Graad twee God sorg vir Sy mense. Die eerste kwartaal – God sorg vir Sy volk
Week een: Die volk kry swaar Doel: Swaar tye is nie om mense te straf nie, maar om hulle te vorm. Voorstelling: Die moeilike tye in 'n mens se lewe is nodig want dit is wanneer jy kan sien wie is vriend en wie is vyand! Gee lewensvoorbeelde en wys vir hulle dat mense in moeilike tye tot God roep en dat Hy hulle nooit in die steek sal laat nie. As daar iets is wat te swaar is om te dra moet jy iemand vra om jou te help. Wanneer ons nie probleme alleen kan hanteer nie, moet ons Jesus vra om ons te help. God weet alles wat gebeur, daar is niks wat hy nie weet nie. Alhoewel God alles weet, moet ons Hom aanroep wanneer ons hulp nodig het. Solank ons in die wêreld is sal ons probleme hê, want sonde heers in die wêreld. Satan en sy demone is verantwoordelik vir al die probleme in die wêreld. Die Here het ons krag gegee om die bose te oorwin. Alhoewel die mense probleme ondervind het, het God hulle uitermate geseën. Onthou hulle was nie 'n volk nie, maar deur die probleme het God 'n volk vir Hom verenig. Probleme trek ons nader aan mekaar, want ons besef dat ons mekaar nodig het! Alles het 'n doel, ons kan nie nou sien wat die doel is nie. Dit is soos wanneer jou ouers jou waarsku om nie naby die rivier te speel nie, en wanneer jy ongehoorsaam is sal jy in die rivier val. Dit is nie jou ouers se skuld dat jy in die water geval het nie, dis jou ongehoorsaamheid wat jou in die rivier laat val het. As jy hulle roep om jou te help sal hulle jou nie in die water los omdat jy ongehoorsaam was nie, nee, hulle sal jou uit die water red. Net soos ons deur sonde in die moeilikheid kom, sal Jesus jou red as jy na Hom roep om hulp. Daarom het die mense God gevra om hulle te help. Skrif: Ex. 2:23-25; Ps.91:1-16; Matt 11:28-30
Week twee. Die geboorte van Moses Doel: God hoor ons nog voor ons roep. Hy skep 'n oplossing nog voordat daar 'n probleem is. Voorstelling: Om hierdie les te demostreer kan u vir die kinders ‘n week voor die tyd vra om iets klas toe te bring sodat hulle daaraan kan werk. (Pampier, pen, lee bottel.) Wys hulle daarop dat indien hulle nie voorsorg gemaak het nie, kan hulle nie die item wat u beplan maak nie. Kies dat iets wat hulle kan maak met dit wat hulle gebring het. God beplan vooruit, Moses is gebore lank voordat die volk van God probleme ondervind het. God het vooruit geweet dat daar iemand moet wees wat Hy kan gebruik om die volk uit te lei. Net so het God vooruit beplan wat ons nodig het. As ons in gevaar is, moet ons net in gebed na God gaan om vir ons die uitkoms te wys. Skrif: Ex. 2:1-10; Matt 6:31-34 en Ps 37:1-5.
Week Drie. God roep Moses om vir Hom te werk Doel: God leer die regte man en gebruik die man om vir Hom te werk. Voorstelling: As jy nie opgelei is vir 'n taak nie, kan jy dit nie behoorlik doen nie. ’n Motorwerktuigkundige kan nie mense opereer nie. Mense moet vooraf geleer word sodat hulle 'n sekere taak kan doen. Maak 'n aanbieding in die klas waar kinders iets moet doen waarvoor hulle nie opgelei is nie. (Gebruik enigiets; meer ingewikkelde somme, speletjies, wat hulle nog nie voorheen gedoen het nie: skaak of wat ook al) God se planne het meer diepte as wat ons as mense besef. Moses se eie ma het hom grootgemaak. Toe Moses 'n groot seun was, het die Here voorsien dat hy in die paleis van Farao kon grootword sodat hy daar as 'n leier opgelei kon word. Daar het hy ook gesien hoe die mense in die paleis gewoon het. Nadat Moses uit die paleis gevlug het omdat hy vir God se volk opgestaan het, het hy vir sy skoonpa se skape gesorg. Hy het seker nie verstaan hoekom alles in sy lewe verkeerd geloop het nie. Alles was deel van God se plan. Hy moes die paleis verlaat sodat God hom kon roep om die mense uit te lei. God het ook gesien dat alhoewel hy in die Farao se paleis gewoon het, sy hart by die mense was waaruit hy gebore is. God self het vir Moses gesê wat om te doen. Wanneer God ons roep moet ons Hom vertrou ons gaan nie in ons eie krag nie, maar is Sy krag en vermoë. Skrif: Ex. 3:1-10 en Luk 10:17-20
Week vier. Moses en Aaron kom voor die Farao Doel: Soms lyk die taak wat God op ons plaas te groot, maar God weet wat Hy doen en sal altyd die uitkoms bring. Voorstelling: Sodra ons met God se taak begin blyk alles verkeerd te loop, maar al wat dit is, is dat die duiwel hard sal probeer om ons van ons taak te laat vaar. Al wat ons moet doen is om te volhard om te oorkom. Jy kan jou eie beplanning doen om dit vir die kinders te doen. Byvoorbeeld, dat hulle iets vir jou dra, wat hoog gepak moet word, en hulle kan dit nie bykom nie. Hulle gee dit dan vir jou en jy sit dit waar dit moet gaan. God verwag nie van ons om te doen wat ons nie kan doen nie. Hy sal ook nie vir ons 'n taak gee as Hy nie saam met ons daaraan werk nie. Al wat hy van ons vereis, is om te doen wat hy van ons vra, en hy sal die res self doen. Is daar iets in jou lewe waarmee jy sukkel? Wanneer iemand vir jou raad gee oor hoe om te doen, maak dit dit maklik, net so moet jy na God gaan om jou te help met dit waarmee jy sukkel. Skrif: Ex. 5:1-24; Jak.1:1-8 en Matt.7:7-8
Week Vyf: Moses en die towenaars. Doel: God se krag en wysheid oortref alle mag. Voorstelling: Kan 'n persoon 'n bewegende motor met sy hande stop? Kan 'n man 'n huis met sy hande oplig? Kan mens die aarde skeur of geboue soos aardbewings skud? Selfs met al ons kennis kan ons nie die kragte van die natuur beheer of keer nie. Jy kan een van die voorbeelde neem en dit as 'n voorbeeld gebruik. Laat hulle iets teken of maak waaroor die mens geen beheer het nie, of 'n dik boek skeur wat nie moontlik is nie. Daar is geen krag en mag wat met God vergelyk kan word nie. Towenaars, duiwels, mense of wat ook al, sal nie in staat wees om op te staan teen die krag en mag van God nie. God het alles gemaak en Hy is in beheer van alles! Niks het groter krag as God nie! Ons moet God net gehoorsaam volg. Skrif: Ex. 6:28; Ex 7: 1-13 & Rom. 8:31-39
Week Ses: God stuur plae. Doel: Wraak kom ons nie toe nie, God self sal die straf werk doen. Voorstelling: Kan jy jou indink hoe dit sou wees as die plae in jou huis was? Bespreek die plae met die kinders. Daar was 10 plae en die ergste was die laaste een. Jy kan hulle hul kamer laat teken met een van die plae daarin. Vra hulle wat hulle sou doen as van die plae met hulle sou gebeur. As iemand God se kinders laat ly, sal Hy hulle nie laat wegkom nie maar sal hulle straf vir hulle dade. God is baie lief vir sy kinders, en die mense wat sy kinders seergemaak het, sal daarvoor betaal. Ons moet nie self mense aanval wat ons skade aandoen nie. Ons moet hulle vergewe, God self sal op Sy tyd met ons oortreders afreken. Wraak en onselfsugtigheid is skadelik vir jou dit doen niks aan die een wat jou seergemaak het nie, maar dit is soos kanker wat jou vernietig. Dit is die oorsaak van geestelike sowel as fisiese siektes. Kyk wat het met Farao gebeur. 1 Die Nyl het in bloed verander; 2 Die Nyl sal wemel van paddas; 3 Muskiete het op die mense en op die vee gekom; 4 Die huise van die Egiptenaars sal vol steekvlieë wees; 5 Baie swaar pes onder die beeste en teen die skape van die Egiptenaars. 6 Sere wat tussen mens en dier uitbreek; 7 Baie swaar hael; 8 Sprinkane in jou gebied; 9 Duisternis oor Egipteland; 10 Eersgeborenes in Egipteland sterf. Opsomming van plae: Nyl: Bloed/ Paddas; Op Mense en diere: Muskiete/ steekvlieë, Pes/ swere. Natuur: Hael/Duisternis/sprinkane. Eersgebore dood van mense en diere. Skrif: Ex. 7:14-24; Ex. 8:1-32, Ex 9:1-35; Ex 10:1-29; Ex: 11--10; Ex 12:29-32.
Week sewe: Die instelling van die Paasfees Doel: Ons moet God eer vir dit wat Hy vir ons doen, en altyd daaraan dink en met vreugde daar oor feesvier. Voorstelling: Ons moet God verheerlik en vir ander vertel wat God vir ons gedoen het, want dit bou ons verhouding met hierdie wonderlike God sowel as ons geloof om altyd op Hom te vertrou. Mense wat iets ontvang en nie daarvoor dankbaar is nie, verdien dit nie. Ons vier ons verjaarsdag. Skep 'n fees is die klas waar die kinders Paasfees kan vier deur danse en lofprysings. Wanneer jy nie God se liefde en genade herdenk nie, is jy ondankbaar en besef jy nie God se liefde vir jou nie; dit is mense wie se lewe net om hulself draai en wil ontvang. Dankbaarheid skep 'n geleentheid om weer te ontvang, ondankbaarheid verhoed jou om weer te ontvang! Paasfees was 'n baie belangrike fees in die Ou Testament. Die volgende het hul verlossing uit die slawehuis in Egipte gedenk. Die rede daarvoor was om die mense te herinner aan wat God vir hulle gedoen het, en om hulle kinders te leer dat God hulle uit die slawehuis uitgelei het. Ons vier vandag nog Paasfees. Ons herdenking is nie omdat die Here ons voorvaders uit Egipte gelei het nie, maar omdat Jesus ons deur Sy dood van sonde en uit die mag van die Duiwel gered het. Skrif: Ex. 12:1-28 1 Kor 11:17-34 & Luk 17:11-19.
Die tweede kwartaal – God gee nuwe lewe.
Week een: Die volk trek uit hul ou lewe na ‘n nuwe met God as hul leier Doel: God trek voor ons uit in die rigting van oorwinning. Voorstelling: Jy kan die kinders vra wie verhuis het, en hoe dit gevoel het om hul vriende agter te laat. Hoe hulle by 'n nuwe skool aangepas het. Jy kan ook van klasse verander vir die duur van die les en hulle vra hoe dit voel om in 'n buitelandse klas te wees. Sommige sal daarvan hou ander nie. Wat belangrik is, is dat jy dit baseer op bekering, hoe 'n mens jou rug op jou ou lewe moet draai en in 'n nuwe lewe moet wandel met Christus as jou metgesel. God wil vir ons die regte pad wys, al wat ons moet doen is om Hom te volg sodat ons meer as oorwinnaars in Hom kan wees. Onthou dit is nie belangrik wie ons is nie, maar wie by ons is. In die wegbeweeg van die bestaande lewe na 'n nuwe lewe sal daar altyd aanpassings wees, soms aangenaam, en soms onaangenaam. Om ou gewoontes te verander is nie altyd gemaklik nie. Ons beweeg uit ons gemaksone na 'n nuwe lewe. So is dit ook wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanneem. Verandering is nie altyd maklik nie, maar dit is belangrik as ons na God se beloofde land wil gaan. Net so is die woestynervaring belangrik om te verhoed dat ons terugkeer na ons ou lewe. Hierdie woestynervaring openbaar die ware gesindheid van die mense by wie ons was en dit leer ons om ons vertroue in God te plaas, sodat ons kan besef dat ons van Hom afhanklik is. Skrif: Ex. 13:17-22; Esg 34:6; Mat 6:36;1Pet 2: 25; Open. 3:14-22. & Esg 18:20-32.
Week twee: God doen die onmoontlike vir Sy kinders Doel: Daar is niks wat God nie kan doen nie. God sal jou nie op ‘n weg plaas waar Sy genade jou nie kan dra nie. Voorstelling: Al lyk dit hoe onmoontlik, God baan ‘n weg vir Sy kinders. In die tyd waarin ons daagliks van geweld lees en hoor, moet ons elke dag die Here aanroep sodat Hy ons kan verlos van die mense wat ons wil seer maak. God is sterker al hulle wat ons wil aanval. Hier kan u die voorbeelde vir die kinders vertel waar God u self uit moeilikheid uit gehelp het. Laat die kinders self getuig wat met hulle gebeur het. Bid vir die wat bang is, en leer hulle dat God hulle liefhet en na hul gebede luister. Wanneer ons op ‘n nuwe weg wandel saam met God, maak hy die deur agter ons toe sodat ons nie weer kan terugkeer nie. Deur dit verhoed Hy dat ons verlede ons ook nie weer kan inhaal nie. God maak `n weg wat onmoontlik lyk, oop vir sy kinders; sodat hulle op`n droë pad deur die rooisee kan stap. Daar gaan probleme wees wanneer jy jou lewe verander om Jesus te volg, maar Hy sal `n weg vir jou maak. So kan jy God volg uit jou sondige lewe na `n nuwe toekoms. Skrif: Ex. 14:13-30 & Jes 55:12-13.
Week drie: Oorwinning met God is 'n fees! Doel: Ons moet ons in God verbly en Hom die eer gee. Voorstelling: Leer hulle hoe om God te loof: Deur te sing, deur jou hande in die lug op te steek, deur voor God te dans, deur hard uit te roep of God in gebed te dank. Hulle kan 'n gebedsboek begin waar hulle hul versoeke kan neerskryf asook die tyd en die manier waarop God hulle beantwoord het. Jy kan hulle dan 'n kans gee om op 'n later tydstip om te getuig. Dit is belangrik dat ons God loof vir elke oorwinning wat ons behaal. Elke keer as ons die Here iets vra en Hy voorsien, moet ons dankie sê. Net soos ons geleer word om dankie te sê wanneer ons ouers of wanneer iemand vir ons iets doen of gee. As ons dit nie doen nie, is ons ondankbaar, en dit kan veroorsaak dat hulle niks weer vir ons gee nie. Skrif: Ex. 15:17-21 & Ps 100:1-5
Week vier: God sorg ook vir ons daaglikse behoeftes Doel: God weet wat ons nodig het, want Hy het ons gemaak. Voorstelling: Leer die kinders om in geloof te bid. Hulle moet leer dat die Here in ons behoeftes sal voorsien as ons Hom vra. Leer hulle ook dat as God nie vir ons gee wat ons vra nie, dit dalk is omdat ons dit nie nodig het nie, of omdat dit nadelig vir ons is. Laat hulle 'n lys maak van wat hulle nodig het. Kyk dan daarna en wys wat hulle nodig het om in die Here te groei asook wat nie goed is vir hulle nie. Dit is nie nodig om te kla soos die mense gedoen het nie. Hulle vertroue was in Moses en nie in God nie. Die mense moes deur Moses na God toe gaan, ons is bevoorreg om self met God te praat. God het Moses geantwoord en vir hom gegee wat hy gevra het. Net so kan ons direk na God gaan en Hy sal vir ons voorsien. Ons is soms ontevrede met ons nuwe lewe in Jesus en wil dan terugkeer na ons sondige lewe. Daar kom uitdagings in ons lewe met Jesus, maar ons moet vooruitgaan nie nie omkyk nie. Skrif: Ex 16:1-15 & Luk 9:62; Ex. 15:22-27 & Fil 4:19. Week vyf: God maak wette wat tot voordeel van sy kinders is. Doel: ‘n Nuwe volk ontvang ‘n nuwe wet wat eie aan hul God is. Voorstelling: Bespreek die 10 gebooie met hulle en wys daarop dat dit tot almal se voordeel is. Maak 'n prentjie met tien vingers daarop en skryf die tien gebooie daar neer. As hulle klaar is, vra hulle watter vinger hulle nie nodig het nie, en wys vir hulle dat as hulle een vinger afsny hulle hulself sal beseer, net asof ons nie God se wet gehoorsaam nie, doen ons onsself skade aan. Sonder wette sal 'n land en mense 'n gevaar vir hulself wees. As mense net kan doen wat hulle wil sonder om gestraf te word, sal dit net nie moontlik wees om 'n veilige lewe te lei nie. Wette is dus nie daar om ons te straf nie, maar om ons te beskerm. As ons wil hê dat God ons gebede moet verhoor, en as ons sy koninkryk wil ingaan, moet ons nou leer om Hom te gehoorsaam. Skrif: Ex. 20:1-17 & Matt 5:1-48.
Week ses: Die nuwe beloofde land. Doel: Die beloofde land is nie net vir die Israeliete nie maar daar is ook 'n beloofde land wat op ons wag. Voorstelling: God wil vir ons die allerbeste gee. Omdat God ons liefhet, wil Hy vir ons net die beste gee. Hy wil vir ons wys wat ons van Hom kan ontvang sodat ons opgewonde kan raak. Wat Hy vir ons gee, kan net ons eiendom word as ons dit neem. Wys vir die kinders dat as ons 'n geskenk van iemand ontvang, dit net hul eiendom word as hulle dit aanvaar. Jy kan geskenke aan die kinders uitdeel. Net so kan ons net hemel toe gaan as ons die uitnodiging aanvaar. Ons kan die Bybel lees en sien wat op ons wag wanneer ons Jesus volg. God se beloftes is altyd waar. Hy sal nie iets belowe wat Hy nie kan voorsien nie. Wat God belowe is altyd beter en groter as wat ons ons kan voorstel. Die hoofmanne is gekies om te ondersoek wat God vir 40 dae aan die volk belowe het. Hulle het gevind dat een tros druiwe so groot is dat twee mense dit moet dra. Hier in ons land het ons nog nooit so iets gesien nie. Skrif: Num. 13:1-24.
Week sewe: God straf ongehoorsaamheid Doel: Wie glo julle? God wat nie kan lieg nie en beloftes, of mense wat kan lieg se woorde? Voorstelling: God is baie lief vir ons en wil vir ons die beste gee. Maar ons moet glo dat God nie kan lieg nie, wat Hy belowe het, sal Hy vervul! Numeri 23:19. Maar ons moet God se beloftes glo en dit ons eie maak voordat ons dit kan ontvang. Vra die kinders of hulle reeds belowe is. wat hulle nie ontvang het nie. Ontlok 'n gesprek oor hoeveel keer hulle beloftes aan hul maats en ouers gemaak het wat hulle nie nagekom het nie, en wat die gevolge was. As ma vir my sê om nie my hand op 'n warm stoofplaat te sit nie, en ek doen; wat is die gevolg daarvan? Wat ons vra sal ons ontvang. Die mense het teen God gemurmureer, omdat hulle nie in God se belofte geglo het nie. Hulle het die negatiewe boodskap van die spioene oor God se belofte geglo. Hulle het gesê dat hulle eerder in die woestyn moet sterf. Omdat hulle God nie geglo het nie, moes hulle weer vir 40 jaar na die woestyn terugkeer. Dit het veroorsaak dat almal in die nasie ouer as 12 gesterf het voordat hulle die beloofde land kon binnegaan. Ongeloof in God veroorsaak vertraging in God se beloftes aan ons. Skrif: Num. 14:1-45 & Jak. 1:5-17.
Die derde kwartaal: God voorsien leiers vir Sy volk Week een: God stuur Jetro om Moses te leer. Doel: Ons kan nie alles doen nie, as ons alles wil doen, sal ons foute maak omdat ons nie aan alles aandag kan gee nie. Voorstelling: Ons moet leer om mekaar te vertrou. Spanwerk is altyd lekker en dit help om as ‘n span verhoudings te bou en sodoende die werk gou en reg te voltooi. Reël ‘n projek waar al die kinders in die klas kan werk, of as ‘n span by die huis. Laat hulle saam ‘n model bou. Moses het probeer om alles te hanteer, en sodoende het die werk vir hom net teveel geword. Daarom het Jetro vir hom die wyse raad gegee om mense aan te stel wat hom kon bystaan. Dit gebeur so baie in ons lewens dat ons nie ander vertrou om ons te help nie dan brand ons uit. As jy iemand aanstel om jou by te staan, moet jy eers die persoon oplei. Dat moet jy ook reël dat hy terugvoering moet gee, sodat jy seker kan maak dat die taak wat hy moes verig reg gedoen is. God de Vader, Jesus en die Heilige Gees werk ook saam as `n span. Luk 3:22 & Gen 1:2. Skrif: Ex.18:17-25 & 1Joh.5:7 Week twee: Moses se ongeduld en ongehoorsaamheid kos hom ‘n prys Doel: Ongeduld en kwaaiheid bring net probleme vir jouself. Voorstelling: Geduld gee ons tyd om te besluit voordat ons optree. Leer die kinders om te stil te bly wanneer mense hulle pla, of wanneer hulle met iets sukkel. Raak eers rustig en praat met die Here om jou wysheid te gee om jou probleem te hanteer. Hou 'n bespreking in die klas waar kinders vir mekaar kan vertel waar hulle verkeerde dinge gedoen het toe hulle kwaad geword het. Ons moet versigtig wees wanneer mense ons kwaad maak, sodat ons nie vir onsself jammer voel en foute maak waaroor ons later sal wees nie. Moses het ongeduldig geraak met die mense omdat hulle altyd gekla het, en toe het hy nie na God se opdrag geluister nie en weer die klip geslaan omdat hy met die klip moes gepraat het. Ons moet versigtig wees om nie op ons eie op te tree nie, maar doen wat God ons vra! Skrif: Num. 20:2-13; Deut. 34:1-4; Joh. 3:36. Week drie: Josua word die nuwe leier Doel: God beloon geloof Voorstelling: God is groter as alles wat bestaan en as Hy 'n belofte gemaak het moet ons Hom glo. Maak nie saak hoe moeilik dinge lyk en hoe bang ons is nie, ons moet God vertrou en nie na ons vrees luister nie. As iemand ons werklik liefhet, sal hy ons beskerm en ons nie belowe wat hy nie kan gee nie. Jy kan een van die kinders blinddoek en een van die ander kinders opdrag gee om die geblinddoekte kind deur moeilike terrein te lei wat jy vooraf kan opstel. Ons moet dus Jesus volg sodat ons nie kan seerkry nie. Josua was getrou aan Moses en hy het saam met Moses gewerk. So het hy baie by Moses geleer. Daarom was hy die regte persoon om Moses op te volg, hy het die volk in die beloofde land ingelei. Dit is ook Josua wat God se beloftes aanvaar het, en getuig het dat hulle wel die beloofde land kon binnegaan, terwyl die ander spioene nie God se woord geglo het nie. Wat interessant is, is dat Josua se naam "Verlosser" beteken. Josua het by Moses geleer en hy het die volk in die beloofde land ingelei. Jesus se naam beteken ook “Verlosser” wat ons uit ons sondige lewe lei. Wanneer ons Jesus volg en doen wat Hy gedoen het, sal ons ook die beloofde land (Hemel) in gaan. Ons kan ook mense uit hulle sonde na Jesus lei. Skrif: Num. 14: 1-12; Num. 27: 12-23 & Mark 2:14. Week vier: Die weg saam met God Doel: God beweeg voor ons uit, wanneer ons Hom volg. Voorstelling: Ons kan op geen manier en in enige rigting beweeg as ons na 'n sekere plek wil gaan nie. Ons moet 'n kaart, padkaart, GPS of 'n kompas gebruik om ons na die regte plek te lei. Net so moet ons in God se pad loop om die beloofde land te bereik. Gebruik 'n GPS of kaart en wys hulle hoe jy jou roete kan beplan, en hoe ver jy kan verdwaal sonder 'n kaart. Jy moet eers bepaal waar jy is, dan kan jy bepaal waarheen jy wil gaan. Net so moet jy besef waar jy is, dan kan jy bepaal hoe om jou bestemming te bereik. As ons in God se weg wandel, sal Hy vir ons 'n weg baan waar ons ook al gaan, want ons gaan waar Hy ons lei om te gaan. God is in ons en met ons as ons in Sy wil beweeg. God baan 'n weg vir die mense wat Hom gehoorsaam. Die Bybel is die padkaart na die hemel. Skrif: Jos 1:1-9 & Joh 12:26. Week vyf: Verwoesting van Jerigo Doel: Die stryd is nie ons stryd nie maar God se stryd. Voorstelling: Daar kom tye in ons lewens wanneer ons hulp nodig het. Wanneer ons nie teen 'n vyand kan veg nie, of wanneer ons nie weet wat om te doen nie. Dit is wanneer God ons kan en sal help. Dit kan siekte of 'n ander probleem wees. Niks is vir God onmoontlik nie. Lofsang is een van die sterkste wapens teen die duiwel, hy kan dit nie hanteer as ons God loof terwyl ons probleme ondervind nie. Jy kan die kinders leer om God te loof terwyl hulle rondloop. Terwyl ons God loof vir oorwinning moet ons in ons gedagtes sien dat God reeds die stryd vir ons gewen het. Al is die probleem nie opgelos nie, moet ons God loof asof dit reeds opgelos is. Opgeleide soldate, en sterk wapens sal nie voor God se leer kan staan nie, want dit is nie die mense wat veg nie maar God self. Wat interessant is, is dat die mure nie omgeval het nie, maar uitgrawings het bewys dat die mure in die grond ingedruk is. Dit is altyd belangrik dat ons God moet gehoorsaam, wanneer on sons eie weg volg en ongehoorsaam is aan God sal ons altyd verloor. Die mure was so groot en wyd dat huise binne die mure gebou is. In Jerigo was daar hoogs opgeleide soldate. Die volk van God het nie met wapens aangeval nie, maar met lofliedere. Skrif: Jos. 6:1-20; Joh 8:12 Fil 4:4 & Heb.11:1-4. Week ses: Die groot slag van Gibeon. Doel: God doen wat geen mens of mag kan doen of verstaan nie. Voorstelling: Wanneer mense teen ons optree, moet ons nie vrees nie, maar God vertrou! Ons moet nie moed verloor nie, maar dit moet ons aanspoor om die stryd te wen. Plaas net jou vertroue in God en kyk hoe Hy werk vir jou oorwinning. Laat die kinders 'n prentjie teken van die Son en die planete wat om die Son beweeg, en wys vir hulle die krag van God om die stelsel te stop, sonder dat swaartekrag beïnvloed word. Laat hulle getuig van wat God in hulle lewens en in jou lewe gedoen het. 'n Klein groepie mense staan op teen vyf lande se soldate wat teen hulle veg. Dit lyk onmoontlik en dit is onmoontlik om in so 'n geveg te gaan. Maar Josua was 'n man wat in God geglo het, hy het ook geweet dat as God vir hom was, geen mag teen hom kon opstaan nie. Josua het gevra dat die dag langer gemaak moet word sodat hy die vyand behoorlik kon verslaan. Die Aarde stop sy beweging en so ook die planete vir ongeveer 'n dag. Dit klink onmoontlik en tog het die ruimtevaarders dit in ons tyd bewys dat die aarde vir 'n tydperk van 24 uur stilgestaan het. Die beweeging van die aarde om die Son het gestop vir minder as 'n dag. Die aarde se beweeging het ook agteruit gegaan in 2 Kon 20:8 wat in totaal 24 uur was wat die aarde se beweeging verhinder het. Is God nie wonderlik nie, daar is niks wat met God vergelyk kan word nie! Skrif: Jos.10:5-13; Rom 8:31. Week sewe ‘n Leier se laaste woorde Doel: Wat God sê doen Hy al lyk dit onmoontlik. Voorstelling: Ver die kinders wat hulle ervaar het in die jaar wat verby is. Help die kinders om terug te dink in die jaar wat verby is. Laat hulle aantekeninge maak van wat die Here vir hulle gedoen het. Laat hulle ook notas maak van die goeie en die moeilike tye wat verby is. Vra dan die vraag: Wat kan julle doen om weer die goeie tye te beleef, en wat kan julle doen om te verhoed dat julle, nie weer die slegte tye sal beleef nie. Wat het julle geleer in die goeie sowel as die slegte tye? Aan die einde van Josua se lewe kyk hy terug na dit wat hy gedoen het. Daar kom tye in elke mens se lewe wat jy moet terug kyk om te sien of jy werklik jou deel bygedra het. Josua dink terug na die wat hy gedoen het, en besef dat God hom deurgedra het, en dat die Here altyd geantwoord het. God verlaat Sy kinders nooit. Dit is belangrik om van tyd tot tyd terug te kyk. Daar was goeie tye en slegte tye, maar deur dit alles was God daar. Daarom sluit Josua sy laaste boodskap aan die volk af. Skrif: Joshua 24:14-29