Graad drie God se Helde Die eerste kwartaal – Die Rigters Week een. - Gideon God se Man Doel: God gebruik gewone mense vir Sy taak. Voorstelling: Een van die wette wat nie net in die Bybel van krag is nie, maar reg deur ons lewe is “ Wat jy saai sal jy maai” Elke keer as die Joode teen die Here gesondig het, het die Here hulle verlaat en dan het dit swaar met hulle gegaan. Maar die Here het hulle weer vergewe as hulle berou gehad het oor hulle sonde en hulle na Hom roep vir help. God gebruik mense om hulle uit hul probleme te help. Daarom het die Here Gideon gebruik om die volk te verlos. So kan die Here ons ook gebruik om vir Hom ‘n taak uit te voer. Daar is so baie maatjies wat nie kerk toe gaan nie, en nie weet dat Jesus hulle liefhet nie. Daarom het God elkeen van ons geroep om vir Hom te werk. Engel met ‘n hoofletter in die Bybel geskryf, beteken dit dat die Here self in die vorm as ‘n engel aan Gideon verskyn het sien ook vers 16. Gideon het homself nie gesien as ‘n persoon wat die volk kon verlos nie. Maar die Here spreek hom aan as “Die HERE is met jou, dapper held! God roep nie ‘n mens wat nie die vermoë het nie. As God jou roep weet Hy dat jy die taak wat jy vir God moet uitvoer met sukses kan uitvoer. God sal jou ook nie alleen laat om ‘n taak uit te voer nie, Hy sal jou ondersteun en jy sal saam met God ‘n sukses daarvan maak. Skrif: Rig. 6, Heb 4:14-16, Jak.5:20
Week twee. - Wat Gideon geword het Doel: God verander ‘n mens. Voorstelling:God het mense nodig om te gebruik. Ons kan almal vir God werk. Maar ons moet eers dit waarmee ons besig is goed doen en dan sal die Here vir ons grooter take gee. Gideon het hard gewerk in die koring land en verhoed dat die vyand hulle koring steel. Daarom het God gesien dat hy ‘n goeie werker is. Jy en ek moet ook dit waarmee ons besig is goed doen en ons beste insit. Jou skool werk, en jou verhouding met jou ouers en vriende, asook die take by die huis en skool. God het elkeeen van ons geroep vir ‘n taak om Sy koninkryk te bevorder, maar as ons nie getrou in in die klein take nie, hoe sal ons dan die groot take waarvoor ons geroep is suksesvol kan verig? Gideon was ‘n gewone persoon wat op die koring lande gewerk het. Nadat God sy weg langs gekom het, het hierdie gewone werker in die koring land verander na ‘n sterk leier en soldaat wat opgetrek het teen die vyand wat hulle volk verhonger het. Hier moet ons weet dat Gideon nie in uit sy eie wil gegaan het nie, maar dat God hom geroep het en hom die vermoë gegee het om as leier of as Rigter vit God uit te trek. God het self die manskappe verminder, sodat God self die eer gekry het. Al wat Gideon moes doen is om die Here te gehoorsaam. Skrif: Rig. 7 – 8
Week Drie. - Simson God se man Doel: God se krag werk deur gehoorsaamheid Voorstelling:Reg deur die Bybel vind ons verhale waar mense groot oorloë gewen uit deur net gehoorsaam te wees aan God. Net so moet ons besef dat daar in ons lewens tye kom waar ons teen ‘n oormag te staan kom, of waar ons probleme ondervind wat ons nie in ons eie krag kan oorwin nie. Simson se krag het hy van God gekry. Was Simson ‘n sterk geboue man ? Nee, dit is juis waarom die mense nie kan verstaan waar sy krag vandaan kom nie. Hy was nie sterk gebou nie, en die krag wat hy gehad het was nie van homself nie. Elke keer as die Heilige Gees oor hom vaardig geword het, hy groot krag gehad. Ons is bevoorreg om die Heilige Gees in ons te hê. Ons geestelike krag kom van die Heilige Gees, en ons kan selfs groter dinge as Simson doen. Skrif: Rig. 13 – 14, Luk. 10:19
Week vier: - Ongehoorsaamheid en Simson Doel: Ongehoorsaamheid beroof ons van bonatuurlike krag Voorstelling: Daar is so baie verhale in die Bybel en in die werklike lewe van mense wat nie na God geluister het nie. Hulle ongehoorsaamheid het elke keer vir hulle ‘n duur prys gekos. Net so was Simson ongehoorsaam. Hy het eerstens sy vryheid verloor, en sy oë, en op die einde sy lewe. Kyk maar dit gebeur met almal wat nie aan God se raad luister nie. Gaan jy die selfde fout maak ? Simson het so gewoont aan die krag wat hy van God gekry het dat hy later aangeneem het dat hy sterker is as die gewone mense. Maar nadat hy ongehoorsaam was aan God se bevel het hy tot sy groot verbasing agtergekom dat hy nie meer die krag het wat hy gehad het nie. Net so leef ons soms vir onsself en dink ons dat God altyd by ons is. Onthou ongehoorsaamheid lei my weg van die Here! As ek dan weg van die Here is kan Hy my nie helo as ek in die nood is nie. Skrif: Rig.16 Efe.5:6
Week vyf: - ‘n Priester wat sonde bedek Doel: As God jou aanstel; moet jy dit wat jy vir Hom doen behoorlik doen ! Voorstelling: Het jy al iets vir jou ouers weggesteek ? Dalk het jy die reggekry. Maar onthou ons kan niks vir die Here wegsteek nie. Hy weet alles, ja, Hy ken self jou gedagtes. Leuns kom van die duiwel hy is die vader van leuens as Jy leuens praat, praat jy die duiwel se taal. Dit is nie altyd maklik om die waarheid te praat nie veral as jy gestraf gaan word. Onthou eerlike mense dwing respek af, en eerlike mense kan jy vertrou, al maak hulle foute. Omdat hulle hul foute erken kan hulle dit regmaak en sodoende geestelik groei. Oneerlikheid is soos kettings van die duiwel wat jou vasmaak, en verhinder om vooruit te gaan in die lewe. God is alomteenwoordig, waar ons beweeg, ons woorde en selfs wat ons dink is aan Hom bekend. Vir mense en vir jou predikant of ouers kan jy dinge wegsteek want hulle is mense soos jy maar God is nie ‘n mens nie maar die Skepper van alles wat bestaan, daarom is Hy altyd teenwoordig in Sy skepping. Skrif: 1 Sam.2:12 – 36,1SAM.4; Heb.4:13; Ps.139; Joh 8:44
Week ses: - God roep die jong Samuel Doel: Sal jy God se stem hoor ? Voorstelling: As God met jou praat sal jy Sy stem erken? Samuel het in die tempel groot geword en het nooit ‘n ontmoeting met die Here gehad nie. Daar is nog baie mense wat kerk toe gaan en nooit Jesus leer ken nie. Wanneer herken ‘n mens God se stem? ‘n Mens luister net as hy die spreker ken en sy taal verstaan. As iemand met ‘n mens praat en hy hou nie van die persoon nie, hoor hy miskien die persoon praat maar luister hy nie werklik wat gesê word nie. Terwyl die persoon praat dink hy aan ander dinge of gee sy aandag aan iets anders, daarom kan hy die hoor wat die ander persoon sê nie. Hoe praat die Here met jou? God is nie ‘n God wat nie met jou praat nie, houwel ons nie altyd Sy stem erken nie. God praat met ons deur die Bybel, Hy praat met ons, in ons gedagtes, Hy stuur ook vir ons boodskappe deur ander mense. Dit is belangrik om gereeld die Bybel te lees sodat ons kan leer wanneer iets van die Here kom of dit van die bose kom. God sal jou nooit beledig nie, en Hy sal ook nie ander mense beledig of afbreek nie. Hy is ‘n God van liefde en het alle mense lief; goeie en slegte mense. God sal ook nie mense skade aandoen nie, die duiwel sal mense beledig en skade aandoen omdat hy ‘n mensemoordenaar is. God kan ook met jou deur drome praat. God praat veral met jou terwyl jy in Sy teenwoordigheid is; wanneer jy bid, of wanneer mense in Sy naam vergader. Skrif: 1 Sam. 3
Week sewe: - Samuel aan die werk vir God Doel: God gebruik ‘n man kragtig wat aan Hom gehoorsaam is. Voorstelling: Sodra jy van iemand hou, sal jy luister en jou verhouding met die persoon waarvan jy hou sal sterker word. Julle sal saam dinge doen en altyd saam wees. Dink maar aan jou vreinde, of aan iemand wat jy vertrou. Dit is lekker om saam met so ‘n persoon te wees. Net so verander jou lewe as jy Jesus aangeneem het as jou Vriend. Hy sal altyd saam met jou wees, en jou help waar jou ookal beweeg. Hy sal jou beskerm, Hy sal jou wysheid en raad gee. Jy kan alles met Hom deel wat daar is ‘n verhouding tussen jou en jou Vriend Jesus. Nadat Samuel se lewe het verander toe hy die Here leer ken het. Die Here kon Samuel gebruik omdat Samuel gehoorsaam was aan God. Net so is dit belangrik dat ons ‘n persoonlike verhouding met God moet hê. Jou gehoorsaamheid aan God bepaal jou verhouding met Hom. Skrif: 1Sam.7
Die tweede kwartaal – Die Konings
Week een: Saul die eerste koning Doel: God gebruik mense. Voorstelling: God het die mense gemaak om te heers op die aarde. Daarom gebruik Hy nog vandag mense om vir Hom te werk. God het ook vir my en jou nodig om vir God te werk. Elkeeen van ons is nie maar net sonder rede gebore nie. God het bepaal dat jy gebore word op die regte tyd in die regte gesin wat deur God self bepaal is lank voordat ons gebore is. Hy het ons geskappe om vir Hom te werk. Elkeen van ons is gebore vir ‘n spesiaalle taak. Vra die kinders wat vir hulle belangrik is en waarvan hulle hou. God plaas in elkeen van ons Sy roeping ons moet dit in onsself soek en vir die Here vra om ons te wys wat Sy roeping vir ons is. Ons kan vir God werk al is ons jonk. Lees die skrif in Sam. 9 om u te help om ‘n die verhaal te verstaan. Die Here het Sy profeet uitgestuur om Saul te roep om vir God te werk. God het vooraf bepaal dat Saul koning sou word oor Israel. Saul was ‘n rykman se seun en was mooi van aangesig. Hy het gelyk soos ‘n koning. God het toegelaat het Saul nie geweet het wat om te doen nie, sodat hy hulp nodig gehad het van die profeet van die Here. Saul se eerste les was dat as hy nie weet wat om te doen nie dat hy na die profeet van die Here moet gaan wat hom raad sal gee om te doen wat die Here van hom verwag. Die profeet was Saul kontak met God. ‘n Leier kan slegs ‘n goeie leier wees as hy onder gesag van leiding kan gehoorsaam. Skrif: 1Sam. 9:1-27, Gen 1:28
Week twee: - Saul die held Doel: Die Gees van God lei ons na oorwinnings Voorstelling: Die Heilige Gees is God, en as Hy in ons woon sal ons opdragte van Hom ontvang. Hy sal ons die regte gawis en wysheid gee op die regte tyd. Dan moet ons Hom gehoorsaam en toelaat dat Hy deur ons werk. 1 Sam 11:6 “En die Gees van God het oor Saul vaardig geword terwyl hy dié woorde hoor”In die ou Testament het die Heilige Gees oor mense vaardig geword, in die Nuwe Testament woon die Heilige Gees in die harte van mense wat Jesus aan geneem het. Dit is nie alle mense wat die Heilige Gees in hulle het nie. God het Saul geroep daarom het die Heilige Gees oor hom vaardig geword sodat hy kon op tree met wysheid en die volk kon verlos van die vyand. Skrif: 1Sam.11, Joh 14:17, 21-27
Week drie: - As God deur ons werk is ons slegs die instrument Doel: Die eer kom altyd God toe, As Hy ‘n mens gebruik is dit nie die Mens wat dit doen nie maar God. Voorstelling: Ons is mense wat God kan en wil gebruik. Dit wat God deur ons doen doen Hy met Sy krag en wysheid. Ons moet nooit die roem vir dit wat God deur ons doen nie en vir onsself die eer gee nie. Ons moet God altyd verheerlik en erken dat die Hy is wat deur ons werk. Saul het dit nie gedoen nie. Hy het ‘n groot fout begaan en sy koningskap verloor. So maklik word ons groot in onsself, so maklik roem ons in die vermoë wat ons van God ontvang het. Dan doen ons uit ons eie dinge wat ons nie mag doen nie. Die gevolge daarvan is altyd nadelig. Saul het sleg na twee jaar van sy regeering besluit dat hy nie kan wag vir die profeet nie, en het self die offer gedoen wat God in elke geval nie sal aanneem nie. Daar kom tye in ons lewe wat ons moet wag, en nie toegee aan druk nie. Ons moet wag want God is nooit te laat nie, maar Hy is altyd daar op die regte tyd. Verkeerde besluit en ongeduldigheid het Saul beroof van sy koningskap. Skrif: 1Sam.13 Ps 27:14
Week vier: - God gebruik onbelangrike mense. Doel: God beplan vêr vooruit en al is en lyk jy onbelangrik het God ‘n doel met jou lewe. Voorstelling: God sien nie soos ons sien nie ! Ons kyk na ‘n mens van buite af, en na sy vermoë. Maar God kyk van binne waar geen mens sien nie, en hy kyk na die gewilligheid van die mens nie sy vermoë nie. As God ‘n mens nodig het sal Hy self vir die mens die vermoë gee. God het Dawid as koning geroep terwyl Saul as koning gerigeer het. Hoewel Dawid nie dadelik koning geword het nie, is hy as koning gesalf. God weet wat Hy doen en Sy beplanning verstaan ons nie altyd nie. Op die regte tyd sal Dawid koning word. Dawid het diens gedoen in koning Saul se paleis nadat hy as koning gesalf was. Dawid het Saul gerespekteer as koning. Dawid het nie die koningskap oorgeneem omdat hy gesalf was as koning nie, maar het gewag vir die regte tyd, om as koning te rigeer. Dawid moes eers opgelei word en leer voordat hy koning kan word.Net so moet ons wag vir God se tyd al het die Here ons geroep vir ‘n sekere taak. Skrif: 1Sam16:1 – 13
Week vyf: - Saul sondig maar is te trots om hom te bekeer. Doel: Sonde bring skeiding tussen God en mens Voorstelling: Dit sal nooit gebeur dat God ‘n mens verlaat nie. Wat wel gebeur is dat die mens God verlaat deur ongehoorsaamheid. Dit het met Adam gebeur en gebeur nog so met baie mense. Saul het dieselfde fout begaan, en hoe het hy nie begeer om dit terug te kry nie. Maar hy wou hom nie voor God bekeer nie. Hy het jaloers geword op Dawid, omdat Dawid die koningskap gekry het wat syne was. So baie keer verloor ons dit wat vir ons kosbaar is, deur ons eie toedoen. Dan wil ons dit terugkry op verkeerde maniere. Ons dat dit gebeur in baie mense se lewens. Wat belangrik is dat ons moet oppas wat ons het, en gehoorsaam wees aan God wat dit vir ons gegee het. Die oomblik as ons dit verloor sal die duiwel ons baie verkeere gedagtes gee om dit te beveg, sodat ons dit wat ons verloor het terug te kry, Die regte manier is om te belei dat ons verkeerd was. As ons dit nie terug kry nie moet ons dit aanvaar. Daar is geleethede in die lewe wat net eenmaal kom, en as ons dit nie reg hanteer nie, sal ons dit verloor. Al maak jy wat sal jy dit nie kan terugkry nie. Vir jou self is dit beter om te aanvaar, en te wag vir ‘n volgende geleentyd. God moet soms skoonmaak om die foute van die verlede uit te skakel. Skrif: 1Sam.16:14 – 23; 1Sam.28
Week ses: - Dawid God se Held Doel: As God vir jou is, sal niks jou keer nie. Voorstelling: Dit wat ons in die verlede ervaar het moet ons dra in die toekoms. So maklik vergeet ons wat God vir ons gedoen het, en dink ons nie aan die oorwinnings waar God ons gebede geantwoord het nie. Dan kan ons nie probleme hanteer wat ons ervaar nie. Ons moet altyd onthou wat God vir ons gedoen het dit sal ons help reg deur ons lewe! Maak vir jou ‘n boekie en noem dit : “Boek van getuienis” Skryf daarin alles wat God vir jou gedoen het. As alles in jou lewe verkeert gaan, maak die boekie oop en lees wat jy daarin geskrywe het, dit sal jou nuwe moet gee soos Dawid wat voor ‘n reus gestaan het. ‘n Mens kan werklik op God vertrou ! Dit het Dawid geweet daarom was hy nie bang vir ‘n beer of ‘n leeu en ook nie vir ‘n reus nie. Hy het God geken en God se vermoë geken. Daarom kon hy Goliat aanpak sonder opleiding en sonder wapens, As God vir jou is wie kan teen jou wees ? ‘n Mens kan werklik op God vertrou ! Dawid het geweet dat God met hom was toe hy sy lammers gered het van die beer en die leeu, daarom was hy nie bang vir die reus nie. Hy het God geken en God se vermoë geken. Daarom kon hy Goliat aanpak sonder opleiding en sonder wapens, want hy het nie teen Golia opgestaan in sy eie krag nie maar met die krag van God. As God vir jou is wie kan teen jou wees ? Skrif: 1Sam.17; Rom 8:31
Week sewe: - Dawid die kind van God Doel: Wraak kom ons nie toe nie. Voorstelling: Ons moet altyd die man wat God aangestel het eer, al is hy verkeerd. Want God sal self die man straf wat nie reg handel nie. Dawid het dit gedoen, daarom wat hy ‘n man na God se hart. Dawid het baie goeie redes gehad om Saul dood te maak. Saul het Dawid onregverdig veroordeel. Dawid was as koning gesalf, hoewel hy nie koning kan word solank Saul lewe nie. Maar hy het verkies om te wag dat die Here self met Saul deel. Dawid se lewe het om God gedraai en nie om homself nie. So maklik neem ons, ons eie besluite op graond van ons eie begeertes of omdat ons nie kan wag vir God se tyd nie. Dan verwoes ons ons eie lewe. Leer van Dawid en vertrou die Here al lyk dit asof God jou verlaat het. Skrif:1Sam.24; 1Sam.26
Week agt: - Dawid se sonde Doel: God se genade is groot as ons bely en laat staan Voorstelling: Daar was ook ‘n tyd in die lewe van Dawid wat hy gesondig het. Maar hy het toe God ‘n man stuur om hom te waarsku sy sonde erken en bely. As jy gesondig het, is jy ook daaroor jammer ? En bid jy ook dat die Here jou moet vergewe? Ons is almal mense met ons eie begeertes en omdat ons menslik is sondig soms. Maar wat belangrik is, is dat ons ons sondes moet belei. Ons moet ook probeer om nie weer dieselfde sonde te doen nie. U kan ‘n lap gebruik en dit vuil maak, en dit met ‘n ander skool lap bedek, om vir die kinders te wys al bedek ons die lap met ‘n skoon lad dit bly nog vuil. Dit is beter dat ons die lap skoon maak. Ons weet wanneer ons sondig. Die Heilige Gees sal jou wys op dit wat jy verkeerd doen. Jy kan jou sonde erken of jy kan jou nie steur aan die stem van die Heilige Gees nie. Dit is jou keuse! Maar as jy nie gehoor gee nie, en voortgaan, of as jy jou sonde wil bedek, sal jy die gevolge daarvan dra. Dawid het ook die gevolge van sy sonde gedra maar God het hom vergewe, en Dawid se verhouding met God was herstel. As ons nie luister en ons sonde met berou soos Dawid belei nie, sal ons die gevolge daarvan moet ervaar in hierdie lewe sowel as in die ewige lewe! Skrif: 2Sam.11; 2Sam.12:1 – 13; Ps. 51
Week nege: - Die verskil tussen Saul en Dawid Doel: Wat is die verskil tussen Saul en Dawid ? Voorstelling: Julle het nou die lewe en sonde van Saul en Dawid gehoor. As ons as mense daarna kyk watter sonde was die grootste? Is daar groot en klein sondes? Wat sou julle sê is die straf van klein sondes en groot sondes? Daar is nie klein en groot sondes nie. Alle sondes is ongehoorsaamheid. En dit skei ons van God ! Die verskil tussen Dawid en Saul is dat Dawid sy sonde bely het en Saul nie. U kan gebruik maak van twee kinders wat al verder van mekaar beweeg, om aan te toon dat sonde ons van die Here skei. As hulle dan hulp nodig het moet hulle eers die afstand kleiner maar deur vergifnis sodat hulle gehelp kan word. Reg deur die Bybel het die Here vir die mens ‘n weg gemaak om vergifnis te kry vir sondes. Die doel daarvan is om die mens te leer om sy sondes te erken en dit laat staan. Elke keer as ons sondig en dit belei, groei ons geestelik, en versterk ons ons geloof in die Here. Saul het die afstand tussen hom en God keer op keer vergroot deur dat hy te trots was om te erken dat hy verkeerd was. Dawid het sy sonde erken en so doende die afstand tussen hom te God kleiner gemaak. Skrif: 1Sam.31; 2Sam.22; 2Sam.23:1- 17
Die derde kwartaal – God rus sy mense toe
Week een: - Salomo kies wysheid Doel: Ons kan God vir Wysheid vra ! Voorstelling: As jy die keuse kry wat Salomo gekry het wat sal jy kies ? Salomo het reg gekies en daarom het hy wysheid en rykdom gekry. Daar kom ook in elke mense se lewe keuses wat ons moet maak. Voordat jy ‘n keuse maak moet jy eers mooi gaan dink en na al die voordele en nadele kyk. U kan die kinders help om keuses te maak. Van enige onderwerp (dwelms, skoolwerk, rook drank, Jesus gehoorsaam, duiwel gehoorsaam, ens) laat hulle ‘n lys maak van al die voordele en die nadele. Help hulle dan om dir regte keuse te maak Salomo was as koning aangestel en hy wou sy werk en sy regering as koning reg doen. Daarom het hy gevra vir wysheid om as koning te rigeer oor die volk van die Here. Dit wat ons doen moet ons altyd na die beste van ons vermoë doen. God het nie vir Salomo wysheid gegee om net wys te wees nie. Maar God het Salomo toegerus vir die taak waarvoor God hom geroep het. Net so sal God nie vir ons gawis en wysheid gee om te roem nie, maar wel om die taak waarvoor ons geroep is. Skrif: 1Kon. 3, Jakobus 1:5 – 6, Sp. 2
Week twee: - Salomo die ryk slim man (voorspoed met God se wysheid) Doel: God kan jou voorspoedig in die lewe maak. Voorstelling: Salomo se wysheid kom ook deur die Heilige Gees. As ons na sy lewe kyk, sien ons dat almal in die wêreld sy wysheid beny het. Hy het goeie en slim besluite gemaak. As ons die Here toe laat dat Hy ons lewens beheer en as ons saam met Hom besluite neem sal ons ook wys wees. Leer die kinders om vir God te vra vir hulp in gebed, as hulle moeilike besluite moet maak. Leer hulle om God se Stem te hoor. Hulle moet weet dat die Here nooit iets sal sê wat teen die riglyn van die Bybel is nie. Gebruik voordele van mense waarvan u gehoor het of u eie ondervindings met God. Jesus self het vir God die Vader gebid, en Hy was gehoorsaam aan die Vader. God weet alles van die verlede van die hede en van die toekoms. Hy is die Skepper van alles wat bestaan, geestelik so wel as vleeslik, wat ons kan sien en wat ons nie kan sien nie. As God dan ons Vriend en ons Vader is, en ons doen wat Hy sê, dat is ons werklik suksesvol wees in alles wat ons doen. Daar is altyd is regte manier om iets te doen en dan is daar verkeerde manier om dit te doen. As God met ons is sal Hy ons help om die regte ding te doen! Skrif: 1Kon.4 1, Kon.10, Ps. 1, Joh.14:10
Week drie: - Die slim Salomo sondig Doel: God is getrou aan sy beloftes, maar as ‘n mens in homself Groot word; is hy vir homself ‘n gevaar ! Voorstelling: Dit is so jammer dat mense ongehoorsaam is aan God. Net soos ons soms ons eie dinge doen wat nie in God se wil is nie. Baie mense het vir hul self groot probleme veroorsaak deur hulle ongehoorsaamheid. Salomo het ook nie sy wysheid gebruik om die regte besluit en maak nie. Die gevolg van ongehoorsaamheid veroorsaak groot probleme, wat tor ver in die toekom weerklank. Verkeerde vriende het al baie mense verlei. Kies jou vriende reg en jy sal reg lewe, verlaat eerder slegte maats voordat jy sleg word soos wat hulle is. Geen vriende is baie beter as slegte vriende. Gehoorsaamheid aan die Duiwel is ongehoorsaamheid aan God! Alles wat ons doen het ‘n reaksie. Laat die kinders dit bespreek en u kan ook voorbeelde gebruik waatr verkeerde besluite slegte riaksies uit gelok het. Daar was ook ‘n tyd in Salomo se lewe wat hy besluite geneem het, wat buite die wil van God was. Hierdie verkeerde besluit van hom het veroorsaak dat Israel in die tyd van sy kinders in twee geskeur het. Sonde of ongehoorsaamheid aan God bring altyd probleme. Omdat God weet wat vir die mens goed is, en wat die mense kan verlei, waarsku Hy ons soos Hy Salomo gewaarsku het, as ons dan nie luister nie, dan moet ons die gevolge dra! Skrif: 1Kon.11
Week vier: - God se man Elia Doel: Die krag van gebed Voorstelling: God hoor alle gebede. Omdat Hy lief is vir ons sal Hy ons gebede beantwoord, en vir ons gee wat tot ons voordeel is. As Hy nie gee wat ons vra nie kan die wees omdat dit nie voordelig vir ons is nie, of omdat Hy iets beters vir ons het. Gebed kan nie werk sonder geloof en vertroue in God nie. As ons God se Woord ken sal ons Sy wil vir ons lewe verstaan en dan sal ons in Sy wil bid en Hy sal antwoord.. Omdat God Elia aangestel het om vir Hom te werk en om aan die mense te wys dat God nog in beheer is. Het Hy Elia se gebed geantwoord sodat die mense kan weet dat die God van Elia die Skepper is en dat daar geen ander God is nie. God het ook vir ons aangestel om Hom te verteenwoordig. Daarom moet ons nie net vir ons eie behoeftes bid nie maar ook vir die uitbreiding van die Koninkryk van God. Skrif: 1Kon.17, Jak 5:16-17, Jes. 59: 1-2, 1Pet. 3:12
Week vyf: - Elia en die Baal Profete Doel: As God vir ons is wie kan teen ons wees ? Voorstelling: Daar is geen ding onmoontlik vir God nie. Ook nie vir mense waardeur die Gees van God werk nie. Met hierdie verhaal kan ons werklik sien dat onse God werklik God is, en dat daar geen ander god bestaan nie. Hoe weet ons of God werklik bestaan, gebruik hierdie verhaal om die kinders te oortuig dat God werklik bestaan. Maak ook gebruik van die volgende: Die datum bepaal dit tyd na Christus; Die reënboog wat die wetenskap nie kan verklaar nie; in die skepping is daar baie bewyse; die Bybel se boodskap wat nog in vandag se lewe aanpas; die lewe in die mense wat van God kom; ens. Elia se geloof was sterk, en hy het die vermoë van God geken. Om teen ‘n groot groep mense te staan wat nie die in bestaan van God glo nie, is ‘n uitdaging wat ons as kinders van die Here almal beleef. Ons moet nie bang word of twyfel in God se teenwoordigheid nie, al is ons alleen. In die skool en tussen mense wat God nie erkan nie moet ons staan en getuig dat God ‘n werklikheid is. Skrif: 1Kon.18, Rom.8:31, Ps.66:7-9, Gen 2:7,
Week ses: - Selfs in dapper man vlug soms! Doel: As vrees ons oorval word ons swak, maar selfs dan ondersteun God ons; en leer ons Voorstelling: Daar kom ook tye dat ‘n man van God vrees. En as ons toelaat dat vrees ons oorweldig sal God ook daar wees om ons te bemoedig. Vra die kinders of hulle ook al aan God getwyfel het. Soms antwoord die Here die dadelik ons gebede nie dan twyfel ons aan God. Of ons weet nie of die Here werklik in ons belangstel nie. Maar as ons terug kyk in ons lewe waar God ons wel deurgedra het moet ons glo dat God wel bestaan. Ons moet net vashou aan ons geloof God sal ons nooit verlaat nie. Laat die kinders en u self getuig van geleethede waar die Here uit so ‘n depressie verlos het. Elia het slegs sy menslikheid bewys. Hy het alleen gevoel. Die spanning het hom neergevel. Maar selfs in hierdie tyd van sy spanning het God hom nie verlaat nie. Lees die hele verhaal. Dit is nie verkeerd om soms depressie te beleef nie, dit gebeur met alle mense, weet net dat God jou ook uit die depressie sal optel. Skrif: 1Kon.19, Jes. 40:29, Ps 34:19, Jes. 61:3
Week sewe: - God se werk moet aangaan; Elisa volg Elia op Doel: Ons kan meer krag van God vra om Sy werk beter te verrig. Voorstelling: Sodra die een man se werk ophou, beteken dit nie dat God se werk op hou nie. Daar is mense vir wie ons baie lief word en ons glo dat hulle alleen ons kan help om Jesus te vind. Maar daar kom ‘n tyd wat hulle werk klaar is, en hulle moet gaan. Dan stuur God weer ‘n ander man met meer krag om ons selfs nog meer van Jesus te leer. Verandering is nie altyd maklik nie maar dit is belangrik. Elke jaar moet julle van klas of self skool verander, hoe hanteer julle dit? Elia se tyd is verby, en Elisa moet oorneem. Eeers was dit moeilik vir Elisa en hy wou Elia nie verlaat nie. Maar toe hy besef dat Elia hom gaan verlaat het hy gevra vir meer krag om die werk van Elia oor te neem. Verantwoordelikheid is nie altyd maklik nie, maar tog belangrik soms word ons in nuwe posiesies geplaas wat ons ongemaklik laat voel maar met tyd pas ons wel aan. Skrif: 2Kon.2
Week agt: - God beskerm sy volk Doel: Niks is by God onmoontlik nie, ons is meer as oorwinnaars As ons by God bly. Voorstelling: As ons aan God se kant is, is ons altyd aan die wen kant, al is die vyand baie meer en sterker as ons. Leer die kinders om die antwoord op hulle gebed te sien al is dit nog nie beantwoord nie! Vra hulle wat hulle vir die Here gevra het, en laat hulle dan die antwoor teken op papier. Bv. Indien hulle gevra het dat Jesus ‘n siek boetie gesond moet maak, laat hulle die boetie teken wat gesond is en saam met hulle speel – al is hy nog siek- Dit is geloof in werking! Daar kom tye in ons lewe wat ons ‘n probleem ondervind wat vir ons onmoontlik lyk om op te los. Dit is wanneer ons die Here se krag en hulp nodig het om ons te help vers 1-7 Dan is daar ook tye in ons lewens wat mense ons van alle kante aanval dat moet ons die Here vra vir hulp. As ons gevra het moet ons glo dat die Here ons sal beskerm en dat Hy met ons is al is die aanslag ook hoe sterk. Al sien ons God nie Hy is daar by ons! Let op dat Elisa nie die soldate wat teen hom opgetrek het kwaat aan gedoen het nie, maar wil vir hulle kos gegee het en hulle terug gestuur het. Die soldate het niks teen Elisa gehad nie hulle het slegs gedoen wat hulle beveel was om te doen. Skrif: 2Kon.6;Rom.8:31 – 39