Daar is baie gelowe wat nie aanvaar dat Jesus God is nie. Maak seker dat die Kinders sal weet wie Jesus is.
Jesus is nie geskape soos ‘n mens nie al is Hy gebore op aarde het Hy bestaan voor Hy gebore was. Hy is nie ‘n gewone mens nie, maar het Homself verlaag om soos ‘n mens te word om die duiwel te oorwin as ‘n mens en nie as ‘n God nie. Jesus en die God de Vader is twee afsonderlike persone.
Jesus is die Heilge wat van die ewigheid kom. Miga 5:1 En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.
Jesus is ook Christus: Die geroepende wat van God kom; gesalfde, dit is die Messias.
Mat 1:16 en Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word.
- In die ou Testament is Hy die Here van die Leerskare; Jes.44:6.
- Hy is die Skepper van alles wat bestaan; Joh.1:1-14.
- Jesus is God wat tussen ons gewoon het; Fil. 2:5-6.
- Jesus is ons Hoër Priester wat vir ons intree by Sy Vader; Luk 22:29; Heb.4:14-16 & Heb 5:1-10.
- Jesus is die Seun van die Mens; Dan. 7:13.
- Jesus is die enigste weg na God die Vader; Joh. 14:6.
- Jesus is wat Hy is en kan nie verander nie: Heb13:8.
- Jesus is die lig wat gekom het, in Hom is daar geen duisternis nie, Hy openbaar en bedek niks.Joh 1:4-5
Doel: Jesus se koms was nie net iets wat gebeur het nie, maar God die Vader het dit vooruit beplan.
Voorstelling: God het ons werklik lief en wil nie hê dat ons verlore gaan nie, daarom het Hy vooruit ‘n verlossings plan vir ons uitgewerk deur Jesus, wat Sy lewe vir ons geoffer het. Die naam Jesus beteken verlosser. In die tyd van Jesus se geboorte was daar baie mense met die naam Jesus, maar Hy was die enigste verlosser. Jesus, gee werklik om vir al die kinders, Hy het hulle baie lief en wil hulle help en ondersteun. Hy ken jou op jou naam, en net soos God die Vader Jesus se koms na die aarde vooruit beplan het so het Hy ook jou geboorte beplan! Hy weet alles van jou en my.
Reg deur die Bybel kan ons lees dat Jesus se koms voorspel was, baie jare voordat Hy gekom het. Net so word Sy weerkoms voorspel. Al sê mense wat, en al glo hulle dat Jesus nie gaan kom nie, Hy sal verseker weer kom.
Skrif: Jesus, ken jou voor jou geboorte.Ps. 139,
God die Vader het ons baie lief en Hy het Jesus gestuur nie om ons te oordeel nie. Joh 3:16-17.
Jes. 9:1-9;
Week drie: Die geboorte van Jesus
Doel: Dit was nie ‘n gewone geboorte nie maar ‘n wonderwerk van God.
Voorstelling: Die geboorte van Jesus was ‘n wonderwerk van God. Josef was nie Jesus se regte vader nie, Jesus het van God gekom en is in ‘n maagd gebore ‘n ‘n stal. In alle opsigte gelyk as ‘n mens.
Onderwysers hulp: Jesus, wat God was het mens geword. Hy het soos ons geword omdat ons nie in staat was om die Duiwel te oorwin nie, het Hy soos ons geword om die Duiwel se houvas op die mens te breek. Hy wat Alles geskape het het na Sy skepsels gekom om hulle te help om verlossing te kry. Vandag nog is Sy krag van oorwinning vir ons as mens beskikbaar.
Jesus se moeder was, Maria, Josef was Jesus se voog. Jesus se Vader is God die Vader.
Mat 1:18 Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.
Skrif: Matt.1:18-25; Heb 2:14; Fil 2:6-8 & Tit. 2:11-15.
Week vier: Jesus as kind
Doel: As kind het Hy alreeds Sy alles aan God gegee.
Voorstelling: Soos Jesus van kleins af God se Woord geken, Het Hy dit wat hy geleer het vir groot mense vertel. Ons moet ook nie die kennis wat ons leer vir onself hou nie, maar vir ander vertel wat ons geleer het.
Die profete het Jesus erken, hoewel Hy ‘n klein baba was, het die Heilige Gees aan hulle gepeobaar wie Jesus weklik was. Jesus het van kleins af God se Woord geleer, en dit wat Hy geleer het het Hy weer ander geleer.
Skrif: Luk.2:41-52 & 2Tim 4:1-8; asook Jer.1:1-8.
Week vyf : Jesus word gedoop
Doel: Jesus stel die voorbeeld vir ons.
Voorstelling: Jesus het Homself ten volle aan die nuwe weg onderwerp. Hy het nie gekom en slegs gesê wat ons moet doen nie maar het die voorbeeld gestel sodat ons dit kan navolg. Die weg om Jesus te volg is nie moeilik nie. Jesus het dit eers self geloop voordat Hy ons beveel het om dit te loop.
Die doop is ‘n belangrike stap wat elke mens moet neem nadat hulle Jesus as Verlosser aangeneem het. Daarom het Jesus gesê: “Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul.” God die Vader het ook Jesus se doop ondersteun: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.”
As Jesus dit gesê het moet ons wat Hom wil volg ook doen wat Hy gedoen het. Maar dit is belangrik dat julle eers Jesus aan neem, en julle bekeer, en julle lewe moet wys dat julle kinders van God is Matt.3:7-10
Die doop is ook die begrafnis vir die mense wat hul sondige lewe verlaat het en Jesus volg. Rom 6:1-9.
Die doop is nie vir klein babas nie. Mense wat Jesus aanneem en volg word gedoop. Hand 2:38-39.
Die doop is ook nie besprinkeling nie maar onderdompeling: Gaan na “Die wedergeboorte” om die volheid van die doop te verstaan.
Skrif: Matt. 3:13-14.
Week ses: Jesus se werke
Doel: Jesus se werke het begin nadat Hy met water en Gees gedoop was.
Voorstelling: Hier moet u ‘n studie van Jesus se wonderwerke maak en dit aan die kinders kortliks verhaal. Net soos Jesus nie direk na Sy doop hemel toe gegaan het nie maar vir God gewerk het so moet die einddoel van ons verhouding met God nie slegs die redding van ons siele wees nie maar ons werke vir Hom.
Wat maak ‘n mens as jy iets ontvang? Hou jy dit vir jouself of deel jy dit met ander? Mense word nie net gered om hemel toe te gaan nie. Ons moet ander wat Jesus nie ken nie van Jesus vertel. Ons moet ook vir siekes en behoeftiges bid sodat Jesus hulle kan gesond maak of vir hulle voorsien in hulle behoeftes. God gebruik alle mense van alle ouderdome, en Hy wil jou ook gebruik. Hy nie nie meer op die aarde nie, daarom wil Hy deur elkeen van ons werk.
Net `n paar Wonderwerke van baie: Joh 21:25
- Water verander is Wyn: Joh 2:1-11
- Genesing & duiwels uitgedryf: Matt 4:23-24
- Genesing van `n melaatse: Mark 8:1-4
- Genesing Romeinse hoofman oor 100: Matt 8:5-13
- Genesing van Petrus se skoonma en ander genees en duiwels uitgedryf: Matt 8:14-15
- Kalmeer die storm op die see: Matt 8:23-27.
- Dryf duiwels uit in Gadara: Matt 8:28.
- Genesing van die verlamde man; Matt 9:1-7.
- Genesing van die vrou met bloedvloeing: Matt 9:20-22.
- Opweking van Jairus se dogter: Matt 9:23-25.
- Opwekking van Lasarus: Joh11:38-44.