Die eerste kwartaal – Die Skepping Week een. - Is daar net een God ? Doel: Om hulle te leer dat daar slegs een God is wat uit drie afsonderlike persone bestaan. Voorstelling : Maak gebruik van ‘n eier; Dit eier bestaan uit: ‘n eiergeel; eierwit en eier dop. Hoewel hulle nie dieselfde lyk nie vorm hulle saal ‘n eier. Soos bestaan God uit drie Persone: God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Om die eenheid van God verstaanbaar te wys kan u ook Matt. 19:5 gebruik waar ‘n man en vrou een word in die familie. Nadat Jesus met water gedoop is in Matt. 3:16-17 het die Heilige Gees op Hom neergedaal en die Vader het uit die Hemel gepraat. God die Vader is die Hoof van alles wat bestaan, Jesus het alles wat bestaan gemaak en vir ons redding op Golgota betaal en die Heilige Gees is hier om ons te leer, krag te gee en om ons te help om hemel toe gaan. Skrif: 1 Joh. 5:7 ; Dan. 7:9-14 ; Joh. 14: 16-17
Week twee. - Wie het alles wat bestaan geskape ? Doel: Die aarde en hele uitspansel (Son, Maan en Sterre) het God die Vader deur Jesus geskape, en die Heilige Gees is op die aarde om die mens te leer om verander te word na ‘n kind van God. Voorstelling: Daar is mense wat ons verkeerd wil leer dat om van aape kom. Maar dit is nie waar nie. Die duiwel sal alles probeer om mense weg te lei van God wat die Skepper is van alles wat bestaan. As ons dan van aape kom wie het die son, maan en sterre geskep? Aape???. Die mens het vandag nog nie die vermoë om ‘n son te maak nie, ons weet nie eers alles wat in die buitenste ruimte aangaan nie, hoe kon ‘n aap dan die heelal geskappe het? Maak gebruik van prente van ‘n mens en van die skepping (plante, sterre of van die heelal) Daar is baie mense en bose geeste wat ons van die waarheid afvallig wil maak. Ons is na God se beeld en Gelykenis geskape Gen.1:26 Die wetenskap probeer al baie lank om te bewys dat God nie bestaan nie. Daar is so baie tekens wat hulle miskyk omdat hulle soek na iets wat hulle kan help sodat hulle kan bewys dat God nie die Skepper is nie. Hoekom is hulle blind vir die waarheid en soek hulle in die donker na iets wat nie bestaan nie? Net so lyk dinge vir ons ook anders in die donker, maar as die lig aangeskakel word sien ons die werklikheid soos dit is. Hulle beweeg in die donder en kom nie in die lig nie. Skrif:Heb. 1:1-2 ; Joh. 1:1-3 ; Gen. 1:1-2, 27 ‘ 1 Kor. 15:38-40
Week Drie. - God skep dag en nag asook die uitspansel Doel: Om hulle te leer dat God die Skepper is en dat alles wat Hy doen goed is. Voorstelling: Maak gebruik van prente en klei. Wys hulle dat ons hande iets kan maak, maar God spreek slegs ‘n woord. God neem dit wat woes en lelik is en verander dit na iets wat mooi en bruikbaar is. Soos klei geen vorm het nie, maar ons kan dit verander om na iets te lyk. God verander die skepping deur slegs ‘n woord te spreek. As ons na dag en nag kyk en die verskil daarvan weet ons dat God nie net die lig in die wêreld kan maak nie maar Hy kan ook my lewe verlig en die duisternis in my lewe verander in lig. Hy wil ook deur ‘n woord my lewe verander; al verskil is dat die Skepping Hom gehoorsaam, waar ons baie keer nie wil reageer op God se woord nie. Skrif: Gen. 1:3-13
Week vier. - God skep: Son, maan en sterre ; Visse en voëls ; Diere en mense Doel: Leer en wys hulle dat die mens die kroon van die skepping is. Ons is nie vir die wêreld geskape nie, maar die wêreld en alles wat daar in is vir ons. Voorstelling: Maak gebruik van prente en laat hulle hul eie prente teken om te wys dat ons as mense met die grootste eer geskep is en dat God ons aangestel het om te heers oor Sy skepping. Omdat ons na God se beeld en gelykenis geskape is, is ons die belangrikse deel van die Skepping. God het eerste alles in die wêreld geskape en nadat alles reg en mooi was het Hy die mens geskappe om in die wêreld te leef. Net soos ons baie keer ‘n plek regmaak vir ‘n belangrike persoon wat ons besoek, alles moet reg wees sodat die persoon gemaklik en waardig kan voel. Dink aan die voorbereiding vir ‘n nuwe Baba, of vir ‘n belangrige familie lid wat kom. Gebruik die voorbeeld waar ‘n Ander landse president of koning ons besoek. Skrif:Gen. 1:13-31 ; Ps.19
Week Vyf: - Die sondeval Doel: Die Satan is ‘n leuenaar en geen vriend van die mens nie. Voorstelling: Wys vir hulle hoe ‘n wurm ‘n mooi vrug verwoes, so vernietig die duiwel die mooi dinge wat God geskape het. Ons moet nie luister as hy ons verlei nie. Want as ons na die duiwel luister ons net gaan seerkry. Die Duiwel is ‘n mensemoordenaar, en die alle leuens kom van hom, hy kan nie die waarheid praat nie.Hy maak mense dood, siektes kom van die duwel en hy probeer kinders onder sy mag kry deur dwelms, demoniese TV verhale, Musiek, pornografie. Ja hy is hard aan die werk, en hou niks van mense nie. Hy kom met ‘n halwe waarheid of leuns om mense seer te maak. Skrif: Gen.3, Joh 8:44
Week Ses: - Die eerste moord Doel: Leer om vir mekaar om te gee, al verskil ons Voorstelling: Leer hulle dat elkeen van ons God se handewerk is, want hy het ons gemaak. God het elkeen lief en sal nooit die een voor die ander trek nie. Afguns is van die Duiwel wat net mense wil seermaak. Laat hulle met klei iets mooi maak en vra hulle dan: “As iemand dit wat julle gemaak het breek hoe sal julle daaroor voel.“ Twee boeties die een is jaloers op die ander. Mense word jaloers omdat die een iets beter doen as die ander. God het elke mens gemaak vir ‘n sekere doel, ons kan nie in alles goed wees nie. In hierdie geval was die een boetie gehoorsaam aan God en God het hom erkenning daarvoor gegee. Die ander een was jaloers omdat God sy offer wegewys het, as hy maar ook die Here gedien het sou hy ook beloning van God ontvang het. Ons is baie keer die oorsaak van ons eie probleme. Omdat hy jaloers was het die duiwel in sy gedagtes gesê, dat hy sy broer moet dood maak. Pasop moenie na die duiwel luister as jy seer gemaak is nie, want die duiwel gee altyd die verkeerde raad. Skrif: Gen. 4
Week sewe: - Noag bou ‘n Ark Doel: Noag gehoorsaam God al lyk dit wat hy doen vir ander mense verkeerd, en al spot mense hom glo hy in God. Voorstelling: God weet wat Hy doen en al wat ons moet doen is om te doen wat Hy vir ons sê. Vertel hulle ‘n storie met behulp van prente of laat hulle gee vir hulle roomys stokkies om ‘n boot te bou. Om die meerderheid te glo is nie altyd reg nie. Noag het ‘n opdrag van God gekry wat hy uitgevoer het, al het baie mense met hom gespot. God weet wat Hy doen en ons moet altyd gehoorsaam wees as God met ons praat. As Noag nie geluister het nie sou hy ook in die water verdrink het. Mense sal jou altyd beledig as jy die Here opreg dien, hoewel hulle jaloers is, is hulle nie altyd bereid om te verander nie. Onthou net God is ‘n ware vreind, en vriende wat jou op ‘n verkeerde weg wil lei is nie goeie vriende nie. Hulle wou Noag stop maar hy het nie na hulle geluister nie. Skrif: Gen. 6
Week agt: - Die Sondvloed Doel: God het ons lief en sal ons nooit verneder nie, as ons nie na God luister nie, sal ons die gevolg daarvan dra. Voorstelling: Sonde is soos ‘n siekte indien ‘n mens dit nie teenstaan nie sal dit jou dood veroorsaak. Maak gebruik van sketse of prente om die boodskap oor te dra. Ons lees en ervaar baie vloede en aardbewings, het jy al gedink hoe die mense in Noag te tyd gevoel het toe die water gestyg het? Hulle het nie vir Noag geglo nie, en nou is Noag veilig en hulle is besig om te verdrink. Ou mense sowel as kinders en baie diere. Hoekom het dit gebeur? Jesus het die mense gemaak en vir hulle op die aarde geplaas wat Hy vir hulle geskep het. Die Here het hulle baie liefgehad. Maar hulle wou nie luister en God dien nie. Hulle het net gemaak wat hulle wil. God het hulle laat verdrink omdat hulle ongehoorsaam was, Hy kom nie toelaat dat hulle alles wat Hy gemaak het verwoes nie. Net so moet ons God gehoorsaam, want as ons nie na Hom luister nie, maak ons Sy hart seer, en ons sal die gevolge van ons ongehoorsaamheid moet dra. Skrif:Gen. 7 ; Gen. 8
Die tweede kwartaal – God se man
Week een: - God eer Abram omdat hy sonder om te twyfel God gehoorsaam Doel: God beplan vooruit vir ons. Voorstelling: Indien daar maatjies is wat altyd bymekaar sit, laat hulle na ‘n ander maatjie as vriend aanneem, om vir hulle te wys dat ons moet bereid wees om te gaan waar God ons stuur al hou ons nie daarvan nie. Of verander die plek waar julle gewoond is om klas te gee en ruil vir die duur van die les met ‘n ander onderwyser. Daar kom tye wanneer God ons leer om Hom te gehoorsaam, Hy toets ons om te sien of ons werklik in Hom glo. Abram was gehoorsaam daarom het God hom geseën. God ken die toekoms Hy weet wat vir ons wag. Daarom kan ons God volg in die donker of in die onbekende toekoms sonder om te vra waarheen, en waarom. Hy weet wat goed is vir ons. Skrif: Gen. 12, Ps.20:24, Ps.16:24
Week twee: - God sluit ‘n verbond met Abram Doel:Om na God te luister is voorspoedig, want Hy sal ons beloon. Voorstelling:Gehoorsaamheid is soos kos vir die mens, dit voed hom en gee geestelike krag. Of soos water vir die plante, dit laat hulle groei en blom op die regte tyd. Omdat Abram gedoen het wat God gevra het, het God Hom beloon en vir hom ‘n vader van baie mense gemaak. God voorsien nie net vir die oomblik nie, maar Hy voorsien ook vir ons toekoms. Abram het sleg gevoel omdat hy geen kinders gehad het nie, en God het hom geseën sodat hy die vader van die Joodse nasie geword het. God weet wat ons nodig het, Hy weet wat ons behoefte en verlange is. As ons Hom gehoorsaam soos Abram sal Hy vir ons seën vir hierdie oomblik sowel as in die toekoms. Skrif: Gen. 15
Week drie: - Abraham gee om vir ander mense en bid vir Lot Doel: Ons moet vir ander mense omgee al is hulle ongehoorsaam. Voorstelling: God het alle mense lief, Hy haat wel sonde, maar het die sondaar lief. As ons vuil is nadat ons in modder gespeel het, jaag ons ouers ons nie weg nie maar maak ons skoon net so doen die Here, maar as ons vuil wil bly maak ons, onsself onwelkom. Leer die kinders dat hulle vir mekaar moet omgee. Vertel ‘n storie waar een wegraak en die ander hom gaan soek. Daar is baie stroies wat u kan gebruik. Teken ‘n prentjie van ‘n skaap wat tussen varke beland. Lod het in verkeerde rigting beweeg weg van God. Abraham het toegelaat dat Lot die beste deel van die land neem, terwyl Abraham nie so ‘n goeie deel geneem het nie. Jod het met verkeerde mense gemeng wat hom afvallig van God gemaak het. Abraham het die gesien en hy was bekommers oor sy broer se kind, daarom het Abraham vir God gebid. Ons het mekaar nodig, daar kom tye waar ons vriende op ‘n verkeerde weg wandel dan moet ons vir hulle bid en hulle help om weer terug te kom na die Here. Verkeerde vriende lei jou na verkeerde dinge wat jou lewe kan verwoes Skrif: Gen. 18
Week vier: - God waarsku altyd voordat Hy teen ons optree Doel: God het ons lief en sal ons waarsku voordat Hy ons straf. Voorstelling: God wil nie hê dat ons verlore gaan nie, Hy sal ons eers waarsku en dan optree soos hy gewaarsku het. Leer hulle dat vriende jou kan lei op ‘n verkeerde weg en as ons nie op God se waarskuwing ag gee nie ons daarvoor sal betaal. Leer die kinders hoe om te bid vir hulle vriende wat verkeerde dinge doen. Omdat God die mense liefhet, en omdat God na ons gebede luister, sal Hy die mense waarvoor daar gebid ‘n kaans gee om hul saak met God reg te maak voordat Hy die wat Hom nie dien nie, straf. Abraham se gebede het die lewe van Lod en sy gesin gespaar, hoewel hulle op die verkeerde plek was. Ons moet vir ons vreiende bid en weet dat God elke gebed hoor Skrif: Gen. 19
Week vyf: - God doen wat Hy sê en praat nie maar net nie ! Doel: Sonde se loon is die dood, ongehoorsaamheid aan God is sonde. Voorstelling: Mense wat sondig en nie hul sondes wil los nie maar daarmee aanhou, is soos ‘n wurm in ‘n vrug wat uitgesny moet word anders verwoes dit die hele vrug. Hier kan u versigting hulle ook leer wat die hoofsaak van Sodom en Gomorra se se ondergang was. Seuns het met seuns gelol en dogters met dogters. Sodom en Gemorra is met vuur verwoes omdat die sonde van die mense in die dorpe nie gehoorsaam aan God was nie. Dit is die mense wat die liggame van ander mense oneer het. God het man en vrou geskappe om ‘n eenheid te vorm en daarom kan mans en met mans trou nie so ook nie dogters met dogters nis Skrif: Gen. 19: 24-30 ; 1 Kor.6:9-11
Week ses: - God toets Abraham se geloof Doel: God het ‘n plan vir ons lewe, en sal ons toets om te sien of ons op die weg kan wandel waarop Hy ons wil stuur. Voorstelling: Net soos ons op skool moet slaag voordat ons na ‘n hoër graad kan beweeg so toets God ons. Laat die kinders, ‘n prent inkleur waar Abraham Isak offer. Of laat hulle ‘n klop hout teken met ‘n seun daarop. God het Abraham ‘n groot nageslag beloof, nou vra die Here vir Abraham om sy seun te offer, Abraham het besef dat God hom toets en dat hy nie sy seun gaan offer nie. Daarom het Abarham gegaan en op God se beloftes staad gemaak. As God ‘n belofte gedoen het sal Hy die nakom al lyk die of dit nie gaan gebeur nie. Moenie na die omstandighede om jou kyk nie, glo in God en glo in Sy beloftes. As die toets kom staan op God se beloftes en doen wat gedoen moet word, onyhpu altyd dat die Here jou nooit sal verlaat nie, en ook nie vir jou seermaak nie. Jesus het gekom om ons te red en nie te vermoor nie! Skrif: Gen. 22
Week sewe: - Isak se seuns Doel: God het ons geskape soos ons is, en as ons nie van God se plan vir ons lewe hou nie, beweeg ons op ons eie weg sonder God. Voorstelling: Net omdat hy honger was en vir die oomblik sy honger wou les het hy homself beroof van die grootste lewens seën. Ons moet vashou wat tot ons voordeel is en dit vir niks verruil nie. Vra die kinders wat vir hulle belangrik is. Vra dan of hulle dit sal ruil net omdat hulle nou iets anders wil hê (ouers, hul huis, broers en susters ens) sal hulle dit ruil vir ‘n lekker wat jy nou eet en as die klaar geeet is dan het hulle nie ‘n lekker nie en ook nie dit wat vir hulle belangrik was nie. Net so verruil mense die plesier van die wêreld vir die ewige lewe. Mense doen eerder sonde omdat dit lekker is, of om hulle vriende te behou, en hulle verlaat die Here wat vir hulle ‘n ewige toekoms beplan. ‘n oonblik se geluk wat ewige smarte bewerk Skrif: Gen. 25:19-34 & Maleagi 1: 1-3 ; Jes. 29:16
Die derde kwartaal – God se man
Week een - Jakob ontvang ‘n droom van God Doel: God kan met ons deur drome praat, Voorstelling: Ons droom baie oor die dinge wat ons pla, of van lelike dinge omdat dit wat ons op TV gesien het ons bang maak. Maar God kan ook met ons deur drome praat. Vra die kinders wat hulle droom, en verduidelik hulle dat net mooi en goeie dinge van God kom. As God met ons praat moet ons nie bang wees nie. Ons sal weet dat dit God is wat met ons deur ‘n droom praat. Indien ‘n droom hulle pla moet hulle met iemand praat wat hulle kan help om van te stel waaroor hulle gedroom het. Wanneer ‘n mens slaap werk jou onderbewusyn, hy slaap nie. Ons bewusyn skakel wel af en ons is nie bewus van wat om ons aangaan nie. Maar jou onderbewussyn is altyd wakker. Daar kom tye wat God met ‘n mens praat, en Hy kan dan nie ons aandag kry nie omdat ons bewusyn baie besig is, dit is dan wanneer God met ons praat in ‘n droom. Maar net so kan dit wat my pla of dit waarvoor ek vrees my dromme oorheers, want my vrees is in my onderbewusyn. Dit is belangrik om te weet dat jou onderbewusyn nie die werklikheid kan onderskei nie, (die onderbrwusyn staan ook bekend an die kriatiewe onderbewunsyn) dan bou jou onderbewusyn ‘n storie om jou vrees, en dan droom jy daaroor. Daarom moet ons seker maak of dit God is wat met ons praat en of dit jou vrees of jou bekommernis is wat jy droom. In hierdie geval in die Bybel het God met Jakop gepraat, so kan God ook met ons praat. Skrif: Gen. 28 & Job. 33:14-18
Week twee - Dit wat jy aan ander doen sal aan jou gedoen word Doel. Wees versigtig wat jy aan ander doen want eintlik doen jy dit ook aan jouself. Voorstelling: Dit wat jy saai sal jy maai. As jy onkruid saai sal daar nie blomme opkom nie. Dit wat jy aan ander mense doen sal aan jou gedoen word. Wat jy saai sal jy maai. Gee onkruid saad vir party kinders en blomme of vrugte saad vir die ander en vra hulle wat gaan opkom as hulle dit saai. Lees die hele verhaal sowel as Gen.27 & 28. Jakop en sy moeder was oneerlike, en Jakop het hom voorgedoen as Esau om die seën van sy vader te ontvang. In Gen 29 pluk hy die vrugte van sy oneerlikheid Skrif :Gen. 29, Job 4:8, Gal 7:6; Matt.7:12
Week drie - God vorm geloof in Jakob se gedagte Doel: Dit wat jy in jou gedagte sien is geloof wat groei Voorstelling: Ons moet sien wat ons vra en dit dan van God bid. Dit is geloof aan die werk. Nadat u die verhaal aan hulle vertel het, vra hulle en leer om te sien in geloof hoe God hulle gaan antwoord. `n Kunstenaar sien eers wat hy gaan teken of watter beeld hy gaan maak voordat hy daarmee begon. Net so sien in ‘n Argitek ‘n gebou in sy gedagte voordat hy dit op papier teken. Ons moet duidelik weet wat ons van God vra, en ook ons geloof in aksie kry deur dit wat ek van God vra te sien. As ek nie sien wat ek vra nie, het ek nie werklik geloof dat ek dit sal kry nie. Skrif:Gen. 31 & Heb.11:1
Week vier - Ons kan met God praat, en Hy sal ons antwoord Doel: Jakob se vasberadenheid maak hom ‘n oorwinnaar Voorstelling: Vertel hulle die verhaal van Jakop, of van Luk 18 en laat hulle dit teken soos hulle dit sien. Of laat hulle vir jou vertel hoe hulle dit verstaan. Indien ons iets vra vir ons ouers, moet dit ten eerste voordelig vir ons wees en ten tweede moet ons ouers die vermoë het om dit vir ons te gee. As ons God vir iets vra sal Hy dit vir ons gee as ons Hom dien en as dit voordelig is vir ons. Ook hier kom geloof en vasberadenheid saam om ons te help om ons gebed te beantwoord. Skrif:Gen. 32, Matt.7:9, Luk 18
Week vyf - God het klaar ons lewens vooruit beplan Doel: God doen niks sonder om Sy in te lig nie Voorstelling: God verberg nie Sy toekomstige planne nie. God se kinders weet vooraf wat gaan gebeur, hoewel mense dit nie altyd glo of wil aanvaar nie. Leer die kinders dat die grootste deel van die Bybel ons leer wat gaan kom. God praat ook deur dromme met ons. Laat die kinders ‘n boekie maak wat die Bybel voorstel. Maak ‘n pyl op die agterkant se skryf daar by “geskiedenis of wat gebeur het” en op die voorkant ‘m pyl en skryf daarby “Toekoms wat nog moet gebeur”. Die Bybel is die eenigste Boek wat jou inlig oor wat gebeur en en wat vorentoe gaan gebeur. Hoewel Josef meer as eenkeer die selfde droom gehad het, het sy boers eerder kwaat geword as wat hulle hom geglo het. Net so word mense vandag kwaat as jy hulle vertel wat van hulle gaan word as hulle nie Jesus aan neem nie, en verhart hulle harte eerder as om in te gee. Skrif: Gen. 37
Week ses - Josef word verkoop Doel: Al gaan dinge verkeerd, God weet wat Hy doen en Hy is altyd in beheer al lyk dit nie so nie Voorstelling: God se werking verstaan ons nie altyd nie, want ons sien net die helfte van God se plan vir ons lewe en nie die hele plan nie. Teken vir die kinders ‘n prent en wys vir hulle net ‘n deel van die prent. Laat hulle dan raai wat in die volle prent is. Wys hulle dan die volle prent, en bewys dan vir hulle so dat wat hulle gedink het heel anders is as wat die volle prent werklik is. Bou dan u les daarop. Josef wegegooi deur sy eie broers. Dit is nie lekker nie, hoe het Josef gevoel? Soms voel dit ook vir ons asof alles verkeerd loop. Onthou altyd wat ook al gebeur God het ons lief en Hy lei ons soms op ‘n weg wat vir ons verkeerd lyk, maar hoe ook al die weg lyk dit is die pad na oorwinning. Skrif: Gen. 39 Jes. 49:14-16
Week sewe - Josef en Potifar se vrou Doel: Standvastigheid in die geloof veroorsaak soms probleme vir ‘n kort oomblik maar hou ons op God se weg. Voorstelling: Wys hulle dat ‘n aanhouer altyd wen, al lyk dit nie altyd so nie. Vergelyk dit met ‘n verhaal van ‘n sprots held. Laat hulle prente teken of plak en plaas klem op “vasbyt tot dat jy oorwin” Josef het by sy waardes gehou, al het kon dit op die kort termyn vir hom voordelig gewees het as hy vir die versoekings geval het. Hy het God en God se wette eerste gestel; al het dit vir hom probleme veroorsaak. Hy het vasgehou en het nie net vir hosself oorwinning bewerk nie, maar vir sy familie en vir sy volk. Moenie nou verlei word vir ‘n oomblik en op die langduurte jouself en die mense om jou benadeel nie. Skrif: Gen. 39-40 & Matt 15:21-28
Week art - God se plan met ons sal Hy uitvoer as ons Glo Doel: Hou vas aan God se wet en jy sal jou roeping in jou lewe vind en dit oorwin Voorstelling: God het ons uitgesoek vir ‘n baie spesiale doel en ons kan dit doen as ons aan Sy beloftes vashou. Leer hulle deur die les dat God die kleinste kan gebruik om oor groottes te heers. As jy na die begin van Jesef se verhaal lees , wil dit voorkom asof Josef baie arrogrant is en asof hy homself bo sy broers plaas. Maar God weet wat die toekoms inhou en terf voorsiennig en ‘n uitkoms lank voor die tyd. Ons weet nie altyd waarheen ons op pad is nie. Ons moet net treetjie vir treetjie gee toedat ons on eindoel bereik. Skrif: Gen. 43-46